Free State Rugby - Since 1895

Buy your tickets online!

Online Tickets

Drie eerstes vir die Shimlas

Posted on Thursday, 02 Apr 2015

Drie eerstes vir die Shimlas

Drie eerstes vir die rugbyspan van die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat:

 

  • Die Shimlas het die eerste keer in die agtjarige bestaan van die Varsitybeker-kompetisie die afgelope Maandag met hul halfeindsege van 21-10 oor die Ikeys, die kampioene in 2014, tot die eindstryd deurgedring.

 

  • Met dié sege oor die Ikeys, eén die Pukke wat Maandagaand die Tukkies in die LC de Villiers-stadion, Pretoria, naelskraap met 29-28 geklop het, het die Shimlas verseker dat die Varsitybeker-eindstryd die eerste keer op 13 April 2015 op Shimlapark in Bloemfontein sal plaasvind.

 

  • Én, die eerste keer het die Shimlas onoorwonne tot in die halfeindronde én tot die eindstryd gevorder.

 

Die Shimlas is ná vanjaar se ligagedeelte van die Varsitybeker-reeks naas die Maties, wat in 2010 en 2013 onoorwonne was, die enigste span wat dié prestasie kon vermag.

 

Máár, dis ‘n yslike rugby-Everest wat die Kovsies op 13 April in die eindstryd teen die Pukke het. Hoewel die UV sedert die eerste intervarsity in 1927 in die algemeen die oorhand oor die Pukke het – die Kovsies het 49 van die 86 kragmetings gewen, die Pukke was in 32 baas en vyf wedstryde was gelykop – het dit in kragmetings teen die NWU-studente sedert 2008 in die Varsitybeker maar bra broekskeur vir die Vrystaatse studente gegaan.

 

Die Pukke het vyf van die agt Varsitybeker-wedstryde teen die Kovsies gewen, terwyl die UV drie keer hier baas was.

 

Dis egter bemoedigend vir die Vrystaters dat die Pukke net een van die vier vorige Varsitybeker-wedstryde op Shimlapark teen die Kovsies gewen het – die laaste keer in 2009 met 27-15. Die Shimlas het die laaste drie VB-wedstryde op hul hoofkwartier agtereenvolgens gewen: 2011 (37-28), 2013 (38-18) en 2015 (29-26).

 

Vorige Varsitybeker-kampioene is:

 

2008-2010 – US;

2011 en 2014 – UK;

2012-2013 – UP.

 

Vorige uitslae tussen die eerste rugbyspanne van die UV en die PU sedert 1927 is:

 

1927: UV 6-4; 1938: PU 11-8; 1943: UV 8-6; 1944: UV 11-3; 1945: PU 4-3; 1946: UV 10-5; 1947: UV 7-6; 1948: UV 20-6; 1949: PU 8-3; 1950: PU 11-5; 1951: PU 6-3; 1952: UV 12-11; 1953: UV 3-0; 1954: UV 21-8; 1955: PU 16-3; 1956: PU 13-6; 1957: UV 8-3; 1958: UV 19-13; 1959: UV 24-6; 1960: UV 11-9; 1961: PU 11-0; 1962: UV 14-13; 1963: UV 28-5; 1964: UV 19-11; 1965: Gelykop 9-9; 1966: PU 8-3; 1967: UV 22-13; 1968: Gelykop 6-6; 1969: PU 16-11; 1970: PU 19-16; 1971: PU 12-9; 1972: UV 32-16; 1973: Gelykop 6-6; 1974: UV 39-16; 1975: UV 49-3; 1976: UV 17-7; 1977: PU 30-27; 1978: UV 57-10; 1979: UV 19-12; 1980: UV 42-21; 1981: UV 12-11; 1982: UV 37-7; 1983: PU 24-12; 1984: UV 28-15; 1985: UV 18-9; 1986: Gelykop 15-15; 1987: UV 17-9; 1988: UV 50-16 (SAK); 1988: UV 35-16; 1989: UV 38-18; 1990: UV 27-26; 1991: UV 52-17; 1992: UV 18-11; 1993: UV 52-13; 1994: UV 35-33; 1995: UV 33-26; 1996: UV 31-29; 1997: UV 43-0; 1998: UV 29-7; 1999: Datumprobleme; 2000: PU 25-19; 2001: UV 39-28; 2002: UV 34-26 (SAK); 2002: PU 43-36; 2003: Breinvliesontsteking in Potchefstroom; 2004: UV 29-28 (SB); 2004: UV 49-31; 2005: PU 16-9 (SB); 2005: PU 48-28; 2006: Gelykop 16-16 (SAK); 2006: PU 24-18; 2007: PU 17-8 (SB); 2007: UV 28-13 (SASSU); 2007: PU 26-18; 2008: PU 21-20; 2008: PU 35-24 (VB); 2009: PU 20-6; 2009: PU 27-15 (VB); 2010: PU 21-18; 2010: PU 17-16 (VB); 2011: PU 16-6 (SASSU); 2011: PU 41-18; 2011: UV 37-28 (VB); 2012: PU 64-24 (VB); 2012: Datumprobleme; 2013: UV 38-18 (VB); 2014: PU 48-29 (VB); 2014: PU 23-17 (SSASU); 2015: UV 29-26 (VB).

 

ALGEHELE OPSOMMING 1927 tot 2015

 

GESPEEL: 86: UV wen: 49; PU wen: 32; Gelykop: 5.

PUNTE: UV 1 826; PU 1 421. UV gem. wentelling: 21-16.

 

(*) Afkortings gebruik - TS – Ted Sceales; SAK – SA Klubkompetisie; SASSU – SA Studente-kompetisie; VB – Varsitybeker-kompetisie.

 

 

(Inligting deur Frikkie Janse van Rensburg)

 

Share this article: