Are you ready for the clash?

Buy your tickets online!

Online Tickets

Ses Toyota Vrystaat Cheetahs in Bok-groep

Posted on Tuesday, 05 Aug 2014

Ses Toyota Vrystaat Cheetahs in Bok-groep

SES spelers wat in die afgelope Super15-kompetisie diens vir die Toyota Cheetahs gedoen het – Lood de Jager (slot), Cornal Hendricks (vleuel), Willie le Roux (heelagter/vleuel), Oupa Mohoje (flank/slot), Trevor Nyakane (stut) en Adriaan Strauss (haker/kaptein) – is deur mnr. Heyneke Meyer, die Springbok-afrigter, in die Bok-groep van 30 spelers ingesluit vir die komende reeks toetse in die Rugbykampioenskap teen Nieu-Seeland, Australië en Argentinië.

 

Die volledige Bok-groep is:

Willem Alberts (Haaie - 32 toetse), Bakkies Botha (Toulon – 79), Schalk Brits (Saracens – 7), Marcell Coetzee (Haaie – 16), Damian de Allende (WP – nuweling), Lood de Jager (Toyota VS Cheetahs – 3), Jean de Villiers (WP – kaptein – 96), Bismarck du Plessis (Haaie – 60), Jannie du Plessis (Haaie – 54), Eben Etzebeth (WP – 23), Bryan Habana (Toulon – 97), Cornal Hendricks (Toyota VS Cheetahs – 3), Francois Hougaard (Blou Bulle – 28), Patrick Lambie (Haaie – 32), Willie le Roux (Toyota VS Cheetahs – 15), Francois Louw (Bath – 30), Frans Malherbe (WP – 2), Victor Matfield (Blou Bulle - 113 – rekord), Oupa Mohoje (Toyota VS Cheetahs – 1), Tendai Mtawarira (Haaie – 55), Lwazi Mvovo (Haaie – 9), Trevor Nyakane (Toyota VS Cheetahs – 4), Ruan Pienaar (Ulster – 76), Handré Pollard (Blou Bulle – 1), Cobus Reinach (Haaie – nuweling), Jan Serfontein (Blou Bulle – 12), Gurthrö Steenkamp (Toulouse – 51), Morné Steyn (Stade Francais – 56), Adriaan Strauss (Toyota VS Cheetahs – 34) en Duane Vermeulen (WP – 19).

 

Drie van die 17 Springbokke wat in 2014 ‘n kontrak van die SA Rugby-unie gekry het - Siya Kolisi (WP), Coenie Oosthuizen (Cheetahs) en JJ Engelbrecht (Blou Bulle) – is op die oomblik nie deel van Meyer se Springbok-groep vir die komende Rugbykampioenskap-reeks nie.

 

Flip van der Merwe (beseer), JP Pietersen (klubverpligtinge in Japan) en Frans Steyn (dispuut met Saru) is nie in die Bok-groep nie.

 

Daar is ses Grey-manne in die Bok-groep: Bismarck en Jannie du Plessis, Ruan Pienaar, Cobus Reinach, Jan Serfontein en Adriaan Strauss. Dan is Flip van der Merwe en Coenie Oosthuizen ook nog oud-Greys. Daar is agt gewese Bloemfonteinse leerders in die Bok-groep, want Oupa Mohoje (Louis Botha) en Morné Steyn (Sand du Plessis) was ook in Bloemfontein op skool.

 

In die groep van 17 gekontrakteerde spelers is daar ook ses oud-Grey-manne: Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Frans Steyn, Adriaan Strauss, Coenie Oosthuizen en Flip van der Merwe.

 

Die volledige groep is: Willem Alberts, Jean de Villiers, Bismarck du Plessis, Jannie du Plessis, Eben Etzebeth, Siya Kolisi, Tendai Mtawarira, Frans Steyn, Adriaan Strauss, Duane Vermeulen, Marcell Coetzee, JJ Engelbrecht, Francois Hougaard, Patrick Lambie, Willie le Roux, Coenie Oosthuizen, Flip van der Merwe, JP Pietersen.

 

 

 

 

Unieke dubbel vir Michael Cheika, én

‘n Derde keer skeepsreg vir Waratahs

Dit was Saterdag ‘n derde keer skeepsreg vir die Waratahs toe dié span van Sydney in Australië die Crusaders, ‘n sewemalige kampioen wat in sy tiende eindstryd gespeel het, in vanjaar se Super-eindstryd in die ANZ-stadion naelskraap met 33-32 verslaan het.

 

Dit was die derde keer dat die Waratahs in die eindstryd gespeel en in albei die vorige eindstryde het die einste Crusaders telkens in Christchurch vanjaar se kampioen om die kroon geklop: in 2005 (35-25) en in 2008 (20-12).

 

Met dié prestasie van sy span het die Waratahs se afrigter, Michael Cheika, ook ‘n seldsame prestasie, want hy was ook in 2009 afrigter van Leinster, wat die Heinekenbeker in Europa gewen het. Cheika, ‘n man wat vier tale kan praat, is die eienaar van ‘n suksesvolle kleremaatskappy en hy’t ook aandele in ‘n restaurant-groep.

 

Dit was vir goed 45 minute van die kragmeting Saterdag uiters taai en opwindend. Die Waratahs het binne ‘n japtrap met 14-0 voorgeloop, maar die Crusaders het oudergewoonte algaande teruggeveg en was ‘n minuut voor die einde nog met 32-30 voor, toe Richie McCaw, All Black-kaptein en die Crusaders-flank, “oudergewoonte” by ‘n losgemaal aan die verkeerde kant ingedons het. Mnr. Craig Joubert, die Suid-Afrikaner wat in sy derde eindstryd geblaas het, het ‘n strafskop aan die Waratahs toegeken.

 

Dit was ‘n skop van digby die 45m wat Bernard Foley, uithaler-losskakel van die Waratahs, onder groot druk vir die wenpunte (33-32) deurgejaag het. Foley het ‘n reuse-bydrae van 23 punte in sy span se sege bygedra – wat ‘n nuwe eindstryd-rekord is.

 

Dit was die Waratahs se 10de agtereenvolgende tuissege van die 2014-seisoen.

Dit was ook Craig Joubert se 83e Super-wedstryd as skeidsregter.

 

Die puntemakers is: Waratahs 33 (drieë: Adam Ashley-Cooper 2-sy 22e loopbaandrie: doel: Bernard Foley; straf: Foley 7-sy seisoentotaal is 252 punte – 11 punte minder as Morné Steyn se seisoenrekord van 263 punte, wat hy in 2010 opgestel het); Crusaders 32 (drieë: Matt Todd, Nemani Nadolo-sy 12e Van die seisoen – wat die meeste vanjaar is; doel: Dan Carter, Colin Slade; straf: Slade 6).

 

Mylpale in Super-eindstryd

 

Altesame 61 823 toeskouers het die ANZ-stadion in Sydney volgepak, wat die meeste mense is wat tot nog toe ‘n Super-wedstryd bygewoon het. Dit oortref die vorige rekord van 52 113 toeskouers wat op 9 Julie 2011 die eindstryd tussen die Reds en die Crusaders in die Suncorp-stadion in Brisbane bygewoon het.

 

Die Waratahs (33) en die Crusaders (32) het saam 65 punte aangeteken en dit is die vyfde keer dat twee spanne in ‘n eindstryd saam meer as 50 punte aanteken.

 

Die Waratahs se 540 punte en netto punte van 228 punte vanjaar word net deur die Crusaders se 541 (2005) en nettopunte 234 (2002) oortref – wat die onderskeie rekords is. Die Crusaders het vanjaar 515 punte aangeteken, wat die vyfde meeste in ‘n seisoen sedert 1996 is, én die 6de keer dat dié Nieu-Seelandse span meer as 500 punte in ‘n seisoen aanteken.

 

Die Waratahs het vanjaar die meeste drieë (60) gedruk, teenoor die Crusaders se seisoenrekord van 71 drieë (2005).

 

Foley se 23 punte Saterdag is die meeste deur ‘n speler in ‘n eindstryd.

 

Dan Carter het net 2 punte (doelskop) behaal, maar hy’t sy loopbaanrekord tot 1 581 punte opgeskuif. Colin Slade, Crusaders-losskakel, het vanjaar 248 punte aangeteken, wat die naasmeeste is. Slade se loopbaantotaal is nou 430 punte.

 

Nemani Nadolo (vleuel) het vanjaar 12 drieë vir die Crusaders gedruk, wat die meeste in 2014 in die kompetisie van 125 wedstryde is. Joe Roff (Brumbies) en Rico Gear (Crusaders) se seisoenrekord is 15 drieë.

 

Twaalf spelers in albei spanne Saterdag het reeds in 60 of meer Super-wedstryde gespeel. Spelers wat meer as 75 wedstryde gespeel het, is: Waratahs – Benn Robinson (127), Adam Ashley-Cooper (126), Tatafu-Polota Nau (120), Wycliff Palu (105), dit was Kurtley Beale se 100e, Stephen Hoiles (94), Sekope Kepu (79) en Kane Douglas (76); Crusaders – Corey Flynn (150 – derde meeste na Keven Melamu en Nathan Sharpoe – 162), Richie McCaw (130), Dan Carter (128), Andy Ellis (124), Kieran Read (108), Owen Franks (93), Israel Dagg (83), Ryan Crotty (81) en Sam Whitelock (76).

 

Dit was Todd Blackadder se tweede eindstryd as afrigter sonder welslae, maar as kaptein was hy saam met die Crusaders in 1998, 1999 en 2000 aan die wenkant.

 

Cheetahs klop OP Kings

Die Toyota Vrystaat Cheetahs het hul vriendskaplike oefenwedstryd op Cradock teen die OP Kings met 28-12 gewen. Rory Duncan, nuwe hoofafrigter, het heelwat stof tot nadenke gekry. Hy moes veral baie tevrede gewees het met Sarel Pretorius (skrumskakel) se super-vertoning.

 

Maar, die wenspan se grootste uitblinker was sy nuwe kaptein, Torsten van Jaarsveld. Hy het deur voorbeeld gelei en is ook met ’n drie beloon.

 

CJ van der Linde, gewese Springbok-stut van die Vrystaat, het ’n baie goeie terugkeer na die speelveld vir die Kings gemaak en hy’t sterk geskrum en ook goed verdedig.

 

Die puntemakers is: Vrystaat 28 (drieë: Francois Venter 2, Torsten van Jaarsveld, AJ le Roux; doel: Elgar Watts 3, Willie du Plessis 1); OP-Kings 12 (drieë: Shakes Soyizwapi 2; doel: Ntabeni Dukisa).

 

 

 

Nuwe talent aan’t kom in komende Curriebeker-kompetisie

Die nuwe Curriebeker-kompetisie, waaraan agt spanne in die Premier-afdeling meeding, begin Vrydag wanneer die OP Kings gasheer in Port Elizabeth is vir die Westelike Provinsie. Die SA Rugby-unie het vroeër besluit om die Premier-afdeling van ses tot agt spanne te vergroot.

 

Groot belangstelling heers vir vanjaar se kompetisie, want ‘n nuwe generasie spelers gaan hul stempel om hoër louere begin afdruk. Ons het dit reeds gesien toe SA Onder20-spelers, wat vroeër vanjaar in die Wêreldbeker-toernooi vir onder 20‘s gespeel het, hul eerste proesel groot rugby in die Super-kompetisie gehad het. Spelers soos Thomas du Toit (WP – stut), Marvin Orie (Blou Bulle – slot), Nicolaas Janse van Rensburg (Blou Bulle - slot), Seabelo Senatla (WP –vleuel) en Jesse Kriel (Blou Bulle – heelagter) het al die voorreg gehad om Super-rugby te speel.

 

In die ander wedstryde die komende naweek speel Griekwas op GWK-park in Kimberley teen die huidige kampioen, die Haaie, pak die Blou Bulle en die Goue Leeus mekaar in die Vaalrivier-derby op Ellispark in Johannesburg, en reis die Toyota Vrystaat Cheetahs na Nelspruit vir hul kragmeting teen die nuweling, die Pumas.

 

Ses spanne was seker van hul Premier-plek: Blou Bulle, Haaie, WP, Toyota Vrystaat Cheetahs, Goue Leeus en die OP Kings. Die Pumas, wat in 2013 baas in die Eerste Liga was, het tot die Premier-afdeling opgeskuif nadat hulle Griekwas in ‘n promosie-relegasie-stryd geklop het. Griekwas het weer hul status herwin nadat hulle onlangs die reeks kwalifiserende wedstryde onoorwonne afgesluit het.

 

Die agt spanne neem in twee afdelings deel – Seksie X: WP (naaswenner in 2013), Goue Leeus, Blou Bulle, OP Kings); Seksie Y: Haaie (kampioen in 2013) Toyota Vrystaat Cheetahs (3de in 2013), Pumas en Griekwas. Die spanne speel ‘n dubbelronde tuis en weg en ‘n laaste klompie wedstryde oorkruis.

 

In 2015 sal die Premier-afdeling bestaan uit die ses Super-streekspanne, asook twee spanne wat nie in die Super-reeks speel nie. As die twee spanne wat nie in die Super-kompetisie speel nie, 7de en 8ste eindig, sal hulle in 2015 in ‘n reeks kwalifiserende wedstryde teen die ses spanne van die Eerste Liga uitspeel om te bepaal wie dán in 2015 in die Premier-afdeling in aksie sal wees.

 

As ‘n span wat nie franchise-status het nie, in die top6 eindig, sal só’n span hom outomaties vir Premier-status kwalifiseer. Die ander nie franchise-span sal dan teen die ses Eerste Liga-spanne om die 8ste Premier-plek meeding.

 

As albei nie-franchises vanjaar in die Premier-afdeling in die top6 eindig, kwalifiseer hulle outomaties vir Premier-status in 2015.

 

Die Curriebeker-bepalings - 2014

 

Vanjaar se volledige Curriebeker-program in die Premier-afdeling is (tuisspanne word eerste genoem):

 

Eerste ronde - 8/9 Augustus: OP Kings t WP; Blou Bulle t Goue Leeus; Pumas t Toyota Vrystaat Cheetahs; Griekwas t Haaie.

Tweede ronde - 15/16 Augustus: WP t BB; GL t OP Kings; Haaie t Pumas; Toyota Vrystaat Cheetahs t GW.

Derde ronde - 22/23 Augustus: BB t OP; WP t GL; Haaie t Toyota Vrystaat Cheetahs; Pumas t GW.

Vierde ronde - 29/30 Augustus (die Eerste Liga begin): BB t WP; OP t GL; Pumas t Haaie; Griekwas t Toyota Vrystaat Cheetahs.

Vyfde ronde - 5/6 September: WP t OP; GL t BB; Haai t Griekwas; Toyota Vrystaat Cheetahs t Pumas.

Sesde ronde - 12/13 September:  GL t WP; OP t BB; Toyota Vrystaat Cheetahs t Haaie; Griekwas t Pumas.

Sewende ronde - 19/20 September: BB t Haaie; WP t Griekwas; GL t Pumas; OP t Toyota Vrystaat Cheetahs.

Agtste ronde - 26/27 September: Griekwas t GL; Haaie t OP; Toyota Vrystaat Cheetahs t BB; Pumas t WP.

Negende ronde - 3/4 Oktober (halfeindronde van die Eerste Liga): Griekwas t OP; Haaie t GL; Toyota Vrystaat Cheetahs t WP; Pumas t BB.

Tiendr ronde - 10/11 Oktober (Eerste Liga se eindstryd): BB t Griekwas; WP t Haaie; GL t Toyota Vrystaat Cheetahs; OP t Pumas.

Halfeiendronde - 17/18 Oktober

Eindstryd - 25 Oktober.

 

Nuwe era vir Toyota Vrystaat Cheetahs

Met ‘n nuwe afrigtingspan – Rory Duncan (hoofafrigter), Franco Smith (agterspelers) en Os du Randt (voorspelers) – ‘n nuwe kaptein - Torsten van Jaarsveld – én verskeie nuwe gesigte pak die Toyota Vrystaat Cheetahs Saterdag die Pumas in die eerste van 10 Curriebeker-wedstryde in vanjaar se kompetisie op Nelspruit.

 

Agt Springbokke én ‘n Grey-skoolseun, Henry Immelman, is onder Duncan se groep spelers uit wie hy sy Curriebeker-span gaan saamstel. Ses van die Bokke sal egter weens hul nasionale verpligtinge nie oorweeg kan word nie. Duncan het die luuksheid dat hy Coenie Oosthuizen, wat wel deur die Sarvu gekontrakteer is, kan kies, omdat hy nie in die huidige Bok-groep is nie.

 

Baie word verwag van die 19-jarige Immelman, wat op 26 Mei 1995 op Upington gebore is. Hy is ‘n opowindende speler, ‘n vinnige, sterk aanvaller, wat ook kan vleuel speel, en hy’s tot die einde 2016 deur die VRU gekontrakteer. Henry het heelwat rugby vanjaar weens ‘n gebreekte kakebeen verloor.

 

Die Vrystaatse Curriebeker-groep is (* - Springbok):

 

Voorspelers - Rudolph Botha, Tienie Burger, Neil Claassen, Peet Coetzee, Jean Cook, Luan de Bruin, Lood de Jager (*), Jacques du Toit, Vincent Jobo, Lappies Labuschagne, Hercú Liebenberg, Oupa Mohoje (*), Freddie Ngoza, Trevor Nyakane (*), Caylib Oosthuizen, Coenie Oosthuizen (*), Boom Prinsloo, Bees Roux, Kevin Stevens, Adriaan Strauss (*), Francois Uys, Torsten van Jaarsveld, Henco Venter, Waltie Vermeulen, Carl Wegner.

 

Agterspelers - Rayno Benjamin, Clayton Blommetjies, Renier Botha, AJ Coertzen, JP du Plessis, Willie du Plessis, Joubert Engelbrecht, Cornal Hendricks (*), Henry Immelman, Cameron Jacobs, Tertius Kruger, Nico Lee, Willie le Roux (*), Marco Mason, Sarel Pretorius, Raymond Rhule (*), Francois Venter, Shaun Venter, Elgar Watts.

 

  • Twee Grey-seuns – Jim Wansbury en “Sarel Vrystaat” Marais - het op 9 Augustus 1924 vir die Vrystaat teen Roland Cove-Smith se Britse span op die Ramblers in Bloemfontein gespeel. Die Vrystaat het met 6-3 gewen. Nou’s dit Immelman se kans om in sy beroemde voorgangers se voetspore te volg deur as ‘n skoolseun vir die Vrystaatse Currierbekerspan uit te draf.

 

De Jongh WP se kaptein

Juan de Jongh, Springbok-senter, is gister deur mnr. Allister Coetzee as kaptein van die Curriebekerspan aangewys. Die 26-jarige De Jongh, wat sedert sy debuut in 2009die WP  in 39 wedstryde verteenwoordig het, is een van die mees senior spelers in die groep, wat ‘n klompie onder 21-spelers insluit: Sithembiso Sithole, Jean Kleyn, Jurie van Vuuren, Sikhumbuzo Notshe, Robert du Preez en Cheslin Kolbe.

 

Steven Kitshoff en Ryno Eksteen sal die Curriebeker-seisoen weens beserings misloop.

 

Die WP-groep is (* - Springbok)– Justin Ackerman, William Ambaka, Ruan Botha, Manuel Carizza, Nizaam Carr, Demetri Catrakilis, Pat Cilliers (*), Stephan Coetzee, Kurt Coleman, Damian de Allende (*), Juan De Jongh (*), Jean de Villiers (*), Robert du Preez, Rynhardt Elstadt, Eben Etzebeth (*), Tazz Fuzani, Gerbrandt Grobler, Nic Groom, Brok Harris, Pat Howard, Oliver Kebble, Rohan Kitshoff, Jean Kleyn, Cheslin Kolbe, Siya Kolisi (*), Dillyn Leyds, Tiaan Liebenberg (*), Frans Malherbe (*), Godlen Masimla, Sikhumbuzo Notshe, Siya Ntubeni, Neil Rautenbach, Michael Rhodes, Louis Schreuder, Seabelo Senatla, Sithembiso Sithole, Rayn Smid, De Kock Steenkamp, Jaco Taute (*), Michael van der Spuy, Chevandre van Schoor, Jurie van Vuuren, Kobus van Wyk, Alistair Vermaak, Duane Vermeulen (*), Michael Willemse en Devon Williams.

 

Stegmann Blou Bulle se kaptein

Die Springbok-flank Deon Stegmann is deur mnr. Frans Ludeke as kaptein aangewys vir die Curriebeker-seisoen. Bjorn Basson (Springbok-vleuel – enkel) en Morné Mellett (stut – knie) sal die eerste wedstryd Saterdag teen die Goue Leeus weens beserings misloop. Ysters soos Victor Matfield (Bokke) en Flip van der Merwe (besering) is ook nie beskikbaar nie.

 

Die Blou Bule-span vir die wedstryd teen die Goue Leeus sal uit die volgende spelers gekies word (* - Springbok): Jurgen Visser, Akona Ndungane (*), William Small-Smith, Burger Odendaal, Sampie Mastriet, Jacques-Louis Potgieter, Piet van Zyl (*), Jacques Engelbrecht, Jono Ross, Deon Stegmann (kaptein - *), Grant Hattingh, Paul Willemse, Werner Kruger (*), Bandise Maku (*), Dean Greyling (*), Bongi Mbonambi, Hencus van Wyk, Nicolaas Janse van Rensburg, Wiaan Liebenberg, Nardus van der Walt, Rudy Paige, Tony Jantjies, JJ Engelbrecht (*), Ulrich Beyers en Jesse Kriel.

 

Brad en Tera vat Haaie se leisels

Die Haaie, die huidige Curriebeker-kampioen, draf Saterdag in hul eerste bekerwedstryd van die nuwe seisoen met nuwe leiers op die veld. Brad MacLeod-Henderson is die nuwe afrigter, terwyl Tera Mtembu, ‘n talentvolle losvoorspeler, die nuwe kaptein is.

 

Mtembu het in 2012 sy debuut vir die Haaie op Super- en Curriebeker-vlak gemaak. Hy’s die Haaie se 72e kaptein.

 

Morné, Joost en Naas ook op ererol

Alle rugbylegendes sal voortaan op een ererol ingevolge ’n ooreenkoms tussen die IRR en die eienaars van die Internasionale Heldesaal verskyn.

 

Die lysie SA spelers wie se name op die ererol verskyn, is: Danie Craven, Barry Heatlie, Bennie Osler, Frik du Preez, Francois Pienaar, John Smit, Kennedy Tsimba, Morné du Plessis, Hennie Muller, Naas Botha, Danie Gerber en Joost van der Westhuizen.

 

Bernard Lapasset, president van die IRR, sê dié nuwe heldesaal skep ’n unieke rekord van spelers wat ondersteuners deur die jare geïnspireer het in ’n sport wat nou deur 6.6 miljoen spelers in 121 lidlande beoefen word.

 

Die name van nóg bekendes oor die wêreld sal in die volgende 18 maande voor die volgende Wêreldbeker-toernooi bygevoeg word.

 

Talle Suid-Afrikaners in nuwe

Australiese kompetisie

Heelparty Suid-Afrikaanse rugbyspelers sal binnekort in die nuwe “National Rugby Championship” in Australië in aksie wees, manne soos Marcel Brache, Dillyn Leyds, Brynard Stander, Francois van Wyk en Marco Kotze wat vir spanne in Perth speel.

 

‘n Kwotastelsel is ingestel om te verseker dat die nege spanne redelik ewe sterk is en dat daar ‘n sekere kwota Super-spelers in elke span is.

 

Die Aussies beskou dié nuwe kompetisie ‘n waardevolle ontwikkeling van hul belowende spelers.

 

Die Klein Bokkies in 3 “toetse”

‘n Span van 28 spelers is ná proewe op Kemptonpark gekies om die SA Hoërskoolspan teen die Onder18-spanne van Frankryk, Wallis en Engeland in ‘n reeks van drie “toetse” tussen 15 en 23 Augustus te verteenwoordig.

 

Daar is nege Blou Bulle in die span, vier van die OP, drie elk van KZN en die SWD, twee van die Vrystaat, en een elk van die Grens, Griffons, Griekwa-platteland, Luiperds, Pumas, Valke en die WP.

 

Die SA Skolespan is die afgelope vier jaar onoorwonne. Die span se eerste wedstryd is op 15 Augustus in die City Park-stadion in Kaapstad teen Frankryk, op 19 Augustus teen Wallis op Outeniquapark in George, en op 23 Augustus teen Engeland in die Markotter-stadion in Stellenbosch.

 

Die SA Skolespan is:

 

Heelagters: Morné Joubert (KZN), Eduan Keyter (BB), Keanu Vers (OP); Vleuels: Nazo Nkala (Griffons), Jerry Danquah (Grens), Andell Loubsher (BB); Senters: Barend Smit (Pumas), JT Jackson (SWD); Losskakels: Curwin Bosch (OP), Thinus de Beer (BB); Skrumskakels: Marko Janse van Vuuren (Valke), Embrose Papier (BB); Losvoorspelers: Jaco Coetzee (KZN), Junior Pokomela (OP), Edmund Rheeder (Luiperds), Cobus Wiese (Greikwas-platteland), Victor Maruping (Toyota Vrystaat Cheetahs), Arnold Gerber (BB); Slotte: Eduard Zandberg (SWD), Jaco Willemse (WP), Ashton Fortuin (BB); Hakers: Jan-Henning Campher (BB), Le Roux Baard (SWD); Stutte: Ignatius Prinsloo (Toyota Vrystaat Cheetahs), Sarel-Marco Smit (BB), Ngonidzashe Chidoma (KZN), Michael Kumbirai (BB), Lupumlo Mguca (OP).

Hein Kriek van Paul Roos is die afrigter.

 

Vinnige drieë kelder VS onder 21’s

Die twee Blou Bul-losskakels, Joshua Stander (48 punte) en Kobus Marais (42), is tot dusver die voorste puntemakers in die Absa Onder21-kompetisie en hulle het grootliks daarvoor gesorg dat die span stewig aan die bopunt van die puntelys is.

 

Die Blou Bulle het die Toyota Vrystaat Cheetahs Saterdag in Pretoria met 24-10 geklop, terwyl die Goue Leeus ook hul onoorwonne status behou het deur die Haaie in Pietermaritzburg met 30-19 te troef. Die Luiperds het die Grens maklik in Potchefstroom met 48-0 ore aangesit.

 

Stander het Saterdag 14 punte tot sy span se oorwinning van 24-10 teen die Toyota Vrystaat Cheetahs bygedra. Die besoekers aan die Jakarandastad het duur betaal vir hul ongedissiplineerde spel by die afbreekpunte en Stander het hulle deeglik gestraf.

 

Twee Bulle-drieë in die laaste 13 minute het die besoekers se doppie finaal geklink nadat die tuisspan algaande die oorhand verkry het.

 

Die puntemakers is: Blou Bulle 24 (drieë: Kefentse Mahlo, Jan Enslin; doel: Joshua Stander; straf: Stander 4); Toyota Vrystaat Cheetahs 10 (drie: Luke Cyster; doel/straf: Ruan Potgieter).

 

‘n Driekuns aan drieë deur Rhyno Smith, lewendige heelagter van die Luiperds, het sy span op die wenpad teen die Grens geplaas. Met die rustyd was die Luiperds reeds met 31-0 in beheer, maar ‘n string plaasvervangings in die tweede helfte het hulle momentum gestriem.

 

Die puntemakers is: Luiperds 48 (drieë: Rhyno Smith 3, Marno Redelinghuys 2, Loftus Morrison 2, Mark Reyneke; doel: Kobus du Plessis 4); Grens 0.

 

Die Goue Leeus het ‘n moedige Haaie-span in Pietermaritzburg met 30-19 getroef, veral danksy ‘n bydrae van 20 punte deur Hanco Deale, wat ‘n drie gedruk, drie drieë gedoel het en met drie strafskoppe in die kol was.

 

Die puntemakers is: Goue Leeus 30 (drieë: Hanco Deale, Harold Vorster, Selom Gavor; doel/straf: Deale 3); KZN 19 (drieë: Alcino Izaaacs, André Esterhuizen, Johan Meyer; doel: Brandon Cope 2).

 

Puntestand

 

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

A-afdeling

B.Bulle

3

3

0

0

220

35

185

29

4

0

2

14

G.Leeus

3

3

0

0

155

38

117

22

4

0

2

14

WP

3

3

0

0

94

52

42

13

6

0

2

14

Vrystaat

3

1

2

0

145

50

95

22

6

1

1

6

Luiperds

4

1

3

0

98

107

-9

14

13

1

1

6

Haaie

4

1

3

0

96

147

-51

12

19

0

1

5

Grens

4

0

4

0

12

391

-379

0

60

0

0

0

 

Die twee onoorwonne spanne, die Blou Bulle en die Goue Leeus, pak mekaar Saterdag op Ellispark in Johannesburg.

 

Toyota VS Cheetahs klop Bulle o.19’s

Die Vrystaatse o.19-span het Saterdag in Pretoria ’n puik naelskraapse sege van 12-11 oor die Blou Bulle behaal. Drieë deur die vleuel Lorenzo Gordon en flank Willandré Kotzenberg, teenoor die Bulle se een drie, was net-net genoeg.

 

Die puntemakers is: Vrystaat 12 (drieë: Lorenzo Gordon, Willandré Kotzenberg; doel: André Swarts); Blou Bulle 11 (drie: Philip Orffer; straf: Dewald Human, Simon Bolze).

 

Ná die afgelope Saterdag se ligawedstryde is die WP die enigste onoorwonne span.

 

Die puntemakers in die ander twee wedstryde is:

 

Luiperds 26 (drieë: Elden Schoeman 2, Allen Muller, Brendon Kahts; doel: Kahts 3); OP Kings 32 (drieë: CJ Velleman, Malcolm Jaer 2, Wynand Grassmann; doel: Jaer 3; straf: Jaer 2).

 

Goue Leeus 27 (drieë: Dylan Vlok, Hamer Esterhuizen, Clinton Theron; doel: Shaun Reynolds 3; straf: Reynolds 2); Haaie 24 (drieë: Hyron Andrews, Malcolm Cele, Sibongumusa Radebe, Wesley White; doel: Radebe 2).

 

Puntestand

 

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

A-afdeling

WP

3

3

0

0

119

53

66

13

8

0

2

14

B.Bulle

3

2

1

0

73

47

26

9

6

1

2

11

Vrystaat

3

2

1

0

64

70

-6

10

6

0

2

10

G.Leeus

3

2

1

0

57

64

-7

6

10

0

0

8

Haaie

4

1

3

0

89

107

-18

12

13

1

2

7

Luiperds

4

1

3

0

82

117

-35

13

15

1

2

7

OPKings

4

1

3

0

71

97

-26

8

13

1

1

6

 

Nuwe kaptein vir Argentyne

Die Argentynse rugbyspan, wat verlede jaar al ses sy wedstryde in die Rugby-kampioenskap verloor het, sal vanjaar onder ‘n nuwe kaptein, Augustin Creevy, sy veldtog aanstaande Saterdag teen die Springbokke op Loftus Versfeld in Pretoria loods.

 

Daniel Hourcade (afrigter) het ‘n groep van 26 spelers gekies vir die besoek van Suid-Afrika. Creevy sal kan staatmaak op vorige kapteins, Juan Fernandez Lobbe en Juan Manuel Leguizamon, asook seniors soos Juan Imhoff, Marcelo Bosch, Juan Martin Hernandez en Marcos Ayerza.

 

Die Argentynse span is - AGTERSPELERS: Joaquin Tuculet, Lucas Gonzalez Amorosino, Manuel Montero, Horacio Agulla, Juan Imhoff, Marcelo Bosch, Nicolas Sanchez, Santiago Gonzalez Iglesias, Juan Martin Hernandez, Martin Landajo, Tomas Cubelli; VOORSPELERS: Juan Fernandez Lobbe, Juan Manuel Leguizamon, Pablo Matera, Leonardo Senatore, Rodrigo Baez, Tomas Lavanini, Mariano Galarza, Matias Alemanno, Marcos Ayerza, Ramiro Herrera, Lucas Noguera Paz, Bruno Postiglioni, Nuhuel Tetaz Chaparro, Matias Cortese, Agustin Creevy (kaptein.

 

Rusland en Uruguay in Repechage

Rusland het Zimbabwe Saterdag in ‘n Repechage-halfeindstryd in Krasnoyarsk, Rusland, met 23-15 geklop om tot die eindstryd van dié Repechage-reeks deur te dring.

 

Rusland sal nou in die eindstryd teen Uruguay te staan kom, wat Saterdag met Hongkong in die Charrúa-stadion, Montevideo, met 28-3 afgereken het. Hongkong moes in die tweede helfte vir 20 minute met 14 man klaarkom nadat die span twee geelkaarte op die lyf geloop het.

 

Negentien van die twintig spanne wat in 2015 aan die Wêreldbeker-toernooi in Engeland gaan deelneem, is reeds bekend. Die wenner van die Repechage tussen Rusland en Uruguay sal in Afdeling A saam met Australië, Engeland, Wallis en Fidji speel.

 

Die vier afdelings is (die huidige plek op die wêreldranglys word tussen hakies gegee):

 

Groep A – Australië (3), Engeland (4), Wallis (6), Fidji (11), Rusland (20) óf Uruguay (19).

Groep B – Suid-Afrika (2), Samoa (9), Skotland (8), Japan (10), VSA (18).

Groep C – Nieu-Seeland (1 - kampioen in 2011), Argentinië (12), Tonga (13), Georgë (15), Namibië (22).

Groep D – Frankryk (7 - naaswenner in 2011), Ierland (5), Italië (14), Kanada (17) en Roemenië (16).

 

 

Grey se eerste nederlaag vanjaar

Grey High van Port Elizabeth het die eerste keer sedert 2004 Grey-kollege van Bloemfontein met 27-20 geklop en dit was die Bloemfonteiners se eerste nederlaag vanjaar.

 

Grey se heelagter, Henry Immelman, het skeefgekorrel pale toe, maar die skuld kan nie vir die slae op hom alleen gepak word nie. Sy flankmaat, Junior Pokomela, het ’n paar harde duikslae uitgevoer en ook meters ver veld met die bal in die hand gewen. Die Bloemfonteiners het in die skrums die oorhand gehad.

 

Immelman het vroeër in die week ’n driekuns aan drieë in sy span se sege van 64-12 oor Fichardtpark behaal, terwyl die Cherries Jim Fouché met 25-13 getroef het. Die Hoërskool Fichardtpark het Saterdag ’n oortuigende sege van 66-10 oor Aliwal-Noord behaal.

 

Ander uitslae die afgelope naweek is: Wynberg klop Rondebosch 15-0; Hudsonpark klop Stirling 55-0; Paul Roos klop Bishops 36-14; Cambridge klop Port Rex 53-0; Paarl Gim klop Paarl Boys High 16-15; Glenwood klop Affies 36-22; Selborne klop Queens 19-10; Boland Landbou en SACS speel met 17-17 gelykop; Dale klop St. Andrew’ 28-22; Maritzburg klop Pretoria Boys 35-18; Monument klop Jeppe 24-22; Oakdale klop Marlow 34-8.

 

Marlize se WB-drome aan skerwe

Marlize Jordaan, die Bloemfonteinse internasionale rugbyskeidsregter en ‘n voormalige Springbok-rugbyspeler, se droom om op die Wêreldbeker-vrouetoerrnooi in Frankryk op te tree, lê aan skerwe nadat sy enkelligamente in ‘n sokker-en rugby-oefensessie geskeur het.

 

Shubel O’Reilly, bestuurder: skeidsregtersake van die Vrystaatse Rugbyunie, sê Jordaan het vroeg dié seisoen gehoor dat sy in die Wêreldbeker-toernooi sou blaas en sy het baie daarna uitgesien.

“ ’n Mens is erg teleurgesteld as so iets op ’n toernooi gebeur – nie eers voor nie, maar tydens! Dit is ’n groot geleentheid en jy weet nooit of dit jou weer beskore gaan wees nie.”

 

 

Ryno Barnes word ‘n Cheetah

Die Toyota Vrystaat Cheetahs het die dienste van die Griekwa-haker Ryno Barnes vir 2015 bekom.

 

Daar is wyd bespiegel wie Adriaan Strauss se plek volgende seisoen sou inneem. Barnes, wat die afgelope paar jaar Strauss se adjudant in Super-rugby by die Cheetahs was, is die aangewese plaasvervanger om die Springbok-haker te vervang, want hy is vertroud met die Cheetahs se Super-strukture.

 

Die Toyota Cheetahs sal in 2015 ook oor die dienste van hakers van die kaliber van Torsten van Jaarsveld en Martin Bezuidenhout (Griekwas) beskik.

 

Twee van oudstes oorlede

Twee Vrystaatse rugbyspelers van die jare 50-60 van die vorige eeu, Schalk van Dyk (1959-1961) en Oupa du Pisanie (1957-1960), is die afgelope klompie dae oorlede.

 

Albei dié losvoorspelers het vroeër ook vir die destydse Noord-Transvaal uitgedraf. Van Dyk sou op 25 Augustus 83 jaar oud geword het, terwyl Du Pisanie op 7 Januarie vanjaar 81 jaar oud was. Du Pisanie was die vader van die Vrystaat se eerste Springbok-vrouerugbyspeler, Louise du Pisanie.

 

Appels Odendaal (94), wat op 27 November vanjaar 95 jaar oud word, is tans die oudste lewende Vrystaatse rugbyspeler, met Frikkie Pretorius (84), Apie Pretorius (83), Koot Wessels (83), Chris Erasmus (83), Piet Nel (83) en Sakkie van Zyl (81) op sy hakke.

Share this article: