Posted on Tuesday, 14 Oct 2014
Naka kies dié 59 spelers in sy vergrote Super-groep
Altesame 59 spelers, onder wie 8 Springbokke is, is vandag deur mnr. Naka Drotské, hoofafrigter van die Toyota Cheetahs in sy vergrote Super-oefengroep vir die 2015 -seisoen ingesluit. Vier van dié spelers is nog op die krukkerlys, maar sal hulle later by die groepsaktiwiteite aansluit.
Drotské het vandag gesê die oefengroep trek van 10 November tot 12 Desember saam. Die manne sal weer op 5 Januarie 2015 inval.
Die vergrote Super-groep wat vandag deur Naka Drotské bekend gemaak is, is:
Loskopstutte – Coenie Oosthuizen (*), Caylib Oosthuizen, BG Uys (VS), Danie Minnie (GW).
Hakers – Torsten van Jaarsveld, Ryno Barnes (VS), Martin Bezuidenhout (GW), Elandré Huggett (Grif).
Vaskopstutte - Luan de Bruin, Dolf Botha, Maks van Dyk (VS), Ewald van der Westhuizen (GW), Heinrich Roelfse (Grif).
Nommer4-slotte – Lood de Jager (*), Freddy Ngoza (VS), Jonathan Adendorff (GW).
Nommer 5-slotte – Francois Uys, Carl Wegner (VS), Jaco Nepgen (GW).
Nommer 6-flanke – Boom Prinsloo, Heinrich Brüssow (VS - *).
Nommer 7-flanke – Oupa Mohoje (*), Devon Oosthuizen, Tienie Burger (VS), Armandt Koster (Grif).
Agtstemanne – Jean Cook, Willie Britz (VS), Carel Greeff (GW), Niky Steyn (Grif).
Skrumskakels – Sarel Pretorius, Shaun Venter (VS), Tian Meyer (GW).
Losskakels – Joe Pietersen, Willie du Plessis (VS), Francois Brummer, Clinton Swarts (GW).
Vleuels – Raymond Rhule (*), Cornal Hendricks (*), Sergeal Petersen (VS), Danie Dames, Ederies Arendse (GW).
Nommer 12-senters – Francois Venter, Ryno Benjamin, Joubert Engelbrecht (VS), Jonathan Francke (GW).
Nommer 13-senters – Johan Sadie, JP du Plessis, Nico Lee (VS), JW Jonker (GW), Vuyo Boto (Grif).
Heelagters – Willie le Roux (*), Coenie van Wyk, Clayton Blommetjies (VS), Gouws Prinsloo (GW), Aubrey McDonald (Grif).
Spelers wat tans op die krukkerlys is, is: Willem Serfontein, Hilton Lobberts (*), Elgar Watts en PJ vermeulen.
Spelers wat in 2014 nog vir die Sentrale Streekspan gespeel het, maar wat intussen groener weivelde gaan opsoek het, is: Hennie Daniller (heelagter), Andries Ferreira (slot), Adriaan Strauss (haker - *), Trevor Nyakane (stut - *), Rossouw de Klerk (stut), Waltie Vermeulen (slot), Riaan Smit (veelsydige agterspeler), Ligtoring Landman (slot), Johan Goosen (losskakel - *), Philip van der Walt (flank), Lappies Labuschagne (losvoorspeler) en Horward Mnisi (senter).
Én in 2013 het Robert Ebersohn (senter), Piet van Zyl (skrumskakel - *), Frans Viljoen (losvoorspeler), Lourens Adriaanse (stut - *), Burton Francis (losskakel), Barry Geel (senter) en Tewis de Bruyn (skrumskakel) ook nog in Cheetah-gewaad die ander Super-spanne die stryd aangesê.
Toyota Cheetahs se 2015-program
Ondersteuners van die Toyota Cheetahs sal hul span agt keer in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein aksie sien, met ongetwyfeld die hoogtepunt die kragmeting op 6 Junie teen die huidige Super-kampioen, die Waratahs.
Die Toyota Cheetahs se program vir die 2015 seisoen is:
14 Februarie – Haaie (Kingspark, Durban).
27 Februarie – Blues (Vrystaat-stadion, Bloemfontein).
7 Maart – Bulle (Vrystaat-stadion).
14 Maart – Haaie (Vrystaat-stadion).
21 Maart – Crusaders (AMI-stadion, Christchurch).
28 Maart – Chiefs (Waikato-stadion, Hamilton).
4 April – Brumbies (Canberra-stadion, Canberra).
11 April – Western gforce (NIB0-stadion, Perth).
18 April – Reds (Vrystaat-stadion).
25 April – Leeus (Ellispark, Johannesburg).
2 Mei – Stormers (Vrystaat-stadion).
16 Mei – Highlanders (Vrystaat-stadion).
23 Mei – Leeus (Vrystaat-stadion).
30 Mei – Stormers (Nuweland, Kaapstad).
6 Junie - Waratahs (Vrystaat-stadion).
13 Junie - Bulle (Loftus Versfeld, Pretoria).
Cheetahs span 39 spelers in – onder wie 17 nuwelinge
Mnr. Rory Duncan en sy mede-afrigters het vanjaar altesame 39 spelers – onder wie 17 nuwelinge – gekies om in die Toyota Vrystaat-Cheetahs se 10 Curriebeker-wedstryde uit te draf.
Net sewe manne – Joubert Engelbrecht (senter), Willie du Plessis (losskakel), Neil Claassen, Tienie Burger (flanke), Francois Uys (slot), Torsten van Jaarsveld (haker en kaptein) en JP du Plessis (veelsydige agterspeler) – het in al 10 Curriebeker-wedstryde gespeel.
Willie du Plessis (losskakel) se 97 punte was die meeste deur ‘n Cheetah, terwyl Sarel Pretorius, wat nou reeds 40 Curriebeker-drieë in sy 103 Curriebeker-wedstryde op sy kerfstok het, se sewe drieë was die meeste.
Dit was op stut waar die Cheetahs, veral ná die vertrek van Marcel (Blou Bulle) en Schalk van der Merwe (Goue Leeus), dat die Cheetahs gesukkel het, óók veral tóé Coenie en Caylib Oosthuizen vir groot dele van dieseisoen op die krukkerlys was.
Die Toyota Vrystaat-Cheetahs het dus ‘n swakkerige 2014-seisoen beleef en het vyfde op die finale Curriebeker-puntelys geëindig, maar dit bly steeds baie insiggewend dat 21 van die 40 Springbokke wat tot dusver in 2014 ingespan is, op die een of ander wyse ‘n Vrystaat-kontak het. Willie le Roux, Cornal Hendricks, Coenie Oosthuizen, Adriaan Strauss, Johan Goosen, Lood de Jager, Trevor Nyakane en Oupa Mohoje het vanjaar nog vir Cheetah-land uitgedraf. Ander Bokke wat hier op skool was of hier klubrugby gespeel het, manne soos Duane Vermuelen (Collegians), Jannie en Bismarck du Plessis, Ruan Pienaar, Johan Goosen, Flip van der Merwe (Grey/UV), Gurthrö Steenkamp (UV), Morné Steyn (Sand du Plessis), Jan Serfontein, Cobus Reinach, Frans Steyn (Grey), Juan Smith (JBM/UV) en Schalk en Marcel van der Merwe (UV) het ook in ‘n stadium hier in die Rosestad rugby gespeel!
Dié 39 spelers is vir die Curriebeker-kompetisie gekies |
|||||||||||
DATUM> |
09/08 |
16/08 |
23/8 |
30/08 |
06/09 |
13/09 |
20/9 |
26/09 |
04/10 |
11/10 |
TO- |
TEENSTANDER> |
Pu- |
Grie- |
Haaie |
Grie- |
Pu- |
Haaie |
OP |
Blou |
Wes. |
Goue |
WED- |
PLEK> |
Nel- |
Bloem- |
Dur- |
Kim- |
Bloem- |
Bloem- |
Port |
Bloem- |
Bloem- |
Johan- |
PUNTE |
RUSTYDTELLIN |
16-15 |
15-10 |
13-3 |
15-3 |
7-16 |
17-13 |
16-10 |
9-11 |
14-24 |
0-22 |
EN |
EINDTELLING> |
21-28 |
34-27 |
16-19 |
36-25 |
17-31 |
30-30 |
37-22 |
22-31 |
29-34 |
7-47 |
DRIEë |
DRIEë> |
2-3 |
5-4 |
1-1 |
5-3 |
2-3 |
3-3 |
4-3 |
1-3 |
4-4 |
1-6 |
VIR |
LIGAPUNTE> |
1-4 |
5-2 |
1-4 |
5-0 |
0-4 |
2-2 |
5-0 |
0-4 |
2-5 |
0-5 |
2014- |
NAAM |
1. |
2. |
3. |
4. |
5. |
6. |
7. |
8. |
9. |
10. |
- |
AJ Coertzen |
15 |
15 |
- |
- |
- |
22 |
22 |
- |
22 |
14 |
6 |
Rayno Benjamin |
14 |
14 |
14 |
14 |
14 |
15 |
- |
14 |
- |
- |
7 |
Francois Venter |
13 |
13 |
13 |
13 |
12 |
13 |
13 |
13 |
13 |
seer |
9 |
Joubert Engelbrecht |
12 |
12 |
12 |
12 |
22 (BL |
12 |
12 |
12 |
12 |
12 |
10 |
Raymond Rhule |
11 |
11 |
11 |
11 |
11 |
seer |
11 |
11 |
11 |
11 |
9 |
Willie du Plessis |
10 (1c |
21 (op |
10 |
10(1c |
21 |
10 |
10(1t |
10 |
10 (1t |
10 |
10(2t |
Sarel Pretorius |
9 |
9 |
9 |
9 |
9 |
9 |
9 (1t |
9 |
9 |
9 |
10 |
Boom Prinsloo |
8 |
8 (BL & |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
2 |
Neil Claassen |
7 |
18 |
7 |
7 |
7 |
7 |
7 |
19 |
7 |
19 |
10 |
Tienie Burger |
6 |
6 |
6 |
6 |
6 |
6 (AfG |
6 |
6 |
6 |
6 |
10 |
Francois Uys |
5 |
5 |
5 |
5 |
5 |
5 |
5 |
5 |
5 |
5 |
10 |
Carl Wegner |
4 |
4 |
4 |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
3 |
Luan de Bruin |
3 |
3 (HAR |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
2 |
Torsten van Jaarsveld |
2 |
2 |
2 |
2 |
2 |
2 |
2 |
2 |
2 |
2 |
10 |
Kevin Stevens |
1 |
1 |
1 |
1 |
1 |
- |
- |
- |
- |
- |
5 |
Hercú Liebenberg |
16 |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
16 |
16 |
16 |
1 |
Bees Roux |
17 |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
1 |
Waltie Vermeulen |
18 |
19 |
- |
18 |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
2 |
Henco Venter |
19 |
- |
18 |
4 |
4 |
4 |
4 |
4 |
18 |
18 |
9 |
Renier Botha |
20 |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
0 |
Elgar Watts |
21 |
10 |
seer |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
2(1t2c |
JP du Plessis |
22 |
22 |
22 |
22 |
13 |
11 |
14 |
22 |
14 |
13 |
10 |
Jean Cook |
- |
7 |
8 |
8 |
8 |
seer |
- |
8 |
seer |
- |
5 |
AJ le Roux |
- |
16 |
16 |
16 |
16 |
16 |
16 |
- |
- |
- |
4 |
Dolph Botha |
- |
17(op3 |
3 |
3 |
3 |
17 |
17 |
- |
- |
- |
6 |
Shaun Venter |
- |
20 |
20 |
20 |
20 |
20 |
20 |
20 |
20 |
20 |
8 |
Clayton Blommetjies |
- |
- |
15 |
15 |
15 |
seer |
15 |
15 |
15 |
15 |
7 |
George Marich |
- |
- |
17 |
17 |
17 |
3 |
3 |
3 |
3 |
17 |
8 |
Vincent Jobo |
- |
- |
19 |
19 |
19 |
19 |
19 |
- |
19 |
- |
4 |
Pieter-Steyn |
- |
- |
21 |
21 |
10 |
21 |
21 |
21 |
21 |
21 |
4(6c1p |
Werner Lourens |
- |
- |
- |
- |
18 |
18 |
- |
18 |
4 |
- |
3 |
Maphutha Dolo |
- |
- |
- |
- |
- |
14 |
- |
- |
- |
22 |
1 |
Lappies Labuschagne |
- |
- |
- |
- |
- |
8 |
8 |
7 |
8 |
8 |
5 |
Caylib Oosthuizen |
- |
- |
- |
- |
- |
1 |
1 |
17 |
17 |
1 |
5 |
Brendon Groenewald |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
18 |
- |
- |
- |
1 |
Coenie Oosthuizen |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
1 |
1 |
Na |
2 |
Oupa Mohoje |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
7 |
1 |
Lood de Jager |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
4 |
1 |
Trevor Nyakane |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
3 |
1 |
17 uit |
N |
U |
W |
E |
L |
I |
N |
G |
E |
O |
11 |
Skeidsregters |
Marius |
- |
Rasta |
Jaco |
- |
- |
- |
Marius |
- |
- |
- |
Verklaring |
Halfeindstryde só beslis
Die Goue Leeus (36 punte) het met hul tweede plek op die puntelys van die Premier-afdeling van die Curriebeker-kompetisie seker van die een tuis-halfeindstryd gemaak en kom Saterdag om 14:30 op Ellispark, Johannesburg, teen die Haaie (33) te staan, wat derde was.
In die ander halfeindstryd kom die WP (39), wat bo-aan die puntelys geëindig het, om 17:00 op Nuweland, Kaapstad, teen die Blou Bulle (28) te staan, wat vierde was.
In die eerste wedstryd van die afgelope naweek het die OP Kings ‘n spannende, titaniese kragmeting teen die Pumas in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth met 26-25 gewen en het hulle daarmee hul eerste Curriebeker-sege dié seisoen ná nege agtereenvolgende nederlae behaal.
Scott van Breda (heelagter) se drie in die laaste minute, én die wen-doelskop deur Gary van Aswegen (losskakel) het die Kings as wenners van die veld laat stap.
Dis voorts baie interessant dat die OP se laaste sege oor die Pumas juis in die eindstryd van 2012 se Eerste Liga-kompetisie was en dat die telling tóé óók 26-25 was.
Die OP het drie drieë binne die bestek van 28 minute in die eerste helfte gedruk toe Lubabalo Mtyanda (slot) en Rosko Specman (vleuel) van die Pumas met geelkaarte koelkas toe gestuur is.
Die puntemakers is:
OP Kings 26 (drieë: Paul Schoeman, Ronnie Cooke, Scott van Breda, Tobie Botes; doel: Gary Van Aswegen 3); Pumas 25 (drieë: Frank Herne, Justin van Staden, Stefan Watermeyer; doel/straf: Justin van Staden (2).
Cheetahs se grootste slae teen Leeus
Dit was Saterdag die 90e Curriebeker-wedstryd tussen die Goue Leeus en die Toyota Vrystaat-Cheetahs. Toevallig was die Leeus se oorwinning met 47-7 oor die Cheetahs, ook die Gautengse span se 47e sege in dié 90 Goue Beker-wedstryde, én toevallig was dit ook die span noord van die Vaalrivier se grootste sege sedert die twee provinsies 120 jaar gelede die eerste keer teen mekaar gespeel het!
Terloops, die eerste rugbywedstryd tussen dié twee ou Boere-republieke was op 28 Augustus 1894 op Nuweland, toe die Curriebeker-toernooi daardie jaar in Kaapstad afgehandel is.
Die latere Boere-generaal Christiaan Beyers was daardie dag een van Transvaal se voorspelers. Transvaal het 16-0 gewen.
Kragmetings tussen dié twee spanne verloop tradisioneel baie spannend én gelykop – behalwe Saterdag se wedstryd op Ellispark! Die Vrystaat het in 1919 sy eerste oorwinning van 7-5 in 'n vriendskaplike wedstryd oor Transvaal behaal. Op 26 Mei 1927 het die Vrystaters Transvaal ook op Ellispark met 16-14 geklop, 'n wedstryd waarin Hennie Potgieter, Springbok-slot, in die tweede helfte vir die Vrystaters gaan heelagter speel het!
Transvaal het op 22 Mei 1941 in 'n vriendskaplike wedstryd sy grootste oorwinning (51-9) oor die Vrystaat behaal, en dié dag het S.A. Smit (vleuel) die eerste SA rugbyspeler geword wat ses drieë in 'n eersterangse wedstryd druk. Vir Transvaal het dié dag ook onder andere bekendes soos die dubbele Springbok Tony Harris, Floris Duvenhage en Otto van Niekerk gespeel. Transvaal het in 'n ongelooflike blitzkrieg 28 punte binne 9 minute opgestapel om die wind totaal uit die Vrystaters se seile te neem.
Die Vrystaters moes tot op 18 Junie 1977 wag om behoorlik vir dié nederlaag te vergoed toe hulle met 50-9 in 'n Curriebeker-wedstryd gewen het.
Op 21 Julie 1984 is die Rooibontes se sterte behoorlik in die nuwe Ellispark-stadion in Johannesburg in 'n Curriebeker-wedstryd met 54-9 geknoop. Gysie Pienaar (hy't ook 'n strafdoel behaal) het dié dag ál 8 die Vrystaters se drieë gedoel: drieë deur Casper Wessels (senter - 2), Helgard Müller (senter - 2), Jaco Reinach (regtervleuel - 1), Hansie Dirksen (losskakel - 1, ook 'n skepdoel), Barabas Venter (loskopstut - 1), Gerrie Sonnekus (agtsteman/kaptein - 1: dit was Sonnekus se 64ste drie vir die Vrystaat, wat in daardie stadium die SA rekord was).
Op 8 Julie 2006 egter was dit die Cheetahs wat die Leeus met 59-5 in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein gekarnuffel het – die grootste slae wat die Leeus teen enige span in die Curriebeker-kompetisie op die lyf geloop het. Die Vrystaters het dié dag agt drieë gedruk: deur Bevin Fortuiin 92), Gavin Passens, Kabamba Flors, Barend Pieterse, Phillip Burger, Ryno van der Merwe en Heinrich brüssow. Willem de Waal het vyf drieë gedoel, twee strafdoele en ‘n skepdoel vir 19 punte behaal.
Net twee spanne – Cheetahs (3 keer) en die WP – kon in ‘n Curriebeker-wedstryd teen die Leeus meer as 50 punte opstapel.
Die Cheetahs en die Leeus het in agt wedstryde elkeen die 40-tal in ‘n wedstryd tussen dié twee spanne verbygesteek:
Cheetahs - 1977 (50-9); 1984 (54-9 én 42-8); 1995 (41-28); 1997 (53-24); 2004 (40-27); 2006 (59-5); 2010 (43-37).
Leeus - 1988 (44-19); 1992 (43-36); 1993 (45-17); 1994 (56-33 - eindstryd); 2002 (43-29); 2003 (40-22); 2012 (43-20); 2014 (47-7).
‘n Opsomming van die Curriebeker-wedstryde tussen die TRoyota Vrystaat-Cheetahs en die Goue Leeus is: GESPEEL: 90. Cheetahs wen: 39. LEEUS wen: 47. GELYKOP: 4. Cheetahs punte: 1964. Leeus punte: 2021 vir ‘n gemiddelde telling van 21.82-22.45.
Dit was ’n droewige middag vir die Vrystaat, een wat deur verbroude kanse en swak skrumwerk gekenmerk is.
“Ons het ten minste vyf geleenthede in die eerste helfte gehad en dit nie gebruik nie,” het Rory Duncan, die Cheetah-afrigter, ná die tyd gesê. “Dit was baie teleurstellend dat ons deur onnodige foute gekelder is. Maar wat my pla, is dat ons ten minste in ander wedstryde ’n bietjie veggees gewys het. In dié stryd was dit afwesig.”
Die Leeus het die vaste spel oorheers, vanwaar die gewillige driekwarte soos ‘n gedagte deur die Cheetah-verdediging gedartel en in die proses se drieë ingeryg het.
Die puntemakers is: Goue Leeus 47 (drieë: Akker van der Merwe, Derick Minnie, Howard Mnisi, Jaco Kriel, Ruan Combrinck, Warwick Tecklenburg; doel: Marnitz Boshoff 4; straf: Marnitz Boshoff 3); Toyota Vrystaat-Cheetahs 7 (drie: Sarel Pretorius; doel: Willie du Plessis).
WP laat Haaie met “Tweedes” sweet
Toe Sibusiso Sithole (senter) vir die Haaie ná slegs 56 sek. ná die afskop in die wedstryd op Nuweland, Kaapstad, teen die WP gaan druk het, het dit gelyk of die KZN-span amok gaan maak teen die Streeptruie, wat sonder heelparty staatmakers vir die wedstryd aangetree het.
Die WP het egter vasgebyt en was ná 27 minute se spel met 20-8 voor. ‘n Lionel Cronjé strafdoel kort voor rustyd het die haaie op 11-20 laat naderkruip.
Cronjé het met drie opeenvolgende strafdoele in die tweede helfte sake met 20-20 gelykop gemaak. ‘n Drie deur Lourens Adriaanse, Springbok-stut, en Fred Zeilinga, plaasvervanger-losskakel, se strafdoel, het die eindtelling op 28-20 te staan gebring.
Die puntemakers is: Westelike Provinsie 20 (drieë: Kurt Coleman, Patrick Howard; doel/straf: Kurt Coleman 2); Haaie 28 (drieë: Lourens Adriaanse, Sibusiso Sithole; straf: Fred Zeilinga, Lionel Cronjé 5).
Rooi kaart help Griekwas nie
‘n Geelkaart aan Simon Westraadt (stut) in die 36e min. en ‘n rooie aan Ryno Barnes in die 72e min. – nadat hy 4 minute tevore as plaasvervanger-stut vir Wesley Cloete die veld op is - het nie juis veel gehelp om Griekwas se saak te bevorder nie.
Westraadt se gele het Griekwas 12 punte gekos, en Barnes, wat deur mnr. Pro Legote, die skeidsregter gestraf is omdat hy met hom (Legoete) geredekabel het, se rooie, het Griekwas 14 punte gekos. Die Bulle het 26 punte in hul sege met 46-12 in dié straftydperke aangeteken.
Bjorn Basson, wat juis as ‘n Griekwa-speler in 2010 sy Springbok-kleure verwerf het, het met sy driekuns aan drieë sy Curriebeker-totaal tot 50 drieë opgeskuif.
Die puntemakers is: Blou Bulle 46 (drieë: Akona Ndungane, Bjorn Basson 3, Deon Stegmann, Handré Pollard; doel: Pollard 2, Jacques-Louis Potgieter 3; straf: Potgieter 2); Griekwas 12 (drieë: Ederies Arendse 2; doel: Francois Brummer).
Bepalings en Uitslae
Vanjaar se Curriebeker-program in die Premier-afdeling, en die uitslae tot dusver, is (tuisspanne word eerste genoem):
Eerste ronde - 8/9 Augustus: OP Kings t WP (16-35); Goue Leeus t Blou Bulle (41-13); Pumas t Toyota Vrystaat Cheetahs (28-21); Griekwas t Haaie (24-31).
Tweede ronde - 15/16 Augustus: WP t BB (41-17); GL t OP Kings (60-19); Haaie t Pumas (34-17); Toyota Vrystaat Cheetahs t GW (34-27).
Derde ronde - 22/23 Augustus: BB t OP (30-25); WP t GL (27-14); Haaie t Toyota Vrystaat Cheetahs (19-16); Pumas t GW (33-15).
Vierde ronde - 29/30 Augustus (die Eerste Liga begin): BB t WP (18-23); OP t GL (22-41); Pumas t Haaie (32-22); Griekwas t Toyota Vrystaat Cheetahs (25-36).
Vyfde ronde - 5/6 September: WP t OP (49-14); GL t BB (26-36); Haai t Griekwas (18-21); Toyota Vrystaat Cheetahs t Pumas (17-31).
Sesde ronde - 12/13 September: GL t WP (35-33); OP t BB (13-28); Toyota Vrystaat Cheetahs t Haaie (30-30); Griekwas t Pumas (31-27).
Sewende ronde - 19/20 September: BB t Haaie (15-26); WP t Griekwas (36-12); GL t Pumas (29-15); OP t Toyota Vrystaat Cheetahs (22-37).
Agtste ronde - 26/27 September: Griekwas t GL (8-46); Haaie t OP (53-24); Toyota Vrystaat Cheetahs t BB (22-31); Pumas t WP (23-37).
Negende ronde - 3/4 Oktober (halfeindronde van die Eerste Liga): Griekwas t OP (45-25); Haaie t GL (26-23); Toyota Vrystaat Cheetahs t WP (29-34); Pumas t BB (6-37). EERSTE LIGA - HALFEINDRONDE – WELKOM: Griffons k SWD Arende 45-43; POTCHEFSTROOM: Valke k Luiperds 31-24.
Tiende ronde - 10/11 Oktober: OP t Pumas (26-25); GL t Toyota Vrystaat Cheetahs (47-7); BB t Griekwas; WP t Haaie.
Halfeindronde - 18 Oktober . EINDSTRYD in die Eerste Liga: WELKOM: Griffons t Valke.
Eindstryd - 25 Oktober.
Grootste Curriebeker-sege in 2014
Grootste sege in 2014 – Goue Leeus k OP Kings 60-19 (met 51 punte).
Meeste punte in ‘n wedstryd - Goue Leeus t OP kings (60).
Meeste drieë in ‘n wedstryd - Goue Leeus t OP kings (9).
Voorste Puntemakers
PLAYER |
TEAM |
T |
C |
P |
D |
PTS |
Jac-Louis Potgieter |
Blou Bulle |
0 |
14 |
28 |
0 |
112 |
Justin van Staden |
Pumas |
3 |
11 |
21 |
0 |
100 |
Ruan Combrinck |
Goue Leeus |
5 |
20 |
11 |
0 |
98 |
Willie du Plessis |
Toyota VS Cheetahs |
2 |
15 |
18 |
1 |
97 |
Demetri Catrakilis |
Westelike Provinsie |
0 |
27 |
13 |
0 |
93 |
Fred Zeilinga |
Haaie |
1 |
5 |
24 |
0 |
87 |
Lionel Cronje |
Haaie |
1 |
12 |
13 |
0 |
68 |
Gouws Prinsloo |
Griekwas |
0 |
3 |
15 |
0 |
51 |
Kurt Coleman |
Westelike Provinsie |
1 |
8 |
8 |
0 |
45 |
Scott van Breda |
OP Kings |
2 |
8 |
6 |
0 |
44 |
Marnitz Boshoff |
Goue Leeus |
0 |
8 |
8 |
1 |
43 |
Jaco Kriel |
Goue Leeus |
8 |
0 |
0 |
0 |
40 |
Marnus Schoeman |
Griekwas |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Sarel Pretorius |
Toyota VS Cheetahs |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Finale Puntestand
SPAN |
S |
W |
V |
G |
PV |
PT |
NETTO |
DV |
DT |
BON.V |
BON.D |
PUNTE |
W.Prov. |
10 |
8 |
2 |
0 |
335 |
206 |
129 |
40 |
23 |
1 |
6 |
39 |
GoueLeeus |
10 |
7 |
3 |
0 |
362 |
206 |
156 |
44 |
21 |
1 |
7 |
36 |
Haaie |
10 |
7 |
2 |
1 |
287 |
222 |
65 |
26 |
20 |
1 |
2 |
33 |
BlouBulle |
10 |
6 |
4 |
0 |
271 |
235 |
36 |
27 |
23 |
1 |
3 |
28 |
VSCheetahs |
10 |
3 |
6 |
1 |
249 |
294 |
-45 |
28 |
33 |
3 |
4 |
21 |
Pumas |
10 |
4 |
6 |
0 |
237 |
269 |
-32 |
25 |
28 |
2 |
2 |
20 |
Griekwas |
10 |
3 |
7 |
0 |
220 |
332 |
-112 |
25 |
41 |
2 |
2 |
16 |
OP Kings |
10 |
1 |
9 |
0 |
206 |
403 |
-197 |
27 |
53 |
1 |
1 |
6 |
Skeidsregters vir komende naweek
Vrydag
Curriebeker – EERSTE LIGA (eindstryd) – NOORDWES-STADION, Welkom: Griffons t Valke (mnr. Stuart Berry).
Onder 19B (eindstryd) – NOORDWES-STADION, Welkom: Valke t Boland (mnr. Lourens van der Merwe).
Onder 21B (eindstryd) – NOORDWES-STADION, Welkom: OP Kings t SWD (mnr. Archie Sehlako).
Onder 19A (halfeindronde) – LOFTUS VERSFELD , Pretoria: Blou Bulle t Haaie (mnr. Ben Crouse).
Onder21A (halfeindronde) – LOFTUS VERSFELD, Pretoria: Blou Bulle t Goue Leeus (mnr. Quinton Immelman).
Saterdag
Bledisloebeker - SUNCORP-STADION, Brisbane – Australië t Nieu-Seeland (mnr. Carig Joubert en sy assistente: mnre. Jaco Peyper en Marius van der Westhuizen; TV-skeidsregter: mnr. Shaun Veldsman –almal Suid-Afrika).
Onder19A (halfeindronde) – VRYSTAAT-STADION, Bloemfontein: Vrystaat Cheetahs t WP (mnr. AJ Jacobs).
Onder21A (halfeindronde) – NUWELAND, Kaapstad: WP t Vrystaat Cheetahs (mnr. Rondey Boneparte).
Curriebeker (Premier-halfeindronde) – ELLISPARK, Johannesburg: Goue Leeus t Haaie (mnr. Jaco van Heerden).
Curriebeker (Premier-halfeindronde) – NUWELAND, Kaapstad: WP t Blou Bulle (mnr. Pro Legoete).
Vorige Bok-afrigters na buiteland?
Twee voormalige Springbok-afrigters, mnre. Jake White en Peter de Villiers, gaan binnekort afrigtersposte in die buiteland opneem.
White gaan glo sy gewig by Tonga ingooi, terwyl De Viliers op pad Zimbabwe toe is.
White, wat die Haaie twee weke as direkteur van afrigting verlaat het, gaan die Suidsee-span volgende maand as ’n tegniese adviseur bystaan. Tonga speel in November teen Georgië, Amerika en Skotland. Tonga het hom vir die Wêreldbeker-toernooi in 2015 gekwalifiseer en is in Groep C saam met Nieu-Seeland, Argentinië, Georgië en Namibië ingedeel.
Die 51-jarige White, wat in 2007 WB-glorie aan die stuur van die Springbokke gesmaak het, het onlangs die rugbygemeenskap onkant betrap toe hy afstand gedoen het van sy pos by die Haaie – dít nadat hy die Brumbies ook ná die 2013-seisoen voortydig verlaat het.
Gerugte wil dit ook hê dat De Villiers, wat die Bokke tussen 2008 en 2011 afgerig het, tegniese raadgewer van die Zimbabwiese Rugby-unie gaan word. Dié pos is vakant nadat Liam Middleton onlangs bedank het om Kanada se sewesspan met die oog op 2014-15 se Wêreldreeks van die Internasionale Rugbyraad af te rig.
Nou’s die Wêreldbeker-toernooi vir 2015 voltallig
Nadat 83 lande in altesame 203 wedstryde die afgelope 30 maande betrokke was, is die 20e en laaste land vir die 8e Wêreldbeker-toernooi in 2015 in Brittanje beslis nadat Uruguay die afgelope Saterdag in die Estadio Charrúa, Montevideo, Uruguay, met Rusland in die tweede Repechage-wedstryd met 36-27 afgereken het.
Rusland het die eerste Repechage-wedstryd twee weke gelede in Krasnoyarsk, Rusland, met 22-21 gewen, en Uruguay het algeheel dus die twee Repechage-wedstryde met 57-49 gewen. Die Bere het 10 dae in Montvoideo vir Saterdag se kragmeting teen die Los Toros voorberei.
Uruguay sal in Groep A saam met Australië, Wallis, Fidji en die gasheer, Engeland, meeding.
Pres. José Mujica was onder die sowat 14 000 toeskouers – die grootste rugbyskare tot nog toe in Uruguay – om sy span tot groot hoogtes aan te spoor.
Vir Juan (25 – agtsteman – 12 toetse) en Agustin Ormaechea (23 – skrumskakel – 15 toetse) gaan 2015 se WB-toernooi ‘n groot gebeurtenis wees, want hul vader, Diego (agtsteman – 57 toetse – 34 drieë), het selwers in 1999 aan die Wêreldbeker-toernooi deelgeneem. Diego was 40 jaar 26 dae oud toe hy in sy laaste toets in 1999 in Glasgow teen Suid-Afrika gespeel het – ‘n WB-toets wat Joost van der Westhuizen se Springbokke met 39-3 gewen het.
Die 20 spanne vir 2015 se Wêreldbeker-toernooi is in die volgende vier groepe ingedeel (die nuutste ranglysposisie soos Maandag deur die IRR vrygestel van ‘n land word tussen hakies gegee):
Groep A – Australië (4), Engeland (3), Wallis (6), Fidji (12), Uruguay (19).
Groep B – Suid-Afrika (2), Skotland (8), Samoa (9), Japan (11), VSA (18).
Groep C – Nieu-Seeland (1), Argentinië (10), Tonga (13), Georgië (15), Namibië (22).
Groep D – Ierland (5), Frankryk (7), Italië (14), Roemenië (16), Kanada (17).
Bokke kán wéér in 2015 die William Webb Ellis-beker wen
Suid-Afrikaners het skielik groot vertroue dat die Springbokke in 2015 op die Wêreldbeker-toernooi in Brittanje een van die gunstelinge is om met die louere weg te stap nadat die Bokke onlangs die magtige All Blacks tot oorgawe gedwing het.
Nieu-Seeland is die huidige kampioen, Suid-Afrika was in 1995 en 2007 die kampioen, terwyl Nieu-Seeland ook die eerste toernooi in 1987 gewen het.
Wanneer ‘n mens kyk na die spanne se algehele vertoningslys op die Wêreldbeker-toernooie is die Bokke en die All Blacks, netsoos op die nuutste ranglys van die Internasionale Rugbyraad, die twee top-spanne. Suid-Afrika se rekord op die WB-toernooi is effens beter. Daar sal dus baie groot belangstelling vir aanstaandse jaar se WB-toernooi wees, veral noudat Engeland ook Australië op die IRR-ranglys verbygesteek het nadat die Poemas die Wallabies in Mendoza geklop het.
Dit lyk dus in hierdie stadium of dit dié vier spanne gaan wees om in 2015 op die WB-toernooi dop te hou. Australië en Engeland is juis in Groep A, Suid-Afrika in Groep B, Nieu-Seeland in Groep C, terwyl twee Sesnasie-lande, Frankryk en Ierland, in hierdie stadium in Groep D kop en skouers bo Italië, Kanada en Roemenië uittroon.
Wanneer ‘n mens met ‘n Suid-Afrikaanse hart na die vier afdelings op 2015 se WB-toernooi kyk, én die vorm van die laaste toetse vanjaar word in berekening gebring, kán die toernooi só verloop:
Eerste ronde (wenners en naaswenners van elke groep): Groep A: Australië, Engeland; Groep B: Suid-Afrika, Samoa; Groep C: Nieu-seeland, Argentinië; Groep D: Frankryk, Ierland.
Kwarteindronde: Wenner A (Australië) t Naaswenner B (Samoa) –K4; Wenner D (Frankryk) t Naaswenner C (Argentinië) – K3; Wenner C (Nieu-Seeland) t Naaswenner D (Ierland) – K2; Wenner B (Suid-Afrika) t Naaswenner A (Engeland) – K1.
Halfeindronde: H1 -Wenner K3 (Frankryk) t Wenner K4 (Australië); H2 - Wenner K1 (Suid-Afrika) t Wenner K2 (Nieu-Seeland).
Om die Bronsmedalje – Verloorder H1 (Frankryk) t Verloorder H2 (Nieu-Seeland). Wenner? Nieu-Seeland.
Goue medalje – Wenner H1 (Australië) t H2 (Suid-Afrika). Wenner? Suid-Afrika – ‘n derde keer sedert 1995 en 2007.
Wêreldbeker-vertoningslys |
|||||||
(*-lande wat hulle vir 2015 se WB-toernooi in Brittanje gekwalifiseer het) |
|||||||
Span en eerste |
Gespeel |
Gewen |
Verloor |
Gelykop |
Punte |
Punte |
Sukses |
1. Suid-Afrika (1995) (*) |
29 |
25 |
4 |
0 |
1009 |
378 |
86.21% |
2. N-Seeland (1987) (*) |
43 |
37 |
6 |
0 |
2012 |
584 |
86.05% |
3.Australië (1987) (*) |
41 |
33 |
8 |
0 |
1423 |
528 |
80.49% |
4.Engeland (1987) (*) |
40 |
29 |
11 |
0 |
1246 |
633 |
72.50% |
5.Frankryk (1987) (*) |
43 |
30 |
12 |
1 |
1354 |
762 |
69.77% |
6.Skotland (1987) (*) |
33 |
19 |
13 |
1 |
972 |
620 |
57.58% |
7.Ierland (1987) (*) |
30 |
17 |
13 |
0 |
819 |
584 |
56.67% |
8.Wallis (1987) (*) |
32 |
18 |
14 |
0 |
919 |
633 |
56.67% |
9. Argentinië (1987) (*) |
30 |
15 |
15 |
0 |
742 |
605 |
50.00% |
10. Samoa (1991) (*) |
24 |
11 |
13 |
0 |
585 |
608 |
45.83% |
11. Fidji (1987) (*) |
24 |
9 |
15 |
0 |
538 |
762 |
37.50% |
12. Italië (1987) (*) |
24 |
9 |
15 |
0 |
455 |
811 |
37.50% |
13. Tonga (1987) (*) |
21 |
6 |
25 |
0 |
335 |
731 |
28.57% |
14. Uruguay (1999) (*) |
7 |
2 |
5 |
0 |
98 |
352 |
28.57% |
15. Kanada (1987) (*) |
25 |
7 |
16 |
2 |
469 |
680 |
28.00% |
16. Roemenië (1987) (*) |
24 |
5 |
19 |
0 |
305 |
939 |
20.83% |
17. Georgië (2003) (*) |
12 |
2 |
10 |
0 |
144 |
401 |
16.67% |
18. VSA (1987) (*) |
21 |
3 |
18 |
0 |
300 |
736 |
14.29% |
19.Japan (1987) (*) |
24 |
1 |
22 |
1 |
428 |
1158 |
4.17% |
20.Namibië (1999) (*) |
15 |
0 |
15 |
0 |
144 |
974 |
0.00% |
21.Zimbabwe (1987) |
6 |
0 |
6 |
0 |
84 |
309 |
0.00% |
22.Rusland (2011) |
4 |
0 |
4 |
0 |
57 |
201 |
0.00% |
23.Portugal (2007) |
4 |
0 |
4 |
0 |
38 |
209 |
0.00% |
24.Ivoorkus (1995) |
3 |
0 |
3 |
0 |
29 |
172 |
0.00% |
25.Spanje (1999) |
3 |
0 |
3 |
0 |
18 |
122 |
0.00% |
Bokke in 4 toetse in 2015 voor Wêreldbeker-toernooi
Die Rugbykampioenskap tussen die spanne van Australië, Argentinië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika sal in 2015 – WB-toernooijaar – oor ‘n enkelronde beslis word. Die Springbokke sal dus voor die WB-toernooi net een Rugbykampioenskap-toets elk teen die Wallabies, All Blacks en die Poemas speel.
Maar afgesien van die Rugbykampioenskap-toetse sal Suid-Afrika teen Argentinië en Australië teen Nieu-Seeland in toetse slaags wees.
Die bepalings van die Rugbykampioenskap in 2015 is:
Eerste ronde – Vrydag 17 Julie: NS t Arg (AMI-stadion, Christchurch). Saterdag 18 Julie: Aus t SA (Suncorp-stadion, Brisbane).
Tweede ronde - Saterdag 25 Julie: SA t NS (plek moet nog bepaal word); Arg t Aus (plek moet nog bepaal word).
Derde ronde - Saterdag 8 Augustus: Aus t NS (ANZ-stadion, Sydney); SA v Arg (plek moet nog bepaal word).
Die bykomende toetse is – Saterdag 15 Augustus: NS t Aus (Edenpark, Auckland); Arg t SA (plek moet nog bepaal word).
Halfeindstryde vóór Saterdag al bepaal
Die spanne vir die twee halfeindstryde in die Onder21-kompetisie was voor die afgelope Saterdag se laaste ligawedstryde bepaal. Die WP (54 punte), wat bo-aan geëindig het, het tuisveldvoordeel vir die halfeindstryd die komende naweek teen die Toyota Vrystaat-Cheetahs, wat vierde met 35 punte was.
Die Blou Bulle (46 punte) was tweede en speel die komende naweek tuis teen die Goue Leeus (derde – 42 punte).
Die puntemakers in die laaste klompie ligawedstryde is:
NUWELAND, Kaapstad - WP 51 (drieë: Devon Nash, Jacques van Staden, SP Ferreira, Tapiwa Tsomondo 4, Willem Strydom; doel: Strydom 2, Brandon Thomson 2; straf: Strydom); Haaie 32 (drieë: Johan Meyer, Khulu Marwana, Michael Cloete, Sandile Kubeka, Tyler Fisher; doel: Tim Swiel 2; straf: Swiel).
ELLISPARK, Johannesburg – Goue Leeus 10 (drieë: Cyle Brink 2); Toyota Vrystaat-Cheetahs 20 (drieë: Carel-Jan Coetzee, Marco Klopper; doel: Henry Immelman, Pieter Jordaan; straf: Immelman, Jordaan).
BCM-STADION, Oos-Londen – Grens 7 (drie: Akhona Sihunu; doel: Devandre Sissing); Blou Bulle 123 (drieë: Andrew Beerwinkel, Chris Massyn 3, Dan Kriel, Desmond Stramis, Ganfried May, Impi Visser, Jacques Rossouw, Keagon Gordon, Kefentse Mahlo 2, Kobus Marais 2, Leighton van Wyk, Mox Mxoli 2, Wilco Louw; doel: Dan Kriel 2, Jacques Rossouw 4, Kobus Marais 8).
Puntemakers
SPELER |
SPAN |
T |
C |
P |
D |
PTE |
Kobus Marais |
Blou Bulle |
4 |
35 |
15 |
1 |
138 |
Robert du Preez |
Westerlike Provinsie |
3 |
33 |
15 |
0 |
126 |
Ryno Smith |
Luiperds |
11 |
10 |
4 |
0 |
87 |
Selvyn Davids |
OP Kings |
9 |
10 |
6 |
0 |
83 |
Brandon Cope |
Haaie |
2 |
28 |
5 |
0 |
81 |
Joshua Stander |
Blou Bulle |
2 |
20 |
10 |
0 |
80 |
Pieter Jordaan |
VS Cheetahs |
5 |
16 |
7 |
0 |
78 |
Harlon Klaasen |
Boland |
15 |
0 |
0 |
0 |
75 |
Fizell Fredericks |
SWD |
7 |
10 |
6 |
0 |
73 |
Jacobus Johannes du Plessis |
Luiperds |
1 |
24 |
5 |
1 |
71 |
Hanco Deale |
Goue Leeus |
4 |
17 |
4 |
0 |
66 |
Eital Bredenkamp |
Westelike Provinsie |
13 |
0 |
0 |
0 |
65 |
Brandan Hewitt |
Goue Leeus |
3 |
20 |
1 |
0 |
58 |
Ruan Janse van Rensburg |
Goue Leeus |
0 |
23 |
3 |
0 |
55 |
Angus Cleophas |
Valke |
2 |
7 |
10 |
0 |
54 |
Matthys Venter |
OP Kings |
0 |
18 |
6 |
0 |
54 |
Ryno Conradie |
Boland |
2 |
18 |
2 |
0 |
52 |
Koch Marx |
Goue Leeus |
10 |
0 |
0 |
0 |
50 |
Warren Potgieter |
VS Cheetahs |
2 |
9 |
6 |
0 |
46 |
Finale Puntestand
SPAN |
S |
W |
V |
G |
PV |
PT |
NETTO |
DV |
DT |
BON.V |
BON.D |
PUNTE |
Groep A |
||||||||||||
W.Prov |
12 |
11 |
1 |
0 |
580 |
268 |
312 |
83 |
36 |
0 |
10 |
54 |
BlouBulle |
12 |
9 |
3 |
0 |
600 |
225 |
375 |
81 |
27 |
2 |
8 |
46 |
GoueLeeus |
12 |
8 |
4 |
0 |
543 |
262 |
281 |
79 |
31 |
1 |
9 |
42 |
VSCheetahs |
12 |
7 |
5 |
0 |
429 |
273 |
156 |
59 |
36 |
1 |
6 |
35 |
Haaie |
12 |
5 |
7 |
0 |
413 |
376 |
37 |
56 |
50 |
0 |
5 |
25 |
Luiperds |
12 |
2 |
10 |
0 |
353 |
442 |
-89 |
49 |
56 |
2 |
5 |
15 |
Grens |
12 |
0 |
12 |
0 |
59 |
1131 |
-1072 |
4 |
175 |
0 |
0 |
0 |
Groep B |
||||||||||||
OP Kings |
7 |
7 |
0 |
0 |
261 |
90 |
171 |
35 |
12 |
0 |
6 |
34 |
Boland |
7 |
6 |
1 |
0 |
305 |
162 |
143 |
47 |
23 |
0 |
6 |
30 |
SWD |
7 |
5 |
2 |
0 |
202 |
171 |
31 |
27 |
22 |
0 |
3 |
23 |
Limp.BB |
7 |
3 |
4 |
0 |
230 |
177 |
53 |
37 |
24 |
3 |
5 |
20 |
Griekwas |
7 |
3 |
4 |
0 |
136 |
190 |
-54 |
18 |
28 |
2 |
2 |
16 |
Valke |
7 |
3 |
4 |
0 |
173 |
212 |
-39 |
23 |
30 |
1 |
2 |
15 |
Pumas |
7 |
1 |
6 |
0 |
136 |
212 |
-76 |
21 |
31 |
1 |
2 |
7 |
Griffons |
7 |
0 |
7 |
0 |
133 |
362 |
-229 |
17 |
55 |
1 |
0 |
1 |
Bonuspunt-drie verseker VS se Onder19’s ‘n tuishalfeindstryd
‘n Bonuspuntdrie deur Reinach Venter, haker en kaptein van die Toyota Vrystaat-Cheetahs se Onder19-span (2e – 41 punte), het die afgelope Saterdag teen die Goue Leeus op Ellispark in Johannesburg verseker dat die jong Blikore komende naweek tuisveldvoordeel in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein in die een halfeinstryd teen die Westelike Provinsie (3e – óók 41 punte – maar die Vrystaters het tweede geëindig, omdat hul nettopunte beter was: 106 teenoor 62) het.
In die ander halfeindstryd speel die Blou Bulle (1e – 47 punte) teen die Haaie (4e – 32 punte).
Die puntemakers is:
NELSON MANDELABAAI-STADION, Port Elizabeth: OP Kings 21 (drieë: Malcolm Jaer 2; doel: Garrick Mattheus; straf: Mattheus 3); Blou Bulle 31 (drieë: Jurie Linde 3, Abongile Nonkontwana; doel: Simon Bolze 3, Kurt Webster; straf: Bolze).
NUWELAND, Kaapstad: WP 27 (drieë: Heinrich Buhr, Ryan Oosthuizen, Ernst Stapelberg; doel: Ernst Stapelberg 2, Brandon Thomson; straf: Stapelberg); Haaie 20 (drieë: Matthew Reece-Edwards, Sphamandla Ngcobo; doel: Innocent Radebe 2; straf: Radebe).
ELLISPARK, Johannesburg: Goue Leeus 0; Toyota Vrystaat-Cheetahs 27 (drieë: Christiaan Erasmus, Jasper Wiese, Reinach Venter, Tyron Goddard; doel: André Swarts 2; straf: Swarts).
Voorste Puntemakers
SPELER |
SPAN |
T |
C |
P |
D |
PTE |
Arno Kotze |
Valke |
9 |
20 |
23 |
0 |
154 |
Theo Ernst Stapelberg |
WP |
1 |
29 |
25 |
0 |
138 |
Sibongumusa Innocent Radebe |
Haaie |
4 |
22 |
15 |
1 |
112 |
Malcolm Jaer |
OP Kings |
8 |
11 |
14 |
0 |
104 |
Lohan Lubbe |
Boland |
1 |
23 |
15 |
1 |
99 |
Jaya Juries |
Griffons |
4 |
18 |
11 |
0 |
89 |
Dewald Dawid Human |
Blou Bulle |
2 |
20 |
12 |
0 |
86 |
Andre Swarts |
VS Cheetahs |
1 |
27 |
7 |
0 |
80 |
Dylan Du Buisson |
Pumas |
2 |
17 |
11 |
0 |
77 |
Shaun Reynolds |
Goue Leeus |
4 |
15 |
8 |
0 |
74 |
Warren Williams |
Boland |
13 |
0 |
0 |
0 |
65 |
Charl Sander |
Limp.BB |
2 |
13 |
4 |
0 |
48 |
Simon Nord Bolze |
Blou Bulle |
1 |
12 |
6 |
0 |
47 |
Duhan van der Merwe |
Blou Bulle |
8 |
0 |
0 |
0 |
40 |
Jasper Wiese |
VS Cheetahs |
8 |
0 |
0 |
0 |
40 |
Johannes Jurie Linde |
Blou Bulle |
8 |
0 |
0 |
0 |
40 |
Finale Puntestand
SPAN |
S |
W |
V |
G |
PV |
PT |
NETTO |
DV |
DT |
BON.V |
BON.D |
PUNTE |
Groep A |
||||||||||||
Blou Bulle |
12 |
9 |
3 |
0 |
387 |
282 |
105 |
53 |
34 |
2 |
9 |
47 |
VS.Cheetahs |
12 |
8 |
4 |
0 |
310 |
204 |
106 |
45 |
23 |
2 |
7 |
41 |
W.Prov. |
12 |
9 |
3 |
0 |
332 |
270 |
62 |
38 |
36 |
0 |
5 |
41 |
Haaie |
12 |
6 |
6 |
0 |
287 |
256 |
31 |
35 |
33 |
4 |
4 |
32 |
Goue Leeus |
12 |
4 |
8 |
0 |
222 |
313 |
-91 |
28 |
44 |
3 |
3 |
22 |
OP Kings |
12 |
4 |
8 |
0 |
227 |
253 |
-26 |
25 |
32 |
3 |
2 |
21 |
Luiperds |
12 |
2 |
10 |
0 |
243 |
430 |
-187 |
38 |
60 |
2 |
5 |
15 |
Groep B |
||||||||||||
Valke |
7 |
7 |
0 |
0 |
246 |
118 |
128 |
28 |
14 |
0 |
5 |
33 |
Boland |
7 |
6 |
1 |
0 |
244 |
128 |
116 |
33 |
12 |
0 |
4 |
28 |
Limp.BB |
7 |
5 |
2 |
0 |
228 |
181 |
47 |
33 |
24 |
1 |
4 |
25 |
Pumas |
7 |
4 |
3 |
0 |
220 |
252 |
-32 |
32 |
38 |
0 |
5 |
21 |
Griffons |
7 |
3 |
4 |
0 |
217 |
228 |
-11 |
26 |
34 |
2 |
3 |
17 |
SWD |
7 |
2 |
5 |
0 |
179 |
154 |
25 |
25 |
18 |
2 |
2 |
12 |
Griekwas |
7 |
1 |
6 |
0 |
146 |
160 |
-14 |
22 |
21 |
3 |
1 |
8 |
Grens |
7 |
0 |
7 |
0 |
103 |
362 |
-259 |
17 |
55 |
0 |
2 |
2 |
Fidji wen, Blitsbokke 4de in Aussie-land
Fidji het die eerste toernooi in die Internasionale Rugbyraad se sewesreeks toernooi Sondagoggend in die Cbus Super-stadion in Australië gewen toe hy Samoa in die eindstryd met 31-24 geklop het.
Suid-Afrika, wat onlangs die goue medalje op die Statebondspele in Glasgow, Skotland, ingepalm het, het sy rieme in die halfeindronde styfgeloop teen Samoa en in die halfeindronde van die Goudkus-sewestoernooi met 28-12 verloor.
In die uitspeelwedstryd om die derde/vierde plek het die Blitsbokke ook teen Engeland, wat Nieu-Seeland in die kwarteindronde geklop het, met 19-0 verloor om die toernooi in die vierde plek af te sluit. Hulle kon dus nie op die vierde plek van verlede seisoen in dié toernooi verbeter nie. Suid-Afrika is toe ook deur Engeland met 47-0 verslaan.
Samoa was Sondagoggend net te sterk vir die Blitsbokke wat met verskeie mislukte duikslae die wedstryd prysgegee het. Twee verbroude duikslae het tot Samoa se eerste twee verdoelde drieë gelei. 'n Drie deur die Philip Snyman het die hoop laat opvlam en nadat Seabelo Senatla 'n blitsdrie in die tweede helfte gedruk het, het dit gelyk of die gety vir die Blitse begin swaai.
Maar twee aanslane, een deur Justin Geduld en die ander vanaf 'n Blitsbok-lynstaan, het nog twee drieë aan Samoa besorg wat Suid-Afrika se doppie geklink het.
Teen Engeland in die uitspeelwedstryd om die derde/vierde plek kon die Blitsbokke ook nie hond haaraf maak nie en gewys dat daar nog harde werk in die seisoen voorlê. Veral hul onvermoë om die Engelse se verdediging te klop in 'n baie oop wedstryd het hulle gekniehalter. Van die spelers wat in die Curriebeker-reeks gespeel het, het ook gelyk of hulle nog nie vanaf vyftienmanrugby oorgeskuif het na die blitskode nie.
Die stand van sake ná hierdie eerste toernooi in die IRR se internasionale sewereeks is: 1. Fidji (22), 2. Samoa (19), 3. Engeland (17), 4. Suid-Afrika (15), 5. Nieu-Seeland (13), 6. Argentinië (12), 7. Australië en Wallis (10), 9. VSA (8), 10. Frankryk (7), 11. Portugal en Skotland (5), 13. Kanada (3), 14. Kenia (2), 15. VSA Samoa en Japan (1).
Uitslae
Sondag
Eindstryde – BEKER: - Fidji 31-24 Samoa; DERDE PLEK: Engeland 19-0 Suid-Afrika; PLAAT: Nieu-Seeland 36-21 Argentinië; BOWL: Frankryk 15-31 VSA; SKILD: Kanada 40-7 Kenia.
Halfeindronde – BEKER: Engeland 7-48 Fidji; Samoa 28-12 Suid-Afrika; PLAAT: Nieu-Seeland 39-5 Wallis; Argentinië 21-17 Australië; BOWL: Frankryk 26-0 Skotland; VSA 33-0 Portugal; SKILD: Kanada 50-0 VSA Samoa; Japan 15-17 Kenia.
Kwarteindronde – BEKER: Nieu-Seeland 7-31 Engeland; Fidji 31-10 Wallis; Argentinië 21-24 Samoa; Suid-Afrika 12-10 Australië. BOWL: Frankryk 21-19 Kanada; Skotland 24-12 VSA Samoa; VSA 26-5 Japan; Kenia 17-19 Portugal.
Saterdag
Groep A - Nieu-Seeland 36-7 Frankryk; Samoa 40-14 Japan; Nieu-Seeland 59-0 Japan; Samoa 19-12 Frankryk; Frankryk 33-14 Japan; Nieu-Seeland 28-17 Samoa.
Groep B – Suid-Afrika 19-12 Wallis; Kenia 42-0 VSA; Suid-Afrika 48-0 VSA Samoa; Kenia 19-24 Wallis; Wallis 36-0 VSA Samoa; Suid-Afrika 45-0 Kenia.
Groep C - Fidji 40-7 Skotland; Australië 29-0 Portugal; Fidji 38-0 Portugal; Australië 24-14 Skotland; Skotland 21-21 Portugal; Fidji 35-12 Australië.
Groep D - Engeland 19-21 Argentinië; Kanada 15-17 VSA; Engeland 14-7 VSA; Kanada 12-14 Argentinië; Argentinië 26-12 VSA; Engeland 19-12 Kanada.
Ierland kry nou óók ‘n sewesspan
Die Ierse Rugby-unie (IRU) het besluit om in die toekoms ook ‘n nasionale sewesspan op die been te bring en veral met die oog op die 2020 Olimpiese Spele in Japan hom voor te berei.
Die Iere sal aanvanklik aan die Fira-reeks deelneem en dan algaande teen 2016 na die groot kanonne oorskakel. Die uiteindelike doel is om teen 2017 aan die IRR se internasionale sewesreeks deel te neem.
WP wen 4de SA Onder18-sewestoernooi
Die Westelike Provinsie het die vierde wenner van die SA o.18-sewestoernooi op die Hoërskool Monument se Ras van Rooyen-veld geword.
Die Streeptruie het Suidwestelike Distrikte sy eerste nederlaag toegedien met ’n sege van 31-24 in die eindstryd van die Beker-afdeling.
Die kampioen, wat vooraf as die gunstelinge gereken is, het in sy eerste wedstryd van die toernooi teen die Vrystaat met 26-19 vasgeval. Die span het sy ander twee groepwedstryde teen Griekwas (29-7) en die Limpopo Blou Bulle (28-0) gewen.
Die Limpopo Blou Bulle het die toernooi as die vierde beste span in Suid-Afrika afgesluit. Dié span het tot die uitkloprondes van die Beker-kompetisie deurgedring, danksy ’n beter nettopunteverskil van slegs 7 punte beter as die Vrystaters.
Die Luiperds was die span noord van die Vaal wat die beste gevaar het deur derde te eindig. Die Luiperds het Limpopo met 31-14 in die uitspeelwedstryd om die derde plek verslaan.
Verlede jaar se kampioen, die Valke, is deur die Luiperds in die kwarteindronde van die Beker-afdeling naelskraap met 12-10 uitgeskakel. Die Luiperds het daarna in die halfeindstryd hul rieme behoorlik teen die Volstruisboere met 39-0 styfgeloop.
KwaZulu-Natal was die kampioen van die Bowl-afdeling deur Vrystaat met 26-21 te troef, terwyl Griekwas Grens met 40-7 in die eindstryd van die Skild-afdeling gewen het.
Cravenweek in 2015 vyfde keer in Stellenbosch
Die Cravenweek vir hoërskole sal in 2015 die vyfde keer in Stellenbosch aangebied word. Dié toernooi sou aanvanklik die eerste keer sedert 1990 na Durban teruggekeer het, maar die feit dat Paul Roos Gimnasium volgende jaar sy 150ste bestaansjaar vier, het ’n groot invloed daarin gehad dat die toernooi na Stellenbosch verskuif is.
KZN het sy aansoek om die toernooi aan te bied, teruggetrek nadat dit reeds aan hulle toegeken is. Die WP het ook aansoek gedoen, maar die aansoek het glo nie die regte kanale gevolg nie en is laat deur die SA Skolerugby-vereniging (SASRV) ontvang.
Die eerste Cravenweek vir hoërskole is in 1964 en 1965 in Oos-Londen gehou.
Stellenbosch het die toernooi voorheen in 1973, 1980, 1996 en 2007 aangebied, terwyl Oos-Londen die toernooi ook vyf keer aangebied het: 1964, 1965, 1979, 1991 en 2009.
(*) – Inligting deur Frikkie van Rensburg.