Posted on Tuesday, 26 Aug 2014
Victor Matfield en Willem Alberts vir Juan Smith en Warren Whiteley, terwyl Marcel van der Merwe die beseerde Frans Malherbe op stut in die Springbok-groep van 30 spelers vir die besoek van twee weke aan Australasië vervang.
Alberts moet voor die span se vertrek na Doer Onder sy fiksheid bewys. Matfield is oorgehaal.
Vyftien van die dertig spelers het bande met Vrystaat-rugby. Daar is ses huidige Vyrstaatse spelers in die span: Lood de Jager, Oupa Mohoje, Trevor Nyakane, Adriaan Strauss, Cornal Hendricks en Willie le Roux.
Daar’s ook sewe spelers in die span, wat in Bloemfontein op skool was: Bismarck en Jannie du Plessis, Adriaan Strauss, Ruan Pienaar, Cobus Reinach (almal Grey), Oupa Mohoje (Louis Botha) en Morné Steyn (Sand du Plessis).
Die Bok-toerspan is:
Voorspelers - Willem Alberts, Bakkies Botha, Schalk Brits, Marcell Coetzee, Lodewyk de Jager, Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Eben Etzebeth, Francois Louw, Victor Matfield, Oupa Mohoje, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane, Gurthrö Steenkamp, Adriaan Strauss, Marcel van der Merwe, Duane Vermeulen.
Agterspelers - Damian de Allende, Jean de Villiers (kaptein), Bryan Habana, Cornal Hendricks, Francois Hougaard, Patrick Lambie, Willie le Roux, Lwazi Mvovo, Ruan Pienaar, Handré Pollard, Cobus Reinach, Jan Serfontein, Morné Steyn.
Die oorblywende bepalings in vanjaar se Rugbykampioenskapreeks is:
6 September – Nieu-Seeland t Argentinië (Napier); Australië teen Suid-Afrika (Perth).
13 September – Nieu-Seeland teen Suid-Afrika (Wellington); Australië teen Argentinië (Gold Coast).
27 September – Suid-Afrika teen Australië (Kaapstad).
28 September – Argentinië teen Nieu-Seeland (La Plata).
4 Oktober – Suid-Afrika teen Nieu-Seeland (Johannesburg); Argentinië teen Australië (Mendoza).
Tuisspanne wen almal in derde ronde
Al die tuisspanne het die afgelope naweek hul wedstryde in die derde ronde van Absa se Curriebeker-kompetisie in die Premier-afdeling gewen.
Die Haaie, die huidige Curriebeker-kampioen, het ‘n naelbytsege van 19-16 oor die Toyota Vrystaat Cheetahs op Kingspark in Durban behaal; die Westelike Provinsie, kampioen in 2012 en finalis in 2013, het die stryd van die twee vroeë voorlopers in die kompetisie teen die Goue Leeus op Nuweland in Kaapstad met 27-14 gewen; die Blou Bulle, het ná twee groot nederlae teen die Goue Leeus en die WP, toe hul eerste oorwinning van die seisoen behaal deur die OP Kings op Loftus Versfeld in Pretoiria ewe naelskraap met 30-25 te wen; terwyl die Pumas, wat vroeër vanjaar in die Vodacombeker-reeks teen die Griekwas vasgeval het, deeglik daarvoor vergoed het deur in die Mbombela-stadion in Nelspruit met 33-15 baas te speel.
Ná die naweek se wedstryde is die WP en die Haaie die enigste onoorwonne spanne en is hulle onderskeidelik eerste en tweede, gevolg deur die Goue Leeus, Pumas, die Toyota Vrystaat Cheetahs, Blou Bulle, Griekwas en die OP Kings.
Cheetahs vertoon goed, ondanks . . .
Dat die Toyota Vrystaat Cheetahs op die oomblik vyfde op die puntelys in die Premier-afdeling van die Curriebeker-kompetisie is moontlik nie so waffers nie, maar als inaggenome kan mnr. Rory Duncan, die Cheetahs se hoofafrigter, redelik tevrede wees met sy troepe se vertoning tot dusver.
Die wedstryd Saterdag in Durban het baie gelykop verloop. Die stryd voorlangs vurig, albei spanne het verwoed op die verdediging ingeklim en die res is aan die twee losskakels, Fred Zeilinga (Haaie) en Willie du Plessis (Vrystaat Cheetahs) oorgelaat om met strafskoppe die telbord aan die rol te hou.
Maar, netsoos in die Vrystaters se eerste twee wedstryde was daar weer ‘n insinking in die tweede helfte, wat hulle die wedstryd-ligapunte, wat hulle net sowel kon ingeoes het, gekos het.
In die eerste wedstryd teen die Pumas was die Vrystaters ná 55 minute se spel met 16-15 voor en was hulle op pad na ‘n goeie begin in die kompetisie én ‘n oorwinning. Maar tussen die 55e en 67e minuut het die Pumas skielik 13 punte by hul telling gevoeg, wat hulle met 28-16 laat voorloop het en durk op die Vrystaters geplaas het. Gelukkig het Rayno Benjamin in die 72e minuut gaan druk, wat aan die Cheetahs ‘n bonuspunt besorg het.
In die wedstryd teen die Griekwas was die Vrystaters in die Vrystaat-stadion in ‘n stadium 34-15 voor, maar in ‘n weereense insinking in die Blikore se spel is Griekwas toegelaat om in die laaste drie minute 12 punte op te stapel vir ‘n eindtelling van 34-27 in die Vrystaters se guns.
Saterdag was die Vrystaters ná 50 minute op 16-6 op pad om vir die verrassing van die 2014-seisoen teen die Curriebeker-kampioen te sorg, toe die besoekers van Bloemfontein in die laaste 12 minute 10 punte afgestaan het – ‘n insinking wat hulle die wedstryd toe gekos het.
Duncan is werklik by die diepkant as hoofafrigter van die Cheetahs ingestoot, want van al die Curriebeker-afrigters het dié Vrystater moontlik die moeilikste taak. Die Vrystaat is juis nie so mildelik met talent bedeel nie – nie wat kwaliteit betref nie, maar wel met sy reserwekrag.
Dertien van die 28 spelers wat tot dusver in die eerste drie wedstryde ingespan is, is nuwelinge. Dit moet ook nie uit gedagte verloor word nie dat Duncan-hulle sonder ‘n stuk of 20 gereelde staatmakers moet klaarkom.
Adriaan Strauss, Trevor Nyakane, Lood de Jager, Oupa Mohoje, Cornal Hendricks en Willie le Roux is by die Bokke betrokke. Ses ander manne - Coenie Oosthuizen, Caylib Oosthuizen, Clayton Blommetjies, Shaun Venter, Jean Cook en Lappies Labuschagné - was beseer. Blommetjies het intussen herstel en was een van die uitblinkers Saterdag teen die Haaie en hy’t die Vrystaters se enigste drie gedruk.
Dan speel ’n klompie manne nou oorsee: Johan Goosen, Johann Sadie, Philip van der Walt, Hennie Daniller, Riaan Smit, Andries Ferreira, Heinrich Brüssow en Rossouw de Klerk.
En of dit nie genoeg is nie, gaan Carl Wegner (slot) lank langs die kantlyn wees nadat hy Saterdag in die 12de minuut met ‘n ontwrigte skouer van die veld is.
Die Vrystaat het in die laaste minuut Saterdagaand so byna-byna die wedstryd beklink met ‘n “drie” deur die voorryman Kevin Stevens, wat volgens die TV-skeidsregter, mnr. Jason Jaftha, die bal enkele sentimeter voor die doellyn geplaas het. Nadat hy herhaalde kere daarna gekyk het, het Jaftha beslis dat dit nie ’n drie was nie.
Mnr. Duncan het nie oor die “drie” gemor nie, maar ná die tyd gesê sy span “moes in elk geval die wedstryd veel vroeër gewen het en kan nie wil kla oor ’n twyfelagtigheid ’n minuut voor die einde wat nie ons kant toe gegaan het nie,” het Duncan gesê.
Vir die grootste deel van die wedstryd was die Vrystaters in beheer, maar kon net nie die finale afronding doen nie.
“Ek is baie tevrede met die wyse waarop ons bly veg het. Uiteindelik het dit neergekom op een duikslag wat ons in die middelveld gemis het en ’n strafskop wat afgestaan is wat ons die wedstryd gekos het,” het Duncan gesê.
Die duikslag waarna hy verwys het, was die een wat die Haaie-vleuel Tonderai Chavhanga in staat gestel het om in die middelveld deur te sny en onder die pale te gaan druk.
Die puntemakers is: Haaie 19 (drie: Tonderai Chavhanga; doel: Fred Zeilinga; straf: Zeilinga 4 – dit was Jacques Botes se 123e wedstryd vir die Haaie, sy 149e Curriebeker-wedstryd én sy 284e eersterangse wedstryd – wat die SA rekord is, terwyl Botes ook al 46 Curriebeker-drieë gedruk het; dit was Odwa Ndungane se 110e Curriebeker- en 266e eersterangse wedstryd en Ndungane het reeds 42 Curriebeker-drieë gedruk); Toyota Vrystaat Cheetahs 16 (drie: Clayton Blommetjies; doel: Willie du Plessis; straf: Du Plessis 3 – dit was Sarel Pretorius se 96e Curriebeker-wedstryd).
WP nou alleen bo
Die stryd op Nuweland tussen die WP en die Goue Leeus was meer gelykop as wat die telling van 27-14 in die Streeptruie se guns beduie. Die Goue Leeus het balbesit oorheers, maar die WP se hegte verdediging was oudergewoonte rotsvas.
Die WP het egter met goeie agterspel daarin geslaag om meermale hul kanse met drieë af te rond. Vir die WP het veral jongelinge soos Kobus van Wyk (regtervleuel) en Cheslin Kolbe (heelagter) geskitter en moes die Leeus vir ‘n vale verdedig wanneer hulle aan’t hardlope gegaan het.
Die puntemakers is: Westelike Provinsie 27 (drieë: Jaco Taute, Kobus van Wyk 2; doel: Demetri Catrakilis 2, Kurt Coleman; straf: Catrakilis 2 – dit was Brok Harris se 111e wedstryd, en 102e Curriebeker-wedstryd vir die WP); Goue Leeus 14 (drie: Andries Coetzee; straf: Ruan Combrinck 3).
Die puntemakers is: Blou Bulle 30 (drieë: Akona Ndungane 2-hy’t nou reeds 44 Curriebeker-drieë gedruk, Deon Stegmann, Jesse Kriel; doel/straf: Tony Jantjies 2 – dit was Werner Kurger se 115e wedstryd, en sy 89e Curriebeker-wedstryd vir die Bulle); OP Kings 25 (drieë: Lizo Gqoboka, Michael van Vuuren, Shane Gates; doel: Scott van Breda; straf: Van Breda 2 – dit was Luke Watson, kaptein van die Kings, se 93e Curriebeker-wedstryd, waarin hy reeds 53 drieë gedruk het).
Die puntemakers is: Pumas 33 (drieë: Corné Steenkamp-sy 32e drie vir die Pumas, sy 152e wedstryd en sy 87e Curriebeker-wedstryd vir die Pumas, Jerome Pretorius 2, Renaldo Bothma; doel: JC Roos, Justin van Staden; straf: JC Roos, Justin van Staden 2); Griekwas 15 (drieë: Dean Grant, Marnus Schoeman; doel/straf: Grant).
Bepalings en Uitslae
Vanjaar se Curriebeker-program in die Premier-afdeling, en die uitslae tot dusver, is (tuisspanne word eerste genoem):
Eerste ronde - 8/9 Augustus: OP Kings t WP (16-35); Goue Leeus t Blou Bulle (41-13); Pumas t Toyota Vrystaat Cheetahs (28-21); Griekwas t Haaie (24-31).
Tweede ronde - 15/16 Augustus: WP t BB (41-17); GL t OP Kings (60-19); Haaie t Pumas (34-17); Toyota Vrystaat Cheetahs t GW (34-27).
Derde ronde - 22/23 Augustus: BB t OP (30-25); WP t GL (27-14); Haaie t Toyota Vrystaat Cheetahs (19-16); Pumas t GW (33-15).
Vierde ronde - 29/30 Augustus (die Eerste Liga begin): BB t WP; OP t GL; Pumas t Haaie; Griekwas t Toyota Vrystaat Cheetahs.
Vyfde ronde - 5/6 September: WP t OP; GL t BB; Haai t Griekwas; Toyota Vrystaat Cheetahs t Pumas.
Sesde ronde - 12/13 September: GL t WP; OP t BB; Toyota Vrystaat Cheetahs t Haaie; Griekwas t Pumas.
Sewende ronde - 19/20 September: BB t Haaie; WP t Griekwas; GL t Pumas; OP t Toyota Vrystaat Cheetahs.
Agtste ronde - 26/27 September: Griekwas t GL; Haaie t OP; Toyota Vrystaat Cheetahs t BB; Pumas t WP.
Negende ronde - 3/4 Oktober (halfeindronde van die Eerste Liga): Griekwas t OP; Haaie t GL; Toyota Vrystaat Cheetahs t WP; Pumas t BB.
Tiende ronde - 10/11 Oktober (Eerste Liga se eindstryd): BB t Griekwas; WP t Haaie; GL t Toyota Vrystaat Cheetahs; OP t Pumas.
Halfeiendronde - 17/18 Oktober
Eindstryd - 25 Oktober.
Puntestand
SPAN |
S |
W |
V |
G |
PV |
PT |
NETTO |
DV |
DT |
BON.V |
BON.D |
PUNTE |
W.Provinsie |
3 |
3 |
0 |
0 |
103 |
47 |
56 |
13 |
4 |
0 |
2 |
14 |
Haaie |
3 |
3 |
0 |
0 |
84 |
57 |
27 |
8 |
6 |
0 |
1 |
13 |
GoueLeeus |
3 |
2 |
1 |
0 |
115 |
59 |
56 |
14 |
7 |
0 |
2 |
10 |
Pumas |
3 |
2 |
1 |
0 |
78 |
70 |
8 |
9 |
8 |
0 |
1 |
9 |
VSCheetahs |
3 |
1 |
2 |
0 |
71 |
74 |
-3 |
8 |
8 |
2 |
1 |
7 |
Blou Bulle |
3 |
1 |
2 |
0 |
60 |
107 |
-47 |
6 |
13 |
0 |
1 |
5 |
Griekwas |
3 |
0 |
3 |
0 |
66 |
98 |
-32 |
9 |
12 |
2 |
1 |
3 |
OP Kings |
3 |
0 |
3 |
0 |
60 |
125 |
-65 |
8 |
17 |
1 |
0 |
1 |
Net één Springbok in Rugbykampioenskap-“span”
Die Springbokke se sukkelsege van 33-31 oor die Poemas van die Argentynse Pampas word duidelik weerspieël in die “span” wat rugbyskrywers gewoonlik ná ‘n naweek se toetsrugby kies. Net één Springbok, die Toyota Vrystaatse Cheetah-blits, Cornal Hendricks, het die “span gehaal”.
Daarenteen het vyf Poemas die “span” gehaal en nege All Blacks. Die All Blacks het die Wallabies in Auckland met 51-20 afgeransel. G’n Wallaby het die “span” gehaal nie.
Interessantheidshalwe die span lyk só: 15-Joaquín Tuculet (Arg); 14- Cornal Hendricks (SA), 13-Conrad Smith (NS), 12-Ryan Crotty (NS) , 11-Julian Savea(NS); 10-Nicolás Sánchez (Arg), 9-Aaron Smith (NS); 8-Kieran Read (NS), 7-Richie McCaw (NS – hy’t Saterdag slegs sy tweede geelkaart in sy ganse toetsloopbaan van 129 toetse gekry en hy’t dit toe sommer met twee drieë teen die Wallabies gevier!!), 6- Juan Martín Fernández Lobbe (Arg), 5-Sam Whitelock (NS), 4-Brodie Retallick (NS – hierdie 23-jarige yster gaan nog gróót rugby speel!), 3-Ramiro Herrera (Arg), 2-Dane Coles (NS), 1-Marcos Ayerza (Arg).
All Blacks en Springbokke steeds die beste
Die All Blacks, wat laas in 1986 teen die Wallabies op Edenpark in Auckland verloor het, het hul plek bo-aan die Internasionale Rugbyraad se ranglys ietwat verbeter nadat hulle die Australiërs Saterdag met 51-20 afgeslag het om daardeur die Bledisloebeker die twaalfde agtereenvolgende jaar in te palm.
Die All Blacks het nou ‘n “kussing” 4.22 punte op Suid-Afrika, wat steeds tweede op dié ranglys is.
Dié groot slae het ook Australië se “voorsprong” op Engeland, wat vierde is, laat krimp. Australië is nou 1.51 punte voor die Rose.
Die 51 punte wat die All Blacks opgestapel het, is húl meeste tot nog toe teen hul bure wes van die Tasman-see.
Suid-Afrika is ná sy groot skrik in Salta, Argentinië, steeds tweede, danksy ‘n Morné Steyn-strafskop drie minute voor die eindsirene wat die Suid-Afrikaners en hul ondersteuners groot verleentheid gespaar het teen die span wat twaalfde op dié ranglys is.
Die top-20 plekke op die ranglys word deur die volgende lande ingeneem:
1.Nieu-Seeland (93.56), 2. Suid-Afrka (89.34), 3. Australië (87.19), 4. Engeland (85.68), 5. Ierland (83.44), 6. Wallis (80.70),7. Frankryk (80.01), 8. Skotland (77.78), 9. Samoa (76.59), 10. Japan (75.39), 11. Fidji (74.56), 12. Argentinië (73.98), 13. Tonga (70.92), Italië (70.92), 15. Georgië ( 70.46), 16. Roemenië (68.42), 17. Kanada (68.01), 18. VSA (67.30), 19. Uruguay (63.72), 20. Rusland (62.15). ANDER: 22. Namibië (58.78), 27. Zimbabwe (55.88).
Indrukwekkende Richie McCaw
Richie McCaw, All Black-kaptein en –flank, word nie verniet as een van die heel beste internasionale rugbyspelers van alle tye beskou nie, want sy persoonlike rekords spreek boekdele.
McCaw het Saterdag in die toets teen Australië in Auckland in sy 129e toets gespeel, wat die Nieu-Seelandse rekord is. Trouens, McCaw is vierde op die lysie van alle tye na Brian O’Driscoll (Ierland/Britse & Ierse Leeus: 141), George Gregan (Australië: 139) en Rohan O’Gara (Ierland/Britse & ierse Leeus: 130).
Die volgende wêreld-rugbyrekords kan agter McCaw se naam geskryf word:
Sy 126 toetse as flank is verreweg die meeste deur enige flank ter wêreld.
Hy was in 92 van sy 129 toetse die kaptein – en in 81 van dié toetse was hy aan die wenkant vir ‘n suksespersentasie van 88.04%. Brian O’Driscoll (84) en John Smit (SA – 83) is volgende op dié lysie van internasionale kapteins.
Hy was in 114 van sy 129 toetse aan die wenkant vir ‘n suksespersentasie van 88.37%. Victor Matfield was in 72 van sy 113 Springbok-toetse aan die wenkant vir ‘n gemiddelde van 64.60%, wat hom 13de op die internaisonale lys plaas van toetsspelers wat in 70 of meer wentoetse gespeel het. Joost van der Westhuizen se suksessyfer onder die Suid-Afrikaners van 67.97% (60 van 89 toetse) is die beste.
McCaw se twee drieë Saterdag – die derde keer dat hy twee drieë in ‘n toets druk – het sy totaal tot 23 drieë opgeskuif – die meeste deur enige toetsspeler van die sogenaamde groot unies. Takashi Kikutani, ‘n Japanse losvoorspeler, het tussen 2005 en 2014 in 68 toetse altesame 32 drieë gedruk – wat die meeste van enige toetsspeler is.
McCaw het nou reeds 14 drieë in dié kompetisie van die Suidelike Halfrond gedruk, wat hom tweede op dié lysie na Bryan Habana (SA – 18 drieë) plaas.
Sy 11 drieë teen Australië is ook die meeste deur enige Nieu-Seelander in enige toets teen enige land ter wêreld.
Ritse mylpale in All Black-sege
Die All Blacks het nou 103 oorwinnings in 151 toetse teen die Wallabies behaal. Dit was die All Blacks se 393e sege in 517 toetse, vir ‘n suksesgemiddelde van 76.21%. Australië het nou reeds 568 toetse gespeel, waarvan hulle 290 gewen het, vir ‘n gemiddelde slaagsyfer van 51.06%.
Hoewel die 51 punte die All Blacks se meeste teen die Wallabies is (NS het Australië in 2003 met 50-21 in Sydney geklop) het Suid-Afrika twee groter tellings teen Australië aangeteken: 61-22 (Pretoria – 1997) en 53-8 (Johannesburg – 2008).
Dié oorwinning Saterdag van die All Blacks van 51-20 is die 10de grootste in dié kompetisie. Die grootste sege is natuurlik die Springbokke se sege op 7 Augustus 2013 van 73-13 oor Argentinië in Soweto.
Die volgende spelers in dié toets het reeds 50 toetse gespeel:
Nieu-Seeland – 129 – McCaw; 115 – Keven Mealamu; 78 – Conrad Smith; 64 – Kieran Read; 59 - Owen Franks; 56- Sam Whitelock; 50 – Cory Jane.
Australië – 96 – Adam Ashley-Cooper; 64 – Ben Alexander; 54 – James Slipper; 53 – Wycliff Palu
Die puntemakers in die toets in Auckland is:
EDENPARK, Auckland – NIEU-SEELAND 51 (drieë: ‘n Strafdrie, Julian Savea-sy 24e, Kieran Read-sy 16de, McCaw 2, Steven Luatua; doel: Aaron Cruden 5; straf: Cruden 3-sy toetstotaal is nou 250 punte); Australië 20 (drieë: Israel folau-14e, Michael Hooper; doel/straf: Kurtley Beale 2- sy toetstotaal is nou 113 punte).
. . . die groot Salta-skok!
Wat sê ‘n mens ná die “groot skrik” wat Jean de Villiers en sy Bokke Saterdag in Salta, Argentinië, teen ‘n omgekrapte Poema-span van Agustin Creevy op die lyf geloop het?
Dankietog vir daai koelkop-strafdoel van Morné Steyn drie minute voor die einde wat die telling 33-31 in ons draers van die Groen en Goud se guns gemaak het en wat gekeer het dat die Argentyne die eerste keer in 19 toetse teen die Springbokke die botoon voer.
Natuurlik kan ‘n mens verwag dat ondersteuners van die Bokke baie teleurgesteld is in hul helde se vertoning, veral in die skrums.
Charles Smith van Volksblad, skryf gister in ‘n voorbladberig van die koerant die volgende:
“Dit is om van naar te word. Vernederend. ’n Skandvlek op die land se trotse rugbygeskiedenis.”
“Die Poemas se bajada het die Bok-agttal met tye vernederend terug laat hardloop (ja, hardloop!) vir een van die ergste ego-inploffings in ons toetsgeskiedenis.”
Die Bokke se skrumwerk het ‘n mens onwillekeurig laat terugdink aan die 80’s van die vorige eeu toe die Argentyne ons Bokke met die einste bajada-skrumtegniek erg verwilderd gelaat het.
Mnr. Heyneke Meyer, die Bok-afrigter sal vandeesweek indringend moet kyk hoe hy veral sy voorry gaan versterk om staande te bly nadat Marcos Ayerza (loskopstut – 50 toetse), Creevy (haker – 30 toetse) en Ramiro Herrera (vaskopstut – 4 toetse) onse Gurthrö Steenkamp (52), Bismarck du Plessis (62) en Jannie du Plessis (56) vir die eerste sowat 45 minute in trurat aan’t hardloop gehad het!
Dit was die Bokke se 277e oorwinning in 433 toetse vir ‘n slaagsyfer van 63.97%, wat naas Nieu-Seeland die beste vertoningslys van enige toetsspelende land ter wêreld is. Die Bokke is steeds onoorwonne in toetse teen Argentinië en die Suid-Afrikaners se vertoningslys hier is: 19 gespeel, 18 gewen, een gelykop, 728 punte (teenoor 361) en 89 drieë (teenoor 33).
Argentinië se vertoningslys staan op ‘n gemiddelde van 53.89% deurdat hy 208 van sy 386 toetse gewen het.
Die volgende spelers in dié toets het al in 50 toetse gespeel:
Suid-Afrika: 99 – Bryan Habana; 98 – Jean de Villiers; 81 – Bakkies Botha; 78 – Ruan Pienaar; 70 – Juan Smith; 62 – Bismarck du Plessis; 58 – Morné Steyn; 57 – Tendai Mtawarira; 56 – Jannie du Plessis; 52 - Gurthrö Steenkamp.
Argentinië: 58 – Juan Martin Fernandez Lobbe; 57 – Juan Manuel Leguizamon; 53 – Horacio Agulla; 50 – Marcos Ayerza
Die puntemakers in die toets in Salta is:
Suid-Afrika 33 (drieë: Bryan Habana-56e – hy’s 4de op die lys van alle tye in internasionale rugby, Cornal Hendricks, Marcell Coetzee; doel: Handré Pollard, Morné Steyn 2; straf: Pollard 3, Steyn-sy toetstotaal is nou 670 punte); Argentinie 31 (drieë: Joaquin Tuculet, Manuel Montero, Tomas Cubelli; doel/straf: Nicolas Sanchez 2; skep: Juan Martin Hernandez; straf: Marcelo Bosch).
Gaping 13 punte tussen 4 voorstes en die res in Onder 21-reeks
Die WP is ná die naweek se Onder 21-wedstryde steeds die enigste onoorwonne span en bo-aan die puntelys, gevolg deur die Goue Leeus, Vrystaat en die Blou Bulle. Hierdie vier spanne is gerieflik 13 punte voor die Luiperds, Haaie en die Grens.
Die WP het kennis gegee met sy sege van 50-31 oor die Goue Leeus, wat tweede is, gegee dat dié jong Streeptruie nie maklik onttroon gaan word nie. Twaalf drieë is in die wedstryd gedruk.
Dit was Saterdag weer ‘n baie lang dag vir die Grens, wat met 72-0 deur die Vrystaat in die BCM-stadion in Oos-Londen verslaan is. Die Vrystaat, wat rustyd met 41-0 voor was, het elf drieë in dié oorwinning gedruk.
Die Vrystaters kon met beter afronding nóg verder gewen het.
Die puntemakers is:
Vrystaat 72 (drieë: Carel-Jan Coetzee, Don Mlondobozi, Donavan Gissing, Gerhard Olivier, Henco van der Westhuizen, Marco Klopper 3, Pieter Jordaan, Steven Meiring, Warren Potgieter; doel: Jordaan 7; straf: Jordaan); Grens 0.
Blou Bulle 38 (drieë: Duncan Matthews, Jade Stighling, Ruan Steenkamp, Rohan Janse van Rensburg 2; doel: Kobus Marais 5; straf: Marais); Luiperds 20 (drieë: Ryno Smith, Wilmar Arnoldi; doel/straf: JJ Du Plessis 2).
WP 50 (drieë: Eital Bredenkamp 2, Johnny Kotze, Kyle Lombard, Lihleli Xoli 2, Robert du Preez; doel: Du Preez 6; straf: Du Preez); Goue Leeus 31 (drieë: Bobby de Wee, Cyle Brink, Koch Marx, Malcolm Marx, Selom Gavor; doel: Ruan Janse van Rensburg 3).
Onder 21-puntestand
SPAN |
S |
W |
V |
G |
PV |
PT |
NETTO |
DV |
DT |
BON.V |
BON.D |
PUNTE |
Groep A |
||||||||||||
WP |
6 |
6 |
0 |
0 |
262 |
104 |
158 |
37 |
13 |
0 |
4 |
28 |
G.Leeus |
6 |
5 |
1 |
0 |
340 |
121 |
219 |
49 |
14 |
0 |
5 |
25 |
Vrystaat |
6 |
4 |
2 |
0 |
284 |
82 |
202 |
41 |
10 |
1 |
4 |
21 |
BlouBulle |
6 |
4 |
2 |
0 |
309 |
124 |
185 |
39 |
14 |
1 |
3 |
20 |
Luiperds |
6 |
1 |
5 |
0 |
147 |
182 |
-35 |
20 |
22 |
1 |
2 |
7 |
Haaie |
5 |
1 |
4 |
0 |
99 |
177 |
-78 |
12 |
23 |
0 |
1 |
5 |
Grens |
7 |
0 |
7 |
0 |
15 |
666 |
-651 |
0 |
102 |
0 |
0 |
0 |
Groep B |
||||||||||||
OP Kings |
3 |
3 |
0 |
0 |
124 |
32 |
92 |
18 |
5 |
0 |
2 |
14 |
SWD |
3 |
3 |
0 |
0 |
122 |
57 |
65 |
17 |
8 |
0 |
2 |
14 |
Limp.B.B. |
2 |
1 |
1 |
0 |
68 |
37 |
31 |
10 |
5 |
1 |
1 |
6 |
Boland |
2 |
1 |
1 |
0 |
51 |
40 |
11 |
8 |
6 |
0 |
1 |
5 |
Valke |
3 |
1 |
2 |
0 |
57 |
103 |
-46 |
9 |
15 |
0 |
1 |
5 |
Griekwas |
2 |
1 |
1 |
0 |
37 |
63 |
-26 |
5 |
10 |
0 |
0 |
4 |
Griffons |
3 |
0 |
3 |
0 |
42 |
145 |
-103 |
6 |
21 |
1 |
0 |
1 |
Pumas |
2 |
0 |
2 |
0 |
30 |
54 |
-24 |
4 |
7 |
0 |
0 |
0 |
Vrystaat ook in Onder 19’s derde
Die WP, Blou Bulle en die Vrystaat is gerieflik in die eerste drie plekke in die Onder 19-kompetisie. Die WP, wat onoorwonne in die eerste plek is, het egter ’n groot skrik op die lyf geloop, toe die Goue Leeus hom tot ‘n naelskraapse sege van 24-22 gedwing het.
Die OP Kings het eweneens verras deur die Vrystaat in Uitenhage met 17-13 te klop, ‘n nederlaag wat die Vrystaters opnuut met akkurater stelskopwerk kon gewen het.
Die puntemakers is:
OP Kings 17 (drieë: Jeremy Ward, Luan Nieuwoudt; doel: Malcolm Jaer 2; straf: Jaer); Vrystaat 13 (drieë: Ox Nche, Tyron Goddard; straf: André Swarts).
WP 24 (drieë: Adriaan Carelse, Charlton Jonas, Dewald Naude; doel: Ernst Stapelberg 3; straf: Stapelberg); Goue Leeus 22 (drieë: Arnout Malherbe, Jade Solomons, Marnus Erasmus; doel: James Campbell 2; straf: Kobus Engelbrecht).
Blou Bulle 52 (drieë: Calvonn Allison, Albert van Niekerk, Dimitrio Tieties 2, Duhan van der Merwe 2, Hanro Liebenberg, Jurie Linde; doel: Dewald Human 6); Luiperds 27 (drieë: Elden Schoeman, Lawrence Mabokela, Ray van der Lith, Roelof Scheepers; doel: Julian Delicado 2; straf: Delicado).
Onder 19-puntestand
SPAN |
S |
W |
V |
G |
PV |
PT |
NETTO |
DV |
DT |
BON.V |
BON.D |
PUNTE |
Groep A |
||||||||||||
WP |
6 |
6 |
0 |
0 |
197 |
96 |
101 |
21 |
13 |
0 |
3 |
27 |
BlouBulle |
6 |
4 |
2 |
0 |
172 |
101 |
71 |
23 |
12 |
2 |
4 |
22 |
Vrystaat |
6 |
3 |
3 |
0 |
110 |
114 |
-4 |
17 |
11 |
2 |
3 |
17 |
OP Kings |
7 |
3 |
4 |
0 |
116 |
155 |
-39 |
13 |
20 |
1 |
1 |
14 |
Haaie |
5 |
2 |
3 |
0 |
98 |
114 |
-16 |
12 |
14 |
1 |
2 |
11 |
G.Leeus |
6 |
2 |
4 |
0 |
97 |
142 |
-45 |
11 |
20 |
1 |
0 |
9 |
Luiperds |
6 |
1 |
5 |
0 |
127 |
195 |
-68 |
20 |
27 |
1 |
3 |
8 |
Groep B |
||||||||||||
Valke |
3 |
3 |
0 |
0 |
126 |
50 |
76 |
16 |
6 |
0 |
3 |
15 |
Griffons |
3 |
3 |
0 |
0 |
100 |
72 |
28 |
13 |
11 |
0 |
2 |
14 |
Boland |
2 |
2 |
0 |
0 |
79 |
17 |
62 |
11 |
2 |
0 |
1 |
9 |
Limp.B.B. |
2 |
1 |
1 |
0 |
39 |
45 |
-6 |
4 |
5 |
1 |
0 |
5 |
Pumas |
2 |
1 |
1 |
0 |
55 |
73 |
-18 |
6 |
10 |
0 |
1 |
5 |
SWD |
3 |
0 |
3 |
0 |
54 |
83 |
-29 |
8 |
9 |
1 |
1 |
2 |
Griekwas |
2 |
0 |
2 |
0 |
27 |
47 |
-20 |
3 |
6 |
1 |
0 |
1 |
Grens |
3 |
0 |
3 |
0 |
52 |
145 |
-93 |
8 |
20 |
0 |
1 |
1 |
Elf All Blacks in heldesaal vereer
Colin Meads is een van elf Nieu-Seelandse rugbylegendes wat pas in die IRB se heldesaal vereer is. Die ander is: Fred Allen, Don Clarke, Grant Fox, Sean Fitzpatrick, Michael Jones, Ian Kirkpatrick, John Kirwan, Terry McLean, Colin Meads, Graham Mourie en George Nepia.
Die volgende klubs, spanne en mense is reeds in die heldesaal vereer: Baron Pierre de Coubertin, Danie Craven, Wilson Whineray, Gareth Edwards, John Eales, Joseph Warbrick, Ned Haig en die Melrose-klub in Skotland, Jack Kyle, Philippe Sella, Hugo Porta, William Maclagan, Barry Heatlie, Bennie Osler, Cliff Morgan, Tony O’Reilly, Frik du Preez, Syd Millar, Willie John McBride, Ian McGeechan, Jean Prat, Lucien Mias, André en Guy Boniface, Serge Blanco, Harry Vassall en Alan Rotherham, Cardiff-klub in Wallis en Frank Hancock, David Gallaher, Barbarian-klub en WP Carpmael, Mike Gibson, Roger Vanderfield, Richard Littlejohn, Nicholas Shehadie, John Kendall-Carpenter, David Kirk, Brian Lochore, Nick Farr-Jones, Bob Dwyer, Francois Pienaar, Kitch Christie, Rod Macqueen, Gareth Rees, Clive Woodward, Jonah Lomu, Jake White, Brian Lima, Agustín Pichot, Martin Johnson, John Smit, Gordon Tietjens, Ian en Donald Campbell, Yoshihiro Sakata, die Roemeense Olimpiese span van 1924, die VSA wat die goue medalje op die Olimpiese Spele in 1920 en 1924 ingeoes het, Richard en Kennedy Tsimba, Alfred St George Hamersley, Vladimir Ilyushin, Waisale Serevi, Thomas Lawton, John Thornett, Ken Catchpole, Mark Ella, David Campese, George Gregan, Robert Seddon en die Britse span van 1888, David Bedell-Sivright, Bleddyn Williams, Jack Matthews, Ronnie Dawson en Gavin Hastings.
Nieu-Seeland verbied vuurwerke by Kiwi-toetse
Die Nieu-Seelandse Rugby-unie het alle vuurwerkvertonings voor óf ná toetse in enige Nieu-Seelandse stadion verbied.
Dit volg nadat ‘n vrou Saterdag voor die toets tussen die All Blacks en die Wallabies in Auckland met ‘n kopwond in die hospitaal beland het nadat van die vuurwerke erger ontplof het as wat verwag is en van die skrapnel die vrou en ander toeskouers getref het. Twee mans is vir geringer beserings behandel.
Die vrou het weens bloedverlies haar bewussyn verloor. Mnr. Steve Tew, die uitvoerende hoofbeampte van die Nieu-Seelandse Rugby-unie, het sy unie se verskoning vir die beseerdes aangebied.
Uitslae van oraloor
Nieu-Seeland (ITM-kompetisie) – Tasman k Bay of Plenty 56-27; Auckland k Manwatu 35-7; Counties Manuka k Otago 29-25; Noirthland k Wellington 35-5; Hawke’s Bay k Taranaki 29-26; Canterbury k Waikato 58-27; North Southland k North Harbour 25-21.
Australië (NRC0-kompetisie) – Melbourne Rising k North Harbour rays 55-34; NSW Country Eagles k Greater Sydney Rams 31-3.
Frankryk (Top 14-kompetisie) – Stade de Franais k Lyon 23-20; Toulon k La Rochelle 60-19; Montpellier k Grenoble 20-17; Bordeaux Begles k Racing Metro 30-21; Bayonne k Oyonnax 38-12; Clermont Auvergne k Brive 21-6; Toulouse k Castres 35-6.
Kovsiestreek-eindstryde
Louis Botha (Bloemfontein) kom Saterdag op Shimlapark in Bloemfontein in die eindstryd van die Shimla-liga teen die Noord-Kaapse wenner, Noord-Kaap, te staan om te bepaal wie vanjaar as die Kovsiestreek se skolekampioen gekroon gaan word.
Die afgelope vyf jaar het ‘n Noord-Kaapse span telkens gewen. Sedert die ontstaan van die kompetisie in 2007 kon nog geen span van die Vrystaat as kampioen van die Shimla-liga gekroon word nie.
Louis Botha is vanjaar ongetwyfeld die gunsteling, met sy Suid-Afrikaanse Skole-flank, Victor Maruping, wat ook weer vir die eindstryd beskikbaar sal wees.
Louis Botha het sy plek in die eindstryd met ’n sege van 37-21 oor die Hoërskool Diamantveld bespreek. Die span se losskakel, Ewan Adams, was uitstekend en het ’n driekuns aan drieë behaal.
Noord-Kaap het ’n goeie sege van 22-15 behaal deur Voortrekker van Bethlehem op sy tuisveld in die Oos-Vrystaat te troef.
Die puntemakers van die vernaamste skolewedstryde is:
Grey-kollege 25 (drieë: Henry Immelman 2; straf: Julian Jordaan 3, Immelman 2); Paul Roos-Gimnasium 20 (drie: Michael Meyer; straf: Aidynn Cupido 4; skep: Cupido).
Shimlaliga
Louis Botha 37 (drieë: Ewan Adams 3, Gopolang Molefe; doel: Jeandré Christian 3; straf: Christian 2); Diamantveld 21 (drieë: Janco Cloete 2, Keaton Gordon; straf: Gerco Nortjé 2).
Noord-Kaap 22 (drieë: Robbie Petzer, Cheswin de Vries, Thulani Njenje; doel: Petzer 2; straf: Petzer); Voortrekker 15 (drieë: Apin Odendaal 2; doel/straf: Tokkie van Zyl).
Bultfontein 36 (drieë: Arno Taljaard 2, Erik Helm 2, GJ van Eeden, Bernard Fourie; doel: Van Eeden 2, Taljaard); Hoërskool Vaalharts 27 (drieë: Francois van Vuuren, Diaan Keyser, Danny Figeura, Dimitri Appollis; doel: Van Vuuren 2; straf: Van Vuuren).
Volksbladliga
(onder 15)
Diamantveld 21 (drieë: Renier van Zyl, Nathan Casper, Glenn-Curt Stewe; doel: Charles Williams 3); Jim Fouché 0.
Noord-Kaap 17 (drieë: Wium Becker, Chadd Adams, BJ van der Merwe; doel: Ramon Sauls); AHS Kroonstad 7 (drie: Vaatjie Naudé; doel: Chappies van der Walt).
Ander uitslae
Internasionaal (o.18) - SARU Akademie k Italië 48-29; Wallis k Frankryk 10-9; Engeland k SA 30-22.
Oos-Kaap - Alexander Road k Victoria Park 37-10; Cambridge k Hudson Park 17-15; Die Brandwag k Punt 26-19; Framesby k Nico Malan 25-10; Graeme k Muir 21-14; Grey High k Cheltenham (Brit) 58-15; Pearson k Westering, 64-0; Queen’s k Dale 35-33.
Wes-Kaap - Bellville k DF Malan 17-5; Bishops k Drostdy 36-17; Boland Landbou k Oakdale 13-7; HTS Bellville k JG Meiring 19-3; Hugenote k Swartland 12-7; Paarl Hoër Seuns k Drostdy 15-13; Paarl Gim k Wynberg 15-13; Rondebosch k De Kuilen 41-7; Stellenbosch k Montana 47-5.
(*) – Inligting deur Frikkie van Rensburg.