Posted on Wednesday, 30 Jan 2013
Die Toyota Cheetahs se voorbereiding vir die komende Super Rugby kompetisie is mooi op koers en die afrigters is tevrede met die vordering van spelers en prosesse.
Ondersteuners moet in gedagte hou dat die oefenwedstryde wat tans plaasvind en wat reeds teen die Leeus plaasgevind het juis voorbereidende wedstryde is om kombinasies van spelers, spelpatrone en individuele spelers se vermoëns te bepaal en te toets.
Teen die Stormers sal 28 spelers die geleentheid kry om op rotasie basis hulself te bewys en het die afrigters ook die geleentheid om finaal na spelpatrone, verdedigings patrone en ander aspekte van die spel te kyk.
Die Cheetahs Maatskappy besef dat die ondersteuners groot oorwinnings van die Toyota Cheetahs wil sien maar die voorbereidingswedstryde is eintlik daarop ingestel om juis as voorbereiding vir die groot kompetisie wat later kom te dien.
Talle beseerde spelers het die afgelope week hulle terugkeer tot die oefenveld gemaak en na ‘n lang herstel-en voorbereidingsessies om terug te keer tot die oefenveld is dit bemoedigend om ook hulle fiksheidsvlakke te sien.
Daar gaan egter nie nou nie nou onnodige kanse met beseerde spelers of spelers wat pas teruggekeer het van besering gewaag word nie. Hulle word voorberei vir die groot kompetisie wat binnekort begin.
Die fiksheidsdeskundiges is opgewonde oor die fiksheidsvlakke van die span en verskeie toetse soos kragtoetse, fiksheidstoetse, uithouvermoë toetse word gedoen en daar is ‘n groot verbetering ten opsigte van spelers se fiksheidsvlakke in vergelyking met vorige jare.
Van die top beseerde spelers wat nou besig is om terug te keer is Juan Smith, Frans Viljoen, Lappies Labuschagne, Philip van der Walt, Riaan Smit, Rayno Benjamin, Johan Sadie, Boom Prinsloo terwyl Heinrich Brussow, Coenie Oosthuizen, Johan Goosen en Andries Ferreira nog in herstel fases is. Van hulle sal Johan Goosen waarskynlik eerste gereed wees om te speel, daarna Coenie Oosthuizen, Heinrich Brussow gevolg deur Andries Ferreira wat later na die toer van die Toyota Cheetahs in Maart gereed sal wees.
Die Versoening wedstryd teen die Stormers is ‘n groot uitdaging vir die Toyota Cheetahs en die spelers sal graag hulle regmerk wil kry om in die finale groep van 30 ingesluit te word. Tans is daar steeds ongeveer 40 spelers in die groep wat afgebring sal word na 30 in die lig van die voorskrifte van SANZAR. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die Toyota Cheetahs nie oor die luuksheid beskik om bykans 50 spelers in ‘n groep te kontrakteer by een unie nie. Die Toyota Cheetahs moet gebruik maak van die diepte by die Griekwas en Griffons en derhalwe moet die spanne oor hierdie tydperk van November, Desember en vroeg Januarie in ‘n nuwe eenheid saamgevoeg word. Dit stel ook uitdagings aan die sentrale streekspan.
Afrigters en bestuur sien egter met groot opgewondenheid uit na die seisoen wat voorlê.
Toyota Cheetahs vs DHL Stormers
Versoening Wedstryd
2 Februarie 2013
No. |
Position |
name |
1 |
LOOSEHEAD PROP |
Trevor Nyakane |
2 |
HOOKER |
Adriaan Strauss ( c ) |
3 |
TIGHTHEAD PROP |
Louwrens Adriaanse |
4 |
LEFT LOCK |
Ligtoring Landman |
5 |
RIGHT LOCK |
Waltie Vermeulen |
6 |
LEFT FLANKER |
Boom Prinsloo |
7 |
RIGHT FLANKER |
Davon Raubenheimer |
8 |
NUMBER EIGHT |
Philip van der Walt |
9 |
SCRUMHALF |
Sarel Pretorius |
10 |
FLYHALF |
Riaan Smith |
11 |
LEFT WING |
Rocco Jansen |
12 |
INSIDE CENTRE |
Ryno Benjamin |
13 |
OUTSIDE CENTRE |
Johan Sadie |
14 |
RIGHT WING |
Jannie Boshoff |
15 |
FULLBACK |
Hennie Daniller |
Replacements: |
|
|
|
||
16. |
RESERVE |
Ryno Barnes |
17. |
RESERVE |
Caylib Oosthuizen |
18. |
RESERVE |
Lodewyk de Jager |
19. |
RESERVE |
Francois Uys |
20. |
RESERVE |
Frans Viljoen |
21. |
RESERVE |
Juan Smith |
22. |
RESERVE |
Lappies Labuschagne |
23. |
RESERVE |
Piet van Zyl |
24. |
RESERVE |
Elgar Watts |
25. |
RESERVE |
Barry Geel |
26. |
RESERVE |
Willie le Roux |
27. |
RESERVE |
Hansie Graaff |