Are you ready for the clash?

Buy your tickets online!

Online Tickets

Toyota Cheetah Bulletin - 4 Sept

Posted on Thursday, 04 Sep 2014

Toyota Cheetah Bulletin - 4 Sept

Elf spelers met Vrystaat-bande Saterdag teen Australië

Elf spelers met Vrystaat-bande is deur mnr.Heyneke Meyer, die afrigter, ingesluit in die Springbokspan vir Saterdag se belangrike Rugbykampioenskap-toets teen Australië in Perth.

 

Meyer het ses veranderinge aan die beginspan gemaak, teenoor die span wat twee weke gelede teen Argentinië in Salta gespeel het.

 

Die ses manne wat plek in die beginsspan gekry het, is Jan Serfontein (senter), Morné Steyn (losskakel), Marcell Coetzee (flank), Victor Matfield (slot), Adriaan Strauss (haker) en Tendai Mtawarira (stut).

 

Die span vir Saterdag is: 15-Willie le Roux; 14-Cornal Hendricks; 13-Jan Serfontein, 12 Jean de Villiers (kaptein), 11-Bryan Habana; 10-Morné Steyn, 9-Ruan Pienaar; 8-Duane Vermeulen, 7-Marcell Coetzee, 6-Francois Louw, 5-Victor Matfield (onderkaptein), 4-Eben Etzebeth, 3- Jannie du Plessis, 2-Adriaan Strauss, 1-Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: 16-Bismarck du Plessis, 17-Trevor Nyakane, 18-Marcel van der Merwe, 19-Lood de Jager, 20-Warren Whiteley, 21- Francois Hougaard, 22-Pat Lambie, 23-Damian de Allende.

 

Willie le Roux, Cornal Hendricks, Morné Steyn, Ruan Pienaar, Duane Vermeulen, Jannie en Bismarck du Plessis, Trevor Nyakane, Adriaan Strauss, Marcel van der Merwe en Lood de Jager is die spelers met Vrystaat-bande. Steyn (Sand du Plessis), Pienaar, Jannie en Bismarck du Plessis en Strauss (Grey-kolllege) was in Bloemfontein op skool.

 

Groot rugby Saterdag in Vrystaat-stadion

Die Toyota Vrystaat-Cheetahs het die tweede ronde van Absa se Curriebeker-kompetisie, ondanks twee geelkaarte in die tweede helfte, met ‘n goeie oorwinning van 36-25 oor ‘n mede-aandeelhouer in die Sentrale Super-franchise, Griekwas, ingelui.

 

Die Vrystaters is, ondanks dié bonuspunt-sege steeds in die vyfde plek op die puntelys, en makliker sal dit nie vorentoe gaan nie, want die twee spanne wat die Blikore in die eerste ronde in wegwedstryde geklop het – Pumas (21-28) en die Haaie (16-19) – is hul volgende teenstanders tuis onderskeidelik eerskomende Saterdag en op 13 September.

 

Die Curriebeker-wedstryd Saterdag teen die Pumas begin om 15:00 in die Vrystaat-stadion, terwyl die Onder21- en Onder 19-span in die twee voorwedstryde in dié nasionale kompetisies teen die spanne van die Luiperds in aksie sal wees.

 

 

Cheetahs trek noustrop teen Pumas

Die Toyota Vrystaat-Cheetahs en die Pumas speel Saterdag 6 September in hul 20e Curriebeker-wedstryd sedert 8 April 1978, in Witbank, dat dié twee spanne teen mekaar op die veld draf.

 

Van die vorige 19 bekerwedstryde het die Vrystaat 13 gewen en die Pumas 6, maar die Vrystaters se gemiddelde wentelling is 24-17.

 

Maar dit is dus in die Curriebeker-kompetisie dat die Vrystaters in die verlede erg noustrop teen die besoekers uit Mpumalanga getrek het, veral in wegwestryde in Nelspruit. Die Cheetahs het egter ‘n trotse tuisrekord, want in die Vrystaat-stadion het die Blikore sewe van hul nege wedstryde gewen.

 

In Bloemfontein het die Vrystaters ‘n paar groot oorwinnings oor die Pumas behaal, soos die sege van 80-16 op 22 Augustus 2011. Dié dag het Boom Prinsloo (flank) drie van die Vrystaters se 11 drieë gedruk. Die Pumas se twee oorwinnings oor die Toyota Vrystaat-Cheetahs in die Stadion was in 2003 (Pumas wen 40-37) en in 2004 (Pumas wen 23-16).

 

Die uitslae van die vorige wedstryde tussen die Toyota Vrystaat-Cheetahs en die Pumas in die Vrystaat-stadion is:

 

11 Okt. 1996: VS 21 Mpu 3.

13 Aug. 1998: VS 27 Mpu 23.

12 Okt. 2001: VS 47 Mpu 26.

20 Sept. 2003: VS 37 Mpu 40.

20 Aug. 2004: VS 16 Mpu 23.

15 Jul. 2005: VS 50 Mpu 3.

22 Jul. 2006: VS 42 Mpu 27.

24 Sept. 2010: VS 59 Mpu 24.

20 Aug 2011: VS 80 Mpu 16. 11 driee/Boom Prinsloo 3t

 

Opsomming

 

Alle wedstryde: SPEEL 33 - VS wen 24; Pumas wen 9. PUNTE - VS 795; Pumas 462. VS se gemiddelde wentelling: 24-14.

 

Curriebeker-wedstryde: SPEEL 19 - VS wen 13; Pumas wen 6. PUNTE - VS 463; Pumas 329. VS se gemiddelde wentelling: 24-17.

 

 

WP bo-aan puntelys, maar VS behaal belangrike oorwinning

Die WP is, nadat die Haaie ietwat onverwags teen die Pumas in Nelspruit vasgeval het, nou die enigste onoorwonne span in die Premier-afdeling van Absa se Curriebeker-kompetisie.

 

Die Goue Leeus en die Pumas het met hul onderskeie oorwinnings oor die OP Kings in Port Elizabeth (41-22) en die Haaie (32-22) albei by die Haaie, wat tweede was, op die puntelys verbygeskuif. Die Haaie is nou vierde met die Cheetahs vyfde, gevolg deur die Blou Bulle, Griekwas en die OP Kings.

 

Die Toyota Vrystaat-Cheetahs het met hul hardnekkige vertoning en oorwinning van 36-25 oor Griekwas in Kimberley wéér op die wenpad gekom in ‘n wedstryd waarin Jaco van Heerden, die skeidsregter, vier geelkaarte uitgedeel het.

 

Griekwas is egter die kwaaiste getref deurdat Carel Greeff (agtsteman) se eerste geelkaart in die 13e min. deur ‘n tweede, wat dus rooi geword het, in 34e min. gestraf is. Griekwas het dus vir 46 minute net met 14 man gespeel. Die Vrystaters het met die geelkaarte van Hernco Venter (slot – 11 min.) en die kaptein Torsten van Jaarsveld (haker - 6 min.) self sowat 17 minute net met 14 man gespeel.

 

Rory Duncan, die Toyota Vrystaat-Cheetahs se afrigter, was ná die tyd tevrede met die koelkop-vertoning wat sy jong Trojane in krisistye gedurende die wedstryd gelewer het. Duncan het ook erken Greeff se rooikaart hét ’n invloed gehad.

 

“Ek wil niks van die ouens se vertoning wegvat nie. Dit was nie ’n perfekte vertoning nie, maar hul ingesteldheid was reg,” het Duncan in ‘n onderhoud aan Jóhann Thormahlen, senior rugbyskrywer van Volksblad, gesê.

 

Die Vrystaters het hul kanse beter in die eerste helfte benut en was welverdiend teen rustyd 15-3 voor, waarna Griekwas as ’n ander span uitgekom en verwoed teruggeveg het.

 

“Ons het byvoorbeeld naby hul doellyn ’n 50/50-aangee probeer maak wat verlore gegaan het en ons het uiteindelik agter ons eie pale geëindig oor daardie aangee.

 

“Dan het ons ook twee inskoppe direk uitgeskop. Dit het ons op die agtervoet gesit en hulle toegelaat om terug te kom.”

 

Die plaasvervanger-losskakel Pieter-Steyn de Wet het ’n goeie impak in sy Curriebeker-buiging gemaak en sy span gehelp om die Griekwas-aanslag af te weer.

 

Duncan was beïndruk met De Wet en ander plaasvervangers soos George Marich en AJ le Roux se spel in die tweede helfte. “Ek is ook baie tevrede met die skrums en lynstaandrywe. Natuurlik het ons ’n groot stryd wat wag teen die Pumas. Ons weet hulle het ’n sterk skrum,” het Duncan gesê.

 

Die puntemakers is: Griekwas 25 (drieë: Ederies Arendse, Martin Bezuidenhout, Tian Meyer; doel/straf: Dean Grant 2 – dit was Steph Roberts se 130e wedstryd vir Griekwas); Toyota Vrystaat-Cheetahs 36 (drieë: Clayton Blommetjies, Francois Uys, Jean Cook, Rayno Benjamin, Tienie Burger; doel: Pieter-Steyn de Wet 3, Willie du Plessis; straf: Willie du Plessis – dirt was Sarel Pretorius se 97e Curriebeker-wedstryd).

 

Pumas klop Curriebeker-kampioen

Die Pumas, wat vanjaar weer die eerste keer in ’n paar seisoen weer in die Premier-afdeling meeding, het nie alleen hul onoorwonne status vanjaar in die Mbombela-stadion in Nelspruit behou nie, maar terselfdertyd ‘n groot kanon se kopvel opgeëis – dié van die huidige Curriebeker-kampioen.

 

Met hierdie sege van 32-22 oor die haaie het die Pumas gewys hulle kán met die bestes in die land kompeteer en dat daar Saterdag op die Toyota Vrystaat-Cheetahs veral ‘n uiters taai kragmeting in die Vrystaat-stadion wag. Én, dit was nie ‘n sommerso-sege nie, want die span van Mpumalanga het vier drieë, vir ‘n bonuspunt, teenoor die enkele drie van die KZN-span gedruk.

 

Die puntemakers is: Pumas 32 (drieë: Justin van Staden, Lubabalo Mtyanda, Renaldo Bothma, Stefan Watermeyer; doel: JC Roos 2, Justin van Staden; straf: Justin van Staden 2 – Corné Steenkamp, flank en kaptein, se 153e wedstryd vir die Pumas, DJ Terblanché-115e, Jaco Bouwer-103e); Haaie 22 (drie: SP Marais; doel: Fred Zeilinga; straf: Zeilinga 5 – Jacques Botes se 150e Curriebeker-wedstryd – die eerste SA speler wat dié kerf haal – sy 285e eersterangse wedstryd; Odwa Ndungane se 111e Curriebeker-wedstryd en sy 267e eersterangse wedstryd).

 

Aanslaan kos Bulle wedstryd in laaste sekondes

‘n Opwindende kragmeting van skerp aanvalle en rostvaste verdediging, waarvan die uitslag tot op die einde in die weegskaal was.

Dit was ‘n wedstryd wat waarskynlik tot in loengte van dae om “drie drieë” onthou sal word.

Ná sowat 56 min. was die Blou bulle met 10-6 voor, maar dit was tóé dat die twee jong towenaars, die vleuels Kobus van Wyk en Seabelo Senatla, se droomdrieë tussen die 56e en 59e min., met die twee doelskoppe deur Demitri Catrakilis, wat die telling skielik op 20-10 onherroeplik in die WP se guns geswaai het.

 

Die Bulle het nie besgegee nie en die WP moes in die laaste klompie kwaai weerstand teen die vurige aanvalle van die Ligbloues bied. Sampie Mastriet (linkervleuel) se drie in die 76e min. het die agterstand tot 18-23 laat krimp. Die Bulle het die een aanval ná die ander geloods en in die laaste beweging van die wedstryd het William Small-Smith (senter) in ‘n baie gunstige posisie om die gelykmakende drie te druk, verbrou deur die bal te laat val.

 

Die puntemakers is: Blou Bulle 18 (drieë: Jacques du Plessis, Sampie Mastriet; doel: Joshua Stander; straf: Tian Schoeman 2 – Werner Kruger se 116e wedstryd); Westelike Provinsie 23 (drieë: Kobus van Wyk, Seabelo Senatla; doel: Demetri Catrakilis 2; straf: Demetri Catrakilis, Kurt Coleman 2 – Brok Harris-104 Curriebeker-wedtsryd en sy 112e vir die WP).

 

 

Leeus se eindpoging kelder OP

Twee gedoelde drieë in die laaste 10 minute deur die Goue Leeus het die OP Kings Saterdagaand in hul spore in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth gestuit en het die telling van 27-22 tot 41-22 buite bereik van die Baaise span geneem en ‘n bonuspunt-sege aan die besoekers uit Gauteng besorg.

 

Die puntemakers is: OP Kings 22 (drieë: ‘n Strafdrie, Shane Gates, Siviwe Soyizwapi; doel: Scott van Breda 2; skep: George Whitehead); Goue Leeus 41 (drieë: Derick Minnie, Franco Mostert, Jaco Kriel, Ruan Dreyer, Schalk van der Merwe; doel: Ruan Combrinck 5; straf: Ruan Combrinck 2).

 

Bepalings en Uitslae

Vanjaar se Curriebeker-program in die Premier-afdeling, en die uitslae tot dusver, is (tuisspanne word eerste genoem):

 

Eerste ronde - 8/9 Augustus: OP Kings t WP (16-35); Goue Leeus t Blou Bulle (41-13); Pumas t Toyota Vrystaat Cheetahs (28-21); Griekwas t Haaie (24-31).

Tweede ronde - 15/16 Augustus: WP t BB (41-17); GL t OP Kings (60-19); Haaie t Pumas (34-17); Toyota Vrystaat Cheetahs t GW (34-27).

Derde ronde - 22/23 Augustus: BB t OP (30-25); WP t GL (27-14); Haaie t Toyota Vrystaat Cheetahs (19-16); Pumas t GW (33-15).

Vierde ronde - 29/30 Augustus (die Eerste Liga begin): BB t WP (18-23); OP t GL (22-41); Pumas t Haaie (32-22); Griekwas t Toyota Vrystaat Cheetahs (25-36).

Vyfde ronde - 5/6 September: WP t OP; GL t BB; Haai t Griekwas; Toyota Vrystaat Cheetahs t Pumas.

Sesde ronde - 12/13 September:  GL t WP; OP t BB; Toyota Vrystaat Cheetahs t Haaie; Griekwas t Pumas.

Sewende ronde - 19/20 September: BB t Haaie; WP t Griekwas; GL t Pumas; OP t Toyota Vrystaat Cheetahs.

Agtste ronde - 26/27 September: Griekwas t GL; Haaie t OP; Toyota Vrystaat Cheetahs t BB; Pumas t WP.

Negende ronde - 3/4 Oktober (halfeindronde van die Eerste Liga): Griekwas t OP; Haaie t GL; Toyota Vrystaat Cheetahs t WP; Pumas t BB.

Tiende ronde - 10/11 Oktober (Eerste Liga se eindstryd): BB t Griekwas; WP t Haaie; GL t Toyota Vrystaat Cheetahs; OP t Pumas.

Halfeiendronde - 17/18 Oktober

Eindstryd - 25 Oktober.

 

Aanstelings in die VRU

Twee aanstellings is die afgelope tyd in die Vrystaatse Rugby-unie aangekondig, terwyl twee ander poste op die oomblik in die media geadverteer word.

Charl Strydom is die Vrystaat se nuwe verdedigings-afrigter. Hy is ook die Cheetahs se tegniese raadgewer en sy pligstaat is uitgebrei om van die begin van die Curriebeker-kompetisie af ook vir die verdedigingsaspek verantwoordelik te wees, ‘n taak wat Michael Horak voorheen verrig het voor hy (Horak) hom by die OP Kings aangesluit het.

Strydom is reeds die afgelope nege seisoene by die Cheetahs se tegniese ontleding betrokke en is die man wat in die Super-reeks nou saam met Naka Drotské, Os du Randt en Hawies Fourie werk. Hy sal nou vir die Curriebeker-reeks saam met Rory Duncan, Du Randt en Franco Smith werk.

Sedert 2005 se Curriebeker het sy take behels om teenstanders te ontleed en die Cheetahs se spel tegnies te verbeter. Hy doen onder meer ook die video-ontledings.

Strydom het in 2009 by die VRU begin werk nadat hy ook by die Katte en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) betrokke was.

By die WNNR het hy gehelp om ontledings aan Saru, bepaald oor die Springbokke en Super-spanne, te maak.

Strydom sê enige verdedingstrategie hang ten nouste saam dat ‘n speler van die eerste fase af presies moet weet wat van hom verwag word en waar hy daarna moet verdedig; ‘n speler se werkverrigting en dat hy moet inkoop by die stelsel; én daar moet ook deurgaans groter druk op die besluitnemers van die ander span uitgeoefen word.

Intussen is Jaco Coetzee, die 45-jarige en ‘n gewese Vrystaat-kaptein wat die Cheetahs in 141 wedstryde verteenwoordig het, is aangestel as hoofafrigeter van die Vrystaat-amateurspan wat die VRU van 15 tpt 19 September in Margate aan die KZN se Suidkus op die Sentrale Amateur-week sal verteenwoordig. Jaco sal deur Eustaca Lemmetjies bygestaan word.

Daar is twee vakante poste as kondisioneringsafrigters – die hoof en sy junior. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 September. Belangstellendes kan hul CV na die volgende e-posadres stuur: staff@fsrugby.co.za

 

Nicky Steyn vier 100e met ‘n goeie sege oor Boland-Kavaliers

Die Griffons het die afgelope Saterdag nie alleen ‘n baie goeie weg-oorwinning oor die Boland-Kavaliers in Wellington behaal nie, maar dié sege van 27-19 was ‘n uiters handige geskenk aan Nicky Steyn, kaptein en agtsteman van die Griffons, wat in sy 100e wedstryd vir die Perses gespeel het.

 

Die Griffons beklee tans die tweede plek na die Luiperds, wie se onverwagse eerste nederlaag in vanjaar se reeks van 21-29 teen die SWD Arende in George die kompetisie weer wyd oopgegooi het.

 

Die puntemakers in die drie wedstryde is:

BCM-Stadion, Oos-Londen - Grens Bulhonde 19 (drieë: Lindani Ndlela, Mihlali Mpafi; straf: Masixole Banda 3); Valke 14 (drieë: JP Mostert, Kyle Hendricks; doel: Jaun Kotze 2).

 

Outeniquapark, George - SWD Arende 29 (drieë: Alshaun Bock, Martin du Toit; doel: Elric van Vuuren 2; straf: Van Vuuren 5); Luiperds 21 (drieë: Morné Hanekom 2; doel: André Pretorius; straf: André Pretorius 3 – Pretorius se eersterangse totaal is nou 1 954 punte).

 

Boland-park, Wellington - Boland Kavaliers 19 (drieë: Clemen Lewis, Richard Lawson, Zandré Jordaan; doel: Eric Zana, Morné Hugo – Clemen Lewis se 115e wedstryd vir Boland); Griffons 27 (drieë: Boela Abrahams, Frans Sisita, Norman Nelson; doel: Louis Strydom 3; straf: Franna du Toit, Strydom-sy 133e Curriebeker-wedstryd, sy eersterangse totaal is nou 1 683 punte en sy Curriebeker-totaal staan op 1 031 punte; Nicky Steyn se 100e wedstryd, waarin hy 45 drieë gedruk het).

 

Puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

Luiperds

6

5

1

0

345

137

208

49

15

0

5

25

Griffons

6

4

2

0

186

189

-3

24

26

1

4

21

SWD

6

4

2

0

180

209

-29

23

26

0

3

19

Boland

6

2

4

0

156

162

-6

20

21

2

2

12

Valke

6

2

4

0

182

202

-20

24

27

1

2

11

Grens

6

1

5

0

132

282

-150

17

42

1

1

6

 

Vrystaat steeds 4e, ondanks reuse-loesing

Die Vrystaat-Cheetahs is, ondanks hul grootste loesing tot nog toe van 12-52 die afgelope Saterdag teen die Goue Leeus op Oud-Greys se veld in Bloemfontein, steeds vierde in Absa se nasionale Onder21-kompetisie.

 

Die Goue Leeus (30), WP (29), Blou Bulle (25) en die Vrystaat-Cheetahs (21) is nou gerieflik in die boonste vier plekke en dit sal ‘n verrassing wees as die Haaie (10) of die Luiperds (8) veral die Vrystaters uit die uitkloprondes teen die einde te hou.

 

Die Luiperds het toevallig vroeër die prestasie behaal deur die grootste sege in die Onder21-reeks oor die Vrystaat te behaal van 62-20 op 8 Oktober 2010.

Die Blou Bulle het die WP sy onoorwonne status in vanjaar se kompetisie ontneem deur die Wes-Kaapse besoekers in Pretoria met 44-30 streepsuiker te gee.

 

Die puntemakers is:

Loftus Versfeld, Pretoria - Blou Bulle 44 (drieë: Dan Kriel 2, Jade Stighling, Jan Enslin, Kobus Marais, Rohan Janse van Rensburg; doel: Marais 4; straf: Marais 2); WP 30 (drieë: Johnny Kotze, Robert du Preez, Sikhumbuszo Notshe 2; doel/straf: Du Preez 2).

 

Oud-Greys, Bloemfontein – Goue Leeus 52 (drieë: Chris Newman, Harold Vorster, Jacques Nel 2, Koch Marx 2, Selom Gavor; doel: Ruan Janse van Rensburg 6, Kyle Brink; straf: Janse van Rensburg); Vrystaat 12 (drieë: Carel-Jan Coetzee 2; doel: Pieter Jordaan).

 

Kingspark, Durban – Haaie 55 (drieë: André Esterhuizen, Buzwe Mpotulo, Khulu Marwana 2, Louis Hazelhurst, Sias Koen; doel: Brandon Cope 3, Tim Swiel 2; straf: Cope, Swiel 4); Luiperds 41 (drieë: CJ Swart, Ryno Smith 3, Ryno Pienaar; doel: Ryno Smith 5; straf: Smith 2).

 

·         In die B-afdeling het die OP Kings die Limpopo Blou Bulle 36-21 geklop, het die Boland die Pumas met 45-21 ore aangesit, en het die Valke die Griekwas met 28-6 uitoorlê.

 

Onder21-puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

Groep A

GoueLeeus

7

6

1

0

392

133

259

56

16

0

6

30

W.Prov.

7

6

1

0

292

148

144

41

19

0

5

29

Blou Bulle

7

5

2

0

353

154

199

45

18

1

4

25

VSCheetahs

7

4

3

0

296

134

162

43

17

1

4

21

Haaie

6

2

4

0

154

218

-64

18

28

0

2

10

Luiperds

7

1

6

0

188

237

-49

25

28

1

3

8

Grens

7

0

7

0

15

666

-651

0

102

0

0

0

Groep B

OP Kings

4

4

0

0

160

53

107

23

8

0

3

19

SWD

3

3

0

0

122

57

65

17

8

0

2

14

Boland

3

2

1

0

96

71

25

15

11

0

2

10

Valke

4

2

2

0

85

109

-24

12

15

0

1

9

Limp.B.B.

3

1

2

0

89

73

16

13

10

1

1

6

Griekwas

3

1

2

0

43

91

-48

5

13

0

0

4

Pumas

3

0

3

0

61

99

-38

9

14

0

1

1

Griffons

3

0

3

0

42

145

-103

6

21

1

0

1

 

Bulle bult spiere . . . maar, Vrystaat gesels saam

Die Vrystaat-Cheetahs se Onder19’s is weer op koers nadat hulle in hul twee vorige ligawedstryde naelskraap deur gebrekkige stelskopwerk verloor het. Dié jong Vrystaters het die Goue Leeus ‘n afgedankste loesing van 34-0 op Oud-Greys se veld in Bloemfontein gegee.

 

Drie unies - WP (1e – o.19; 2e – o.21), Blou Bulle (2e – o.19; 3e – o.21) en die Vrystaat-Cheetahs (3e – o.19; 4e – o.21) is die enigste unies wat in albei Absa se junior kompetisies onder die top4-spanne is.

Gebrekkige stelskopwerk het dus die Vrystaat-Cheetahs die kans ontneem om ná sewe ligawedstryde dalk bo-aan die puntelys te wees.

Die Blou Bulle het die WP in Pretoria met 44-29 geklop en daardeur die jong Kapenaars hul eerste nederlaag van dié seisoen toegedien.

 

Die puntemakers is:

Loftus Versfeld, Pretoria - Blou Bulle 44 (drieë: Xander van Wyk, Duhan van der Merwe, Hanro Liebenberg 2, Ivan van Zyl, Jason Jenkins, Wyatt Murphy; doel: Dewald Human 2, Kurt Webster; straf: Human); WP 29 (drieë: Damian Stevens, Grant Hermanus, Kyle White, Dewald Naude; doel: Ernst Stapelberg 2, Brandon Thomson).

 

Oud-Greys, Bloemfontein – Vrystaat 34 (drieë: Chrisjan Roux, Jasper Wiese, Lorenzo Gordon, Ox Nche, Willandré Kotzenberg; doel: André Swarts 3; straf: Swarts); Goue Leeus 0.

 

Olënpark, Potchefstroom – Luiperds 17 (drieë: Nelson Kelly, Timothy Prince 2; doel: Julian Delicado); Haaie 24 (drieë: Adriaan de la Rey, Jean-Luc du Preez, Marius Louw; doel: Innocent Radebe 2, Joshua Bragman).

 

·         In die B-afdeling het die Boland (50-15 teen Pumas in Wellington), Valke (18-17 teen Griekwas in Kimberley) en Limpopo Blou Bulle (39-17 teen Grens in Oos-Londen) goeie oorwinnings behaal.

 

Onder19-puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

Groep A

W.Prov.

7

6

1

0

226

140

86

25

20

0

4

28

BlouBulle

7

5

2

0

216

130

86

30

16

2

5

27

VSCheetahs

7

4

3

0

144

114

30

22

11

2

4

22

Haaie

6

3

3

0

122

131

-9

15

17

1

2

15

OP Kings

7

3

4

0

116

155

-39

13

20

1

1

14

Luiperds

7

1

6

0

144

219

-75

23

30

2

3

9

GoueLeeus

7

2

5

0

97

176

-79

11

25

1

0

9

Groep B

Valke

4

4

0

0

144

67

77

17

8

0

3

19

Boland

3

3

0

0

129

32

97

19

4

0

2

14

Griffons

3

3

0

0

100

72

28

13

11

0

2

14

Limp.BB

3

2

1

0

78

62

16

10

8

1

1

10

Pumas

3

1

2

0

70

123

-53

8

18

0

1

5

Griekwas

3

0

3

0

44

65

-21

5

7

2

0

2

SWD

3

0

3

0

54

83

-29

8

9

1

1

2

Grens

4

0

4

0

69

184

-115

11

26

0

1

1

 

Noord-Kaapse skole maak skoonskip

Noord-Kaapse skole het die afgelope Saterdag skoonskip in die eindstryde van die vier afdelings op Shimlapark in Bloemfontein gemaak deurdat die Hoërskool Noord-Kaap in die Shimlaliga (o.19) naelskraap met 22-21 oor HTS Louis Botha van Bloemfontein geseëvier het; die Hoërskool Landboudal het met 23-15 oor Wilgerivier van Frankfort die Irawaliga (o.19) die tweede agtereenvolgende jaar gewen; De Aar het die Colts-liga (o.19) gewen deur 2013 se kampioen, Bultfontein, met 25-19 in die eindstryd te klop; terwyl Diamantveld die Volksblad-liga (o.15) gewen het deur Noord-Kaap, die kampioen, met 10-5 te onttroon.

 

Die puntemakers is:

 

Shimla-liga - Noord-Kaap 22 (drieë: Gerhard Holtzhausen 3, Rikus Zwart; doel: Robbie Pleser); Louis Botha 21 (drieë: Victor Maruping, Shirwin Cupido; doel: Jeandré Christian; straf: Christian 3).

 

Irawa-liga (o.19) -  Landboudal 23 (drieë: André Cornelissen, Kat Mabaleng, Jhuan Bezuidenhout; doel: Guillaume Oberholster; straf: Oberholster 2); Wilgerivier 15 (drieë: Ricardo Frade, Willem Coetzee; doel/straf: Gerrie Muller).

 

Colts-liga (0.19) - De Aar 25 (drieë: Jacques Beukes, Didi Fourie, Justin Pietersen; doel/straf: Wickus Strauss 2); Bultfontein 19 (drieë: Niel Grobbelaar, GJ van Eeden, Arno Taljaard; doel: Bernard Fourie 2).

 

Volksblad-liga (o.15) - Diamantveld 10 (drie: Charles Williams; doel/straf: Williams); Noord-Kaap 5 (drie: Granville Fortuin).

 

Grey-kollege 2014 se top-skool in SA

 

Die eerste span van Grey-kollege in Bloemfontein het die 2014-seisoen as die top-skolespan in Suid-Afrika afgesluit nadat hy op Saterdag 23 Augustus met Paul Roos-gimnasium in Bloemfontein met 25-20 afgereken het. Paul Roos beklee die tweede plek op dié lysie van voorste skole in die land.

 

Die top20-skole is: 1. Grey College (Bloemfontein), 2. Paul Roos, 3. Garsfontein, 4. Dr. EG Jansen, 5. Grey High (Port Elizabeth), 6. Monument, 7. Waterkloof, 8. Glenwood, 9. Nelspruit, 10. HTS Middelburg, 11. Menlopark, 12. Paarl Gim, 13. Paarl Boys' High, 14. Wynberg, 15. Selborne, 16. Outeniqua, 17. Oakdale, 18. Kemptonpark, 19. Maritzburg College, 20. Affies.

 

Ander skole wat in die loop van die jaar onder die Top20 was, is: Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool), Bethlehem Voortrekker, Bishops, Centurion, Dale, Diamantveld, Die Brandwag, Framesby, HTS Louis Botha, Jeppe, Jim Fouché, Kearsney, Marlow, Michaelhouse, Sentraal (Bloemfontein), Transvalia, Tygerberg en Westville.

 

Bryan Habana se kleurryke rugbyloopbaan

Bryan Habana, skitterende Springbok-vleuel, speel Saterdag in die Rugbykampioenskap-wedstryd teen Australië in die Paterson-stadion in Perth in sy 100e toets - die 33e toetsspeler ter wêreld wat dié mylpaal bereik, die vierde Springbok ná Victor Matfield (113), John Smit (111) en Percy Montgomery (102), én die tweede Bok-agterspeler dus ná Montgomery wat in 100 toetse uitdraf.

 

Terloops, Philippe Sella (Frankryk - 1982-1995) was op 26 Junie 1994 in ‘n toets teen Nieu-Seeland in Christchurch, Nieu-seeland, die eerste speler ter wêreld wat 100 toetse gespeel het. Frankryk het dié toets terloops met 22-8 gewen.

 

Habana word dus 20 jaar 73 dae ná Sella se 100e toets die 33e wêreldspeler wat dié mylpaal haal.

 

Ander mylpale en loopbaanprestasies deur Habana is:

 

Habana was in 2004, 2007 en 2012 die SA Rugbyspeler van die Jaar.

 

Eerste toets – 20 November 2004 teen Engeland, Twickenham, Londen: Engeland wen 32-16. Habana druk sy eerste toetsdrie.

 

50e toets – 1 Augustus 2009 teen Nieu-Seeland, Kingspark, Durban. SA wen 31-19 (Morné Steyn teken al die Bokke se punte aan met ‘n drie, doelskop en agt strafdoele).

 

100e toets – 6 September 2014 teen Australië: Paterson-stadion, Perth.

 

Eerste toetsdrie – 20 November 2004 teen Engeland op Twickenham, Londen.

 

50e Toetsdrie – 22 Junie 2013 teen Samoa op Loftus Versfeld, Pretoria – ‘n toets waarin Habana ‘n geelkaart ontvang het emn sy direkjte opponent, Alesana Tuilagi, met ‘n rooikaart deur die skeidsregter, Pascal Gauzere, van die veld gejaag.

 

Meeste toetse as vleuel – Habana (99 toetse - wêreldrekord).

 

Meeste drieë in Rugbykampioenskap-toetse – 18 (Christian Cullen, NS, se 16 drieë is die naasmeeste).

 

Meeste drieë deur ‘n Springbok in ‘n Wêreldbeker-toets – 4 (op 9 September 2007 teen Samoa).

 

Meeste drieë op een Wêreldbeker-toernooi – 8 (2007 – hy hou saam met Jonah Lomu, NS,1999 – die rekord vir die speler wat die meeste drieë op een toernooi gedruk het).

 

Meeste toetsdrieë deur ‘n Springbok – 56, gevolg deur Joost van der Westhuizen (38) en Jaque Fourie (32). Hy is vierde op die internasionale toetslys ná Daisuke Ohata (Japan – 69 drieë), David Campese (Australië – 64) en Shane Williams (Wallis/Britse & Ierse Leeus – 60).

 

Meeste toetsdrieë deur ‘n Springbok in een seisoen – 13 (2007) en 12 (2005), gevolg deur Pieter Rossouw (10 – 1997).

 

Habana is met 147 drieë (in 268 eersterangse wedstryde) agtste op die Suid-Afrikaanse lys van top-driedrukkers in alle eersterangse wedstryde ná die Vrystaatse Springbok Chris Badenhorst (173), Stefan Terblanché (168), Breyton Paulse (159), Danie Gerber (158), James Small (157), Gerrie Germishuys (156) en John Daniels (156).

 

Hy is die enigste rugbyspeler wat met meer as 50 toetsdrieë (56) en 50 Super-drieë (56) kan spog!

Habana is een van net 11 rugbyspelers wat in meer as 100 Super-wedstryde (118) en meer as 100 toetse (100 – ná Saterdag) gespeel het.

Hy is een van ‘n klompie spelers wat daarmee kan spog dat hy in die wenspan op die Wêreldbeker-toernooi (2007) en die Supoer-kompetisie (2007 en 2009) gespeel het.

 

IRR verander naam om spel uit te bou

Die Internasionale Rugbyraad (IRR) glo die spel sal ondersteuners en spelers bykry as hy sy naam verander, en hy sal van 19 November as Wêreldrugby (World Rugby) bekend staan.

 

“Die nuwe handelsmerk is in pas met die organisasie se strewe om ’n sterker band te smee met ondersteuners, spelers en nuwe wêreldwye gehore.”

Die IRR het bygevoeg dat daar wêreldwyd nou 6,6 miljoen spelers is. Die kommersiële sukses van die Wêreldbeker-toernooi, die IRR se ontwikkelingstrategie, sterk nasionale rugbyunies en die spel se insluiting by die Olimpiese Spele dryf die groei.

 

“Ons is daartoe verbind om die spelers- en ondersteunersgetalle buite die tradisionele rugbyfamilie te laat groei. Dis nie bloot ’n naamsverandering nie, maar ’n verklaring van ons missie,” het die IRR se voorsitter, Bernard Lapasset, gesê.

 

Nieu-Seelandse Premier-uitslae

Uitslae van die derde ronde in die Nieu-Seelandse Premier-kompetisie is:

Manawatu 27-21 Wellington; Canterbury 48-3 Northland; Waikato 22-16 North Harbour – dit was die 237e wedstryd tussen dié twee spanne; Otago 33-22 Southland; Hawke’s Bay 27-21 Counties.

Share this article: