Free State Rugby - Since 1895

Buy your tickets online!

Online Tickets

Groot Wedstryd!

Posted on Tuesday, 08 Oct 2013

Groot Wedstryd!

Die Toyota Vrystaat Cheetahs sê Saterdag om 17:05 die Blou Bulle die stryd aan in ‘n Absa Curriebeker wedstryd in die Vrystaat Stadion.

 

Die program vir die dag is soos volg:

12:00   Hekke open

13:00   Toyota Vrystaat Cheetahs o.19 vs Blou Bulle o.19

14:45   Toyota Vrystaat Cheetahs o.21 vs Blou Bulle o.21

17:05   Toyota Vrystaat Cheetahs vs Vodacom Blou Bulle

 

Jay tree na die wedstryd by die Castle Deck op.  Maak seker jy is vroeg in die stadion en mis nie uit op al die aksie nie!

 

Parkering

Die Macufe fees is elke jaar ‘n groot gebeurtenis in Bloemfontein en word hierdie jaar van 4 tot 13 Oktober in die stad aangebied en die stadion is die middelpunt van bedrywighede.     

 

Alhoewel Vrystaat Rugby die gebruik van die hokkieveld en parkeerareas in die stadion het, bly dit steeds onder die beheer van die Mangaung Metro Munisipaliteit en is die spasie afgestaan vir gebruik deur Macufe.

 

Dit beteken dus dat die hokkieveld en Noord parkering nie gebruik sal kan word vir parkering vir die wedstryd tussen die Toyota Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle op Saterdag, 12 Oktober nie. 

 

Alternatiewe Parkeer Areas

Voorsiening is gemaak dat persone met permanente Noord parkeerkaartjies gratis by die Loch Logan Waterfront kan parkeer.    Met die toon van die permanente Noord parkeerkaartjie sal die ‘boom’ oopgemaak word met die uitgaan.   Ondersteuners word aangeraai om die Waterfront vanaf Eerstelaan binne te gaan.

 

Persone met ‘n Hokkie parkering kan in Toyota-park (ou Jukskei) langs die Toerisme sentrum parkeer.  Die parkeerkaartjie sal vir die houer daarvan toegang gee tot die spesifieke area.  Die roete wat aanbeveel word is om Betogersweg (straat tussen Toyota park en Oud Greys) vanaf Parkweg binne te gaan.  

 

Genoeg veilige parkering is vir almal beskikbaar in die Loch Logan Waterfront. 

 

Park-‘n-Ride

Hoërskool Sand du Plessis bied pendel geleenthede aan.  Ondersteuners kan vanaf 14:30 Saterdagmiddag hul motors by Hoërskool Sand du Plessis parkeer waar ‘n bussie hulle na die stadion sal vervoer en weer na die tyd sal terugbring.  Die laaste geleentheid vertrek 16:15 vanaf die skool.  Kostes is R10 vir parkering per motor en R5 per persoon om saam te ry.

 

Kom vroeg!

Ondersteuners aanraai om vroeër as gewoonlik na die stadion te kom om seker te maak dat hulle nie op die aksie uit mis nie.

 

Share this article: