Posted on Tuesday, 21 Oct 2014
Nuwe kampioene vir Springbok- & Kiwi-land
Suid-Afrika én Nieu-Seeland gaan vanjaar nuwe rugbykampioene kry. Verlede jaar se kampioene - die Haaie (verloor met 20-50 teen die Goue Leeus) en Canterbury (verloor met 6-26 teen Tasman) - is die afgelope naweek in die halfeindronde van onderskeidelik die Curriebeker- en die NPC-kompetisie die voorreg ontsê is om hul titels in die komende naweek se eindronde te verdedig.
Die Goue Leeus moet na Nuweland reis om teen die Westelike Provinsie om die Curriebeker sake op Nuweland uit te spook. Die WP het die Blou Bulle afgelope Saterdag op Nuweland met 31-23 uitgeknikker.
Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat die WP in die eindstryd speel, die sesde keer sedert die draai van die eeu, terwyl dit die derde keer sedert 2000 is dat die Goue Leeus die eindstryd haal.
Dit is die vyfde keer sedert die eerste eindstryd in 1939 – toevallig ook tussen die WP en die destydse Transvaal – dat dié twee spanne in die 54ste eindstryd slaags is, én die eerste keer in 28 jaar. Die twee spanne loop met 2-2 gelykop.
Dit is die vierde keer dat die WP en die Goue Leeus/Transvaal in ‘n eindstryd op Nuweland betrokke is.
Die uitslae van die vier eindstryde tussen die WP en die Goue Leeus is (in die volgorde van jaartal, wenner, verloorder, stadion en skeidsregter):
1939 |
Transvaal |
17 |
W Prov. |
6 |
Nuweland, Kstd |
Boy Louw (WP) |
1947 |
W Prov. |
16 |
Transvaal |
12 |
Nuweland, Kstd |
Albie Henkes (WP) |
1950 |
Transvaal |
22 |
W Prov. |
11 |
Ellispark, Jh’burg |
Eddie Hofmeyr (Tvl) |
1986 |
W.Prov. |
22 |
Transvaal |
9 |
Nuweland, Kstd |
Steve Strydom (VS) |
Sedert daar in 1892 om die Curriebeker meegeding word, het die WP dit reeds 32 keer ingeoes. Die Streeptruie het dit vier keer met ‘n ander span gedeel en het dit laas in 2012 in sy trofeëkas op Nuweland staan gemaak.
Die Goue Leeus, wat laas in 2011 koning gekraai het, het die Curriebeker al 10 keer (1 keer gedeel) verower.
WP het Curriebeker al 32 keer gewen
Máár sedert daar in 1892 om die Curriebeker meegeding word, loop die WP loshande voor met 32 titels. Dié volgende sewe provinsies het die Curriebeker al ingepalm:
32 – Westelike Provinsie (laas in 2012: 4 keer gedeel).
23 – Blou Bulle (laas in 2009: 4 keer gedeel).
10 – Goue Leeus (laas in 2011: 1 keer gedeel).
7 – Haaie (laas in 2013).
4 – Cheetahs (laas in 2007 – 1 keer gedeel).
3 – Griekwas (laas in 1970).
2 – Grens (2 keer gedeel – laas in 1934).
Blou Bulle swaai septer in eindstryde
Die Blou Bulle/Noord-Transvaal het sedert die eerste Curriebeker-eindstryd in 1939 die meeste welslae in eindstryde behaal deurdat hulle gemiddeld 61.29% van hul eindstryde gewen het – 19 van 31 eindstryde.
Dán volg die WP (48%), Goue Leeus (45%), Haaie (43.75%) en Toyota Vrystaat-Cheetahs (23.08%) van spanne wat reeds in 10 of meer eindstryde uitgedraf het.
Dit is Saterdag dus die WP se 26e eindstryd en die Goue Leeus (voorheen Transvaal) se 21e.
Vertoningslys in Curriebeker-eindstryde |
||||
Getal Eindstryde |
Provinsie |
Wen |
Gelyk- op |
Ver- loor |
31 |
Blou Bulle (Noord-Transvaal) |
19 |
2 |
10 |
25 |
Westelike Provinsie |
12 |
2 |
10 |
20 |
Transvaal (Goue Leeus) |
9 |
0 |
10 |
16 |
Natal (Haaie) |
7 |
0 |
9 |
13 |
Vrystaat (Toyota Vrystaat-Cheetahs) |
3 |
1 |
9 |
1 |
Griekwas |
1 |
0 |
0 |
1 |
Boland |
0 |
0 |
1 |
1 |
Oos-Transvaal (Valke) |
0 |
0 |
1 |
Sedert die draai van die 21e eeu het die Curriebeker vyf base gehad:
Blou Bulle (5 keer - 2002, 2003, 2004, 2006-deel, 2009).
WP (3 keer - 2000, 2001, 2012).
Haaie (3 keer - 2008, 2010, 2013).
Cheetahs (3 keer - 2005,2006-deel, 2007).
Goue Leeus (1 keer - 2011).
Rekord vir Goue Leeus
Die Goue Leeus het Saterdag op Ellispark die eerste span geword wat in ‘n Curriebeker-halfeindstryd teen ‘n ander span in die top-liga die 50-kerf haal.
Spanne het by drie vorige geleenthede ook die 50-kerf verbygesteek, maar dit was telkens wanneer ‘n span in die A-afdeling óf teen die wenner van die B-afdeling gespeel het, óf, wanneer al 14 provinsiale spanne in dieselfde kompetisie gespeel het – soos in 1999.
In 1999 het die Goue Leeus die SWD met 81-21 op Ellispark in die halfeindstryd verslaan. Kobus Engelbrecht (heelagter) het dié dag een van die Leeus se 11 drieë gedruk en met 7 doel- en 4 strafdoele vir 31 punte gesorg.
Spanne wat 50+ punte in ‘n Halfeindstryd aangeteken het CSpanne wat 50+ punte in ‘n halfeindtsryd aangeteken het |
|||||
Jaar |
Wenners |
|
Verloorders |
|
Stadion |
1984 |
W.Provinsie |
53 |
Oos-Transvaal |
0 |
Nuweland, Kaapstad |
1989 |
W.Provinsie |
71 |
Wes-Transvaal |
9 |
Olënpark, Potchefstroom |
1999 |
Leeus |
81 |
SW Distrikte |
21 |
Ellispark, Johannesburg |
2014 |
Goue Leeus |
50 |
Haaie |
20 |
Ellispark, Johannesburg |
WP meer ervare in eindstryde
Die huidige WP-span is meer ervare wanneer dit by Curriebeker-eindstryde kom. Twaalf van die huidige WP-spelers het onder andere in 2013 op Nuweland teen die haaie in die Curriebeker-eindstryd gespeel.
Dit sal Saterdag Juan de Jongh, WP-kaptein en senter, en Brok Harris (stut) se vierde Curriebeker-eindstryd sedert 2010 wees.
Daarenteen het twee Goue Leeus-spelers - Warren Whitley (agtsteman en kaptein) en Derick Minnie (flank) - in 2011 in die eindstryd gespeel, toe die Goue Leeus die Haaie op Ellispark, Johannesburg, met 42-16 verslaan het. Lionel Mapoe, huidige Leeus-kaptein en senter, was in die Cheetahs-span wat in 2009 die Curriebeker gewen het.
Burger Geldenhuys en Naas Botha het in elf van die Noord-Transvalers se 31 eindstryde gespeel, wat die rekord is. Daarbenewens het Louis Moolman (N-Tvl - 9), Hennie Bekker (VS/WP – 8), Jannie du Plessis (VS/Haaie - 8), Tommy du Plessis (N-Tvl -8), Thys Lourens (N-Tvl – 8) en Uli Schmidt (N-Tvl./Tvl – 8) het ook in talle Curriebeker-eindstryde uitgedraf.
Thys Lourens het natuurlik in ál agt sy Curriebeker-eindstryde in die wenspan gespeel – vier daarvan as kaptein – wat die rekords is!
Theuns Stofberg het in vier van sy sewe Curriebeker-eindstryde in die wenspan gespeel en hy was ook in die Noord-Transvaalse span, wat in 1979 teen die WP op Nuweland gelykop gespeel het. Stofberg is die enigste Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat daarmee kan spog dat hy vir drie Curriebeker-wenspanne gespeel het: Vrystaat (1976), Noord-Transvaal (1979 deel met WP en wen in 1980) en die WP (1982 en 1983).
WP feitlik onoorwinlik op Nuweland
. . . . Én in Nuweland het die WP ‘n troue bondgenoot, want die Streeptruie het gemiddeld 72.73% van hul vorige eindstryde op dié geskiedkundige veld gewen. Dit is Saterdag die 12de keer dat ‘n Curriebeker-eindstryd sedert 1939 op Nuweland in Kaapstad plaasvind.
Van die vorige 11 eindstryde het die WP agt gewen (1947, 1954, 1979, 1984-’86, 1997, 2001), twee verloor (1939 en 2013) en in 1989 gelykop gespeel.
Slegs Transvaal (deesdae die Goue Leeus - 1939) en die Haaie (2013) het al die voorreg gehad om op Nuweland in ‘n Curriebeker-eindstryd teen die WP baas te speel. Noord-Transvaal (deesdae die Blou Bulle) het in 1989 met 16-16 teen die WP in die stadion gespeel.
Die WP het daarenteen Transvaal (2), Noord-Transvaal (3), Natal (2) en die Cheetahs (1) was egter in die ander agt Curriebeker-eindstryde aan die voet van Tafelberg minder suksesvol.
Vorige eindstryde op Nuweland |
||||||
Jaar |
Wenner |
|
Teenstander |
|
Stadion |
Skeidsregter |
1939 |
Transvaal |
17 |
W.Prov. |
6 |
Nuweland |
Boy Louw (WP) |
1947 |
W.Prov. |
16 |
Transvaal |
12 |
Nuweland |
Albie Henkes (WP) |
1954 |
W.Prov. |
11 |
N.Transvaal |
8 |
Nuweland |
Ralph Burmeister (WP) |
1979 |
W.Prov. |
15 |
N.Transvaal |
15 |
Nuweland |
Steve Strydom (VS) |
1984 |
W.Prov. |
19 |
Natal |
9 |
Nuweland |
Cassie Carstens (NT) |
1985 |
W.Prov. |
22 |
N.Transvaal |
15 |
Nuweland |
Steve Strydom (VS) |
1986 |
W.Prov. |
22 |
Transvaal |
9 |
Nuweland |
Steve Strydom (VS) |
1989 |
W.Prov. |
16 |
N.Transvaal |
16 |
Nuweland |
Jimmy Smith-Belton (OP) |
1997 |
W.Prov. |
14 |
Cheetahs |
12 |
Nuweland |
André Watson (Valke) |
2001 |
W.Prov. |
29 |
Haaie |
24 |
Nuweland |
André Watson (Valke) |
2013 |
Haaie |
33 |
W.Prov. |
19 |
Nuweland |
Jonathan Kaplan (Saru) |
2014 |
W.Prov. |
?? |
Goue Leeus |
12de |
Nuweland |
Craig Joubert (Saru) |
Craig Joubert – Saterdag die skeidsregter op Nuweland
Mnr. Craig Joubert, wat die afgelope Saterdag in sy 52e toets as skeidsregter in die Suncorp-stadion, Brisbane, in die kragmeting tussen Australië en Nieu-Seeland, opgetree het, is aangewys om Saterdag in sy tweede Curriebeker-eindstryd die fluitjie te hanteer wanneer die Westelike Provinsie en die Goue Leeus mekaar op Nuweland, Kaapstad, die stryd aansê.
Hy sal bygestaan word deur Jaco Peyper, wat in 2012 die Curriebeker-eindstryd op Kingspark in Durban tussen die WP en die Haaie beheer het, én Pro Legoete. Legoete sal ook die blaser wees in die o.21 A-eindstryd tussen die Westelike Provinsie en die Blou Bulle. Sy assistente is Rodney Boneparte en Ben Crouse.
Joubert was ook in 2010 die skeidsregter in die Curriebeker-eindstryd tussen die Haaie en die WP op Kingspark, Durban beheer – ‘n kragmeting wat die Haaie met 30-10 gewen het. Joubert was ook in 2011 die skeidsregter in die Wêreldbeker-eindstryd tussen Nieu-Seeland en Frankryk op Edenpark, Auckland, wat die All Blacks naelskraap met 8-7 gewen het.
In die o.19 A-eindstryd sal Boneparte die fluitjie hanteer. Die assistent-skeidsregters is Crouse en Quinton Immelman.
Deon van Blommestein is die TV-skeidsregter vir al drie eindstryde.
Die volgende 26 skeidsregters het sedert 1939 die voorreg gehad om in ‘n Curriebeker-eindstryd op te tree:
Die volgende 26 skeidsregters het sedert 1939 die voorreg gehad om in ‘n Curriebeker-eindstryd op te tree |
|
7 (1) |
André Watson |
6 (2) |
Steve Strydom, Jonathan Kaplan |
5 (1) |
Freek Burger |
3 (2) |
Jimmy Smith-Belton, Gert Bezuidenhout |
2 (4) |
Piet Robbertse, Johan Gouws, Mark Lawrence, Craig Joubert |
1 (16) |
Boy Louw, Carl Basson, Albie Henkes, Eddie Hofmeyr, Chris Ackermann, Ralph Burmeister, Bowden Coombe, Bertie Strasheim, Fonnie van der Vyver, Ben Calitz, Justus Moolman, Cassie Carstens, Stef Neethling, Tappe Henning, Shaun Veldsman, Jaco Peyper |
Dié vier beïndruk in uitkloprondes
Vier spelers – Scarra Ntubeni (haker), Nizaam Carr (agtsteman), van die WP, asook Boela Abrahams, lewendige skrumskakel van die Griffons, en Jaco Kriel, flank van die Goue Leeus – was die groot uitblinkers in die drie Curriebeker-wedstryde die afgelope naweek.
Abrahams se goeie spel is reeds deur mnr. Heyneke Meyer die Sringbok-afrigter, beloon deurdat dié Noord-Vrystater na die Bok-oefenkamp op Stellenbosch genooi is. Abrahams het gister reeds ingeval.
Die ander manne kry Saterdag in die Curriebeker-eindstryd op Nuweland in Kaapstad tussen die WP en die Goue Leeus geleentheid om verder op hul reeks goeie vertonings tot dusver in die kompetisie voort te bou.
Vir die twee afrigters – mnre. Allister Coetzee (WP) en Johann Ackermann (Goue Leeus) – is Saterdag se Curriebeker-eindstryd ‘n beloning van baie harde werk wat verrig is om te kom tot waar hul spanne vanjaar gevorder het.
Veral Coetzee moes die afgelope tyd onder geweldige kritiek deurloop omdat die Stormers en die WP té ingestel was op verdediging. In 2013 het die WP slegs 23 drieë in sy 10 bekerwedstryde gedruk en net 21 afgestaan. Vanjaar egter het die WP, sonder om sy hegte verdediging oorboord te gooi, net 23 drieë afgestaan, máár byna dubbel soveel drieë (40) as in 2013 gedruk.
Die Goue Leeus het die 2013-seisoen in die Super-kompetisie misgeloop en het die OP Kings in hul plek gespeel. Teen die einde van die 2013-seisoen egter het die Goue Leeus baie naelskraap hul Super-plek herwin deurdat die Gautengers in twee wedstryde om promosie en relegasie op ‘n beter nettopunte-telling van 44-42 hulle weer vir deelname in 2014 in die Super-reeks gekwalifiseer.
Met ‘n relatief jong, onervare span het Ackermann bly bou, ‘n klompie versterkings van elders in die land bygekry en ‘n formidabele pak voorspelers en dartelende driekwarte opgebou.
Maar Saterdag se wedstryd gaan om die mees gesogte trofee in SA rugby – die Curriebeker! Wat vroeër dié seisoen gebeur het, is geskiedenis: dat die WP albei sy wedstryde op Nuweland teen die Leeus gewen het: 27-14 (Curriebeker) en 18-3 (Super15). Die Leeus het weer húl twee tuiswedstryde vanjaar op Ellispark teen die WP gewen: 35-33 (Curriebeker) en 34-10 (Super15).
Nóú vir die vyfde én beslissende kragmeting van die 2014-seisoen – dié om die Curriebeker!!
Die puntemakers die afgelope naweek in die drie Curriebeker-wedstryde:
ELLISPARK, Johannesburg (Curriebeker-halfeindstryd) – Goue Leeus 50 (drieë: Akker van der Merwe, Howard Mnisi, Jaco Kriel, Ross Cronje, Ruan Combrinck, Warren Whiteley; doel/straf: Marnitz Boshoff 4); Haaie 20 (drieë: Lwazi Mvovo, Lubabalo Mtembu, SP Marais; doel: Fred Zeilinga; straf: Lionel Cronjé).
NUWELAND, Kaapstad - Westelike Provinsie 31 (drieë: Cheslin Kolbe 2, Nic Groom; doel: Demetri Catrakilis 2; straf: Catrakilis 3; skep: Catrakilis); Blou Bulle 23 (drieë: Callie Visagie, Dean Greyling; doel: Handré Pollard, Jacques-Louis Potgieter; straf: Potgieter 3).
NOORDWES-STADION, Welkom – Griffons 23 (drieë: Boela Abrahams, Norman Nelson; doel/straf: Louis Strydom 2; skep: Boela Abrahams); Valke 21 (drieë: Anrich Richter, Jacques Verwey; doel: Jaun Kotze; straf: Kotze 2; skep: Clinton Ryno Swart).
Blou Bulle en WP in junior eindstryde
Die uitslae en puntemakers in dié vier halfeindstryde is:
Onder 19
PRETORIA - Blou Bulle 43 (drieë: Dewald Human, Jurie Linde 2, Jinx Molapo, Menzi Nhlabathi, Wyatt Murphy; doel: Human 5; straf: Human); Haaie 20 (drieë: Johan du Toit, Mandla Ngcobo; doel/straf: Innocent Radebe 2).
BLOEMFONTEIN – Vrystaat 22 (drieë: Hendri Storm, Jasper Wiese, Reinach Venter; doel: André Swarts 2; straf: Swarts); WP 29 (drieë: Justin Phillips, Leolin Zas; doel: Ernst Stapelberg 2; straf: Stapelberg 5).
Voorste puntemakers
SPELER |
SPAN |
T |
C |
P |
D |
PTE |
Arno Kotze |
Valke |
9 |
22 |
24 |
0 |
161 |
Theo Ernst Stapelberg |
WP |
1 |
31 |
30 |
0 |
157 |
Innocent Radebe |
Haaie |
4 |
24 |
17 |
1 |
122 |
Lohan Lubbe |
Boland |
1 |
27 |
18 |
1 |
116 |
Malcolm Jaer |
OP Kings |
8 |
11 |
14 |
0 |
104 |
Dewald Dawid Human |
Blou Bulle |
3 |
25 |
13 |
0 |
104 |
Jaya Juries |
Griffons |
4 |
18 |
11 |
0 |
89 |
Andre Swarts |
Vrystaat |
1 |
29 |
8 |
0 |
87 |
Warren Williams |
Boland |
16 |
0 |
0 |
0 |
80 |
Dylan Du Buisson |
Pumas |
2 |
17 |
11 |
0 |
77 |
Shaun Reynolds |
Goue Leeus |
4 |
15 |
8 |
0 |
74 |
Johannes Jurie Linde |
Blou Bulle |
10 |
0 |
0 |
0 |
50 |
Charl Sander |
Limpopo BB |
2 |
13 |
4 |
0 |
48 |
Simon Nord Bolze |
Blou Bulle |
1 |
12 |
6 |
0 |
47 |
Jasper Wiese |
Vrystaat |
9 |
0 |
0 |
0 |
45 |
Duhan van der Merwe |
Blou Bulle |
8 |
0 |
0 |
0 |
40 |
Dylan Pieterse |
Pumas |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Hanro Liebenberg |
Blou Bulle |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Jean-Luc du Preez |
Haaie |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Mishaun Arendse |
Boland |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Onder 21
PRETORIA - Blou Bulle 23 (drieë: Joshua Stander, Rohan Janse van Rensburg; doel: Stander 2; straf: Stander 3); Goue Leeus 19 (drieë: Jean-Pierre Du Preez, Koch Marx, Malcolm Marx; doel: Ruan Janse van Rensburg 2).
KAAPSTAD - WP 41 (drieë: Jan-Frederik Uys, Johnny Kotze, Justin Geduld, Kyle Lombard, Michael Willemse, Willem Strydom; doel: Robert du Preez 4; straf: Du Preez); Vrystaat 17 (drieë: Francois Bester, Hendrik Theron; doel: Henry Immelman, Ruan Potgieter; straf: Marx Bornman).
Voorste puntemakers
Speler |
SPAN |
T |
C |
P |
D |
PTE |
Kobus Marais |
Blou Bulle |
4 |
35 |
15 |
1 |
138 |
Robert du Preez |
WP |
3 |
37 |
16 |
0 |
137 |
Selvyn Davids |
OP Kings |
10 |
15 |
8 |
0 |
104 |
Joshua Stander |
Blou Bulle |
3 |
22 |
13 |
0 |
98 |
Ryno Smith |
Luiperds |
11 |
10 |
4 |
0 |
87 |
Brandon Cope |
Haaie |
2 |
28 |
5 |
0 |
81 |
Pieter Jordaan |
Vrystaat |
5 |
16 |
7 |
0 |
78 |
Harlon Klaasen |
Boland |
15 |
0 |
0 |
0 |
75 |
Fizell Fredericks |
SWD |
7 |
10 |
6 |
0 |
73 |
JJ du Plessis |
Luiperds |
1 |
24 |
5 |
1 |
71 |
Hanco Deale |
Goue Leeus |
4 |
17 |
4 |
0 |
66 |
Eital Bredenkamp |
WP |
13 |
0 |
0 |
0 |
65 |
Ruan van Rensburg |
Goue Leeus |
0 |
25 |
3 |
0 |
59 |
Brandan Hewitt |
Goue Leeus |
3 |
20 |
1 |
0 |
58 |
Koch Marx |
Goue Leeus |
11 |
0 |
0 |
0 |
55 |
Angus Cleophas |
Valke |
2 |
7 |
10 |
0 |
54 |
Matthys Venter |
OP Kings |
0 |
18 |
6 |
0 |
54 |
Ryno Conradie |
Boland |
2 |
18 |
2 |
0 |
52 |
Ruan Potgieter |
Vrystaat |
1 |
18 |
2 |
0 |
47 |
Warren Potgieter |
Vrystaat |
2 |
9 |
6 |
0 |
46 |
Damien Engledoe |
Goue Leeus |
9 |
0 |
0 |
0 |
45 |
Ruan Steenkamp |
Blou Bulle |
9 |
0 |
0 |
0 |
45 |
Jean Grobler |
Limpopo BB |
2 |
15 |
1 |
0 |
43 |
Carel-Jan Wynand Coetzee |
Vrystaat |
8 |
0 |
0 |
0 |
40 |
JP Lewis |
WP |
8 |
0 |
0 |
0 |
40 |
Selom Gavor |
Goue Leeus |
8 |
0 |
0 |
0 |
40 |
Valentino Wellman |
Boland |
8 |
0 |
0 |
0 |
40 |
Leighton Eksteen |
SWD |
1 |
10 |
5 |
0 |
40 |
Tim Swiel |
Haaie |
0 |
7 |
8 |
0 |
38 |
Johnny Kotze |
WP |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Neil Loftus Morrison |
Luiperds |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Sergeal Petersen |
OP Kings |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Tapiwa Tsomondo |
WP |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Wolta Mtsweni |
Limpopo BB |
7 |
0 |
0 |
0 |
35 |
Willbur Boonzaaier |
Boland |
2 |
11 |
1 |
0 |
35 |
Junior B-wenners
Die puntemakers is:
Onder 21 (B)
PORT ELIZABETH - OP Kings 46 (drieë: Aidon Davis, CJ Velleman, Franswa Ueckermann, Selvyn Davids, Sergeal Petersen, Siphu Msutwana; doel: Selvyn Davids 5; straf: Davids 2); SWD 3 (straf: Leighton Eksteen).
Onder 19 (B)
WELLINGTON - Boland 42 (drieë: Hendrik Carstens, Mishaun Arendse, Warren Williams 3; doel: Lohan Lubbe 4; straf: Lohan Lubbe 3); Valke 17 (drieë: Marco Botha, Zane Wessels; doel: Arno Kotze 2; straf: Kotze).
Datums vir junior toernooie in 2015
Die datums en plekke waar die junior rugbytoernooie in 2015 sal plaasvind, is deur die SA Rugby-unie bekend gemaak:
•Coca-Cola Onder13-Cravenweek – 29 Junie tot 3 Julie - Mpumalanga RU - Hoërskool Rob Ferreira, Witrivier.
•Coca-Cola Onder16-Grant Khomo-week – 6 tot 9 Julie - SWD RU – Bridgton-sportterrein, Oudtshoorn.
•Coca-Cola Onder18-Akademie-week – 6 tot 10 Julie - Valke RU - Isak Steyl-stadion, Vanderbijlpark.
•Coca-Cola Onder18-Cravenweek – 13 to 18 Julie – WP RU - Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch.
•LSEN-week – 29 Junie tot 2 Julie - Boland RU - HTS Drostdy, Worcester.
Torsten in Namibiese span
vir Europese toer
Verskeie toerspanne is reeds vir die tradisionele einde-van-die-jaar-toetse gekies. Só is Torsten van Jaarsveld, vanjaar se Toyota Vrystaat-Cheetah-kaptein, in Namibië se groep ingesluit vir die Biltongboere se toer van vier wedstryde in Europa.
Namibië speel op 29 Oktober teen Duitsland in Windhoek; op 7 November teen Kanada in Colwin Bay; 14 November – teen die Franse Barbarians in Toulon; 21 November – teen Portugal in Lissabon.
Daar is vier Curriebeker-spelers in die groep, vier Namibiërs wat in Frankryk en twee manne wat in Engeland speel. Die Namibiese toerspan is:
Voorspelers - Rathony Becker (Western Suburbs), Franklin Bertholini (United), Morné Blom (Wanderers), Jacques Burger (Saracens), Tinus du Plessis (Wanderers), Jaco Engels (United), Nico Esterhuyse (Wanderers), Thomasua Forbes (Western Suburbs ) Rohan Kitshoff (WP), Niel Rautenbach (WP), Johnnie Redelinghuys (Wanderers), Andre Schlechter (Wanderers), PJ van Lill (Dax, Frank), Tjiuee Uanive (Brive, Frank), Casper Viviers (Saint Naziere, Frank), Torsten van Jaarsveld (Toyota Vrystaat-Cheetahs).
Agterspelers - Chrysander Botha (Exeter Chiefs), Eneill Buitendag (Wanderers), Danie Dames (Griekwas), Darryl de la Harpe (Western Suburbs), Ryan de la Harpe (Fylde, Engeland), Johan Deysel (Luiperds), JC Greyling (Old Wesley, Ierland) , Shaun Kaizemi (Western Suburbs), Theuns Kotze (Bourge-en-Bresse, Frank ), Malcolm Moore (Wanderers), David Philander (Spotswood United, NS), Johan Tromp (Wanderers) en Russel van Wyk (Universiteit van Namibië).
McCaw kan eerste wees met 100 toetse as kaptein
Richie McCaw, skitterende All Black-kaptein en flank, kan op 15 November met die toets teen skotland op Murrayfield in Edinburg die eerste toetsspeler word wat sy land in 100 toetse aanvoer. McCaw was reeds in 97 toetse die All Black-kaptein.
Die lysie spelers wat in meer as 50 toetse kaptein van hul land was, is:
97 – McCaw (85 die wenkaptein).
84 – Brian O’Driscoll (Ierland/Britse & Ierse Leeus).
83 – John Smit (Suid-Afrika).
59 – Will Carling (Engeland).
59 – George Gregan (Australië).
58 – Sergio Parisse (Italië).
55 – John Eales (Australië).
51 – Sean Fitzpatrick (Nieu-Seeland).
51 – Martin Johnson (Engeland/Britse & Ierse Leeus).
Intussen is Sonny Bill Williams (senter), wat twee jaar gelede laas vir die All Blacks gespeel het en intussen rugbyliga gespeel het, en Dan Carter (losskakel) gister in die All Blacks se toergroep ingesluit, wat volgende maand in Amerika en in Europa rugbytoetse gaan speel. Carter het die afgelope seisoen erg met verskeie beserings gesukkel.
Die All Black-toergroep is:
Voorspelers - Dane Coles, Nathan Harris, Keven Mealamu, Wyatt Crockett, Charlie Faumuina, Ben Franks, Owen Franks, Joe Moody, Brodie Retallick, Luke Romano, Jeremy Thrush, Patrick Tuipulotu, Sam Whitelock, Sam Cane, Jerome Kaino, Richie McCaw (k), Liam Messam, Kieran Read, Victor Vito.
Agterspelers - TJ Perenara, Augustine Pulu, Aaron Smith, Beauden Barrett, Dan Carter, Aaron Cruden, Ryan Crotty, Conrad Smith, Malakai Fekitoa, Sonny Bill Williams, Israel Dagg, Cory Jane, Charles Piutau, Julian Savea, Ben Smith.
VSA op vol sterkte teen All Blacks
Die Amerikaanse Rugby-unie het alles in werking gestel om sy toets op 1 November in die Soldier Field-sokkerstadion in Chicago die grootste gebeurtenis tot nog toe in die Amerikaanse rugbygeskiedenis te maak.
Die Amerikaners het in ‘n uitsonderlike ooreenkoms met die Engelse Rugby-unie bereik dat alle kandidate, wat in Brittanje speel, vir dié toets teen die All Blacks oorweeg sal kan word.
Die Amerikaners verwag dat sowat 60 000 toeskouers dié toets sal bywoon en dat die TV-uitsending in sowat 115m-huishoudings gesien sal kan word.
Kockott in Franse groep
Die Suid-Afrikaner Rory Kockott is een van die twee skrumskakels wat volgende maand vir Frankryk sal uitdraf.
Dit nadat die voormalige buksie van die Leeus en Haaie in die Hane se groep van 30 spelers ingesluit is, wat in November teen Fidji, Australië en Argentinië sal speel.
Kockott, wat ’n ster vir die Franse klubspan Castres is, en Toulon se Sébastien Tillous-Borde is al spelers in Philippe Saint-André, die Hane se afrigter, se groep wat die nr. 9-trui kan dra.
Die 28-jarige Kockott het vroeër vanjaar nog vir ’n Wêreldspan in ’n vertoonwedstryd teen die Springbokke uitgedraf.
Maxime Machenaud en die beseerde Morgan Parra is die skrumskakels wat nie in die Franse se groep is nie. Hulle het in hul land se laaste toetsreeks in Junie teen die Wallabies uitgedraf.
Machenaud is nie gekies nie, omdat hy een van ses spelers is wat deur ’n ooreenkoms oor beperkte speelkans van die Franse rugbyowerhede nie verkiesbaar is nie. Die ander vyf is Thomas Domingo, Vincent Debaty, Sébastien Vahaamahina, Antonie Claassen en Antoine Burban.
Parra het ’n skouerbesering. Kockott, wat onlangs gekwalifiseer het om vir die Hane te speel, is een van ’n paar spelers in Saint-André se groep wat nog nie toetsrugby gespeel het nie. Die ander is die Toulouse-flank Yacouba Camara en die Bordeaux-losskakel Pierre Bernard.
Die Franse se groep is:
?Voorspelers: Xavier Chiocci (Toulon), Alexandre Menini (Toulon), Guilhem Guirado (Toulon), Benajmin Kayser (Clermont), Uini Atonio (La Rochelle), Nicolas Mas (Montpellier), Rabah Slimani (Stade Français), Alexandre Flanquart (Stade Français), Yoann Maestri (Toulouse), Pascal Papé (Stade Français), Romain Taofifenua (Toulon), Virgile Bruni (Toulon), Yacouba Camara (Toulouse), Thierry Dusautoir (Toulouse), Bernard Le Roux (Racing), Damien Chouly (Clermont), Charles Ollivon (Bayonne).
Agterspelers: Rory Kockott (Castres), Sébastien Tillous-Borde (Toulon), Camille Lopez (Clermont), Remi Tales (Castres), Pierre Bernard Bordeaux-Bègles), Mathieu Bastareaud (Toulon), Alexandre Dumoulin (Racing), Wesley Fofana (Clermont), Maxime Mermoz (Toulon), Yoann Huget (Toulouse), Maxime Medard (Toulouse), Teddy Thomas (Racing), Benjamin Fall (Montpellier), Brice Dulin (Racing).
Rugby se eerste “eie drie”
Wedstrydbeamptes het gedurende ronde nege van Australië se Nasionale Rugby-kampioenskap (NRC) heel moontlik vir die swakste beslissing in die geskiedenis van dié spel gesorg.
Boonop het skeidsregter Ian Smith en sy TV-skeidsregter saamgespan om rugby se eerste 'eie doel' toe te ken.
Die kragmeting tussen die Sydney Stars en die North Harbour Rays sal in die annale van sportflaters aangeteken word nadat daar beslis is dat die stut Mitch Lewis 'n drie teen sy eie span aangeteken het!
In sokker is eie doele 'n algemene verskynsel, maar “eie doele” – óf dan “eie drieë” - bestaan nie in rugby nie. Sodra 'n speller die bal agter sy eie doellyn druk bepaal die reëls dat die bal óf oorgedra is, en die opposisie word 'n 5m-skrum toegeken, óf doodgedruk is, en die verdedigende span begin weer spel met 'n inskop van sy kwartlyn.
Maar dié Aussie-wedstrydbeamptes het met hul bisar beslissing geskiedenis gemaak en die reëls van die spel totaal ondermyn. Smith het gesukkel om te sien wie die bal oor die doellyn gedra het omdat albei spanne geel aan die bokant van hul truie het. Hy het die TV-skeidsregter se hulp ingeroep en dié het 'n gemors van die beslissing gemaak.
Lewis was uit die veld geslaan nadat hy waarskynlik oorspronklik gevrees het dat hy slegs 'n 5m-skrum afgestaan het, omdat hy die bal oorgedra het. Lewis se span, die Rays, het die wedstryd uiteindelik met 40-49 verloor!
Top-spanne sonder toetsspelers
Mnr. Nick Mallett, die Springbok-afrigter, het in 1999 die Curriebeker-kompetisie afgewater deur al die Springbokke met die oog op daardie jaar se Wêreldbeker-toernooi in Brittanje aan die top-spanne te onttrek.
Veral die Blou Bulle, die WP en die Cheetahs moes daardie jaar sonder hul sterre in die laaste klompie wedstryde klaarkom.
Dieselfde lot het vanjaar veral die Haaie in die halfeindronde teen die Goue Leeus getref deurdat hulle sonder minstens nege Springbokke die stryd gevoer het. Die kragmeting op Nuweland was dalk nie so erg deur mnr. Heyneke Meyer se onttrekking van die Springbokke getref nie.
Én in die Land van die Lang Wit Wolk het dieselfde lot vanjaar ook veral Canterbury en Auckland in die ITM-kompetisie oorgekom.
Canterbury het nege All Blacks, onder andere manne soos Dan Carter, wat ook ‘n tyd beseer was, Richie McCaw, Kieran Read, Wyatt Crockett, Owen Franks en Sam Whitelock, uitgehad en het die een nederlaag ná die ander op die lyf geloop.
Auckland moes weer sonder manne soos onder andere Jerome Kaino, Tony Woodcock, Keven Mealamu, Charlie Faumuina en Malakai Fekitoa klaarkom.
Én in dié proses gaan óf Taranaki, wat Saterdag gasheer in New Plymouth speel, óf Tasman die ITM-kompetisie – voorheen die NPC (National Provincial Competition ) - die eerste keer wen.
Sedert daar om die NPC, nóú die ITM, in 1976 meegeding word, het Auckland dit reeds 16 keer gewen en Canterbury 13 – sedert 2008 ses keer agtereenvolgens!!
Taranaki het die eindstryd gehaal deur Auckland in New Plymouth met 49-30 uit te knikker, terwyl Tasman Canterbury met 26-6 verslaan het om daardeur die manne van Christchurch die kans te ontneem om die sewende agtereenvolgende jaar die Nieu-Seelandse nasionale kompetisie te wen.
Ross Geldenhuys, wat in 1983 in Kaapstad gebore is en vir ses Suid-Afrikaanse provinsies gespeel het - Grens Bulhonde (2005), Pumas (2007), Leeus (2008-'10), Boland Kavaliers (2012), Griffons (2012), die Vrystaat-Cheetahs (2012) en die OP Kings (2013) en in 2012 vir die SA Barbarians uitgedraf het - het vanjaar vir Tasman in die voorry gesak. Hy was volgens berigte Saterdag verwoestend in die skrums teen Canterbury.
Die volgende 27 Nieu-Seelandse rugbyprovinsies ding sedert 1976 om die NPC/ITM-louere mee (van noord na suid): Northland, North Harbour, Auckland, Counties Manukau, Thames Valley, Waikato, Bay of Plenty, East Coast, Poverty Bay, Hawke's Bay, King Country, Taranaki, Manawatu, Wanganui, Waiararapa-Bush, Horowhenua-Kapiti, Wellington, Nelson Bays, Marlborough, Buller, West Coast, Canterbury, Mid Canterbury, South Canterbury, North Otago, Otago en Southland.
Die puntemakers in Saterdag se twee Nieu-Seelandse halfeindstryde is:
Taranaki 49 (drieë: R Marshall, Crosswell, J Marshall, Naholo, Thomson, Ormond; doel: Rei 3, McKenzie 2; straf: Rei 3); Auckland 30 (drieë: Anscombe, Moala 2; doel/straf: Anscombe 3).
Tasman 26 (drieë: Lowe, Cowan; Banks 2; straf: Banks 4); Canterbury 6 (straf: Taylor 2).
VKB-span presteer in Engeland
Die rugbyspan wat ná die VKB-week in Reitz gekies is, het in die onlangse skoolvakansie twee goeie seges op sy toer deur Engeland behaal, berig Hannes Nienaber in Volksblad.
In die span se eerste kragmeting teen die Bishops Stortford van Oxford was die Suid-Afrikaners oortuigend met 66-14 baas. Die span se losskakel, Henco “Rambo” de Wet van Brandfort, het drie keer agter Stortford se doellyn gaan kuier en ook die enigste twee stelskoppe wat hy op die toer skeef gekorrel het, in dié wedstryd misgeskop.
Hy het agt van die span se tien drieë in die kragmeting verdoel vir ’n persoonlike bydrae van 31 punte.
De Wet was een van die Suid-Afrikaners se uitstaande spelers op die toer. Hy en die skrumskakel van Zastron, Ruan Goosen, was saam met Suid-Natal se kantman, Brendon Rademeyer, die beste spelers op die toer.
Teen Bishops Stortford het Rademeyer, Vlam Groenewald, Danie Muller, Lee-hane Ontong, JP Fourie, CJ van Heerden en WJ Crous die Suid-Afrikaners se ander drieë gedruk.
In die tweede wedstryd in Cambridge teen Chinnor-rugbyklub se o.18-span het die toerspan met 38-5 as oorwinnaar van die veld gestap. Met die omdraaislag was die telling 17-5 in die Suid-Afrikaanse plattelandse span se guns.
Die skrumskakel, Goosen, het egter twee keer ná rustyd gaan druk om die wedstryd buite bereik van die tuisspan te plaas. De Wet het met al vyf doelskoppe en ’n strafdoel geslaag.
Dié span se ander drieë is deur Rayn van der Westhuizen, Danie Muller en CJ van Heerden gedruk.
In die laaste kragmeting van die toer het dié Suid-Afrikaners egter teen Hampton Grammar se eerste span met 26-7 die knie gebuig.
Dié skoolspan word glo vanjaar as die vyfde beste span in Engeland gereken. Zastron se Stefan Nel het sy span se drie gedruk wat deur De Wet se getroue skopskoen verdoel is.
Die seuns het ook Twickenham en die internasionale rugbymuseum daar besoek wat een van die hoogtepunte van die toer was.
Die toergroep het ook die dorpie Rugby besoek.
Toulon spring goed weg om Europese Beker
Toulon, huidige kampioen, het die verdediging van sy Europese rugbykroon op ‘n wennoot begin deur Scarlets met 28-18 te troef.
Vir Toulon het die volgende Springbokke onder andere die afgelope naweek gespeel: Bryan Habana, Juan Smith, Bakkies Botha en Michael Claassens.
Die puntemakers in die verskillende wedstryde is:
Ospreys 42 (drieë: Jeff Hassler, Rhys Webb, Daniel Evans 2, Dan Baker; doel: Dan Biggar 4; straf: Biggar 30; Treviso 7 (drie: Ludovico Nitoglia; doel: Joe Carlisle).
Toulouse 30 (drieë: Yoann Huget 2, Jean-Marc Doussain; doel: Luke McAlister, Toby Flood 2; straf: McAlister 2, Flood); Montpellier 23 (drieë: Timoci Nagusa, Wynand Olivier; doel: Teddy Iribarent, Enzo Selponi; straf:Iribarent, Benoit Paillaugue 2).
Toulon 28 (drieë: Matt Giteau, Maxime Mermoz, Steffon Armitage; doel: Leigh Halfpenny 2; straf: Halfpenny 3); Scarlets 18 (drieë: John Barclay, Kristian Phillips; doel: Rhys Priestland; straf: Priestland 2).
Leinster 25 (drieë: Darragh Fanning 2, Dominic Ryan; doel/straf: Paddy Madigan 2); Wasps 20 (drieë: Alapati Leiua, Christian Wade; doel/straf: Andy Goode 2).
Gelukwensinge aan . . . .
(*) – Inligting deur Frikkie van Rensburg.