Free State Rugby - Since 1895

Buy your tickets online!

Online Tickets

VS-vroue skitter in bleek naweek

Posted on Tuesday, 30 Sep 2014

VS-vroue skitter in bleek naweek

Merriam Nthlafu se Vrystaat-vrouespan was die enigste ligstraal in ‘n andersins somber rugbynaweek vir al die ander spanne in Cheetahland!!

 

Al die ander spanne in Sentraal-Suid-Afrika het slae op hul onderskeie tuisvelde gekry:

 

  • Die Toyota Vrystaat-Cheetahs is met 22-31 deur die Blou bulle in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein gegaffel. Die Vrystaters sal werklik ‘n haas uit die hoed moet trek om end-uit hul vierde plek in die Premier-afdeling vir die halfeindstryd te behou. Afgesien van dié terugslag het die twee junior spanne – die Onder21’s (13-31) en die Onder19’s (25-50) erg teen die Blou Bulle se juniors deurgeloop. Aldrie hierdie Vrystaat-spanne het egter nog ‘n kans om hul onderskeie halfeindstryde te haal.

 

  • Griekwas sal ná hul drag slae van 8-46 teen die Goue Leeus op GWK-park in Kimberley nou kwaai wal moet gooi om hul Premier-status te behou.

 

  • Die Griffons het hulle weliswaar vir ‘n tuishalfeindstryd teen die SWD Arende in die Noordwes-stadion in Welkom die komende naweek in die Eerste Liga gekwalifiseer, maar die drag slae van 27-42 die afgelope naweek teen dieselfde teenstanders Saterdag is nie juis bemoedigend vir die Perses nie.

 

Die Vrystaatse meisies het die afgelope naweek in ‘n weg-eindstryd in die BCM-stadion in Oos-Londen van Groep 2 in die A-afdeling die nasionale vroue-kompetisie met die kroon weggestap nadat hulle die Bolandse vroue met 34-0 ore aangesit het.

 

Die Vrystaters het sake totaal oorheers en hulle het ses drieë in dié vroue-eindstryd gedruk: Kamohelo Makoele (agtsteman – 2), Siyanda Ketse (heelagter), Merriam Nthlafu (senter), Tizi Mjoli (vaskopstut), en Masabata Sempe (loskopstut). Lindiwe Masole (skrumskakel) het twee drieë gedoel.

 

“Dit was moeilik om werklik goed voor te berei vir hierdie wedstryd aangesien ons laaste groepwedstryd al op 26 Julie was. Weens die Wêreldbeker- en die kwalifiserende toernooi in Augustus en September waarin die SA vroue gespeel het, het ons spelers dus vir twee maande nie wedstryde gespeel nie. Aan die anderkant het hierdie lang rus hulle goed gedoen en het hulle van die afskop af met hart en siel ingeklim,” sê Orna Prinsloo, bestuurder van die span.

 

“Die weer het nie lekker saam gespeel nie en het ons in die eerste helfte saam met ‘n baie sterk wind gespeel. In die tweede helfte het Boland ons met lang skoppe teruggedruk, maar ons verdediging het gehou soos nog nooit en kon ons hulle weerhou om enige punte aan te teken.

 

“Die hele span het baie goed gespeel, maar ‘n paar spelers het werklik uitgeblink soos Kamohelo Makoele (flank), Masabata Sempe (loskopstut), Tizi Mjoli (haker), Elizna Fortuin (plaasvervanger-losvoorspeler), Lindiwe Masole (skrumskakel), Willmerick Manuel (linkervleuel) en Siyanda Ketse (heelagter – sy het haar laaste wedstryd vir die Vrystaat gespeel en gaan voortaan heeltyds skeidsregter wees).

 

“Dit was ‘n relatiewe jong span en 15 van die 22 is 25 jaar of jonger, met Tholoana Matsaba (19), Nomsa Mbira (19), Willmerick Manuel (20) en Sihle Madaza (20) die jongste. Daar’s ook vier 21-jariges: Emely Tembe, Kamohelo Makoele, Patricia Kok en Kenalemang Mosala.

 

Dié Vrystaatse span was: 15. Siyanda Ketse; 14.Emely Tembe, 13. Nomaphelo Mana, 12. Merriam Nthlafu (kaptein), 11, Willmerick Manuel; 10. Bernice Strydom, 9. Lindiwe Masole; 8. Kamohelo Makoele, 7. Angela Sebegilwe, 6. Belinda Etie-Khlongwane, 5. Lerato Manjiya, 4. Patricia Kok, 3. Tizi Mjoli, 2. Michelle Kona, 1. Masabata Sempe. PLAASVERVANGERS: 16. Tholoana Matsaba, 17. Chandri Esau, 18. Sihle Madaza, 19. Elizna Fortuin, 20. Kenalemang Mosala, 21. Nomsa Mbira, 22. Nomakephu Maketha.

 

Die twee afrigters van die span is Morné Dippenaar (hoof) en Justin Boonzaaier (hulp). Die bestuurder is Orna Prinsloo, wat ook al bestuurder van die Springbok-vrouspan was.

 

Grens se vroue het hul SA titel behou deur die die Blou Bulle Saterdag in die Groep A-eindstryd van die A-afdeling in Oos-Londen met 22-7 te verslaan. Grens se vroue was rustyd reeds 17-0 voor en hulle het in daardie eerste skof gewys hulle hét die vermoë om hul titel suksesvol te verdedig.

 

Hoewel die Pretoriase span in die tweede helfte sterker teenstand gebied het, het die Grens-meisies ‘n vierde drie gedruk. Grens het, netsoos in 2013, ál hul wedstryde gewen, maar meer nog, hulle het in elkeen van hul wedstryde vier drieë of meer gedruk!

 

Die Luiperds het die B-afdeling gewen deur die Pumas in húl eindstryd met 34-17 te klop. Die Luiperds het ses drieë teenoor die drie van die Pumas gedruk.

 

Cheetahs se paadjie nóú vol dorings

 

Én net toe dit lyk of Willie du Plessis se skepdoel in die 73e minuut teen die Blou Bulle - met die telling tóé op 22-21 in die Cheetahs se guns – sake vir die Vrystaters Vrydagaand gered het, is daar oudergewoonte wéér ‘n verslapping in konsentrasie, en word die Bulle toegelaat om in die laaste vier minute 10 punte vir ‘n sege van 31-22 op te stapel.

 

Hoewel die Toyota Vrystaat-Cheetahs verloor het, én hoewel hulle g’n punt in die wedstryd verdien het nie, is hulle steeds vyfde op die puntelys. Die Cheetahs en die Pumas het albei 19 punte. Hul nettopunte is albei “0”, maar die Pumas se nettodrieë is beter: die Cheetahs het 23 gedruk en 23 afgestaan, terwyl die Pumas 22 gedruk en 20 afgestaan het.

 

Die WP (34 punte) en die Goue Leeus (30) lyk seker van hul halfeindstrydplekke, maar dit gaan ‘n yslike gespartel afgee tussen die Haaie (25), Vrystaat-Cheetahs (19), Pumas (19) en die Blou Bulle (18) vir die oorblywende twee plekke.

 

Die Toyota Vrystaat-Cheetahs se huidige vierde plek lyk erg aan die wankel, want die twee voorlopers – WP (Saterdag om 14:00 in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein) en die Goue Leeus (om 15:00 op 11 Oktober in Johannesburg) gaan uiterste taai neute wees om te kraak.

 

In hierdie stadium lyk dit of die twee halfeindstryde in die naweek van 17/18 Oktober op Nuweland in Kaapstad en Ellispark in Johannesburg met die WP en die Goue Leeus onderskeidelik die gashere sal wees.

 

Die Blou Bulle se paadjie lyk van die ander drie spanne dalk die “maklikste”, want die Pumas (Nelspruit) en Griekwas (Pretoria) bly oor en op huidige vorm lyk die Ligbloues onstuitbaar. Gestel die Bulle oes in dié wedstryde net 8 punte in, eindig hulle op 26 punte.

 

Die Haaie, huidige Curriebeker-kampioene, het eweneens taai kragmetings oor, want die Goue Leeus (eerskomende naweek - Durban) en die WP (naweek van 10/11 Oktober in Kaapstad) het elkeen nog ‘n afspraak met die Haaie.

 

Én, die Pumas? Jimmy Stonehouse se manne moet Vrydag om 15:00 die Bulle in Nelspruit pak en dan wag die OP Kings op 10 Oktober in die Baai op die Nelspruiters.

 

Nou moet die Vrystaters net hoop hier en daar gaan van die ander wedstryde se uitslae ‘n gunstige uitwerking op hul uiteindelike plek tussen die voorstes hê.

 

Beserings maak dit geensins vir die

Cheetahs makliker nie

 

Of die laaste stuk pad Curriebeker-halfeindstryd nie steil genoeg vir die Toyota Vrystaat-Cheetahs is nie, het Rory Duncan, hoofafrigter van die Vrystaters, te kampe met die beserings van twee van sy staatmakers, Rayno Benjamin (regtervleuel - dyspier) en Jean Cook (agtsteman - kuit).

 

Hulle is teen die Bulle beseer en dis nog nie seker of hulle teen die WP ingespan sal kan word nie. As hulle egter nie slaggereed is nie, sal JP du Plessis Benjamin vervang en Neil Claassen vir Cook.

 

Duncan het ná die wedstryd aan Jóhann Thormählen van die Volksblad gesê: “Ons het ná die wedstryd in die kleedkamer gesels en vir mekaar gesê die nederlaag teen die Bulle was teleurstellend, omdat ons nie die uitslag gekry het nie. Dit was nie ’n teleurstelling oor die spelers se ingesteldheid nie.

 

“Wat ons nou moet doen is om te veg in die laaste twee wedstryde en kyk hoe ver ons kan kom. Ek is baie bly om Coenie terug te hê. Die kombinasie van Coenie, George (Marich) en Caylib (Oosthuizen) het vir ons goed gewerk. Ons skrums was baie beter.”

 

Watter gewigte taak op die Vrystaters Saterdag teen die WP wag, net die volgende statistieke: die Toyota Vrystaat-Cheetahs het laas in 2011 (twee keer met 28-22 en 34-20) oor die WP koning gekraai. Die WP was in die laaste vier Curriebeker-wedstryde baas: 2012 (29-22-Bloemfontein; 36-15-Kaapstad) en 2013 (15-14-Kaapstad; 29-27- Bloemfontein).

 

Meer nóg: die Vrystaters het vanjaar reeds 37 spelers in agt Currierbeker-wedstryde ingespan, van wie nie minder nie as 17 die eerste keer die Vrystaat-trui oor die kop getrek het.

 

  • Die puntemakers is: Toyota Vrystaat-Cheetahs 22 (drieë: Sarel Pretorius; doel: Willie du Plessis; straf: Willie du Plessis 4; skep: Willie du Plessis); Blou Bulle 31 (drieë: Grant Hattingh, Sampie Mastriet 2; doel: Jacques-Louis Potgieter 2; straf: Potgieter 4).

 

Goue Leeus brul ál harder

 

Die Goue Leeus het sake uit die staanspoor teen die Griekwas in Kimberley oorheers, danksy die Rooibontes se gevaarliker aanvalle en hul rotsvaste verdediging.

 

Die Goue Leeus het later hoe kwater ál groter gate in die Griekwa-verdediging oopgeruk en uiteindelik ses drieë ingeryg.

 

Hoewel die Goue Leeus nou oorgehaal is om die een halfeindstryd op Ellispark aan te bied, wag daar nietemin twee taai wedstryde op Lionel Mapoe en sy Gautengse span: Vrydag teen die Haaie in Durban en dan teen die Vrystaat in Johannesburg.

 

Veral Martin Muller (slot), Jaco Kriel (flank) en Jacques van Rooyen (stut) het vir die besoekers ingeklim. Muller het fisiek ingeklim, Kriel se werkverrigting was wéér hoog en Van Rooyen het sterk geskrum.

 

Die voormalige Griekwa-senter Howard Mnisi het knap teen sy oud-spanmaats vertoon en een of twee keer bresse geslaan.

 

Die Leeus het ‘n baie sterk plaasvervangersbank wat vorentoe ‘n groot troef kan wees.

 

Griekwas se Premier-status

wéér onder druk

 

Ná die nederlaag van 8-46 teen die Goue Leeus hang Griekwas se Premier-status wéér aan ’n dun draadjie en hy pak juis Saterdag die OP Kings in Kimberley en speel dan die volgende naweek teen die Blou Bulle in Pretoria.

 

Griekwas is met 11 ligapunte sewende op die puntelys en dit lyk of hulle een van die laaste twee spanne gaan wees. Dit beteken hulle sal weer in uitspeelwedstryde om ’n Premierliga-plek betrokke wees.

 

Hilton Lobberts (slot) was Saterdag een van die min Griekwa-ligpunte en hy’t, ondanks sy span se groot nederlaag, met sy fisieke spel uitgetroon. Lobberts het die volle vir 80 minute, op die aanval en verdediging ingeklim.

 

Die Poubloues was rustyd slegs 3-13 agter, waarna die Leeus hul ritme op die aanval gevind en Griekwas se gebrekkige verdediging uitgebuit het.

 

Janro van Niekerk (stut) het ’n harde hou teen die oog gekry, terwyl die Maks van Dyk (stut) met harsingskudding af is, is van Griekwas se ander kopsorge.

 

Die puntemakers is: Griekwas 8 (drie: Carel Greeff; straf: Gouws Prinsloo); Goue Leeus 46 (drieë: Andries Coetzee, Franco Mostert, Jaco Kriel, Kwagga Smith, Ruan Combrinck, Warren Whiteley; doel: Ruan Combrinck 5; straf: Combrinck 2).

 

Haaie wéér op koers ná goeie

sege oor OP Kings

 

Twee drieë deur Paul Jordaan en 23 punte deur Lionel Cronjé (losskakel) het die Haaie op Kingspark in Durban op die wenpad teen die OP Kings geplaas. Die Haaie het met ‘n groot oorwinning van 53-24 gewys hulle gaan nie sommer goedmoeds hul titel prysgee nie, wat hulle verlede jaar in die eindstryd teen die WP op Nuweland verower het.

 

Die Haaie het hul eerste drie - deur Lourens Adriaanse - ná 7 minute behaal en die bonuspunt-drie - deur Lionel Cronjé - ná slegs 32 minute.

 

Hoewel die besoekers uit die Oos-Kaap in die tweede helfte sterk weerstand gebied het, het die Haaie met twee doele in die laaste drie minute die telling skielik van 39-24 na 53-24 laat opskiet.

 

Die puntemakers is: Haaie 53 (drieë: André Esterhuizen, Lionel Cronjé, Lourens Adriaanse, Lwazi Mvovo, Paul Jordaan 2, Stephan Lewies; doel: Lionel Cronje 6; straf: Lionel Cronjé 2); OP Kings 24 (drieë: Paul Schoeman, Shane Gates, Tim Whitehead; doel: Gary Van Aswegen 3; straf: Van Aswegen).

 

  • In 'n skokbesluit het Jake White gister as die Haaie se direkteur van afrigting bedank. Sy besluit is onmiddellik van krag. White was vanjaar die afrigter van die Super-span, maar het besluit hy wil na Kaapstad terugkeer. John Smit, die uitvoerende hoof van die Haaie, het in 'n verklaring gesê wat White in 'n kort rukkie by die Haaie vermag het, is ongelooflik en dat die spelers en afrigters baie by hom geleer het.

 

WP-blitzkrieg in doodsnikke beroof

Pumas van ‘n bonuspunt

 

‘n Drie deur Nizaam Carr (agtsteman) en ‘n doelskop deur Demetri Catrakilis (losskakel) in die 80e minuut het die telling tot 37-23 buite bereik van ‘n bonuspunt vir die Pumas in Nelspruit gevoer.

 

Catrakilis se bydrae van 17 punte het ook grootliks tot die WP se bonuspunt-sege bygedra en daarvoor gesorg dat die Streeptruie hul plek bo-aan die puntelys behou. Die WP was rustyd reeds 20-6 voor.

 

Die puntemakers is: Pumas 23 (drieë: Justin van Staden, Stefan Watermeyer; doel: Justin van Staden 2; straf: JC Roos 2); Westelike Provinsie 37 (drieë: Justin Geduld, Michael van der Spuy, Nizaam Carr 2; doel: Demetri Catrakilis 4; straf: Catrakilis 3).

 

  • Intussen hou die WP-kamp kwaai asem op dat hul slotpaar - Ruan Botha (enkel) en Jean Kleyn (skouer) – asook die skitterende Cheslin Kolbe (heelagter) se seisoen nie vanweë beserings kortgeknip is nie. Die WP het reeds die dienste van Seabelo Senatla en Justin Geduld aan die Blitsbokke afgestaan.

 

Bepalings en Uitslae

 

Vanjaar se Curriebeker-program in die Premier-afdeling, en die uitslae tot dusver, is (tuisspanne word eerste genoem):

 

Eerste ronde - 8/9 Augustus: OP Kings t WP (16-35); Goue Leeus t Blou Bulle (41-13); Pumas t Toyota Vrystaat Cheetahs (28-21); Griekwas t Haaie (24-31).

Tweede ronde - 15/16 Augustus: WP t BB (41-17); GL t OP Kings (60-19); Haaie t Pumas (34-17); Toyota Vrystaat Cheetahs t GW (34-27).

Derde ronde - 22/23 Augustus: BB t OP (30-25); WP t GL (27-14); Haaie t Toyota Vrystaat Cheetahs (19-16); Pumas t GW (33-15).

Vierde ronde - 29/30 Augustus (die Eerste Liga begin): BB t WP (18-23); OP t GL (22-41); Pumas t Haaie (32-22); Griekwas t Toyota Vrystaat Cheetahs (25-36).

Vyfde ronde - 5/6 September: WP t OP (49-14); GL t BB (26-36); Haai t Griekwas (18-21); Toyota Vrystaat Cheetahs t Pumas (17-31).

Sesde ronde - 12/13 September: GL t WP (35-33); OP t BB (13-28); Toyota Vrystaat Cheetahs t Haaie (30-30); Griekwas t Pumas (31-27).

Sewende ronde - 19/20 September: BB t Haaie (15-26); WP t Griekwas (36-12); GL t Pumas (29-15); OP t Toyota Vrystaat Cheetahs (22-37).

Agtste ronde - 26/27 September: Griekwas t GL (8-46); Haaie t OP (53-24); Toyota Vrystaat Cheetahs t BB (22-31); Pumas t WP (23-37).

Negende ronde - 3/4 Oktober (halfeindronde van die Eerste Liga): Griekwas t OP; Haaie t GL; Toyota Vrystaat Cheetahs t WP; Pumas t BB.

Tiende ronde - 10/11 Oktober (Eerste Liga se eindstryd): BB t Griekwas; WP t Haaie; GL t Toyota Vrystaat Cheetahs; OP t Pumas.

Halfeiendronde - 17/18 Oktober

Eindstryd - 25 Oktober.

 

Voorste Puntemakers

 

SPELER

SPAN

T

C

P

D

PTE

Ruan Combrinck

Goue Leeus

3

20

11

0

88

J-L Potgieter

Blou Bulle

0

8

23

0

85

Willie du Plessis

Toyota Vrystaat Cheetahs

1

11

17

1

81

Demetri Catrakilis

Westelike Provinsie

0

24

11

0

81

Justin van Staden

Pumas

2

9

17

0

79

Fred Zeilinga

Haaie

1

5

16

0

63

Lionel Cronje

Haaie

1

12

8

0

53

Gouws Prinsloo

Griekwas

0

1

15

0

47

Scott van Breda

OP Kings

1

8

6

0

39

Jaco Kriel

Goue Leeus

6

0

0

0

30

Sarel Pretorius

Toyota Vrystaat Cheetahs

6

0

0

0

30

 

Puntestand

 

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

W.Prov.

8

7

1

0

281

149

132

34

17

1

5

34

G. Leeus

8

6

2

0

292

173

119

36

19

0

6

30

Haaie

8

5

2

1

233

179

54

22

16

1

2

25

VS.Cheetahs

8

3

4

1

213

213

0

23

23

2

3

19

Pumas

8

4

4

0

206

206

0

22

20

1

2

19

Blou Bulle

8

4

4

0

188

217

-29

17

21

1

1

18

Griekwas

8

2

6

0

163

261

-98

16

32

2

1

11

OP Kings

8

0

8

0

155

333

-178

20

42

1

0

1

 

Luiperds en Griffons tuis

teen Valke en Arende

 

Die Valke en die SWD-Arende het die afgelope naweek genoeg gedoen om die Boland-Kavaliers die voorreg te ontneem om die komende naweek in die halfeindronde van die Eerste Liga teen onderskeidelik teen die Luiperds (1e/42 punte in Potchefstroom) en die Griffons (2e/32 punte in Welkom) te speel.

 

Dit is voorts baie interessant dat dieselfde spanne wat in die afgelope Saterdag se laaste twee groepwedstryde betrokke was, wéér in die halfeindstryde gewikkel sal wees, én dit wéér op Olënpark, Potchefstroom, en in die Noordwes-stadion, Welkom.

 

Die stryd op Potchefstroom was in die eerste helfte baie taai, daarvan getuig die rustydtelling van 19-17 in die Luiperds se guns. Só fel was die stryd dat die ervare Marius Jonker, ‘n ervare skeidsregter van 26 toetse, vier geelkaarte en twee strafdrieë in dié wedstryd uitgedeel het!

 

Die Luiperds het in die laaste 26 minute 24 punte aangeteken om hul 50-tal op die telbord te plaas.

 

Die puntemakers is: Luiperds 50 (drieë: Adri Jacobs, Deon Carney, Dillon Smit 2, Henro-Pierre Swart, Sergio Torrens, Sylvian Mahuza, ‘n Strafdrie; doel: Ryno Smith 5); Valke 29 (drieë: Andrew van Tonder, Anrich Richter, Dirk Dippenaar, Jacques Verwey, ‘n strafdrie; doel: Jaun Kotze 2).

 

Perses verloor vêr, máár . . .

 

Die Griffons (32 punte) van die Noord-Vrystaat het vanjaar baie goed gepresteer deur tweede in die ligadeel van die Eerste Liga ná die Luiperds (42) te eindig.

 

Oersond Gorgonzola, afrigter van die Griffons, het ná die wedstryd die afgelope Saterdag gesê ’n totaal “nuwe” span wag Saterdag in Welkom op die SWD-Arende in hul herontmoeting in die halfeindstryd.

 

Die besoekers van George het net een ligapunt in hul laaste wedstryd gekort om te kwalifiseer vir die Eerste Liga-halfeindstryd. Hulle het toe derde (30 punte) geëindig deur met 42-27 te wen.

 

Die Griffons behoort nietemin ook optimisties te wees omdat Norman Nelson (vleuel) moontlik ná sy besering vir die halfeindstryd oorweeg word. Tertius Maarman, gewoonlik heelagter, het intussen skitterend gepresteer vyf drieë in die laaste twee wedstryde op vleuel gedruk.

 

Die Perses het Saterdag ’n paar staatmakers laat rus, terwyl ander vir die eerste keer ná beserings weer in aksie was.

 

Die puntemakers is: Griffons 27 (drieë: Chris Ehlers, Tertius Maarman 2, Wynand Pienaar; doel: Franna du Toit 2; straf: Franna du Toit); SWD Arende 42 (drieë: Alwyn Bester, Brian Skosana, Dwayne Kelly 2, Elric van Vuuren, Roy Godfrey; doel: Van Vuuren 6).

 

Groot Boland-sege, maar té laat

 

Dit was ‘n goeie bonuspunt-sege van 27-6 deur die Boland, maar helaas dit was als puur verniet, want die Valke het ‘n bonuspunt verdien deur vyf drieë teen die Luiperds te druk, om met 26 punte vierde te eindig, met die Bolanders vyfde op 25 punte nadat ook die SWD met volpunte (5 ligapunte) in Welkom teen die Griffons ingeoes het.

 

Grens was rustyd met 6-3 voor, maar in die tweede skof het die Swartlanders hul tuisskare met goeie hardlooprugby opgewonde gemaak. Ná die wedstryd was Boland tydelik vierde, maar die Valke se bonuspunt-drie teen die Luiperds en die Arende se goeie oorwinning oor die Griffons het húl doppie finaal geklink.

 

Die puntemakers is: Boland Kavaliers 27 (drieë: Cheswin Williams, Danwel Demas, Earl Lewis, Ulrich Pretorius; doel: Eric Zana 2; straf: Eric Zana); Grens-Bulhonde 6 (straf: Masixole Banda 2).

 

Puntemakers

 

SPELER

SPAN

T

C

P

D

PTE

Elric van Vuuren

SWD-Arende

1

15

10

0

65

André Pretorius

Luiperds

1

14

4

0

45

Jaun Kotze

Valke

0

9

9

0

45

Eric Zana

Boland-Kavaliers

2

8

3

1

38

Masixole Banda

Grens-Bulhonde

1

6

7

0

38

Franna du Toit

Griffons

0

7

5

0

29

Louis Strydom

Griffons

0

7

4

0

26

Johan Deysel

Luiperds

4

0

0

0

20

Kyle Hendricks

Valke

4

0

0

0

20

Tertius Maarman

Griffons

4

0

0

0

20

 

Puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

Luiperds

10

8

2

0

514

254

260

75

32

1

9

42

Griffons

10

6

4

0

314

330

-16

41

44

1

7

32

SWD

10

6

4

0

296

317

-21

38

39

1

5

30

Valke

10

5

5

0

303

323

-20

40

43

1

5

26

Boland

10

4

6

0

275

278

-3

36

37

3

6

25

Grens

10

1

9

0

211

411

-200

27

62

2

2

8

 

Bepalings van die Halfeindronde

 

In hul aanloop tot Saterdag se halfeindronde het die Luiperds slegs twee nederlae op die lyf geloop – in die kwalifiserende ronde met 32-33 teen Griekwas in Kimberley en teen die SWD Arende met 22-29 op George.

 

Op Potchefstroom het die Luiperds vanjaar ‘n honderdtal – klop Grens-Bulhonde 103-15 – en drie 50-talle behaal – klop SWD Arende (51-23), klop Boland-Kavaliers (55-23) en klop Valke (50-29). Die Luiperds is dus die groot gunsteling om tot die eindstryd, óók op Potch, deur te dring, want die Luiperds het die Valke is in die kwalifiserende ronde met 45-22 op Kemptonpark ore aangesit.

 

In die ander halfeindstryd sal die Griffons álles moet uithaal om die Arende se vlerke te knip. Die Griffons het laas op 22 September 2012 – met 50-49 in Welkom – oor die Arende baasgespeel. Die SWD het die laaste vyf opeenvolgende Curriebeker-wedstryde teen die Griffons gewen: 2014 (40-37 – George; 42-27 – Welkom), 2013 (30-25 – George; 51-28 – Welkom) en 2012 (20-13 – George).

 

Die bepalings vir die twee halfdeindstryde is:

 

Saterdag – 4 Oktober

Potchefstroom - Luiperds (1) teen Valke (4).

Welkom - Grifffons (2) teen SWD Arende (3)

 

 

Drie Onder21-spanne seker van

hul halfeindplek

 

Drie spanne – Westelike Provinsie (44), Goue Leeus (37) en Blou Bulle (36) – het reeds hul halfeindplekke in Absa se nasionale Onder21-kompetisie verseker. Die vierde plek sal uitgespook moet word deur die Vrystaat-Cheetahs (4e – 31) en die Haaie (5e – 24).

 

Die Vrystaters het nog twee taai wedstryde voor – Saterdag teen die WP (in Bloemfontein) en op 11 Oktober teen die Goue Leeus (in Johannesburg). Die jong Vrystaters het hul vorige ligawedstryde teen albei spanne verloor: teen die WP (17-20) en teen die Goue Leeus (12-52 – toevallig die Vrystaters se grootste drag slae tot dusver).

 

Vir die Haaie bly daar self twee taaies oor: Vrydag teen die Blou Bulle én op 10 Oktober teen die WP in Kaapstad. Die jong Haaie het egter in hul vorige wedstryde dié seisoen kwaai slae teen albei dié teenstanders op die lyf geloop: teen die Blou Bulle (25-53) en teen die WP (15-47).

 

Met ‘n kussing dus van 7 punte op die Haaie, lyk dit in hierdie stadium of dit iewat té veel van die jong Haaie gevra sal wees om die WP én die Blou Bulle te klop om die Vrystaters uit die gesogte vierde plek te hou.

 

Die Vrystaat het vroeër in dié seisoen albei sy wedstryde teen die Haaie gewen: met 30-3 in Durban en op 13 September met 43-21 in Bloemfontein.

 

Alles inaggenome lyk dit of die Vrystaat-Cheetahs in die Onder21-kompetisie die vierde span saam met die WP, Goue Leeus en die Blou Bulle sal wees.

 

Maar dit moet egter vir die Vrystaat as vroeë waarskuwing dien dat die Haaie die afgelope naweek met die Grens met 106-3 afgereken en in dié proses 16 drieë gedruk het. Brandon Cope het 13 van die drieë gedoel en met twee drieë vir 36 van die Natallers se punte gesorg. Louis Hazelhurst het vier van die 16 drieë gedruk.

 

Die Vrystaat se onvermoë om Vrydag in Bloemfontein net voor rustyd munt te slaan uit slegs 13 teenstanders, het uiteindelik sy kragmeting teen die Blou Bulle opgesom. Daarteenoor het die besoekers gedruk toe die jong Blikore se stut Luan de Bruin in die eerste helfte in die koelkas was.

 

Die Ligbloues het hul tweede sege van 2014 oor die Vrystaters behaal en dít met ’n bonuspuntsege van 31-13 in die Vrystaat-stadion. Die Ligblou-voorspelers het die tuisspan in die skrums laat kreun en hul groot agterspelers was lus vir hardloop.

 

In die eerste 40 minute is geelkaarte aan drie spelers uitgedeel. Die tuisspan het in dié tyd twee kanse in die Bulle-kwartgebied gehad om te druk, maar het elke keer onnodige foute gemaak.

 

Die puntemakers is: Blou Bulle 31 (drieë: Ruan Steenkamp, Ganfried May, Marquit September, Dayan van der Westhuizen; doel: Joshua Stander; straf: Stander 3); Vrystaat 13 (drie: Ruan Potgieter; doel: Pieter Jordaan; straf: Jordaan 2).

 

  • Grens se vertoningslys vanjaar in die nasionale Onder 21-kompetisie is moontlik van die swakste tot nog toe in enige SA rugbykompetisie. Dié uitslae is: Blou Bulle wen 143-0 en die tweede wedstryd is op 11 Oktober; WP wen 91-7 en 90-0; Luiperds wen 86-17 en 48-0; Haaie wen 106-3 en 59-10; Vrystaat wen 118-6 en 72-0; Goue Leeus wen 113-3 en 82-6 - vir ‘n gemiddelde wedstrydtelling van 5-92. Grens se jonges het 155 drieë afgestaan, terwyl hulle slegs 4 in 11 wedstryde gedruk het.

 

Puntemakers

 

SPELER

SPAN

T

C

P

D

PTe

Robert du Preez

Westelike Provinsie

3

29

13

0

112

Kobus Marais

Blou Bulle

2

27

15

1

112

Ryno Smith

Luiperds

11

10

4

0

87

Brandon Cope

Haaie

2

28

5

0

81

JJ du Plessis

Luiperds

1

24

5

1

71

Joshua Stander

Blou Bulle

2

16

9

0

69

Hanco Deale

Goue Leeus

4

17

4

0

66

Harlon Klaasen

Boland

13

0

0

0

65

Selvyn Davids

OP Kings U21

8

8

3

0

65

Pieter Jordaan

Vrystaat

5

14

4

0

65

Fizell Fredericks

SWD

6

7

4

0

56

Brandan Hewitt

Goue Leeus

3

19

1

0

56

Eital Bredenkamp

Westelike Provinsie

11

0

0

0

55

Angus Cleophas

Valke

2

7

10

0

54

Matthys Venter

OP Kings

0

18

6

0

54

 

Puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

Groep A

WP

10

9

1

0

490

218

272

70

29

0

8

44

G. Leeus

10

7

3

0

485

232

253

70

28

1

8

37

BlouBulle

10

7

3

0

446

208

238

57

25

2

6

36

VS.Cheetahs

10

6

4

0

391

224

167

55

29

1

6

31

Haaie

10

5

5

0

371

294

77

49

38

0

4

24

Luiperds

11

2

9

0

343

394

-51

48

49

2

5

15

Grens

11

0

11

0

52

1008

-956

4

155

0

0

0

Groep B

OP Kings

7

7

0

0

261

90

171

35

12

0

6

34

Boland

7

6

1

0

305

162

143

47

23

0

6

30

SWD

7

5

2

0

202

171

31

27

22

0

3

23

Limp.B.B.

7

3

4

0

230

177

53

37

24

3

5

20

Griekwas

7

3

4

0

136

190

-54

18

28

2

2

16

Valke

7

3

4

0

173

212

-39

23

30

1

2

15

Pumas

7

1

6

0

136

212

-76

21

31

1

2

7

Griffons

7

0

7

0

133

362

-229

17

55

1

0

1

 

Vrystaat goed geplaas om

Onder19-halfeindstryd te haal

 

Die Blou Bulle (42) en die WP (37) is oorgehaal vir tuishalfeindstryde in die nasionale Onder19-kompetisie, terwyl die Vrystaat (31), met twee rondes in die reeks oor, stewig op pad is om derde te eindig.

 

Die Haaie (26) is tans vierde, die OP Kings (21) is vyfde, maar het een wedstryd meer gespeel, wat beteken dat die Goue Leeus (20), wat sesde is, dalk net-net by die agterdeur kan inglip.

 

Die Vrystaters, wat die Goue Leeus in die eerste ronde met 34-0 in Bloemfontein verslaan het, sal hoop om dié sukses in hul herontmoeting teen die jong Leeus op 11 Oktober op Ellispark in Johannesburg te herhaal om seker van hul derde plek te maak. ‘n Taai neut wag egter op die Vrystaters Saterdag teen die WP in Bloemfontein, want die jong Streeptruie het in die eerste ronde met 50-26 in Kaapstad geseëvier.

 

Die Haaie se voorsprong van 6 punte op die Goue Leeus kan dalk teen die einde net-net genoeg wees om die Gautengse span uit die halfeindstryd te hou. Die Haaie en die Goue Leeus speel albei in die laaste twee rondes teen spanne teen wie hulle in die eerste ronde vasgeval het:

 

Die Leeus se teenstander Vrydag, die Luiperds, was in die eerste ronde met 27-14 baas oor die Leeus, en die Vrystaat dus met 34-0.

 

Die Haaie moet nog teen die Blou Bulle en die WP speel, spanne teen wie hulle in die eerste ronde onderskeidelik met 18-33 en met 15-30 verloor het.

 

Die Goue Leeus sal dus óf die Luiiperds óf die Vrystaat móét klop en dan hoop dat die Haaie nie in sy oorblywende twee wedstryde enige bonuspunte inoes nie.

 

Dit lyk nietemin of die WP in die een halfeindstryd op Nuweland teen die Haaie gaan speel en die Blou Bulle in die ander kragmeting teen die Vrystaat op Loftus Versfeld in Pretoria.

 

Gebrekkige verdediging in die tweede helfte het verhoed dat die Vrystaat sy sege van 12-11 in die eerste ronde oor die Blou Bulle herhaal het. Met rustyd was die Vrystaat slegs 18-19 agter, maar die Bulle het groot gate in die Vrystaat-verdediging in die tweede helfte oopgekloof en vyf drieë ingeryg om met 50-25 te seëvier.

 

  • Die puntemakers is: Blou Bulle 50 (drieë: Jinx Molapo 2, RG Snyman, Tinus de Beer, Adrian Maebane, Francois Steyn; doel: Dewald Human 2, Simon Bolze 2; straf: Human 4); Vrystaat 25 (drieë: Jasper Wiese, Nardus Erasmus, Carl Durow; doel/straf: André Swarts 2).

 

Puntemakers

 

SPELER

SPAN

T

C

P

D

PTe

Arno Kotze

Valke

7

18

21

0

134

Theo Ernst Stapelberg

WP

0

21

22

0

108

Malcolm Jaer

OP Kings

6

11

14

0

94

Jaya Juries

Griffons

4

18

11

0

89

Sibongumusa Radebe

Haaie

4

16

11

0

85

Dewald Dawid Human

Blou Bulle

2

19

12

0

84

Lohan Lubbe

Boland

1

20

12

1

84

Warren Williams

Boland

13

0

0

0

65

Shaun Reynolds

Goue Leeus

3

12

8

0

63

Dylan Du Buisson

Pumas

1

17

8

0

63

André Swarts

Vrystaat

1

20

5

0

60

 

Puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

Groep A

BlouBulle

10

8

2

0

349

209

140

48

26

2

8

42

WP

10

8

2

0

298

212

86

28

25

0

4

36

VS.Cheetahs

10

6

4

0

245

197

48

36

22

2

5

31

Haaie

10

5

5

0

215

222

-7

27

29

3

3

26

OP Kings

11

4

7

0

206

222

-16

23

28

3

2

21

G.Leeus

10

4

6

0

196

257

-61

24

36

2

2

20

Luiperds

11

1

10

0

214

404

-190

30

50

2

3

9

Groep B

Valke

7

7

0

0

246

118

128

28

14

0

5

33

Boland

7

6

1

0

244

128

116

33

12

0

4

28

Limp.B.B.

7

5

2

0

228

181

47

33

24

1

4

25

Pumas

7

4

3

0

220

252

-32

32

38

0

5

21

Griffons

7

3

4

0

217

228

-11

26

34

2

3

17

SWD

7

2

5

0

179

154

25

25

18

2

2

12

Griekwas

7

1

6

0

146

160

-14

22

21

3

1

8

Grens

7

0

7

0

103

362

-259

17

55

0

2

2

 

Jaco en Cobus die 12de Bok-pa-seun

 

Saterdag toe Cobus Reinach in sy Springbok-trui nommer 21 in die 77e min. teen die Wallabies op Nuweland, Kaapstad, die veld op is . . .

 

Daai stappie . . . Daai hardloopaksie . . . Dít het ‘n mens se gedagtes onwillekeurig so 30 jaar teruggeneem na die dae toe ‘n Jaco Reinach die Suid-Afrikaanse atletiekbane aan die brand gehardloop en kringe om verslae, én verslane, teenstanders op die rugbyveld met sy verbysterende vaart gehardloop het.

 

Ek wonder wie sou Saterdag op Nuweland die trotste gewees het: pa Jaco, wat sy Springbok-kleure op 10 Mei 1986 van die legendariese dr. Danie Craven, gekry het, óf die jong Cobus wat Saterdag in sy eerste van vele toetse wat nog gaan kom die veld op is.

 

Watter voorreg was dit om Jaco op sy allerbeste op die atletiekbaan in aksie te sien toe hy op 15 April 1983 sy SA 400-rekord (45.01) in die Vrystaat-stadion opgestel het nie! Sy twee drieë teen die Nieu-Seeland se Kavaliers in 1986 was eweneens juwele. Hy’t 39 drieë in 51 Vrystaat-wedstryde gedruk.

 

Nou’s dit Cobus se beurt om vir opwinding agter die Bok-skrum te sorg.

 

En in Bloemfontein is daar seker vandag nie ‘n trotser mens as Annette Reinach nie - Cobus se ma en Jaco se weduwee.

 

Verwarring het bestaan of Jaco en Cobus Reinach Saterdag die 10de of die 12de pa-seun-kombinasie in Springbok-geskiedenis was. Hulle was inderdaad die 12de paar.

 

Hier is die volledige lysie:

 

  1. Alf (slot/flank – 1921-’24)) en Harry Walker (stut – 1953-’56).
  2. Cecil (slot – 1937) en Mike Jennings (agtsteman – 1969-70).
  3. Felix (slot – 1949) en Morné du Plessis (agtsteman – 1971-’80).
  4. Mauritz (slot – 1937) en Derek van den Berg (stut – 1974-’76).
  5. Louis (flank – 1958-’62) en Uli Schmidt (haker – 1986-’92).
  6. Joggie (skrumskakel – 1971-’72) en Joggie Viljoen (skrumskakel – 1996).
  7. Moaner (slot – 1974-’80) en Wikus van Heerden (slot – 2003-’07).
  8. Schalk (slot – 1984-’86) en Schalk Burger (flank – 2003-’14).
  9. Gysie (heelagter – 1980-’81) en Ruan Pienaar (skrumskakel ens – 2006-’14).
  10. Hennie (slot – 1981) en Andries Bekker (slot – 2008-‘12).
  11. Flippie (stut – 1981-’89) en Flip van der Merwe (slot – 2010-‘13).
  12. Jaco (vleuel – 1986) en Cobus Reinach (skrumskakel – 2014).

 

All Blacks maak skoonskip

 

Tot watter mate Nieu-Seeland die wêreld-rugbytoneel oorheers, blyk daaruit dat die Kiwi’s sedert hul eerste internasionale deelname gemiddeld 76.35% van hul 520 wedstryde gewen (397) het.

 

Meer nog, sedert die top-spanne in Suidelike Halfrond sedert 1996 in die Drienasie-kompetisie, en sedert 2012 in die Rugbykampioenskap, meeding, het die All Blacks dié titel reeds 13 keer ingepalm, teenoor die Springbokke en die Wallabies se drie titels elkeen.

 

Nieu-Seeland het Saterdag reeds met sy sege van 34-13 oor Argentinië in La Plata seker gemaak dat hy die Rugbykampioenskap vanjaar die derde agtereenvolgende jaar wen. Al wen Suid-Afrika Saterdag die laaste toets op Ellispark teen die Swarttruie, gaan dit hom nie help nie, want die All Blacks het ‘n voorsprong van 6 punte op die puntelys.

 

Puntemakers

 

SPELER

SPAN

T

C

P

D

PTE

Nicolas Sanchez

Argentinië

0

4

11

0

41

Aaron Cruden

Nieu-Seeland

0

5

9

0

37

Bernard Foley

Australië

0

3

10

0

36

Morné Steyn

Suid-Afrika

0

2

8

0

28

Handré Pollard

Suid-Afrika

0

3

5

1

24

Kurtley Beale

Australië

0

2

6

0

22

Julian Savea

Nieu-Seeland

4

0

0

0

20

Beauden Barrett

Nieu-Seeland

0

4

4

0

20

Cornal Hendricks

Suid-Afrika

3

0

0

0

15

Michael Hooper

Australië

3

0

0

0

15

Richie McCaw

Nieu-Seeland

3

0

0

0

15

Israel Folau

Australië

2

0

0

0

10

Jean de Villiers

Suid-Afrika

2

0

0

0

10

Joaquin Tuculet

Argentinië

2

0

0

0

10

Manuel Montero

Argentinë

2

0

0

0

10

Marcell Coetzee

Suid-Afrika

2

0

0

0

10

Patrick Lambie

Suid-Afrika

1

1

0

1

10

 

Puntestand -2014

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

N.Seeland

5

4

0

1

139

64

75

15

4

0

3

21

S.Afrika

5

3

2

0

107

85

22

10

7

2

1

15

Australië

5

2

2

1

98

139

-41

8

14

0

0

10

Argentinië

5

0

5

0

84

140

-56

7

15

3

0

3

 

Sedert die Rugbykampioenskap met die toevoeging van Argentinië in 2012 beslis word, is Nieu-Seeland ná 17 wedstryde steeds onoorwonne.

 

Rugbykampioenskap - 2012-2014

Posisie en Span

Gespeel

Gewen

Verloor

Gelykop

Punte
Vir

Punte
Teen

Sukses
%

1. Nieu-Seeland

17

16

0

1

518

245

94.12%

2. Suid-Afrika

17

9

7

1

430

311

52.94%

3. Australië

17

7

9

1

332

446

41.18%

4. Argentinië

17

0

16

1

252

530

00.00%

 

Tot watter mate die Nieu-Seelanders rugbysake in die 21ste eeu oorheers blyk ook uit die feit dat hulle 153 van hul 181 toetse sedert 2000 gewen het – 81.38% dus.

 

Die tydperk 2000-2014

Posisie en Span

Gespeel

Gewen

Verloor

Gelykop

Punte
Vir

Punte
Teen

Sukses
%

1. Nieu-Seeland

181

153

25

3

6425

2856

81.38%

2. Suid-Afrika

179

111

64

4

5076

3673

62.01%

3. Australië

188

112

71

5

5028

3672

59.57%

4. Argentinië

140

73

65

2

4209

3080

52.14%

 

Maar watter briljante nasionale rugbyspan Nieu-Seeland deur die jare in die veld gestoot het, blyk voorts uit die volgende stukkie statistiek:

 

Rugby word tans deur altesame 6.6 miljoen spelers in 119 lande gespeel. Volgens die amptelike statistieke van die Internasionale Rugbyraad is Nieu-Seeland met sy 149 978 geregistreerde rugbyspelers tans die agtste grootste rugbyland ter wêreld.

 

Dié lande het volgens die IRR se amptelike statistieke die meeste spelers (dié lande se ranglysposisie, soos gister deur die IRR vrygestel, én hul getal geregistreerde spelers word tussen hakies gegee):

 

  1. Engeland (4de – 2 028 348).
  2. VSA (18de – 1 402 962).
  3. Australië (3de – 482 897).
  4. Suid-Afrika (2de – 387 009).
  5. Frankryk (7de - 359 022).
  6. Ierland (5de – 177 604).
  7. Fidji (11de – 156 140).
  8. Nieu-Seeland (1ste – 149 978).
  9. Kanada (17de – 129 131).
  10. Argentinië (12de – 127 214).
  11. Japan (10de – 119 598).
  12. Skotland (8ste – 104 142).
  13. Walles (6de -66 114).
  14. 14. Samoa (9de – 38 240).

 

Algehele Vertoningslys

Posisie en Span

Gespeel

Gewen

Verloor

Gelykop

Punte
Vir

Punte
Teen

Sukses
%

1. Nieu-Seeland
(15/8/1903 >>)

520

397

104

19

13711

6679

76.35%

2. Suid-Afrika
(30/7/1891 >>)

436

278

137

21

10047

6731

63.76%

3. Frankryk
(1/1/1906 >>)

705

387

287

31

12739

10426

54.89%

4. Argentinië
(25/6/1910 >>)

389

208

170

11

11256

7515

53.47%

5. Engeland
(27/3/1871 >>)

674

359

265

50

10924

8315

53.26%

6. Wallis
(19/2/1881 >>)

665

343

294

28

11158

9807

51.58%

7. Australië
(24/6/1899 >>)

571

292

262

17

11750

9611

51.14%

8. Ierland
(15/2/1875 >>)

637

270

336

31

8891

8861

42.38%

9. Skotland
(27/3/1871 >>)

636

269

335

32

8319

9266

42.30%

10. Italië
(25/6/1929 >>)

430

173

243

14

7473

9240

40.23%

 

SA Skolespan van 1974 hou

reünie in Kaapstad

 

“My way” is die naam van een van Frank Sinatra se bekendste liedjies, maar hierdie liedjie kon baie maklik die temaliedjie van die Suid-Afrikaanse skole-rugbyspan in Italië en Frankryk in 1974-’75 gewees het.

 

Hierdie toer van nege wedstryde (vyf in Italië en vier in Frankryk) was ‘n unieke onderneming en ‘n ervaring wat geen een van ons wat dit meegemaak het, lig sal vergeet nie. Daar was volop drama én humor!

 

Dit was die eerste keer dat ‘n SA Skole-rugbyspan in Europa gespeel het en dit was ook die eerste keer dat ‘n SA Skole-rugbyspan buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika opgetree het. Dit was dus baanbrekerswerk, néé, pionierswerk, wat hierdie 25-tal seuns en hul twee toerleiers, mnre. Jan Preuyt (bestuurder) en Stonie Steenkamp (afrigter) gaan doen het.

 

Hulle was ware ambassadeurs vir Suid-Afrika, op sowel as van die veld af.

 

Maar hierdie seuns het in krisistye getoon dat hulle van ‘n baie spesiale soort fyn staal gemaak is.

 

Hierdie seuns het ook aanvallende, totale rugby gespeel wat ‘n mens destyds, en beslis nie óók in hedendaagse rugby by die mees senior spanne sien nie.

 

Rugbylui wêreldwyd het destyds sonder enige vrese van teenkanting gesê dat dié SA Skolespan moeilik deur enige span van hul grootte en ouderdom ter wêreld geklop sou kon word. Die span was baie goed gebalanseerd.

 

Die span het min kans gehad om behoorlik te oefen en mnr. Steenkamp moes gereeld maar met die seuns in hul hotelkamers voor ‘n wedstryd gesels. Op die hele toer kon die span net drie keer behoorlik op ‘n veld litte losmaak! Die Italiaanse en Franse gashere was nie altoos uit vrees vir erge betogings bereid om dit te waag om oefenvelde vir die span beskikbaar te stel nie.

 

Die Italiaanse deel van die toer is blitssnel afgehandel. Daar is in agt dae 4 000km per bus afgelê en vyf wedstryde is gespeel.

 

Die jong Suid-Afrikaners het strykdeur teen manne ver hul seniors gespeel, maar hul beter tegniek, skitterende hanteerwerk, asook die wyse waarop die voor- en agterspelers gekombineer het, het die seuns end-uit onoorwonne gehou.

 

Op só ‘n laagtepunt as waarmee die toer op 12 Desember 1974 in Rome begin het toe die polisie aangesê is om alle toegang tot rugbyvelde in die Italiaanse stad te bewaak en om die Suid-Afrikaners te keer as hulle op die velde wou speel, op só ‘n hoë noot het die Klein Bokkies se toer op 4 Januarie 1975 in Lille, Noord-Frankryk, geëindig.

 

Die eerste wedstryd van die Suid-Afrikaners op 12 Desember 1974 het op ‘n sokkerveld plaasgevind, omdat al die rugbyvelde deur die Italiaanse polisie bewaak is. Die sokkerdoelpale het as rugbypale gedien. Die terreinpersoneeel het kort voor die afskop die tienmeter-lyn afgemerk. Twee Suid-Afrikaners – John van der Spuy, losskakel van Hamiltons in Kaapsdtad, en Desmond Newton, skrumskakel van  Kampsbaai, het in die gekombineerde span teen die SA  skolespan gespeel. SA het die wedstryd met 22-15 gewen.

 

Op 13 Desember 1974 het die Suid-Afrikaners in Frascati teen Intercontinentale gespeel en met 34-0 gewen. Dit was bitter koud in dié vallei en dit het gedurende wedstryd gereën. So koud was dit, dat John Bonthuys (heelagter) met rustyd die warm koffie wat hulle voorgehou is, gebruik het om sy koue hande mee warm te maak. Drie Suid-Afrikaners – Nelson Babrow, gewese senter van die WP, en twee Tukkies, Tjokkie van der Merwe en Tommy du Plessis, latere Springbok-skrumskakel, van Noord-Transvaal, het dié dag teen die skoolseuns gespeel.

 

Drie dae later is Reggio Calabria aangedurf en die seuns het met 56-19 baasgespeel, en op 18 Desember 1974 is Italsider in Napels aangedurf. Mnre. Du Plooy en Preuyt het deur die nag met beamptes in ‘n hotelkamer “gestoei” voor tot die wedstryd ingestem is. Die toerspan moes teen die Universiteit van Napels speel, maar ná dreigbriewe van die Italiaanse Rugbyfederasie ontvang is, het die universiteit se beamptes hul span aan die wedstryd onttrek.

 

Gert Nortje, ‘n voormalige OP-speler, was die afrigter van die Universiteit van Genoa wat op 20 Desember 1974 teen die seuns gespeel en met 58-4 verloor het. Agie Koch (WP - 7) en Gerhard Weitz (Vrystaat - 5), die twee blitsige vleuels, het in die wedstryd op 23 Desember 1974 teen ‘n gekombineerde span van Nice 12 van die Suid-Afrikaners se 20 drieë in ‘n oorwinning van 102-6 gedruk. Die 50-tal was ná 27 minute op die telbord!

 

Nadat Kersfees 1974 in Tarbes deurgebring is, het die toerspan op 28 Desember 1974 teen die Onder23-span van Armagnac-Bigorre op Maubourguet, so 25km noord van Tarbes, gespeel en het die seuns ná ‘n kwaai modder-stryd met ‘n sege van 24-3 uit die stryd getree.

 

Nuwejaar 1975 is in Parys deurgebring. Waar die Kapenaars gewoonlik Tweede Nuwejaar feestelik aan die voet van Tafelberg deurbring, het Bernard Pienaar en sy makkers op 2 Januarie 1975 met 36-4 teen die Onder 23-span van die Universiteit van Parys geseëvier. Dié wedstryd is ook in ysige, reënweer op ‘n modrderveld beslis.

 

Net soos oral op toer, het die seuns die geleentheid in die Franse hoofstad gehad om van die bekendste besienswaardigehde te besoek. Die seuns het dus nie net gaan rugby speel nie, maar dit was ‘n opvoedkundige toer soos min – met twee skitterende pedagoge – Jan Preuyt en Stonie Steenkamp – wat nie een oomblik verby laat gaan het om die seuns oor dinge in te lig nie.

 

Die negende en laaste, én hardste wedstryd was op 4 Januarie 1975 teen die senior span van Vlaandere in Lille, wat die seuns met 38-10 gewen het.  

 

Dié laaste wedstryd van die jong Suid-Afrikaners teen die senior span van Vlaandere is deur meer as 100 Suid-Afrikaanse toeriste in Europa besoek en kort-kort het die bekende strydkreet “Vry..st.a.a.a.t! opgeklink.

 

Dit was met ‘n tikkie weemoed dat die toerleiers, mnre. Preuyt en Steenkamp, dié Saterdagaand ná die laaste wedstryd wedstryd in Lille na die hotel teruggery het. Vir hulle was dit die einde van ‘n groot ideal – dié van ‘n toer deur ‘n SA Skolespan in die buiteland.

 

Dié Klein Bokkies kon nie vir twee beter manne as juis mnre. Preuyt en Steenkamp gevra het nie. Mnr. Steenkamp het stil-stil sy werk as afrigter deeglik gedoen, terwyl dit mnr. Preuyt was wat oral uit sy pad gegaan het om Suid-Afrika se saak te stel en om vriendskapsbande te smee. Mnr. Preuyt het geen kans verby laat gaan om die rugbybande tussen Suid-Afrika en Frankryk te herstel en te verstewig nie.

 

Die spanlede was: Agie Koch (WP), Warren Kruger (WP), Gerhard Weitz (VS), Ernst Kruger (Tvl), Mark Kleinenberg (Grens), Mark Cawood (WP), Nic Mallett (WP), Dawie du Toit (Tvl), Fanie Campher (Stellaland), Robert Bolus (WP), Bernard Pienaar (WP – kaptein), Jan Geldenhuys (VS), Lee Barnard (Tvl), Michael Laubscher (WP), Lallie van der Linden (N-Tvl), Shane Carty (Tvl), John Bonthuys (WP), Wim Hancke (Tvl), Malcolm Thompson (Natal), John Matthysen (VS), Rob Hankinson (Natal), Ockert Stoop (O-Tvl), George Rautenbach (WP), Bruce White (Natal) en Daan Roux (Stellaland).

 

Uitslae wêreldwyd

 

Uitslae van die belangrikste uitslae die afgelope week wêreldwyd:

 

Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd - KRASNOYARSK.: Rusland k Uruguay 22-21.

Rugbykampioenskap – LA PLATA, Argentinië: Nieu-Seeland k Argentinië 34-13; NUWELAND, Kaapstad: Suid-Afrika k Australië 28-10.

Aviva Premier (Engeland) – Wasps k Newcastle Falcons 35-18; Exeter Chiefs k Harlequins 36-13; Northampton Saints k Bath Rugby 31-24; Saracens k Sale Sharks 40-19; London Irish k Leicester Tigers 22-19; Gloucester Rugby k London Welsh 46-10

Curriebeker – PREMIER-AFDELING: Goue Leeus k Griekwas 46-8; Haaie k OP Kings 53-24; Blou Bulle k Toyota Vrystaat-Cheetahs 31-22; Westelike Provinsie k Pumas 37-23. EERSTE LIGA: Boland-Kavaliers k Grens-Bulhonde 27-6; Luiperds k Valke 50-29; SWD Arende k Griffons 42-27.

ITM-beker (Nieu-Seeland) – Southland k Canterbury 28-26; Tasman k Otago 320-24; North Harbour k Hawke’s Bay 28-25; Counties Maukau k Wellington 55-7; Manawatu k Waikato 22-20; Taranaki k Auckland 35-22; Northland k Bay of Plenty 30-27; North Harbour k Canterbury 29-24.

Top14 Orange (Frankryk) – Clermont Auvergne k Oyonnax 19-8; Stade de France k La Rochelle 43-10; Lyon k Castres 28-18; Grenoble k Racing Metro 27-25; Brive k Bordeaux Begles 34-24; Toulon k Montpellier 40-17; Bayonne k Toulouse 35-19

Guinness PRO12 (Ierland, Skotland, Wallis) – Ospreys k Munster 19-14; Zebre k Ulster 13-6; Leinster k Cardiff Blues 27-23; Glasgow k Connach 39-21; Edinburgh en Scarlets speel met 20-20 gelykop.

Europese kwalifiseringskompetisie – Calvisano k Boekarest 13-10; Rovigo k Tbilisi 24-21.

Nasionale rugbykampioenskap (Australië) – Melbourne Rising k Canberra Vikings 34-13.

(*) – Inligting deur Frikkie van Rensburg

 

Share this article: