Free State Rugby - Since 1895

Buy your tickets online!

Online Tickets

Toetse in die Vrystaat Stadion

Posted on Thursday, 27 Mar 2014

Toetse in die Vrystaat Stadion

Vrystaat rugby het nog altyd aan die kortste end getrek wanneer toetse deur SARU toegeken is. Statistieke wys dat gedurende die tydperk 1960 tot 2012 het die Vrystaat stadion slegs 18 toetse aangebied terwyl stede soos Johannesburg en Kaapstad onderskeidelik 40 en 37 toetse aangebied het. SARU erken die statistieke maar wys egter ook daarop dat in ag geneem moet word dat die Vrystaat Stadion nie altyd uitverkoop vir toetse nie en dit natuurlik kommersiële implikasies het vir beide SARU en Vrystaat Rugby.

In 2013 het die Vrystaat Cheetahs (Pty) Ltd. die Rugby Championship toets tussen die Springbokke en die Pumas van Argentinië wat deur SARU aan die Vrystaat stadion toegeken is op versoek van die regering oorgedra na die Mandela dag vieringe in die FNB stadion in Johannesburg. Dit was natuurlik vir Vrystaat Rugby ?deurdagte besluit aangesien ons ook op ons manier aan oud president Nelson Mandela wou eer bewys vir sy bydrae tot rugby, nie net in Suid Afrika nie maar ook in die Vrystaat.

Dit het egter gepaard gegaan met teleurstelling vir ons losiehouers, seisoenkaartjiehouers en ondersteuners in die Vrystaat. Met dit in gedagte het ek en Mnr. Lindsay Mould (President Vrystaat Rugby Unie) in February 2014 ? vergadering belêmet SARU, verteenwoordig deur Origan Hoskins en Jurie Roux om van hulle die versekering te kry dat daar weer gou toets rugby in die Vrystaat stadion gespeel  sal word.

SARU het eerstens Vrystaat Rugby bedank vir ons bereidwilligheid om  die toets te “skenk” aan die Mandela Dag vieringe in Johannesburg en het Vrystaat die “toets” wedstryd tussen die Barberians en Suid Afrika vir Junie vanjaar aangebied. Ons het egter gevoel dat die wedstryd nie toets status het nie en dit nie vir ons ondersteuners ? plaasvervanger vir ? regte toets is nie. SARU het alternatiewelik vir Vrystaat die keuse gegee om? Rugby Championship toets vir 2015 aangebied. Die probleem met 2015 is dat dit Wêreldbeker jaar is. Daar gaan geen Noordelike halfrond inkomende toetse gedurende die Junie breuk wees nie en tipies in ?Wêreldbeker jaar kies die groot suidelike halfrond spanne nie hulle beste spanne vir hulle toer na Suid-Afrika nie.  Dit maak dus die drie toetse ? bietjie afgewater en onaantreklik vir Vrystaat Rugby.

Dit is baie belangrik dat ondersteuners verstaan dat daar ? geweldige groot waarborg van ongeveer R8miljoen betaal moet word om ? toets aan te bied. As gevolg van die kwaliteit van die genoemde wedstryde  word daar gevoel word dat die stadion nie volledig sal uitverkoop nieen dat die kaartjie pryse eenvoudig aangepas sal moet word. Dit het dan tot gevolg dat kaartjie pryse tot soveel as R400 tot R500 per kaartjie kan wees om te verseker dat Vrystaat Rugby die waarborg kan nakom. Nie net is Vrystaat Rugby baie ernstig oor ons finansiële situasie nie (wat spesifiek in 2013 baie goed vertoon het) maar ook oor die finansiële bekostigbaarheid van groot rugby wedstryde vir ons ondersteuners.

Met dit alles in ag geneem het die bestuur van Vrystaat Rugby die druk op SARU gesit om ? “groot” toets in 2016 aan te bied. Dit sal dus ? toets tussen die Springbokke en die All Blacks of die Wallabies wees. 2016  - die jaar na die Wêreld Beker - is ook gewoonlik ? baie opwindende jaar  waar daar weer baie op die spel is in terme van plekke in spanne, nuwe afrigters, nuwe strukture en kompetisies.   Ons glo dat dit vir ons ondersteuners die beste moontlike opsie is en ook die tipe toets is wat ons graag vir ons ondersteuners wil bring.

Ons is baie opgewonde oor die moontlikheid en onderneming van SARU en sien uit om in 2016 Springbok rugby terug te sien in die Rosestad.

 

Harold Verster – Besturende Direkteur

Share this article: