Posted on Tuesday, 29 Jul 2014
Vrystaters presteer oor wye rugbyfront
Vrystaatse beamptes én spelers het die afgelope klompie dae oudergewoonte wêreldwyd Cheetahland se naam hooggehou en groot eer vir ons hier tussen die Oranje- en die Vaalrivier ingeoes.
Die afgelope Donderdag, 24 Julie 2014, is mnr. Ryno Opperman, tot nuwe voorsitter van die Vrystaat-Cheetahs-Maatskappy verkies.
Internasionaal het ons drie verteenwoordigers in die Springbok-sewesspan – Cornal Hendricks, Chris Dry en Cecil Africa - onder afrigting van die Vrystater, Neil Powell, die eerste keer die goue medalje op die Statebondspele in Glasgow, Skotland, ingeoes.
Twee van ons skeidsregters, Jaco Peyper (Super-halfeindstryd in Sydney) en Marlize Jordaan (Wêreldbeker vir vroue in Frankryk), is betrokke in internasionale rugby.
Die Vrystaatse vroue-span het hul interprovinsiale kompetisie onoorwonne afgesluit.
Dan het die Vrystaatse Onder21-span Saterdag amok gemaak en op Shimlapark in Bloemfontein die Grens ‘n afgedankste loesing van 118-6 gegee.
Ons Onder19-span het moontlik nie so ver soos hul ouboete gewen nie, maar hulle het ‘n verdienstelike sege van 26-9 oor die jongspan van die OP Kings behaal.
Agt spelers van ons Sentrale Streek was die afgelope naweek op die Suid-Afrikaanse skoleproewe in die Barnard-stadion in Kemptonpark in aksie.
Grey-kollege het sy onoorwonne status van die 2014-seisoen behou deur Glenwood in Durban met 29-12 ore aan te sit.
Opperman nou direksie-voorsitter
Mnr. Ryno Opperman, wat in sy speeldae as ‘n slot vir die Opkomende Springbokke gespeel en in 137 wedstryde vir die Vrystaat uitgedraf het, is verlede Donderdag tot nuwe voorsitter van die Vrystaat-Cheetahs-maatskappy verkies.
Die 43-jarige Opperman het in Gobabis, waar hy gebore is, sy skoolloopbaan aan Ben van der Walt (primer) en Wennie du Plessis (sekondêr) voltooi voor hy sy studies aan die Universiteit van die Vrystaat voorgesit het.
Hy was ‘n stewige slot van by die 2m en 118kg, wat ook vir die Suid-Afrikaanse A-span, die SA Barbarians, SA Ontwikkelingspan en die SA Studente uitgedraf het.
Hy het sy debuut op 19 Maart 1991 vir die Vrystaat gemaak en sy laaste van 137 wedstryde was op 7 April 1999. Hy was in nege wedstryde kaptein van die Vrystaatse rugbuyspan.
Blitz-bokke onttroon Kiwi’s ná
16 jaar en 30 wedstryde
Hendricks, Africa en Dry was van die groot uitblinkers in die Springbokspan wat in die eindstryd teen Nieu-Seeland gespeel en met 19-12 gewen het.
Suid-Afrika het met dié opwindende sege ‘n einde aan die Kiwi’s se oorheersing van sewesrugby in die Statebondslande gemaak.
Twee van Seabelo Senatla se elf drieë op die Spele het die Suid-Afrikaners in die eindstryd op die wenpad geplaas. Albei spanne moes hul reserwebank gebruik, maar dit was die blitsige Cecil Africa wat ‘n dwaal-aangee van die Kiwi’s bemeester en met groot vaart die deurslaggewende derde Bok-drie gaan druk het.
Suid-Afrika het voorheen twee bronsmedaljes op die Statebondspele ingepalm en dié derde probeerslag was dus skeepsreg, ondanks die feit dat die Suid-Afrikaners vroeg-vroeg hul inspirerende kaptein, Kyle Brown, met ‘n skouerbesering verloor het.
Die Blitzbokke het die Nieu-Seelanders met skitterende vaardigheid, brute krag, hegte verdediging en ongelooflike vaart behoorlik geskud. Én, dit was die Bokke se senuwees van staal wat óók die deurslag gegee het toe die Suid-Afrikaners aanvanklik met 0-7 agtergeloop het.
Met die draaislag was die telling 7-7, voor die nuwe kampioene met nóg twee drieë ‘n voorsprong van 17-7 opgebou het. Teen die einde het die Bokke kwaai walgegooi om die vasberade Kiwi’s uit hul doelgebied te hou.
Nieu-Seeland het sy plek in die eindstryd bespreek deur sy buurman wes van die Tasman-see, Australië, met 19-7 te klop. Suid-Afrika het sy plek in die finale verseker deur ‘n uiters aggressiewe Samoaanse span in die halfeindstryd met 35-7 verslaan, veral ná twee skitterdrieë deur die Vrystaatse Springbok Cornal Hendricks.
Oor twee jaar vind sewesrugby die eerste keer op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro plaas en ná die groot suksesse die afgelope naweek in Glasgow kan verwag word dat sewesrugby saam met swem en atletiek die meeste belangstelling en grootste toeskouergetalle gaan lok.
In die kompetisie om die bronsmedalje het Australië vir Samoa met 24-0 verslaan, terwyl Engeland Wallis naelskraap met 17-15 in die Plaat-eindstryd geklop het. In die Bowl-eindstryd was Kanada met 50-7 oor die Cook-eilande baas, terwyl Sri Lanka Trinidad & Tobago in die Skild-eindstryd verslaan het.
Nagenoeg 171 000 toeskouers – waarskynlik ‘n wêreldrekord – het die vier sessies Saterdag en Sondag in die Ibrox-stadion in Glasgow, wat sitplek aan 50,411 toeskouers bied, bygewoon.
Ná die groot bywoningsyfer in die Ibrox-stadion lyk dit ook of die Skotte later vanjaar nog sal moet besluit of hulle hul internasionale rugby voortaan van Murrayfield (67 144 sitplekke) in Edinburg na dié stadion in Glasgow gaan verskuif.
Die wenners van die goue medalje in sewesrugby op die Statebondspele sedert die eerste toernooi in 1998 in Maleisië is:
1998 (Kuala Lumpur, Maleisië) – Nieu-Seeland.
2002 (Manchester, Engeland) –Nieu-Seeland.
2006 (Melbourne, Australië) – Nieu-Seeland.
2010 (Delhi, Indië) – Nieu-Seeland.
2014 (Glasgow, Skotland) – Suid-Afrika.
Neil smaak sukses ná nege maande
Neil Powell
Onder die afrigting van Neil Powell, wat tussen 2000-2003 en in 2008 in 75 wedstryde vir die Vrystaat skrumskakel gespeel het en ook kaptein van die Springbok-sewesspan was en ook in 1999 vir die SA Onder20-span diens verrig het, het die Springbok-sewesspan die afgelope nege maande óók twee toernooie in die Internasionale Rugbyraad se sewesreeks gewen, terwyl die span net voor die Statebondspele in Glasgow ook in die Rome-sewestoernooi baasgespeel het.
Powell is op 5 Oktober 2013 as afrigter van die Bok-sewesspan aangestel. Hy het Paul Treu opgevolg.
Die Springbok-sewesspan het onder Powell se afrigtng die toernooie van die IRR in Las Vegas (klop Nieu-Seeland in die eindstryd met 14-7) en in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth (klop Nieu-Seeland met 17-14 in die eindstryd) gewen.
In ander IRR-sewestoernooie onder Powell se afrigting het die Bokke só gevaar:
Londen – SA klop Kenia 38-14 in die Plaat-eindstryd. Nieu-Seeland het SA in die kwarteindstryd met 32-5 verslaan.
Glasgow – Kenia klop SA in die Plaat-halfeindstryd met 14-7.
Hongkong – SA wen die Plaat-afdeling deur Wallis in dié eindstryd met 19-14 te klop.
Wellington, Nieu-Seeland – Die Kiwi’s klop die Springbokke in ‘n uuters opwindende eindstryd met 21-0.
Dubai – Fidji klop SA 29-17 in die eindstryd.
Gold Coast, Australië – Suid-Afrika eindig vierde in Powell se eerste toernooi as afrigter, nadat Australië die Bokke in die halfeindstryd ná twee periodes van ekstra tyd met 24-19 geklop het.
Én, Neil Powell kan daarmee spog dat in sy eerste seisoen as Sprigbok-sewesafrigter van die IRR se sewesreeks het die Springbokke tweede na Nieu-Seeland geëindig. Dié finale stand was: 1. Nieu-Seeland (180); 2. Suid-Afrika (152); 3. Fidji (144); 4, Engeland (134); 5. Australië (116).
Neil is natuurlik die kleinboet van Corné, gewese toetskaptein en senter van Namibië en self ‘n internasionale sewesspeler, en Jimmy, voormalige Vrystaatse skrumskakel in 82 wedstryde, wat óók vir Suid-Afrika se Onder20-span gespeel het.
Vroue - Cheetah-land se trots!
Die Vrystaat het onder leiding van Merriam Nthlafu (senter) hul bepalings in die A2-afdeling van die landwye interprovinsiale vrouekompetisie die afgelope Saterdag op Bolandpark in Worcester onoorwonne afgesluit deur die Boland met 26-14 te troef. Die Vrystaters het vier drieë gedruk en net twee afgestaan.
Die Vrystaters was rustyd reeds 21-7 voor. Siyanda Ketse (heelagter), Kamohelo Makoele (flank) en Masabata Sempe (loskopstut – 2) het die Vrystaters se drieë gedruk, terwyl Lindiwe Masole (skrumskakel) drie drieë gedoel het.
Die Vrystaters het vroeër in die reeks met die Griffons, wat derde was, met 74-15 op Oud-Greys se veld in Bloemfontein afgereken, terwyl hulle in hul eerste wedstryd op Ellispark in Johannesburg met die Goue Leeus se meisies met 39-10 klaargespeel het.
Die Vrystaters het altesame 139 punte (teenoor 39) aangeteken en 23 drieë (teenoor 6) gedruk, vir ‘n wedstrydgemiddelde van 46-10 (8-2 drieë).
Orna Prinsloo, bestuurder van die Vrystaatse span wat in die verlede ook al bestuurder van die Springbokspan was, het bevestig dat die vier top-spanne in die A1-afdeling in die halfeindronde op 20 September sake uitspook, terwyl die drie eindstryde op 27 September op dieselfde veld afgehandel sal word.
Die twee topspanne in die A2-afdeling én in die B-afdeling sal egter net in eindstryde slaags sal wees.
Een van die twee spanne wat tot eindstryd van die A1-afdeling deurdring, wat die hoogste in die ligadeel van die kompetisie geplaas was, sal die tuisveldvoordeel hê. In hierdie stadium moet die Grens die gunsteling wees om die drie eindstryde op 27 September in Oos-Londen aan te bied.
Die bepalings is:
Halfeindronde - 20 September
A1-afdeling – OOS-LONDEN: Grens (1e met 25 punte, én 5 seges uit 5 wedstryde) teen WP (4e met 12 punte – 2 uit 5); PORT ELIZABETH: OP (2e met 18 punte– 4 uit 5) teen Blou Bulle (15 punte met 3 uit 5).
Eindstryde - 27 September
A1-afdeling – Wenners van die twee halfeindstryde teen mekaar.
A2-afdeling – Vrystaat (1e met 15 punte – 3 uit 3) teen Boland (2e met 10 punte en 2 uit 3).
B-afdeling – Luiperds (1e met 14 punte en 3 uit 3) teen Pumas (2 met 10 punte en 2 uit 3).
Al die interprovinsiale ligabepalings is afgehandel, maar omdat die Springbok-vrouespan tans in Frankryk is vir hul Wêreldbeker-toernooi en daarna in ‘n reeks internasionale sewes-kragmetings betrokke gaan wees, is besluit om die halfeindstryd en die eindstryde eers teen die einde van September af te handel.
Die finale puntestand in die A2-afdeling is:
SPAN |
S |
W |
V |
G |
PV |
PT |
NETTO |
DV |
DT |
BON.V |
BON.D |
PUNTE |
Vrystaat |
3 |
3 |
0 |
0 |
139 |
39 |
100 |
23 |
6 |
0 |
3 |
15 |
Boland |
3 |
2 |
1 |
0 |
77 |
38 |
39 |
13 |
6 |
0 |
2 |
10 |
Griffons |
3 |
1 |
2 |
0 |
52 |
128 |
-76 |
8 |
22 |
0 |
1 |
5 |
GoueLeeus |
3 |
0 |
3 |
0 |
42 |
105 |
-63 |
8 |
18 |
1 |
1 |
2 |
Onder 21’s maak amok teen Grens
Die Vrystaatse Onder21-span het Saterdag op Shimlapark by die UV hul aanslag in Absa se Onder 21-kompetisie weer op koers gekry en dit was die Grens-manne wat dit met 118-6 moes ontgeld. Sewe Vrystaters het twee drieë elkeen gedruk en Ruan Potgieter (losskakel) het 14 drieë gedoel.
Die Vrystaters het 18 drieë gedruk en was rustyd reeds 54-3 voor. Dit was die Vrystaters se derde 100-tal sedert 2010 in dié landwye kompetisie en húl grootste sege tot nog toe. Die Vrystaat het die Boland voorheen twee keer met ‘n honderdtal geklop: met 109-0 (die Vrystaters se vorige grootste sege) en met 110-10.
Dié sege met 118-6 is die tweede grootste tot nog toe in die kompetisie, want die Blou Bulle het twee weke gelede die einste Grens met 143-0 op Loftus Versfeld in Pretoria verneder en die jong Ligbloues het in dié proses 21 drieë gedruk.
Dit was ook die sewende keer sedert 2010 dat ‘n span meer 100 punte in ‘n Onder21-wedstryd aanteken.
Die puntemakers is:
Vrystaat 118 (54): Drieë: Daniel Maartens 2, Gerhard Olivier 2, Hendrik Theron 2, Jacques du Toit, Justin Basson, Louis Venter 2, Luke Cyster, Marco Klopper 2, Pieter Jordaan 2, Rudolph Botha, Stephan Janse van Rensburg 2; doel: Ruan Potgieter 14); Grens 6 (straf: Devandré Sissing 2).
Ander uitslae en puntemakers is:
WP 47 (14): Drieë: Frederik Nel, Huw Jones 2, Janco Gunter, JD Schickerling, Johnny Kotze, Sikhumbuszo Notshe; doel: Robert du Preez 5, Gunter); Haaie Sharks 15 (3): Drieë: Hanco Venter, Jean Pretorius; doel: Tim Swiel; straf: Jean-Luc du Plessis.
Goue Leeus 43 (7): Drieë: Hanco Deale 2, Cyle Brink, Hannes Snyman, Rynard Snyman, Jano Venter, JP du Preez; doel: Ruan van Rensburg 2, Heale, Brendan Hewitt); Luiperds 13 : Drie: Strafdrie; doel/straf: Schalk Hugo; skep: Jaco du Plessis).
Jongste Onder21-puntestand
SPAN |
S |
W |
V |
G |
PV |
PT |
NETTO |
DV |
DT |
BON.V |
BON.D |
PUNTE |
Groep A |
||||||||||||
WP |
3 |
3 |
0 |
0 |
94 |
52 |
42 |
13 |
6 |
0 |
2 |
14 |
BlouBulle |
2 |
2 |
0 |
0 |
196 |
25 |
171 |
27 |
3 |
0 |
2 |
10 |
GoueLeeus |
2 |
2 |
0 |
0 |
125 |
19 |
106 |
19 |
1 |
0 |
2 |
10 |
Vrystaat |
2 |
1 |
1 |
0 |
135 |
26 |
109 |
21 |
4 |
1 |
1 |
6 |
Haaie |
3 |
1 |
2 |
0 |
77 |
117 |
-40 |
9 |
16 |
0 |
1 |
5 |
Luiperds |
3 |
0 |
3 |
0 |
50 |
107 |
-57 |
6 |
13 |
1 |
0 |
1 |
Grens |
3 |
0 |
3 |
0 |
12 |
343 |
-331 |
0 |
52 |
0 |
0 |
0 |
Groep B |
||||||||||||
Boland |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
OP Kings |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Griffons |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Griekwas |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Limp. BB |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Pumas |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
SWD |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Valke |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Vrystaat se Onder 19’s stuit OP Kings
Die spanne van die Vrystaat, Luiperds en veral die Westelike Provinsie, het goeie oorwinnings die afgelope naweek in Absa se landwye Onder19-kompetisie behaal.
Die besoekers uit Port Elizabeth had g’n antwoord vir die Vrystaters se aanvallende spel en hegte verdediging nie. Die Vrystaat het vier drieë vir ‘n bonuspunt-oorwinning gedruk.
Nadat die eerste helfte redelik gelykop verloop het – die Vrystaat was blaastyd slegs 7-6 voor – het die tuisspan in die tweede helfte algaande die hef in die hande geneem en met 26-9 geseëvier.
Die puntemakers is:
Vrystaat 26 (7): Drieë: Abraham Burger 2, Stephen Rautenbach, Tyron Goddard; doel: André Swarts, Sechaba Matsoele, Tyron Labuschagne; OP Kings 9 (6): straf: Jason Vers 2, Malcolm Jaer.
Die WP het met sy sege van 30-15 oor die Natallers in Durban gewys waarom hy tans aan die bopunt van die puntelys is.
Die ander uitslae en puntemakers is:
Haaie 15 (8): Drieë: Ayron Schramm, Nkululeko Mcuma; doel/straf: Innocent Radebe; WP 30 (13): Drieë: Brendon Nell, Dewald Naude, Johan Momsen; doel/straf: Ernst Stapelberg 3.
Goue Leeus 14 (7): Drieë: Jade Solomons, Shaun Reynolds; doel: Reynolds 2; Luiperds 27 (7): Drieë: Sydney du Plessis, Jacques van Zyl, Mogau Mabokela, Elden Schoeman; doel: Brendon Kahts 2; straf: Kahts.
Jongste Onder 19-puntestand
SPAN |
S |
W |
V |
G |
PV |
PT |
NETTO |
DV |
DT |
BON.V |
BON.D |
PUNTE |
Groep A |
||||||||||||
WP |
3 |
3 |
0 |
0 |
119 |
53 |
66 |
13 |
8 |
0 |
2 |
14 |
BlouBulle |
2 |
2 |
0 |
0 |
62 |
35 |
27 |
8 |
4 |
0 |
2 |
10 |
Vrystaat |
2 |
1 |
1 |
0 |
52 |
59 |
-7 |
8 |
5 |
0 |
2 |
6 |
Haaie |
3 |
1 |
2 |
0 |
65 |
80 |
-15 |
8 |
10 |
0 |
1 |
5 |
Luiperds |
3 |
1 |
2 |
0 |
56 |
85 |
-29 |
9 |
11 |
0 |
1 |
5 |
GoueLeeus |
2 |
1 |
1 |
0 |
30 |
40 |
-10 |
3 |
6 |
0 |
0 |
4 |
OP Kings |
3 |
0 |
3 |
0 |
39 |
71 |
-32 |
4 |
9 |
1 |
0 |
1 |
Groep B |
||||||||||||
Boland |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Grens |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Griffons |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Griekwas |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Limp.BB |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Pumas |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
SWD |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Valke |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
0 |
Agt spelers uit Sentrale Streek
in SA Skole-proewe
Agt spelers – twee elk van die Vrystaat, Griffons, Griekwas en Griekwa-platteland – het die afgelope naweek aan die SA Hoërskool-proewe op Kemptonpark deelgeneem.
Dié agt spelers is:
Nazo Nkala (Welkom Gimnasium & Griffons), Jaywin Juries (Hentie Cilliers & Griffons), Cobus Wiese (Griekwas-platteland), Victor Maruping (Louis Botha & Vrystaat), Teubus Brits (Landboudal & Griekwas), Rikus Swart (Noord-Kaap & Griekwas), Ignatius Prinsloo (Grey-kollege & Vrystaat) en Stefan Hanekom (Duineveld & Griekwas-platteland).
‘n SA Skolespan word vandeesweek aangewys, wat toetse op 15 Augustus teen Frankryk (City Park, Kaapstad), 19 Augustus teen Wallis (Outeniqaupark, George) en op 23 Augustus teen Engeland (Markotter-stadion, Stellenbosch) gaan speel. Italië se nasionale Onder18-span sal ook op dié dae teen die WP, SWD en Saru-akademie speel.
Intussen het Grey-kollege Saterdag sy onoorwonne status van 2014 gehandhaaf deur Glenwood met 29-12 in Durban te klop. Dit was Grey se 23e agtereenvolgende sege sedert verlede jaar.
Die Onder18-uitslae in ons streek die afgelope naweek is:
Bethlehem Voortrekker klop HTS Welkom 47-0; Bultfontein klop Harmony 67-0; Diamantveld klop Fichardtpark 29-24; Grey-kollege klop Glenwood 29-12; Hendrik Potgieter klop Riebeeckstad 14-10; Hentie Cilliers klop AHS Kroonstad (Rooiskool) 33-31; Hoopstad klop Theunissen 19-13; Hoërskool Kroonstad (Blouskool) klop Goudveld 26-10; Jim Fouché klop Duineveld 62-7; Koffiefontein klop Martie du Plessis 26-7; Landboudal klop Upington 45-14; Sand du Plessis klop Wesvalia 14-14; Sandveld klop St Dominic’s 47-7; Vrede klop Reitz 47-24; Welkom Gimnasium klop Witteberg 28-7; Wilgerivier klop Ficksburg 23-8.
‘n Eindstryd der eindstryde kóm!
Dat die Waratahs, wat eerste in die liga geëindig het, en die Crusaders, wat tweede was, uiteindelik tot Saterdag se eindstryd deurgedring het, is eintlik verwag.
Die Waratahs het die Brumbies, wat die Super-kroon al twee keer verower het, Saterdag in Sydney met 26-8 uit die pad gevee, terwyl die sewemalige kampioen, die Crusaders, maklik met 38-6 oor die Haaie in Christchurch geseëvier het.
Die Crusaders het die 10e keer tot die eindstryd deurgedring, terwyl dit die Waratahs se derde eindstryd sal wees.
Die Crusaders het die kroon al sewe keer gewen, terwyl die Waratahs natuurlik hoop dit gaan Saterdag ‘n derde keer skeepsreg vir hulle wees.
Die afgelope naweek se puntemakers en presteerders:
Die Crusaders se sege van 38-6 is die vierde grootste in ‘n halfeindstryd en dit is die Haaie se 9de grootste nederlaag in 229 Super-wedstryde. Dit was Todd Blackadder se 100e wedstryd as Crusaders-afrigter. Blackadder was kaptein van die Crusaders wat in 1998, 1999 en in 2000 die kampioen was en hy kan dalk Saterdag die eerste kaptein én afrigter van ‘n kampioenspan word.
As die Crusaders Saterdag wen, sal dit Richie McCaw se vierde as kaptein wees.
Mnr. Craig Joubert, wat in 2011 die Wêreldbeker-eindstryd tussen Frankryk en Nieu-Seeland hanteer het, sal Saterdag in sy derde Super-eindstryd die skeidsregter wees. André Watson (SA) hou die rekord van vyf Super-eindstryde as skeidsregter.
Dit was die Waratahs se agtste agtereenvolgende sege vanjaar in die reeks. Die Waratahs se 507 punte en 58 drieë vanjaar is hul seisoenrekord.
Dit sal die vyfde keer wees dat die eindstryd in Aussieland is. Die Brumbies het twee keer gewen en die Reds een keer, maar die Waratahs was twee keer aan die verloorkant in ‘n eindstryd en elke keer was dit die Crusaders wat baas was: 2005 – Crusaders wen 35-25, én 2008 - Crusaders wen 20-12.
Dit is die twee mees ervare spanne vanjaar in die kompetisie wat mekaar in die eindstryd aandurf. Wat verder interessant is, is die feit dat twaalf spelers in elke span reeds in 60 of meer Super-wedstryde gespeel het.
Dié tweestryde kom
Interessante tweestryde kan ook in die volgende posisies in Saterdag se eindstryd in Sydney verwag word (die getal Super-wedstryde agter elke speler se naam in hakies):
Die twee voorrye – WARATAHS: Benn Robinson (126), Tatafu Polota-Nau (119), Sekope Kepu (78); CRUSADERS: Wyatt Crockett (139), Corey Flynn (149), Owen Franks (92).
Nommer 7-flanke – WARATAHS: Michael Hooper (63); CRUSADERS: Richie McCaw (129).
Nommer 5-slotte - WARATAHS: Kane Douglas (75); CRUSADERS: Sam Whitelock (75).
Agtstemanne - WARATAHS: Wycliff Palu (104); CRUSADERS: Kieran Read (107).
Skakels - WARATAHS: Nick Phipps (64) en Bernard Foley (47); CRUSADERS: Andy Ellis (123) en Colin Slade (63).
Vleuels - WARATAHS: Alofa Alofa (regter); CRUSADERS: Nemani Nadolo (links).
Nommer 12-senters - WARATAHS: Kurtley Beale (99 – sy 100e wedstryd Saterdag); CRUSADERS: Dan Carter (127).
Heelagters – die twee beste heelagters vanjaar in die kompetisie - WARATAHS: Israel Folau; CRUSADERS: Israel Dagg.
Stelskoppers - WARATAHS: Foley; CRUSADERS: Carter. Carter is die dodelikste skerpskutter in wêreldrugby en kan maklik met sy spel die deurslag in sy span se guns gee.
Rugby in Canterbury en NSW
Canterbury, met sy hoofstad Christchurch, word uit sewe provinsies in die Suid-eiland van Nieu-Seeland saamgestel: Nelson Bays, Marlborough, Buller, West Coast, Canterbury, Mid Canterbury en South Canterbury. Crusaders het die Super12/14-beker reeds sewe keer ingepalm: 1998, 1999, 2000, 2002, 2005, 2006, 2008, en in 2003, 2004 in die eindstryd verloor.
Rugby word sedert 1860’s in Sydney en omgewing gespeel, en die Sydney University Rugby Club is in 1863 gestig en die NSW Rugby Union in 1874 – lank voor Ierland (1879), Wallis (1880), Suid-Afrika (1889) en Nieu-Seeland (1892) se nasionale unies gestig is. Stigterklubs soos Sydney University, Balmain (deesdae Drummoyne), Newington College en The King’s School ding steeds in NSW se kompetisies mee. Teen 1880 was daar reeds 100 klubs in NSW. NSW het lank Australië in internasionale kragmetings ‘’verteenwoordig’’, en dit was eers ná 1929 dat veral Queensland ‘n bydrae tot die Australiese nasionale span kon maak. Randwick het sake in die 1980’s in NSW oorheers. Deesdae word die Waratah-span uit klubs soos Sydney University, Eastwood, Northern Suburbs, Eastern Suburbs, Randwick, Warringah, Parramatta, West Harbour en Manly saamgestel.
Die twee spanne se algehele vertoningslys sedert die instelling van die Super-kompetisie in 1996 is:
Crusaders
Gespeel: 268. W: 180. V: 81. G: 7. PV: 7888. PT: 5781. DV: 860. DT: 611.
Waratahs
Gespeel: 248. W: 133. V: 111. G: 4. PV: 6321. PT: 5450. DV: 713. DT. 572.