Posted on Wednesday, 21 May 2014
Vir Adriaan Strauss se Toyota Cheetahs is dit dalk neusie verby om vanjaar, soos in 2013, die uitklopfase van die Vodacom SupeRugby-kompetisie te haal, maar in hul drie laaste ligaverpligtinge – almal teen Suid-Afrikaanse spanne – is daar, afgesien van prestige, nog heelwat oor om voor te speel.
Nadat die Toyota Cheetahs die grootste deel van die seisoen laaste in die SA konferensie, asook in die Gekombineerde puntestand was, het dié span ná sy gedenkwaardige sege van 27-21 die afgelope Saterdagaand in die Vrystaat-stadion, Bloemfontein, oor die hoogaangeskrewe Brumbies van Australië skielik tot die derde plek in die SA Konferensie en tot die 12de plek algeheel gevorder.
Dit is ‘n uitgemaakte saak dat die eerste twee plekke in die SA Konferensie deur die Haaie (40) en die Bulle (29) gevul sal word. Die Toyota Cheetahs (20) is wel derde, maar die Stormers (19) en die Leeus (18) het net 12 wedstryde, teenoor die Toyota Cheetahs se 13 wedstryde, gespeel.
Vir die Toyota Cheetahs wag ‘n stywer opdraande, want van hul drie oorblywende wedstryd is twee weg. Daarenteen het die Leeus en die Stormers net een van hul oorblywende vier wedstryde weg.
Dié drie spanne speel ook in die laat stadium een keer teen mekaar, terwyl dit voorts ook die Stormers se taak sal wees om twee keer teen die voorlopers, die Haaie, weg en tuis te speel.
Kom ons kyk eerstens na dié drie spanne se oorblywende ligawedstryde:
Dit is daarom van die grootste belang dat die Toyota Cheetahs Saterdag reeds teen die Stormers in die Kaap seker moet maak dat hy steeds die voet in die deur het.
Die geskiedenis wys dat die Toyota Cheetahs twee van hul vyf wedstryde teen die Stormers op Nuweland gewen het. Trouens, die Toyota Cheetahs het vyf van die vorige twaalf Super-wedstryde teen die Stormers gewen. Die gemiddelde telling in die wedstryde was 27-23 in die guns van die Stormers.
Die Toyota Cheetahs het die eerste wedstryd tussen die twee spanne op 18 Maart 2006 op Nuweland, Kaapstad, met 31-25 gewen, ‘n wedstryd waarin die Springbok Meyer Bosman met 8 strafdoele en ‘n doelskop 26 punte aangeteken het. Ryno van der Merwe (agtsteman) het die Toyota Cheetahs se drie gedruk.
Interessant, die Cheetahs-span wat daardie dag gespeel het: Bevin Fortuin; Giscard Pieterse, Ronnie Cooke, Barry Goodes, Gaffie du Toit; Meyer Bosman, Michael Claassen; Ryno van der Merwe, Kabamba Floors, Corniel van Zyl, Barend Pieterse, Juan Smith (k), Jannie du Plessis, Tian Liebenberg, Os du Randt. PLAASVERVANGERS: Ollie le Roux, Wiaan du Preez, Cobus Grobler, Frans Viljoen, Noël Oelschig, Sinethembu Zweni en Eddie Fredericks.
Schalk Burger, Peter Grant, Jean de Villiers en Rayno Benjamin was daardie dag onder andere lid van die Stormers se span.
Uitslae van vorige Super-wedstryde tussen die Toyota Cheetahs en die Stormers is:
2006 – KAAPSTAD: Cheetahs wen 31-25 (1 drie teenoor 3).
2007 – BLOEMFONTEIN: Cheetahs wen 27-9 (3-0).
2008 – KAAPSTAD: Stormers wen 34-22 (5-3).
2009 - BLOEMFONTEIN: Stormers wen 28-22 (3-3).
2010 – KAAPSTAD: Stormers wen 21-8 (2-1).
2011 – KAAPSTAD: Stormers wen 21-15 (0-0).
2011 - BLOEMFONTEIN: Stormers wen 44-34 (4-4).
2012 – KAAPSTAD: Cheetahs wen 22-14 (1-1).
2012 - BLOEMFONTEIN: Stormers wen 13-6 (1-0).
2013 - BLOEMFONTEIN: Cheetahs wen 26-24 (2-2).
2013 – KAAPSTAD: Stormers wen 28-3 (3-0).
2014 - BLOEMFONTEIN: Cheetahs wen 35-22 (5-3).
Die Toyota Cheetahs se algehele wedstrydontleding teen die Stormers is: 12-5-7-0. Punte vir: 251. Punte teen: 283. Drieë vir: 23. Drieë teen: 27.
(*) – Inligting Frikkie van Rensburg.
Toyota Cheetahs vs Stormers
24 May 2014
17:05
Newlands, Cape Town
No. |
Position |
name |
1 |
LOOSEHEAD PROP |
Caylib Oosthuizen |
2 |
HOOKER |
Adriaan Strauss (c ) |
3 |
TIGHTHEAD PROP |
Coenie Oosthuizen |
4 |
LEFT LOCK |
Willem Serfontein |
5 |
RIGHT LOCK |
Francois Uys |
6 |
LEFT FLANKER |
Heinrich Brussow |
7 |
RIGHT FLANKER |
Teboho Mohoje |
8 |
NUMBER EIGHT |
Boom Prinsloo |
9 |
SCRUMHALF |
Shaun Venter |
10 |
FLYHALF |
Johan Goosen |
11 |
LEFT WING |
Willie le Roux ( vc ) |
12 |
INSIDE CENTRE |
Ryno Benjamin |
13 |
OUTSIDE CENTRE |
Johann Sadie |
14 |
RIGHT WING |
Cornal Hendricks |
15 |
FULLBACK |
Hennie Daniller |
Replacements: |
|
|
16. |
RESERVE |
Torsten van Jaarsveld |
17. |
RESERVE |
Trevor Nyakane |
18. |
RESERVE |
Maks van Dyk |
19. |
RESERVE |
Hilton Lobberts |
20. |
RESERVE |
Carel Greeff |
21. |
RESERVE |
Tian Meyer |
22. |
RESERVE |
Elgar Watts |
23. |
RESERVE |
Riaan Smit |