Posted on Wednesday, 10 Sep 2014
‘Teiken haalbaar, maar nie maklik’
Dit gons behoorlik in die Suid-Afrikaanse rugbygemeenskap nadat ‘n “streng vertroulike” dokument van 91 bladsye van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) die afgelope naweek bekend geword het waarin Saru voorskrifte in SA rugby se nuwe Strategiese Transformasieplan – die omvattendste en radikaalste kwotabloudruk in die geskiedenis van dié sport - uitgestippel word.
Saru se rasseteikens tot 2019 op skole-, provinsiale, franchise- én nasionale vlak word hierin uiteengesit.
Hiervolgens móét die helfte van die Springbokspan oor vyf jaar uit gekleurde spelers bestaan en hiervan moet minstens 60% swart spelers wees.
Hoër eise word ook gestel aan die Blitsbokke, die Junior Springbokke en spanne in die Superrugby-, Curriebeker-, Vodacombeker-, amateur- en Cravenweek-kompetisies.
Luidens dié transformasieplan neem bestaande kwotas vanaf volgende jaar drasties toe om te sorg dat alle verteenwoordigende spanne teen 2019 aan ’n kleurkwota van minstens 50% voldoen.
Rugbybeamptes oor die land meen dié teiken van 50% gekleurdes in verteenwoordigende spanne is haalbaar, al gaan dit nie maklik wees nie.
Die volgende nege spelers van kleur het vanjaar vir die Toyota Cheetahs in die Super-kompetisie uitgedraf: Raymond Rhule, Rayno Benjamnin, Elgar Watts, Caylib Oosthuizen, Trevor Nyakane, Oupa Mohoje, Cornal Hendricks, Hilton Roberts en Howard Mnisi.
Altesame 35 spelers het in 2013 vir die Toyota Vrystaat-Cheetahs in die Curriebeker-kompetisie gespeel, van wie nege - Rayno Benjamin, Raymond Rhule, Elgar Watts, Trevor Nyakane, Oupa Mohoje, Freddie Ngoza, Caylib Oosthuizen, Davon Raubenheimer en Kevin Luiters - spelers van kleur was.
Én in 2014 is daar onder andere die volgende 12 spelers van kleur in die Toyota Vrystaat-Cheetahs oefengroep: Rayno Benjamin, Clayton Blommetjies, Mapu Dolo, Cornal Hendricks, Cameron Jacobs, Vincent Jobo, Oupa Mohoje, Freddie Ngoza, Trevor Nyakane, Caylib Oosthuizen, Raymond Rhule en Elgar Watts.
Hanyani Shimange (haker) het op 6 November 2004, in 'n toets teen Wallis in Cardiff, die eerste Vrystater van kleur geword, wat sy Springbok-kleure verwerf het. Hy was die Vrystaat se 63e Springbok sedert Boetie McHardy (1912).
Sedert Shimange het die Vrystaat nóg 19 Springbokke opgelewer, van wie Gurthrö Steenkamp (2004), Bevin Fortuin (2006), Kabamba Floors (2006), Ashley Johnson (2009), Raymond Rhule (2012), Trevor Nyakane (2013), Cornal Hendricks (2014) en Oupa Mohoje (2014) spelers van kleur was.
Dit beteken dus dat nege van die Vrystaat se laaste 20 Springbokke – 45% dus - spelers van kleur is! Trouens, van die 43 Springbokke wat vanjaar reeds vir Suid-Afrika gespeel het, was 10 spelers van kleur, en vier van dié Bokke het as Vrystaters Springbok geword: Hendricks, Mohoje, Nyakane en Steenkamp.
Cheetahs móét Saterdag wen!!
Dit is Saterdag die 129e rugbywedstryd tussen die spanne van die Toyota Vrystaat-Cheetahs en die Natal Haaie sedert die eerste gedenkwaardige kragmeting tussen dié twee spanne 108 jaar 62 dae gelede op 13 Julie 1906.
Dis die komende Saterdag inderdaad ‘n gróót inter teen die Haaie, want afgesien van dié Curriebeker-wedstryd om 15:00 tussen die Toyota Vrystaat-Cheetahs en die Haaie in die Vrystaat-stadion (skeidsregter: Stuart Berry), pak dié twee unies se twee junior spanne – Onder19’s (11:00 - skeidsregter: Renier Vermeulen) en die Onder21’s (12:45 – skeidsregter: Cwengile Jadezweni) – pak mekaar in die twee voorwedstryde.
Én, in al drie dié kompetisies is dié twee unies in ‘n verbete strsyd om ‘n plek in die uitklop-rondes gewikkel. In die Curriebeker-kompetisie beklee die Haaie, die huidige kampioen, met 14 punte die vierde plek en die Toyota Vrystaat-Cheetahs is vyfde met 12 punte. Dié uitslag van die wedstryd Saterdag kan dus maklik bepalend vir dié twee spanne se verdere aanspraak wees.
Albei Curriebeker-spanne het die afgelope Saterdag onverwags op hul tuisveld vasgeval: die Haaie met 18-21 teen Griekwas in Durban, én die Toyota Vrystaat-Cheetahs met 17-31 teen die Pumas in Bloemfontein.
In Absa se Onder21-kompetisie is die jong Vrystaters weer vierde met 26 punte ná 8 wedstryde, met die Natallers vyfde op 15 punte (ná 7 wedstryde). Die Vrystaat (27 punte – ná 8 wedstryde) is weer derde in Absa se nasionale Onder19-kompetisie met die Haaie (19 punte ná 7 wedstryde).
In die drie spanne se vorige wedstryde het die Haaie die Curriebeker-wedstryd in Durban naelskraap met 19-16 gewen, was die Vrystaters se Onder21’s met 30-3, óók in Durban, baas, terwyl die Haaie se Onder19’s net-net met 9-7 op 15 Augustus in Durban baas gespeel het.
Dis Saterdag die 88e Curriebeker-wedstryd sedert daardie eerste kennismaking in 1906 op die ou Wanderers-veld in Johannesburg, wat die Vrystaat trouens met 3-0 gewen het. Maar dit was nie voor 3 Junie 1921 nie dat die Vrystaat die eer gehad om gasheer vir die Natallers op die Ramblers in Bloemfontein te speel nie – ‘n wedstryd in die kompetisie van die Noordelike Provinsies wat die Vrystaat ook met 6-3 gewen het.
Teen die einde van 2007 had die Vrystaat-Cheetahs nog ‘n positiewe Curriebeker-rekord teen die Natallers: Gespeel: 71; VS wen 35, Natal wen 33, 3 Gelykop. In die laaste sewe seisoene egter, het die prentjie drasties verander en lees die statistieke nou só: Gespeel: 87; VS wen 38, Natal wen 46, 3 Gelykop.
Sedert 2000 het die prentjie drasties verander, want van die laaste 31 Curriebeker-wedstryde sedert 16 September 2000 het die Haaie 18 wedstryde gewen en die Vrystaat Cheetahs 13. In dié wedstryde het die Haaie 794 punte aangeteken en die Vrystaat-Cheetahs 721 punte, vir ‘n gemiddelde wedstrydtelling van 25.61-23.20 in die Haaie se guns.
In dié tyd het dié twee spanne vyf keer in ‘n Curriebeker-halfeindstryd gespeel, die Haaie het drie gewen en die Cheetahs twee.
Dis verder baie interessant dat die Vrystaat-Cheetahs tussen 24 Julie 2004 en 19 Julie 2008 in tien opeenvolgende bekerwedstryde onoorwonne. Dis egter ‘n baie strawwe rugbybult wat Saterdag op Torsten van Jaarsveld en sy Vrystaat-Cheetahs wag, want die Haaie het sedert 22 Oktober 2011 in sewe agtereenvolgende kragmetings die botoon gevoer.
Die Vrystaat het sedert 1906 in dié 87 Curriebeker-wedstryde wedstryde 1 744 punte aangeteken, teenoor die Haaie se 1 718 punte, vir ‘n “wentelling” van 20.05-19.75.
Hoewel die Haaie 63 van die vorige 128 wedstryde teen die Cheetahs gewen het, en die Vrystaters in 61 die botoon gevoer het, met vier wat gelykop was, het die Vrystaters net-net die meeste punte aangeteken – 2 571 teenoor die Haaie se 2 548 vir ‘n gemiddelde “wentelling” van 20.09-19.91.
Beseringspook slaan toe
En om verder die Vrystaters se kopsere te vererger het mnr. Rory Duncan, die Vrystaat-afrigter, Maandag moes hoor dat drie staatmakers – Clayton Blommetjies (heelagter - knie), Jean Cook (agtsteman - kuit) en Raymond Rhule (vleuel - nek) – weens beserings nie vir die wedtsryd teen die Haaie oorweeg kan word nie.
Daar’s darem verligting dat Caylib Oosthuizen (stut – skouer) en Lappies Labuschagné (losvoorspeler – lies) sodanig van hul beserings herstel het dat hulle teen die Haaie ingespan sal kan word.
Baie Saterdag op spel vir
Premier-spanne
Die laaste ronde in die ligadeel van die Premier-afdeling van Absa se Curriebeker-kompetisie word die komende naweek afgehandel.
In die naweek van 19/20 September word die eerste oorkruiswedstryde tussen die twee groepe beslis. Dán speel die spanne in die een groep – WP, Blou Bulle, Goue Leeus en die OP Kings - oorkruis teen die spanne in die ander groep – Haaie, Pumas, Toyota Vrystaat-Cheetahs en die Griekwas.
Die komende naweek se bepalings is:
Vrydag
Nelson Mandelabaai-stadion, Port Elizabeth (19:10) – OP Kings (8e) teen Blou Bulle (6e).
Saterdag
Vrystaat-stadion, Bloemfontein (15:00) – Toyota Vrystaat-Cheetahs (5e) teen die Haaie (4e).
GWK-park, Kimberley (15:00) – Griekwas (7e) teen Pumas (2e).
Ellispark, Johannesburg (17:05) – Goue Leeus (3e) teen WP (1e).
Geelkaart en 10 punte in laaste 6 minute kelder Cheetahs teen Pumas
Drieë deur Rosko Specman (linkervleuel - 72e min.) en Marius Coetzer (plaasvervanger-slot - 77e min.) en ‘n geelkaart teen Rayno Benjamin (Cheetah-vleuel – 77e min.) het die Toyota Vrystaat-Cheetahs weer eens ‘n kans ontneem om teen die einde ‘n Curriebeker-wedstryd – dié slag teen die Pumas in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein – deur te trek.
Die Pumas het ‘n derde keer sedert dié twee spanne op 8 April 1978 die eerste keer teen mekaar gespeel het, daarin geslaag om opeenvolgende Curriebeker-seges in een kalenderjaar oor die Cheetahs te behaal. Dit was egter nie so lank gelede nie dat die einste Pumas vier agtereenvolgende bekeroorwinnings oor die Cheetahs behaal het nie: 2 Augustus 2003 (Witbank: met 55-46), 20 September 2003 (Bloemfontein – met 40-37), 20 Augustus 2004 (Bloemfontein – met 23-16) en op 27 Augustus 2004 (Witbank – met 29-26).
’n Reeds uitgedunde Vrystaat-span sal boonop dalk ook sonder twee ervare staatmakers, die flank Jean Cook en vleuel Raymond Rhule, moet klaarkom. Hulle het albei teen die Pumas seergekry.
Die Cheetahs het kwaai kleigetrap in die skrums, terwyl die lynstane, hul spel by die afbreekpunte én verdediging was ook nie op standard nie.
Die Pumas het hul kanse beter benut en ook aansienlik minder foute as die Vrystaters begaan.
Die Pumas het met hierdie vierde oorwinning van die seisoen tot die tweede plek op die puntelys na die onoorwonne WP geklim. Dit was ook die besoekers van Nelspruit se eerste wegsege van die seisoen.
Dié skrumkopsere, probleme in die lynstane én op die grond het die tuisspan dikwels duur te staan gekom wanneer hy binne trefafstand was.
Die puntemakers is: Toyota Vrystaat Cheetahs 17 (drieë: JP du Plessis, Sarel Pretorius; doel: Pieter-Steyn de Wet 2; straf: Pieter-Steyn de Wet); Pumas 31 (drieë: Hennie Skorbinski, Marius Coetzer, Rosco Speckman; doel: JC Roos, Justin van Staden; straf: Van Staden 4).
Brummer Griekwas se held in Durban
Francois Brummer, losskakel van Griekwas, was sy span se groot held in die Curriebeker-stryd teen die Haaie, die Curriebeker-kampioen, nadat hy die wen-skepdoel in die laaste stuiptrekkings oorgeklits het om ’n oorwinning van 21-18 te verseker.
Griekwas het met groot konsentrasie en uiterste geduld met die telling op 18-18 die bal deur vier, vyf fases geneem voor Brummer die skepskop-doodskoot gegee het.
Die vernuf waarmee Griekwas die Haaie se druk afgeweer het, het ook beteken dat nóg ’n geelkaart – dié keer vir die regtervleuel Ederies Arendse – hulle nie te erg aan bande gelê het nie.
Die stryd deurgaans was fel en die rotsvaste verdediging het gekeer dat meer as net die twee Haai-drieë gedruk kon word. Hoewel Brummer Griekwas se groot held was, moet Gouws Prinsloo die ses strafdoele in die wedtsryd nie gering vir die oorwinning gereken word nie.
Die puntemakers is: Haaie 18 (drieë: Lourens Adriaanse, Thomas du Toit; doel: Lionel Cronjé; straf: Fred Zeilinga, Cronjé); Griekwas 21 (straf: Gouws Prinsloo 6; skep: Francois Brummer).
Marius ‘haal byt uit Leeu-skrum’
Noord van die Apiesrivier is die Ligblou-ondersteuners baie tevrede dat hul span die Goue Leeus se sterte Saterdag op Loftus Versfeld met 36-26 geknoop het, maar die Bulle se suidelike bure mor omdat mnr. Marius van der Westhuizen, die skeidsregter, die Leeus se pak gestraf het toe hulle – met die telling 29-26 – die Bulle in die voorlaaste beweging in ’n skrum laat kreun het.
Die Bulle het uiteindelik met dié voordeel die wendrie gaan druk om die eindtelling tot 36-26 te rek.
Die Ligblou-manne meen dié sege was die keeporunt in hul Curriebeker-veldtog.
Maar so verlig en tevrede as wat Frans Ludeke, die Bulle se afrigter, was ná sy span se puik Curriebeker-sege, so ontevrede en teleurgesteld was sy eweknie van die Goudstad, Johann Ackermann.
Ludeke sê dié oorwinning “gee ons baie selfvertroue. Die manier waarop die spelers gereageer het ná die groot druk waaronder ons die laaste ruk was, is bemoedigend. Die nederlae het seergemaak maar dit het ons in die proses baie honger gemaak. Ek is bly die spelers is beloon vir al die harde werk en vasbyt die laaste tyd.”
Jacques-Louis Potgieter, die Ligblou-losskakel, se stelskopwerk was ook uitstekend en sy bydrae was 21 van die 36 punte.
Die Bulle moes in die laaste 10 minute ’n verwoede Leeu-aanslag afweer.
Ackermann was nie in dieselfde gemoedelike bui nie en het tromop gesê Van der Westhuizen, die skeidsregter, was nie in beheer met die skrums nie.
Die puntemakers is: Blou Bulle 36 (drieë: Burger Odendaal, Grant Hattingh, Ulrich Beyers; doel: Jacques-Louis Potgieter 3; straf: Potgieter 5; Goue Leeus 26 (drieë: Kwagga Smith, Martin Muller; doel: Ruan Combrinck 2; straf: Combrinck 4).
WP oorheers die Kings
Die WP, enigste onoorwonne span en huidige voorloper in die Curiebeker-kompetisie, het min moeite ondervind om die OP Kings op Nuweland in Kaapstad met 49-14 ore aan te sit.
Die WP is skielik nie meer net ‘n span wat rotsvas kan verdedig nie, maar spoedvrate soos Kobus van Wyk, Cheslin Kolbe, JacoTaute en Juan de Jongh kry volop aanvalsgeleenthede, wat deeglik benut word, soos die sewe drieë van die Streeptruie van getuig.
Die WP was ná 22 minute reeds 21-0 voor en in die 48e min. het Kolbe die WP se bonuspunt-drie gedruk.
Die Streeptruie se vertoning was ook nie altyd in die kol nie, maar dis die ingesteldheid wat bowenal die oog tref. Hulle toon ondernemingsgees en lyk besonder vaardig.
Ruan Botha, ‘n 22-jarige jong reus van 2.05m en 120kg, is ‘n slot om in die toekoms fyn dop te hou. Sy lynstaanspel is baie goed en hy dra die bal baie sterk.
Die Streeptruie het genadeloos op die Kings se hanteerfoute toegeslaan en veral Kolbe het nogmaals gewys hoe gevaarlik hy van gebroke spel kan wees deur verby etlike verdedigers te dartel op pad doellyn toe.
Die puntemakers is: Westelike Provinsie 49 (drieë: Cheslin Kolbe, Juan de Jongh 2, Kobus van Wyk, Rynhardt Elstadt, Siya Kolisi 2; doel: Demetri Catrakilis 5, Kurt Coleman 2; OP Kings 14 (drieë: Paul Schoeman, Tim Whitehead; doel: Scott van Breda 2).
Absa se Premierliga-puntestand
SPAN | S | W | V | G | PV | PT | NETTO | DV | DT | BON.V | BON.D | PUNTE |
W.Prov. | 5 | 5 | 0 | 0 | 175 | 79 | 96 | 22 | 8 | 0 | 3 | 23 |
Pumas | 5 | 4 | 1 | 0 | 141 | 109 | 32 | 16 | 11 | 0 | 2 | 18 |
G.Leeus | 5 | 3 | 2 | 0 | 182 | 117 | 65 | 21 | 13 | 0 | 3 | 15 |
Haaie | 5 | 3 | 2 | 0 | 124 | 110 | 14 | 11 | 10 | 1 | 1 | 14 |
VSCheetahs | 5 | 2 | 3 | 0 | 124 | 130 | -6 | 15 | 14 | 2 | 2 | 12 |
Blou Bulle | 5 | 2 | 3 | 0 | 114 | 156 | -42 | 11 | 17 | 1 | 1 | 10 |
Griekwas | 5 | 1 | 4 | 0 | 112 | 152 | -40 | 12 | 19 | 2 | 1 | 7 |
OP Kings | 5 | 0 | 5 | 0 | 96 | 215 | -119 | 13 | 29 | 1 | 0 | 1 |
Bepalings en Uitslae
Vanjaar se Curriebeker-program in die Premier-afdeling, en die uitslae tot dusver, is (tuisspanne word eerste genoem):
Eerste ronde - 8/9 Augustus: OP Kings t WP (16-35); Goue Leeus t Blou Bulle (41-13); Pumas t Toyota Vrystaat Cheetahs (28-21); Griekwas t Haaie (24-31).
Tweede ronde - 15/16 Augustus: WP t BB (41-17); GL t OP Kings (60-19); Haaie t Pumas (34-17); Toyota Vrystaat Cheetahs t GW (34-27).
Derde ronde - 22/23 Augustus: BB t OP (30-25); WP t GL (27-14); Haaie t Toyota Vrystaat Cheetahs (19-16); Pumas t GW (33-15).
Vierde ronde - 29/30 Augustus (die Eerste Liga begin): BB t WP (18-23); OP t GL (22-41); Pumas t Haaie (32-22); Griekwas t Toyota Vrystaat Cheetahs (25-36).
Vyfde ronde - 5/6 September: WP t OP (49-14); GL t BB (26-36); Haai t Griekwas (18-21); Toyota Vrystaat Cheetahs t Pumas (17-31).
Sesde ronde - 12/13 September: GL t WP; OP t BB; Toyota Vrystaat Cheetahs t Haaie; Griekwas t Pumas.
Sewende ronde - 19/20 September: BB t Haaie; WP t Griekwas; GL t Pumas; OP t Toyota Vrystaat Cheetahs.
Agtste ronde - 26/27 September: Griekwas t GL; Haaie t OP; Toyota Vrystaat Cheetahs t BB; Pumas t WP.
Negende ronde - 3/4 Oktober (halfeindronde van die Eerste Liga): Griekwas t OP; Haaie t GL; Toyota Vrystaat Cheetahs t WP; Pumas t BB.
Tiende ronde - 10/11 Oktober (Eerste Liga se eindstryd): BB t Griekwas; WP t Haaie; GL t Toyota Vrystaat Cheetahs; OP t Pumas.
Halfeiendronde - 17/18 Oktober
Eindstryd - 25 Oktober.
Griffons bo in wipplankstryd
Die Luiperds (30 punte) en die Griffons (26) het hul posisies bo-aan die puntelys van Absa se Eerste Liga behou deur onderskeidelik met die Boland-Kavaliers (54-32) in Potchefstroom en die Grens-Bulhonde (37-32) in die Noordwes-stadion in Welkom af te reken.
Die twee voorlopers is goed op pad na die tuiskragmetings in die halfeindronde van die kompetisie.
Intussen het die Valke verras deur met ‘n sege van 24-19 oor die SWD-Arende in die Barnard-stadion in Kemptonpark na die vierde plek op die puntelys te vorder.
Daar bly nog drie rondes in die ligadeel oor.
Die wedstryd in Welkom het nege drieë opgelewer en die Grens het twee punte ingeoes deur met minder as 7 punte te verloor en self vier drieë te druk. Japie Nel (senter) het binne die eerste minuut vir die Griffons gaan druk.
Die puntemakers is: Griffons 37 (drieë: Aubrey McDonald, Japie Nel 2, Johan van der Hoogt, Nicky Steyn; doel: Franna du Toit, Louis Strydom 2; straf: Strydom 2; Grens 32 (drieë: Lithabile Mgwadleka, Lundi Ralarala, Masixole Banda, Rynardt van Wyk; doel: Hansie Graaff, Masixole Banda 2; straf: Graaff, Banda).
Valke veg verbete terug teen Arende
Die Valke het in Kemptonpark ná ‘n verbete terugvegpoging ‘n aanvanklike agterstand van 6-13 uitgewis om ‘n opwindende kragmeting teen die SWD Arende, wat hul kanse vroeg deeglik benut het, naelskraap met 24-19 te wen.
Die Valke het in die laaste klompie minute twee keer gaan druk om die begeesterde Arende uiteindelik tot oorgawe te dwing.
Die puntemakers is: Valke 24 (drieë: Bruce Muller, Coert Cronjé; doel: Jaun Kotze; straf: Kotze 4); SWD Arende 19 (drie: Alshaun Bock; doel: Elric van Vuuren; straf: Van Vuuren 4).
Luiperds jag Kavaliers in Potch
Die Luiperds het behoorlik jag op die Kavaliers in Potchefstroom gemaak en agt drieë in hul oorwinning van 54-32 ingeryg.
Hoffman Maritz (senter - 3), Johan Deysel (flank – 2), George Tossel (senter – 2) en Jacques Vermaak (haker) het die Noordwesters se drieë gedruk, terwyl André Pretorius, Springbok-losskakel en kaptein van die Luiperds, sewe keer gedoel het.
Die Swartlanders was self lus vir hardloop en het voier drieë vir ‘n bonuspunt behaal.
Die puntemakers is: Luiperds 54 (drieë: George Tossel 2, Hoffman Maritz 3, Jacques Vermaak, Johan Deysel 2; doel: André Pretorius 7); Boland-Kavaliers 32 (drieë: Christian Rust, Jovelian de Koker, Richard Lawson, Victor Kruger; doel: Eric Zana 2, Morné Hugo; straf: Hugo 2).
Absa se Eerste Liga-puntestand
SPAN | S | W | V | G | PV | PT | NETTO | DV | DT | BON.V | BON.D | PUNTE |
Luiperds | 7 | 6 | 1 | 0 | 399 | 169 | 230 | 57 | 19 | 0 | 6 | 30 |
Griffons | 7 | 5 | 2 | 0 | 223 | 221 | 2 | 29 | 30 | 1 | 5 | 26 |
SWD | 7 | 4 | 3 | 0 | 199 | 233 | -34 | 24 | 28 | 1 | 3 | 20 |
Valke | 7 | 3 | 4 | 0 | 206 | 221 | -15 | 26 | 28 | 1 | 2 | 15 |
Boland | 7 | 2 | 5 | 0 | 188 | 216 | -28 | 24 | 29 | 2 | 3 | 13 |
Grens | 7 | 1 | 6 | 0 | 164 | 319 | -155 | 21 | 47 | 2 | 2 | 8 |
Goue Leeus nóg bó in Onder 21’s
Die Goue Leeus het met hul bonuspunt-sege van 31-25 oor die Blou Bulle op Loftus hul plek bo-aan die puntelys verder verstewig, terwyl die Vrystaat-Cheetahs met húl oorwinning van 39-38 oor die jong Luiperds in Bloemfontein hul vierde plek behou het.
Die een of ander rugbyrekord is die afgelope naweek in Oos-Londen “opgestel” toe die Grens in sy agtste wedstryd van die seisoen ná 630 minute sy eerste drie in vanjaar se Onder21-kompetisie – deur Le-Roy Ndlophu – in die 70e minuut teen die Haaie gedruk het. Die Grens-manne se teenstanders het reeds 111 drieë gedruk vir ‘n wedstrydgemiddelde van byna 14 drieë!
Die Haaie, wat vyfde is, het die Grens met 59-10 geklop.
Die puntemakers is:
Pretoria - Blou Bulle 25 (drieë: Clyde Davids, Ganfried May, Ruan Steenkamp; doel/straf: Kobus Marais 2); Goue Leeus 31 (drieë: Ashlon Davids, Harold Vorster, Malcolm Marx, Selom Gavor 2; doel: Ruan Janse van Rensburg 3).
Bloemfontein – Vrystaat-Cheetahs 39 (drieë: Carel-Jan Coetzee, Gerhard Olivier, Henry Immelman, Jan Venter, Tertius Kruger; doel: Warren Potgieter 3, Immelman; straf: Immelman, Potgieter); Luiperds 38 (drieë: Andries du Plooy 2, Neil Morrison, Ryno Smith 2; doel: Smith 5; straf: Smith).
Oos-Londen – Grens 10 (drie: Le-Roy Ndlophu; doel: Devandré Sissing; straf: Akona Sihunu); Haaie 59 (drieë: Alcino Izaacs, Alrin Eksteen, André Esterhuizen 2, Barend Potgieter, Khulu Marwana, Neil Maritz, Stefan Ungerer, Wesley White; doel: Brandon Cope 6, Ungerer).
Absa se Onder21-puntestand
SPAN | S | W | V | G | PV | PT | NETTO | DV | DT | BON.V | BON.D | PUNTE |
Groep A | ||||||||||||
G.Leeus | 8 | 7 | 1 | 0 | 423 | 158 | 265 | 61 | 19 | 0 | 7 | 35 |
WP | 7 | 6 | 1 | 0 | 292 | 148 | 144 | 41 | 19 | 0 | 5 | 29 |
BlouBulle | 8 | 5 | 3 | 0 | 378 | 185 | 193 | 48 | 23 | 2 | 4 | 26 |
VS Cheetahs | 8 | 5 | 3 | 0 | 335 | 172 | 163 | 48 | 22 | 1 | 5 | 26 |
Haaie | 7 | 3 | 4 | 0 | 213 | 228 | -15 | 27 | 29 | 0 | 3 | 15 |
Luiperds | 8 | 1 | 7 | 0 | 226 | 276 | -50 | 30 | 33 | 2 | 4 | 10 |
Grens | 8 | 0 | 8 | 0 | 25 | 725 | -700 | 1 | 111 | 0 | 0 | 0 |
Groep B | ||||||||||||
OP Kings | 5 | 5 | 0 | 0 | 196 | 63 | 133 | 27 | 10 | 0 | 4 | 24 |
SWD | 4 | 4 | 0 | 0 | 152 | 83 | 69 | 21 | 10 | 0 | 3 | 19 |
Boland | 4 | 3 | 1 | 0 | 180 | 89 | 91 | 28 | 13 | 0 | 3 | 15 |
Valke | 5 | 2 | 3 | 0 | 111 | 139 | -28 | 14 | 19 | 1 | 1 | 10 |
Griekwas | 4 | 2 | 2 | 0 | 76 | 120 | -44 | 10 | 18 | 0 | 1 | 9 |
Limp.BB | 4 | 1 | 3 | 0 | 118 | 106 | 12 | 18 | 15 | 2 | 2 | 8 |
Pumas | 4 | 0 | 4 | 0 | 71 | 135 | -64 | 11 | 18 | 0 | 1 | 1 |
Griffons | 4 | 0 | 4 | 0 | 60 | 229 | -169 | 8 | 34 | 1 | 0 | 1 |
Jasper druk vier keer teen
Luiperds o.19’s
Jasper Wiese (agtsteman) het Saterdag vier van die Vrystaat-Cheetahs se agt drieë teen die Luiperds gedruk. Die Vrystaters het met 54-15 geseëvier en die jong Blikore het hul bonuspunt-drie reeds in die 26e minuut gedruk.
Die Vrystaters was reeds in die 13 minuut, ná hul derde drie, 21-0 voor en het rustyd ’n voorsprong van 28-0 gehad.
Nie eers geelkaarte aan hul kaptein Junior Burger, in die eerste helfte, en die plaasvervanger Refuoe Rampeta, ná rustyd, kon hul spoed breek nie.
Die Vrystaat is met 27 ligapunte derde op die puntelys.
Die puntemakers is:
Bloemfontein - Vrystaat 54 (drieë: Johann Grundlingh, Jasper Wiese 4, Christiaan Erasmus, Morné van Staden, Refuoe Rampeta; doel: André Swarts 7); Luiperds 15 (drieë: Sydney du Plessis, Marchell Hattingh, Roelof Scheepers).
Pretoria - Blou Bulle 37 (drieë: Hanro Liebenberg 2, Jurie Linde, RG Snyman, Willem Louw; doel: Simon Bolze 3; straf: Bolze 2); Goue Leeus 30 (drieë: Dylan Vlok, Jade Solomons, Johan Mitchell, Godfrey Ramaboea; doel: Shaun Reynolds 2; straf: Reynolds).
Port Elizabeth - OP Kings 7 (drie: Jeremy Ward; doel: Garrick Mattheus); Haaie 15 (drieë: Dan du Preez, Marcel Coetzee; doel/straf: Joshua Bragman).
Absa se Onder19-puntestand
SPAN | S | W | V | G | PV | PT | NETTO | DV | DT | BON.V | BON.D | PUNTE |
Groep A | ||||||||||||
BlouBulle | 8 | 6 | 2 | 0 | 253 | 160 | 93 | 35 | 20 | 2 | 6 | 32 |
WP | 7 | 6 | 1 | 0 | 226 | 140 | 86 | 25 | 20 | 0 | 4 | 28 |
VSCheetahs | 8 | 5 | 3 | 0 | 198 | 129 | 69 | 30 | 14 | 2 | 5 | 27 |
Haaie | 7 | 4 | 3 | 0 | 137 | 138 | -1 | 17 | 18 | 1 | 2 | 19 |
OP Kings | 8 | 3 | 5 | 0 | 123 | 170 | -47 | 14 | 22 | 1 | 1 | 14 |
Goue Leeus | 8 | 2 | 6 | 0 | 127 | 213 | -86 | 15 | 30 | 2 | 1 | 11 |
Luiperds | 8 | 1 | 7 | 0 | 159 | 273 | -114 | 26 | 38 | 2 | 3 | 9 |
Groep B | ||||||||||||
Valke | 5 | 5 | 0 | 0 | 183 | 89 | 94 | 22 | 11 | 0 | 4 | 24 |
Boland | 4 | 4 | 0 | 0 | 165 | 65 | 100 | 24 | 7 | 0 | 3 | 19 |
Limpopo BB | 4 | 3 | 1 | 0 | 121 | 79 | 42 | 17 | 11 | 1 | 2 | 15 |
Griffons | 4 | 3 | 1 | 0 | 133 | 108 | 25 | 16 | 16 | 1 | 2 | 15 |
Pumas | 4 | 2 | 2 | 0 | 130 | 152 | -22 | 17 | 23 | 0 | 2 | 10 |
SWD | 4 | 0 | 4 | 0 | 76 | 122 | -46 | 11 | 14 | 1 | 1 | 2 |
Griekwas | 4 | 0 | 4 | 0 | 61 | 108 | -47 | 8 | 14 | 2 | 0 | 2 |
Grens | 5 | 0 | 5 | 0 | 98 | 244 | -146 | 16 | 35 | 0 | 2 | 2 |
Clancy-beslissings help Bokke kelder
Die Ier George Clancy, wat in sy 35e toets as skeidsregter opgetree het, se beslissings in die afgelope Rugbykampioenskap-toets teen Australië in Perth het tot ‘n groot mate die wallabies gehelp om die Bokke ná agt agtereenvolgende toetsoorwinnings te stuit.
Die Wallabies het in die stuiptrekkmings van die wedstryd met 24-23 geseëvier.
Maar as jy ‘n wedstryd wil wen, moet jy die bal uitskop as jy 'n strafskop kry. Veral as dit gaan beteken dat jy 'n speler wat onregverdig afgestuur is, kan terugkry sodat hy jou kan help verdedig. ‘n Span móét ook pale toe skop as jy 'n strafskop binne trefafstand kry. Jy skop nie kantlyn toe op 'n dag dat jou dryfmaalbewegings van lynstane af nie werk nie.
Morné Steyn, die Springbok-losskakel, het Saterdag in 'n nat en winderige Perth skitterend pale toe geskop. Maar hy het sy span die toets gekos toe hy vier minute voor die einde nie 'n strafskop kon uitskop nie en die Aussies 'n aanvalsgeleentheid gegee het wat tot die wendrie gelei het.
Die Aussies het tóé, danksy Rob Horne se drie en Bernard Foley se doelskop, met 24-23 gewen.
Daar kan geen verskoning vir só 'n fout deur só 'n ervare speler wees nie. Veral nie as jy Victor Matfield as lynstaanspinger in jou span het nie. Steyn se blaps het ook beteken dat die Bokke nie Bryan Habana, wat in 'n absoluut patetiese beslissing met 'n geelkaart vir 'n hoogvat afgestuur is, kon terugbring nie.
Vroeër het Jean de Villiers ook besluit om nie pale toe te skop nie nadat die Bokke 'n strafskop binne trefafstand gekry het. Die bal is kantlyn toe geskop en ná die lynstaan het Beast Mtawarira die bal aangeslaan.
Clancy het vroeër 'n pasella-strafskop aan Australië toegeken nadat Duane Vermeulen 'n Aussie platgeloop het. Hy het beslis dit was 'n hoogvat nadat hy die voorval op die groot televisieskerm beskou het. 'n Soortgelyke hoogvat op De Villiers is nie gestraf nie.
Clancy was ook nie konsekwent in die strafskoppe wat hy toegeken het nie en sy blaps wat Habana se 100ste toets ontsier het, was onverskoonbaar. Dit was 'n hoogvat, ja. Maar 'n geelkaart, nee!
Die Bokke kan egter net hulself verkwalik vir 'n nederlaag teen 'n swak Wallaby-span. Terwyl die All Blacks week ná week verbeter, staan die Bokke doodstil en gaan hul spel selfs agteruit. Saterdag het hulle weer in sommige skrums gesukkel, hulle kon nie munt slaan uit die Aussies se blapse nie en skop heeltemal te veel en te doelloos.
Saterdag het Ruan Pienaar, Steyn en Willie le Roux die een doellose skop na die ander geloods. Met sommige was die Wallabies glad nie onder druk nie. Inteendeel, dit het Israel Folau, die Wallabies se heelagter, net kans gegee om aan te val.
Die Bokke was wel skitterend in die lynstane. Adriaan Strauss het nie een keer skeef ingegooi nie, Eben Etzebeth het die een bal ná die ander gevat, ook twee van die Aussies s’n. Victor Matfield was ook 'n reus in die lynstane.
Die lostrio, Vermeulen, Marcell Coetzee en Francois Louw, was ysters. Én die Vrystater Cornal Hendricks het gaan druk nadat die Bokke skitterend in die nat weer gehanteer het.
Kaplan kap Clancy
Jonathan Kaplan, Suid-Afrika se wêreldrekordhouer vir die skeidsregter wat die meeste toetse (70) gehanteer het, het ná die tyd gesê nie een van die voorste 20 skeidsregters in die wêreld moet vir daardie Habana-hoogvat ’n geelkaart gee nie. Hy meen dit was ’n “swak beslissing” en Clancy het ’n paar blapse gemaak. Habana se geelkaart was ’n keerpunt. Kaplan het op sy webtuiste, ratetheref.co.za, geskryf Clancy het sy assistent-skeidsregter geraadpleeg en ook die TV-skeidsregter se hulp ingeroep. Tog het hy Habana steeds geel laat sien. Volgens Kaplan het hy simpatie met blasers, maar nie wanneer hulle foute maak waar ’n kykweer gebruik word nie. Kaplan het ook gesê Clancy se beslissing oor die Bok-agtsteman, Duane Vermeulen, se hoogvat op die Wallaby-stut James Slipper was verkeerd.
All Blacks in 20 agtereenvolgende
toetse onoorwonne
Die All Blacks is nou ná 20 agtereenvolgende toetse onoorwonne nadat hulle Argentinië Saterdag op 'n nat McLeanpark in Napier met 28-9 geklop het. Die Argentyne het vir goed 'n uur hul man gestaan (die rustydtelling was net 13-6 in Nieu-Seeland se guns), maar hulle het net nie genoeg skietgoed gehad om die Nieu-Seelanders onder te kry nie.
Die Argentyne is in hul derde seisoen van die Rugbykampioenskap steeds segeloos. 'n Mens het Saterdag weer gesien waarom: hulle verloor op kritieke tye konsentrasie en begaan basiese foute soos om die bal aan te slaan, dit vorentoe aan te gee of onnodig aan die teenstanders af te staan.
Die All Blacks se tweede drie is byvoorbeeld gedruk sekondes voordat die rustyd-fluitjie sou blaas. Die Argentyne moes net die bal op hul eie skrum-ingooi wen en uitskop. Hulle het dit egter afgestaan, Beauden Barrett het op loop gesit en Liam Messam was byderhand om af te rond. Dit was die All Blacks se 100ste drie in toetse teen Argentinië.
Pascal Gaüzère, die Franse skeidsregter, het die Argentyne se moed verder gebreek met 'n patetiese beslissing toe die telling 18-6 in die All Blacks se guns was. Die Argentynse agtsteman, Leonardo Senatore, het 'n skop van Ma’a Nonu afgestorm en gaan druk.
Daar is egter, sonder om die voorval na die TV-skeidsregter te verwys, beslis dat hy die bal aangeslaan het. Die telling kon 18-13 gewees het en dinge nogal interessant gemaak het, maar 'n mens kan nou maar net wonder wat sou gebeur het.
Die All Blacks se grootste bekommernis ná Saterdag se sege sal die beserings aan Messam (agtsteman) en die nr. 5-slot, Sam Whitelock wees.
Die puntemakers in die twee toetse is:
MCLEANPARK, Napier – Nieu-Seeland 28 (drieë: Aaron Smith, Julian Savea 2, Liam Messam; doel: Colin Slade; straf: Slade, Beauden Barrett); Argentinië 9 (straf: Nicolas Sanchez).
PATERSONS-stadion, Perth – Australië 24 (drieë: Israel Folau, Rob Horne; doel: Bernard Foley; straf: Foley 4); Suid-Afrika 23 (drie: Cornal Hendricks; straf: Morné Steyn 6).
Castle Lager se
Rugbykampioenskap-puntestand
SPAN | S | W | V | G | PV | PT | NETTO | DV | DT | BON.V | BON.D | PUNTE |
N.Seeland | 3 | 2 | 0 | 1 | 91 | 41 | 50 | 10 | 2 | 0 | 2 | 12 |
S.Afrika | 3 | 2 | 1 | 0 | 69 | 61 | 8 | 5 | 5 | 1 | 0 | 9 |
Australië | 3 | 1 | 1 | 1 | 56 | 86 | -30 | 4 | 7 | 0 | 0 | 6 |
Argentini | 3 | 0 | 3 | 0 | 46 | 74 | -28 | 3 | 8 | 2 | 0 | 2 |
Nieu-Seelandse Premier-uitslae
Uitslae van die derde ronde in die Nieu-Seelandse Premier-kompetisie is:
Manawatu 27-21 Wellington; Canterbury 48-3 Northland; Waikato 22-16 North Harbour – dit was die 237e wedstryd tussen dié twee spanne; Otago 33-22 Southland; Hawke’s Bay 27-21 Counties.
Moet Vishuis nóóít onderskat nie!
Moet Vishuis nóóít onderskat nie! Hierdie rugbywaarheid het Heimat, huidige Varsitybeker-koshuiskampioen, die afgelope Vrydagaand op Shimlapark opnuut agtergekom toe die Vishuis-manne die K1-eindstryd van die Universiteit van die Vrystaat met 27-21 gewen het. Rustyd was die Vishuis met 20-18 voor.
Trouens al drie die eindstryde was opwindende kragmetings.
Die tweede helfte was ‘n taai affêre, maar teen die einde het Vishuis net genoeg gedoen om weer die kampioen te wees. Vishuis was al drie keer die nasionale koshuiskampioen. Heimat was vanjaar baas van Suid-Afrika se universiteitskoshuise.
Die puntemakers is:
Vishuis 27 (drieë: Lourens Jonker, Ruben Heymans, Anrich Alberts; doel/straf: Henco Posthumus 3); Heimat 21 (drieë: Marinus van der Merwe, Ramon Lillie; doel: FW Ras; straf: Ras 3).
Die twee spanne was:
Heimat: Marinus van der Merwe, Bunthu Matshaba, Willie de Jager, Vossie van Straaten, JJ de Klerk, FW Ras, Chappo Cilliers, Malherbe van Wyk, Benjamin Janse van Vuuren, Anthony Macdonald, Ramon Lilly, Chris du Randt, BJ Koortzen, Jacques Steyn, Jandré Jacobs. PLAASVERVANGERS: CJ van Zyl, Vincent Ntombeni, Simon Germishuys, Raymond Woest, JP Joubert, Heinie Brumm, Johan Kotzé.
Vishuis: Beyers Louw, Nelson Mureguzi, Adrian Fransman, Michael Marx, Lourens Jonker, Henco Posthumus, Ruben Heymans, Jandré Slabbert, Luan Reynders, Anrich Alberts, Pieter Matthee, Leon du Raan, Justin Pappin, Hartman Ries, Philip van Zyl. PLAASVERVANGERS: Whandile Thabe, Stefa Burger, Anton O’Reily, Ryno Gerber, Dawie Venter, Dale de Wet, Righart Kaggelhoffer.
Heimat het die K2-eindstryd met 20-17 gewen. Die puntemakers hier was: Heimat 20 (drieë: Johan Kotze 2, Vincent Ntombeni; doel: Heinie Brumm; straf: Kotze); Vishuis 17 (drieë: Werner Smith, Neil Fourie; doel: Dale de Wet; straf: De Wet 2).
Heimat was ook in die K3-eindstryd met 25-23 baas. Die puntemakers hier was: Heimat 25 (drieë: Louis Odendaal, Fanie van der Merwe, Rikus Smit, Corrie van Zyl; doiel/straf: Conrad Myburgh); Vishuis 23 (drieë: Francois Rossouw , Gerhard Bamberger; doel: Kerneels Greyling 2; straf: Greyling 3).
(*) – Inligting deur Frikkie van Rensburg.