Posted on Friday, 07 Nov 2014
Lindsay Mould weer in die President-stoel
ONDERWYL die wêreld se top-rugbyspelers, -afrigters en -skeidsregters van môre af hul vere met die eerste reeks van agt toetse in Europa vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Brittanje begin regskud, het provinsiale rugby-unies en klubs in Suid-Afrika húl organisasie vir die 2015-seisoen met húl jaarvergaderings in orde begin kry.
Die Vryastaatse Ruigby-unuie se jaarvergadering is aanstaande Woensdag, maar dié gróót nuus die afgelope week in Cheetah-land was dat daar geen nuwe kandidate vir president van die VRU, wat amateurrugby behartig, was nie. Toe die benoemings vandeesweek gesluit het, was mnr. Lindsay Mould die enigste benoemde en hy sal dus eerskomende Woensdag op die VRU se jaarvergadering onbestrede vir die volgende drie jaar tot president vir sy tweede termyn herkies word.
Mnr. Cedric Carson, die adjunkpresident van die VRU, se termyn van twee jaar verstryk einde 2015.
Dan is mnre. Ryno Opperman en Ernest Beck ook vir twee jaar herkies as direkteure van die Vrystaat-Cheetahs-Maatskappy. Opperman is ook die voorsitter van die Vrystaat-Cheetahs-Maatskappy se direksie.
Dit het ook intussen bekend geword dat mnr. Mould aan die einde van die 2014-skooljaar ná 23 jaar as skoolhoof van Grey-kollege (Primêr) gaan aftree en dat hy hom voortaan heeltyds op rugbysake gaan toespits.
Mnr. Mould sal ook voortaan die rol van administratiewe bestuurder by die VRU vertolk. In dié pos sal hy deel van wyle mev. Gerda von Solms, wat uitvoerende hoof van die VRU was, se take oorvat. Von Solms is op 5 April 2013 oorlede.
Hy het in ‘n onderhoud met Jóhann Thormählen van Volksblad gesê: “Dinge lyk baie belowend vir volgende jaar. Daar’s heelwat om op trots te wees. Die Shimlas én Ixias gaan in 2015 Varsitybeker-rugby speel en die Crusaders-rugbyklub sal aan die Gemeenskapsbeker deelneem.
“Boonop het die Vrystaat se Vodacombeker-span vanjaar net-net ’n halfeind misgeloop en verskeie amateurspanne het presteer. ’n Verdere doelwit is om spelers soos Cornal Hendricks in die platteland te gaan soek en sodoende groter ondersteuning aan die Vrystaat-Cheetahs-Maatskappy (wat verantwoordelik vir professionele spanne is) te gee.”
Mnr. Mould sê hy stel hom ook dit ten doel om mnr. Harold Verster, besturende direkteur van die Cheetahs-maatskappy, voortaan beter by te staan.
Klubs kies nuwe besture vir 2015
Met die oog op die VRU se jaarvergadering aanstaandse Woensdag het al die klubs in die unie reeds húl jaarvergadering gehou om hul verteenwoordigers na die VRU-jaarvergadering aan te wys en ook om hul nuwe besture en afrigtingstrukture vir 2015 reg te kry.
Van die klubs wie se besonderhede ons gekry het, is:
Collegians
Sedert sy stigting in 1902 die oudste klub in die VRU. Die bestuur is: (Ere)President: Bert Sorour; Voorsitter: Francois Retief (083 390 2010); Ondervoorsitter: Nic Allen (082 808 3851; Sekretaris: Barnie van der Vyver (082 898 7632); Tesourier: E. Gordon (083 440 2354); Klubkaptein: Sal deur die spelers begin 2015 aangewys word; Hoofafrigter: Hennie Coetzee; Tweedespan afrigter: Johann du Toit; o.19 & o.23-hoofafrigter: Bill Labuschagne; Kluboefendae: Maandag, Dinsadag & Donderdag (18:00 – 20:00). E-posadres: VDVyvBD1@telkom.co.za; Kontakbesonderhede:
Ander wetenswaardighede: Collegians is terug by die Ramblers met nuwe rugbyveld teen die hoofgebou, én Collegians het die gebruik van die Kohler-kamer teruggekry en is besig om al die jarelange kultuur van Collegians die afgelope 112 jaar weer terug te bring. Die oudste eersteliga-klub in die Vrystaat beplan om o/19-, o.23-, tweede en eerste span in die 2015-ligas in te skryf. Collegians is die enigste oopklub wat vir jong spelers ‘n o.19- & o.23-span bied om in te speel wat nie verder gaan studeer nie. Collegians het op ‘n spesiale vergadering ‘n bemarkingslogo goedgekeur vir gebruik in 2015. Die rede vir die besluit is om jong spelers te trek en te bou op sukses wat mnr. Bill Labuschagne met die o.21-span in die 2014 seisoen behaal het en die Stadsbeker in die derde liga gewen het. Collegians bied ook aksie netbal aan vir die rugbyspelers se meisies of gades. Collegians se ou manne, die Fannagalos, is ook weer besig om sake met die ondersteunersklub te herstel. Collegians se rugbyklub streef daarna om ‘n gesinsklub te wees vir oud en jonk, Aldus mnr. Retief, die voorsitter.
SUT
Voorsitter: Lou Nieuwoudt; Ondervoorsitter: André Pawson; Lede: Faai Ekkert en Hannes Klopper; Klubkaptein: Eduard Potgieter; Hoofafrigter: Skillie Bester; Hulpafrigter: Jan du Toit; Kluboefendae: Maandag tot Donderdag; Klubsekretaris: André Proos aproos@cut.ac.za (079 065 5745).
Ander wetenswaardighede: Die eerste span van die SUT het in 2013 en 2014 die Varsityskild-kompetisie gewen en het daarom deelname aan die Varsitybeker-reeks in 2015 verkry.
Weermag
Voorsitter: Lt.Kol. M.C. Klopper (082 770 6565); Ondervoorsitter: Abraham Assegaai (082 451 5853); Sekretaris: Justin Boonzaaier (073 468 4649); Klubkaptein: Inus Ras; Hoofafrigter: Eustace Lemmetjies; Hulpafrigter: Jan Klein; Kluboefendae: Maandae, Dinsdae, Donderdae (18:00-19:30); E-posadres: jboonzaaier67@gmail.com.
Warriors
Voorsitter: Romeo Carson; Ondervoorsitter: Lee-marco Scholtz; Sekretaris: Roger Malan; Lede: William Valentine, Brenda Malan, Gladwin Colby; Klubkaptein: Clint Carson; Hoofafrigter: Calloway Jongha; Hulpafrigter: Lee-marco Scholtz; Kluboefendae: Maandae, Dinsdae, Donderdae; E-posadres: romeo@cibapac.com. Die klub benut die geriewe van die Schoemanpark-sportklub.
Universiteit
President: Prof. Basie Verster; Voorsitter: Marius van Rensburg; Ondervoorsitter: prof. Okkie Combrinck; Ondervoorsitter: Rugbysake aan die UV: Dougie Heymans; Ondervoorsitter: Koshuisaangeleenthede: Rocky le Roux; Klubkaptein: Chase Morrison; Onafhanklike persone: Ryno Oppwerman, Adries Mogotsi; UV Hoofafrigter: Jaco Swanepoel; Shimla-afrigter: Franco Smith; Shimlastigting-verteenwoordiger: dr. Brand Claassen;Kluboefendae: Maandag tot Donderdag; Klubsekretaris: André Proos aproos@cut.ac.za (079 065 5745).
Wetenswaardighede: Die Kovsie-rugbyklub het die Stadsbeker sedert sy totstandkoming in 1912 reeds 43 keer ingepalm en is die huidige Vrystaatse klubkampioen. Die UV is verreweg die teelaarde van top-spelers vir internasionale spanne en ander provinsies. Altesame 72 Springbokke het al ‘n draai op die Bult in Bloemfontein gemaak, terwyl sewe Kovsies toetsrugby vir ander lande gespeel het. In die Springbokspan wat Saterdag teen Ierland in Dublin speel, was twee Kovsies – Oupa Mohoje en Coenie Oosthuizen – én twee oud-Kovsies – Jannie en Bismarck du Plessis.
Steyners
(Ere)President: Gonval Store; Voorsitter: Willie Pretorius; Ondervoorsitter: Nicky Fourie; Sekretaris: PG Weldhagen; Lede: Jannie Pretorius, Hennie Pretorius, Hennie Steyn; Klubkaptein: Henry de Wet; Hoofafrigter: Gonval Store; Hulpafrigter: Gunnie Store; Kluboefendae: Maandae, Woensdae, Donderdae; E-posadres: petrusw@netstar.altech.co.za; Kontakbesonderhede: 082 462 0822.
Skeidsregters
Voorsitter: Albert Mocke; Ondervoorsitter: Johan Wasserman; Sekretaris: Schübel O’Reilly; Lede: Wimpie Jonker, Shawn Kortje, Philip Phillip Kotze, Andries Kruger, Weyers Strydom, Dennis Tobias; E-posadres: schubel@fsrugby.co.za; Kontakbesonderhede: 051 407 1732 (w), 084 797 4491 (sel).
Húlle hét Cheetahs-vlag hoog laat wapper
Rugbylui uit Cheetah-land het sedert verlede naweek af oor die wye wêreld die VRU se vaandel hooggehou:
Springbokke – Ses huidige Cheetahs - Willie le Roux, Cornal Hendricks, Teboho Mohoje, Adriaan Strauss, Trevor Nyakane en Coenie Oosthuizen - asook twee gewese Cheetahs, Jannie en Bismarck du Plessis – en ‘n man wat op Grey in matriek was - Cobus Reinach – is in die Springbokspan ingesluit vir die toets teen Ierland in Dublin. Én om dinge baie interessant te maak, sal die Bokke teen ‘n oud-Kovsie en Cheetah-haker, Richardt Strauss, te staan kom. Adriaan Strauss is ‘n neef van Richardt. Richardt se broer, Andries (senter), is ook ‘n oud-Kovsie en oud-Cheetah, én het ook vir die Springbokke gespeel.
Namibië – Torsten van Jaarsveld, kaptyeinn en haker van die Toyota Vrystaat-Cheetahs se Curriebeker-kapterin in 2014, speel vanaand in sy tweede toets vir Namibië wanneer Kanada in Parc Eirias, Colwyn Bay, Wallis, speel.
Wallis teen Australië (Cardiff) – Jaco Peyper, ‘n oud-Kovsie, is môre die plaasvervanger-skeidsregter in hierdie toets, wat deur Craig Joubert beheer word. Jaco het verlede Saterdag die wedstryd tussen die Barbarians en Australië op Twickenham in Londen beheer, en is weer in beheer van die toets op 22 November tussen Engeland en Samoa op Twickenham.
Barbarians (teen Australië en Leicester Tigers) – Twee oud-Shimlas – Sarel Pretorius en Heinrich Brüssow – het vir die Barbarians in Engeland uitgedraf en goeie spel gelewer.
Night with the Coaches - Franco Smith, gewese Springbok en agterlyn-afrigter van die Vrystaatse rugbyspan en die Shimla-afrigter, is betrek by die Night with the Coaches wat op 20 November by die Midstream-kollege deur The Matchpoint Foundation in Pretoria aangebied waar van die land se top-sportlui oor hul nering en wedervaringe in die sportwêreld sal praat. Die idee waar ander afrigters, ouers, atlete, skole en federasies by die bestes kan leer deur na hulle te kom luister, was dié van John-Laffnie de Jager, tennisafrigter en president van die wêreldwye Beroepstennisafrigtersvereniging (GPTCA).
Suid-Afrika neem afskeid van dié rugbyseuns
Tinus Linee (45) - Die rugbyspan van Westelike Provinsie sal Sondag in Londen teen Saracens met swart armbande speel om die WP- en Springbok-senter Tinus Linee te eer. Linee is die afgelope Maandag oorlede ná hy sy stryd teen motorneuronsiekte verloor het. Hy is in April 2013 met dié siekte gediagnoseer. Tinus het 112 wedstryde as senter vir die WP tussen 1992 en 2001 gespeel. Daar sal ook ’n minuut van stilte voor die stryd op Allianz-park gehou word.
Doppies le Grange – Wat sedert 2003 senter vir die Goue Leeus, Katte en die afgelope,Curriebeker-seisoen vir Griekwas in by die 200 eersterangse wedtsryde gespeel het, het sy uittrede aangekondig. gespeel het.
André Pretorius (35) – André, wat in 33 wedstryde (31 toetse en 2 weeksdagwedstryde) vir die Springbokke gespeel, in 71 Super-wedstryde (661 punte) en in altesame 215 eersterangse wedstryde 1 993 punte aangeteken het, het ook sy uittrede aangekondig. André het ook ‘n draai in Frankryk egmaak waar hy vir Toulon (2011) en Carcassonne (2013) uitgedraf het.
Marius Jonker (46) – Marius, wat tussen 1999 en 2014 in 28 toetse, 53 Super-wedstryde en in meer as 100 Curriebeker-wedstryde as skeidsregter opgetree het, het verlede Saterdag ná sy laaste toets - Namibië teen Duitsland in Windhoek - sy skeidsregter-fluitjie opgehang.
Jacques Botes (34) – Skitterende flank van die Haaie, wat die afgelope klompie dae in twee wedstryde vir die Britse Barbarians teen Australië en Leicester Tigers gespeel het, het óók sy laaste eersterangse wedstryd gespeel. Botes het in sy loopbaan 292 eersterangse wedstryde gespeel, onder andere in die SA rekordgetal van 156 Curriebeker-wedstryde.
Saru se interprovinsiale 7’s
Sestien mans- en 18 vroue-spanne het verlede week aan die interprovinsiale sewestoernooi by die Weskus-skool in Saldanha deelgeneem.
Die Blou Bulle, wat die Luiperds met 40-28 geklop het, en die Grens A, wat die Vrystaat met 33-0 verslaan het, het die mans- en vroue-titel onderskeidelik ingepalm.
Die uitslae van die halfeindstryde is:
Mans – Luiperds kl Boland 14–7; Blou Bulle kl WP 28-12.
Vroue –Grens kl Blou Bulle 24-0; Vrystaat kl KZN 21-14.
Wêreldbeker-spanne loop kwaai deur
Japan, nommer 11 op die nuutste wêreldranglys van die Internasionale Rugbyraad, is deur die span van die Nieu-Seelandse Maori’s in die Noevir-stadion in Kobe met 61-21 afgeslag, terwyl die VSA, wat 18de op die IRR-ranglys is, deur ‘n uitgedunde nommer 1 ter wêreld, Nieu-Seeland, in die Soldier-sokkerstadion in Chicago voor 62 000 toeskouers met 74-6 verneder is.
Interessant is dit dat Japan en die VSA albei in Groep B saam met Suid-Afrika, nommer 2 in die wêreld, Samoa en Skotland vir 2015 se WB-toernooi gegroepeer is.
Dit was die VSA se derde toets teen Nieu-Seeland. Nieu Seeland het ook die twee vorige toetse op ‘n drafstap gewen: in 1913 in Berkeley, Kalifornië met 52-3; én, in 1991 in Kingsholm, Gloucester, op die WB-toernooi met 46-6. Dit was die 20e keer dat Nieu-Seeland in ‘n toets meer as 70 punte aanteken en meer as 10 drieë druk.
Én op Twickenham in Londen het die Barbarians aanvanklik met allerlei truuks – vreeslike diep lynstaaningooie en soms by die losskrums waar omtrent die hele agterlyn ingespring en gehelp druk het – vorendag gekom, maar die konstruktiewe spel van die wallabies het hulle gehelp om met 40-36 te seëvier.
Die Barbarians het Woensdag hul tweede en laaste wedstryd teen Leicester Tigers op Welford Road maklik met 59-26 gewen. Juan de Jongh, die Springbok-senter en kaptein van die Curriebeker-kampioen, WP, het twee van die Barbarians se nege drieë gedruk.
Die puntemakers is:
Australië 40 (drieë: Tom Carter, Benn Robinson, Tevita Kuridrani, Rob Horne, Bernard Foley, Sean McMahon; doerl: Quade Cooper 3, Foley 2); Barbarians 36 (drieë: Frank Halai, Adam Thomson, Francis Saili, Nick Cummins, Marnitz Boshoff; doel: Colin Slade 2, Boshoff 2; straf: Salde).
Japan 21 (drieë: 2 Strafdrieë, Lelei Mafi; doel: Ayumu Goromaru 3); NS Maori’s 61 (drieë: Chris Eves, Jason Emery 2, Sean Polwart, Ihaia West, Nehe Milner-Skudder, Charlie Ngatai, James Lowe; doel: West 6; straf: West 3).
Nieu-Seeland 74 (drieë: Nathan Harris, Cory Jane, Patrick Tuipoluto, Sonny Bill Williams 2, Charles Piutau, Julian Savea 2 – hy’t vanjaar reeds 10 drieë gedruk en 29 drieë in 30 toetse, Joe Moody, Aaron Cruden, Israel Dagg, Sam Cane; doel: Cruden 4, Dan Carter 3 – sy toetstotaal is nou 1 448 punte in 101 toetse); VSA 6 (straf: Adam Siddall 2).
Barbarians 59 (drieë: Juan de Jongh, Thomas du Toit, Francis Saili, Heinrich Brüssow, Tom English, Michael Rhodes, Tevita Li, Jacques Botes; doel: Marnitz Boshoff 5, Saili, Botes – die laaste punte van sy loopbaan én van dié wedstryd); Leicester Tigers 26 (drieë: Freddie Burns, Jamie Gibson, Christian Loamanu, Paul Grant; doel: Owen Williams 2, Grant).
Uitslae oor die wêreld
Nasionale Rugbykampioenskap (Australië) - Brisbane City het die nuwe Nasionale Rugbykampioenskap-reeks in Australië gewen deur Perth Spirit met 37-26 in die eindstryd in Sydney te klop.
Top 14 Orange (Frankryk) – Toulon kl Grenoble 61-28, Bayonne kl Clermont Auvergne 24-13, Stade Francais kl Bordeaux Begles 39-22, Oyommax kl Racing Metro 21-17, La Rochelle kl Montpellier 21-15, Brive kl Castres 21-15, Toulouse kl Lyon 41-17
FIRA D2-kampioenskap – Letland kl Hongarye 16-14; Bulgarye kl Turkye 26-19; Malta kl Kroasië 31-26; Ciprus kl Andorra 30-10.
Spelers én beamptes begin spiere vir 2015 se WB-toernooi bult
In die volgende vier naweke gaan meer as 700 spelers van 24 internasionale spanne mekaar in 37 toetse pak, wat deur 20 skeidsregters van 8 lande beheer word. Hierdie einde-van-die-jaar-toetse word vanjaar allerweë deur die beamptes en spelers gebruik om hul “vere reg te skud” vir 2015 se Wêreldbeker-toernooi in Brittanje.
Dis gewoonlik hierdie tyd van die jaar dat die reuse van die Suidelike Halfrond – Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Australië en Argentinië – die Sesnasie-lande van die Noordelike Halfrond – Engeland, Ierland, Wallis, Frankryk, Skotland en Italië – binneval.
En van die voorste “klein hondjies” gaan dié keer saamjag.
Die top-aanspraakmakers op die William Webb Ellis-beker gaan mekaar sommer vroeg pak wanneer Nieu-Seeland sy kragte môre reeds teen Engeland, Ierland teen Suid-Afrika en Australië teen Wallis spiere gaan meet.
Maar dis nie net die spelers in die verskillende spanne wat vandeesmaand reeds hul kleim vir aanstaande jaar se WB-toernooi by hul nasionale afrigters wil begin afsteek nie. Ook die top-skeidsregters ter wêreld is oorgehaal om net beste voetjie voor te sit om die geleentheid te kry om as blasers na die WB-toernooi genooi te word.
Die volgende skeidsregters sal onder die loep geneem word:
Frankryk - Romain Poite,Jérôme Garcès, Mathieu Raynal, Pascal Gauzère.
Engeland - Luke Pearce, Wayne Barnes, JP Doyle.
Suid-Afrika - Craig Joubert, Jaco Peyper, Stuart Berry.
Nieu-Seeland - Glen Jackson, Nick Briant, Mike Fraser.
Ierland - Johnny Lacey, George Clancy.
Japan - Shuhei Kubo, Akihisa Aso.
Wallis - Nigel Owens, Leighton Hodges.
Argentinië - Federico Anselmi.
Die volgende toetse vind dié naweek plaas (die spanne se nuutste IRR-wêreldranglys en die name van die skeidsregters word tussen hakies gegee):
Vandag
Parc Eiras, Colwyn Bay, Wallis - Kanada (nr 17) t Namibië (22): SKEIDSREGTER: Stuart Berry (SA).
Môre
Prince Chichibu, Tokio – Japan (11) t NS Maori’s: SKEIDSREGTER: Angus Gardner (Aus).
Twickenham, Londen – Engeland (3) t Nieu-Seeland (1): SKEIDSREGTER: Nigel Owens (Wallis).
Millennium-stadion, Cardiff – Wallis (6) t Australië (4) : SKEIDSREGTER: Craig Joubert (SA); Plaasvervanger-skeidsregter: Jaco Peyper (SA).
Stadio Cino e Lilipo Del Duca, Ascoli Piceno: Italië (14) t Samoa (9) : SKEIDSREGTER: Steve Walsh (Aus).
Mikheil Meshki-stadion, Tiblisi: Georgië (15) t Tonga (13) : SKEIDSREGTER: Pascal Gauzere (Frank).
Aviva-stadion, Dublin: Ierland (5) t Suid-Afrika (2) : SKEIDSREGTER: Romain Poite (Frank).
Murrayfield, Edinburgh: Skotland (8) t Argentinië (10) : SKEIDSREGTER: Wayne Barnes (Eng).
Le Nouveau Stade Velodrome, Marseille: Frankryk (7) t Fidji (12) : SKEIDSREGTER: Glen Jackson (NS).
Stadionul National Arcul de Triumf, Boekarest: Roemenië (16) t VSA (18) : SKEIDSREGTER: Leighton Hodges (Wallis).
Kings Park Sports Ground, Hongkong: Hongkong (24) t Rusland (20): SKEIDSREGTER: Akihisa Aso (Japan).