Free State Rugby - Since 1895

Buy your tickets online!

Online Tickets

Cheetahs wen “Slag van die Vrystaat-stadion”

Posted on Tuesday, 19 Aug 2014

Cheetahs wen “Slag van die Vrystaat-stadion”

Ná hul skoknederlaag in die eerste ronde teen die Pumas in Nelspruit het Torsten van Jaarsveld en sy Toyota Vrystaat-Cheetahs hul Curriebeker-veldtog op koers gekry deur die afgelope Saterdag die “Slag van die Vrystaat-stadion” teen Wayne Stevens en sy Griekwas met 34-27 suksesvol af te handel. Dié wedstryd was tot met die eindsirene op ‘n mespunt gebalanseer!

 

Die Haaie, huidige Curriebeker-kampioen, die Goue Leeus en Westelike Provinsie het aldrie hul tweede agtereenvolgende oorwinnings in die kompetisie behaal.

 

Die Toyota Vrystaat-Cheetahs het hul eerste sege aangeteken, maar die Blou Bulle, OP Kings en Griekwas nog op soek is na hul eerste oorwinning in die reeks.

 

Komende Saterdag speel die vier voorlopers in die twee groepe – die Goue Leeus en die WP op Nuweland en die Haaie teen die Toyota Vrystaat-Cheetahs in Durban - teen mekaar.

 

Maar so byna-byna het ‘n konsentrasieverslapping die Vrystaters hul sege teen die Griekwas gekos, want ons westelike bure het in die laaste drie minute 12 punte aangeteken om ‘n agterstand van 15-34 gevaarlik tot 27-34 te laat krimp!

Daarmee het Griekwas twee waardevolle bonuspunte verdien deur met net 7 punte te verloor en vier drieë te druk.

 

Beserings ry Toyota Vrystaat-Cheetahs bloots

Rory Duncan, sy afrigtingspan en ondersteuners van die Witspan is natuurlik baie dankbaar dat ons Curriebekerspan vyf waardevolle punte vir ‘n bonuspuntdrie-oorwinning oor Griekwas behaal het, maar die Toyota Vrystaat-Cheetahs het ’n duur prys vir dié sege betaal.

 

Of dit nie genoeg is dat staatmakers soos die Oosthuizen-stutte, Springbok Coenie en Caylib, asook Lappies Labuschagne en Clayton Blommetjies die eerste twee bekerwedstryde van die 2014-seisoen weens beserings misgeloop het nie, is ses ander staatmakers – Luan de Bruin (vaskopstut – harsingskudding en mondbesering/11e min.), Boom Prinsloo (agtsteman – liesbesering/36e min.), Dolph Botha (wat reeds Luan de Bruin vervang het – 42e min. – waarskynlike harsingskudding), AJ Coertzen (heelagter – ongesteldheid/44e min.), Elgar Watts (losskakel – kniebesering/65e min.) en Raymond Rhule (linkervleuel) weens beserings in die loop van die wedstryd van die veld is.

 

Duncan was ná die tyd tevrede met sy manne se vertoning, maar hy’t gesê daar was net soos in die eerste wedstryd teen die Pumas talle geleenthede om punte aan te teken, wat wéér nie benut is nie. Die Cheetah-afrigter meen sy manne sal algaande verbeter. Hy sê te veel foute is gemaak, maar dat dit van só ‘n jong, onervare span verwag kan word. Hy was ook nie tevrede met die verdediging in die laaste 10 minute nie.

 

Van die grootste ligpunte was die spel van Jean Cook (flank), Sarel Pretorius (skrumskakel), Francois Venter (senter) en die twee vleuels, die Springbok Raymond Rhule en Rayno Benjamin.

Die puntemakers is: Vrystaat 34 (drieë: Elgar Watts, Sarel Pretorius, Rayno Benjamin, Raymond Rhule 2; doel: Watts 2, Willie du Plessis; straf: Watts); Griekwas 27 (drieë: Wayne Stevens, Marnus Schoeman 2, Ederies Arendse; doel: Nico Scheepers, Marais Schmidt; straf: Schmidt).

 

‘n Rugby-Everest wag Saterdag op Cheetahs

Én, of die Vrystaters nie genoeg druk ondervind met die talle beserings in die kamp nie, wag daar Saterdag op Kingspark in Durban ‘n baie steil “rugby-Everest” op Torsten van Jaarsveld en sy makkers.

 

Die Toyota Vrystaat-Cheetahs het laas op 17 September 2011 in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein teen die Haaie baasgespeel toe die Vrystaters met 53–32 geseëvier het. Sedertdien is die Vrystaters in ses agtereenvolgende bekerwedstryde geklop, wat die halfeindstryde van 2011 in Durban (13-20) en in 2013 in Durban (22-33) insluit.

 

Meer nog: Die Haaie is laas op 17 Oktober 2009 in ‘n Curriebeker-wedstryd in Durban deur die Toyota Vrystaat-Cheetahs geklop. Die Vrystaters het tóé in ‘n Curriebeker-halfeindstryd met 23-21 oor die Natallers koning gekraai.

 

Dit is Saterdag die 128e wedstryd tussen die Natallers en die Vrystaters sedert die eerste op 13 Julie 1906 op die ou Wanderers-veld in Johannesburg, ‘n Curriebeker-wedstryd wat die Vrystaat met 3-0 gewen het. Van die vorige 127 wedstryde het die Vrystaat 61 gewen, Natal 62 en 4 kragmetings was gelykop. Die Vrystaters het 2 555 punte teenoor die Natallers se 2 529 punte vir ‘n wedstrydgemiddelde van 20.12-19.91 aangeteken.

 

Met die laaste ses opeenvolgende oorwinnings het die Haaie die voortou met 45-38 in 86 Curriebeker-wedstryde geneem, met drie wedstryde wat hier gelykop was. Tog het die Vrystaters in die vorige 86 Curriebeker-wedstryde meer punte as die Natallers aangeteken – 1 728 punte teenoor 1 699 punte, vir ‘n wedstrydgemiddelde van 20.09-19.76.

 

Wian du Preez klaar vir 2014

Wian du Preez, voormalige Springbok-loskopstut, wat tussen 2003 en 2013 in 110 wedstryde vir die Cheetahs gespeel het, het sy haksening sodanig beseer dat hy die res van die jaar gaan misloop.

 

Du Preez, wat die afgelope klompie seisoene vir die Franse klub Lyon uitdraf, en die Franse flank Pierrick Gunther (knieligamente) is albei die afgelope naweek in hul klub se Top14-wedstryd teen BordeauxBegles beseer.

 

Du Preez en Gunther sal albei operasies ondergaan om die beserings te herstel.

 

Lyon is boonop met 18-9 geklop.

 

Goue Leeus grom nóú hard

Die Goue Leeus het met hul groot oorwinning van 41-13 in die eerste ronde oor die Blou Bulle rugbygangers laat regop gesit. Skielik is daar met ander oë na die “nuwe” span van Ellispark gekyk. Én, Saterdag het Warren Whiteley en sy “maanhare” presies net gewys wát van dié span verwag kan word deur die OP Kings, met 60-19 te verslaan.

 

Dit is die sewende keer dat die OP Kings, wat die eerste keer in meer as 10 jaar in die uitsoek-afdeling om die Goue Beker speel, 60 punte in ‘n Curriebeker-wedstryd afstaan.

 

Jaco Kriel (flank) het drie van die Goue Leeus se nege drieë gedruk.

 

En net toe die Leeus al sterker én harder begin grom het, is hulle nóú hul groot voorman-maanhaar, Warren Whiteley, kwyt, wat vandeesweek saam met die Springbokke Argentinië toe is in die plek van die beseerde Willam Alberts.

 

Derick Minnie, flankmaat van Whiteley, is die aangewese plaasvervanger-kaptein, omdat hy (Minnie) die Leeus voorheen aangevoer het.

 

Intussen het dit ook bekend geword dat die OP Kings sonder CJ van der Linde, Springbok-stut, wat ‘n kuitbesering opgedoen het, na Pretoria sal reis vir hul komende wedstryd teen die Blou Bulle.

 

Ntabeni Dukisa (losskakel - knie) en Aidon Davis (flank – griep) is ook albei buite aksie. Luke Watson, Springbok-losvoorspeler en kaptein van die OP Kings, het herstel van sy griep en sal teen die Bulle kan speel.

 

Die puntemakers is: Goue Leeus 60 (drieë: Stokkies Hanekom, Ruan Combrinck, Jaco Kriel 3, Derick Minnie, Willie Britz, Andries Coetzee, Albertus Smith; doel: Jaco van der Walt 6; straf: Van der Walt); OP Kings 19 (drieë: Ronnie Cook, Aidon Davis, Scott van Breda; doel: Gary van Aswegen, Van Breda).

 

WP straf Blou Bulle

Verskeie stukkies rugbygeskiedenis is Saterdag in die Curriebeker-wedstryd tussen die Westelike Provinsie en die Blou Bulle op ‘n nat Nuweland in Kaapstad geskryf.

 

Die WP het met 41-17 geseëvier. Dit is die tweede keer binne agt dae dat ‘n 40-tal punte teen die Blou Bulle in ‘n eersterangse wedstryd oogestapel word nadat die Goue Leeus die vorige Saterdag op Loftus Versfeld met 41-13 baas was.

 

Dit is die eerste keer in die Bulle se geskiedenis van 76 jaar dat daar twee keer binne ‘n week meer as 40 punte in ‘n wedstryd teen dié Pretoriase span aangeteken word.

 

In 1997 is die Bulle ook in twee bekerwedstryde verneder, maar dit was nie agtereenvolgens nie, maar wel vyf maande uitmekaar. Wellington Hurricanes het die Bulle toe op 16 Maart op Rugbypark in New Plymouth, Nieu-Seeland, met 64-32 (met 32 punte dus) geklop, terwyl die Vrystaat Cheetahs op 16 Augustus 1997 in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein met 57-27 (met 30 punte dus) verslaan het.

 

Maar ‘n ander interessante stukkie statistiek is die feit dat die skeidsregter, mnr. Rasta Rasivhenge - wat terloops komende Saterdag die Haaie en die Toyota Vrystaat-Cheetahs se wedstryd in Durban beheer – vier geelkaarte binne die bestek van 10 minute uitgedeel het aan Manuel Carizza (WP-slot – 54e min.), JJ Engelbrecht (Bul-senter – 55e min.), Kobus vanWyk (WP-regtervleuel – 62e min.) en Grant Hattingh (Bul-slot – 65e min.).

 

Om die Bulle se droewige Curriebeker-seisoen verder te versuur, het die nuus oor die naweek gekom dat Jaques-Louis Potgieter (losskakel – ribbesering) en Morné Mellett (stut – knie) – lank buite aksie gaan wees.

 

Die puntemakers is: Westelike Provinsie 41 (drieë: Seabelo Senatla 2, Pat Cilliers, Nizaam Carr, Michael Rhodes, Juan de Jongh; doel: Dimitri Catrakilis 4; straf: Catrakilis); Blou Bulle 17 (drie: Bongi Mbonambi; straf: Jacques-Louis Potgieter 4).

 

Haaie maak stem teen Pumas dik

Met rustyd en die telling op 7-6 in die besoekers van Mpumalanga se guns Vrydagaand in die Curriebeker-wedstryd tussen die Haaie, die kampioen, en die Pumas op Kingspark in Durban, het die doemprofete tekens begin sien van die Pumas se verrassende oorwinning die vorige Saterdag in Nelspruit teen die Toyota Vrystaat-Cheetahs.

 

Die Haaie het egter in die tweede helfte met groter vuur en doelgerigtheid ingeklim en SP Marais (heelagter) het in die 42e minuut vir die Haaie se eerste van vier drieë oorgeval. Jacques Botes (flank) het die Haaie se tweede drie gaan druk, wat Botes se 43e drie vir die Haaie en sy 46e Curriebeker-drie was. Botes het in sy 122e wedstryd vir die Haaie gespeel en sy 148e Curriebeker-wedstryd in totaal, want hy het voorheen ook vir die Pumas uitgedraf. Tera Mtembu (agtsteman en kaptein) en Monde Hadebe (plaasvervanger-haker) het daarvoor gesorg dat die Haaie ‘n bonuspunt-drie druk.

 

Die puntemakers is: Haaie 34 (drieë: Botes, Mtembu, Hadebe en Marais; doel: Fred Zeilinga 1, Pat Lambie 3; straf: ZXe8linga 2); Pumas 17 (drieë: Frikkie Spies, renaldo Bothma; doel: JC Roos, Justin van Staden; straf: Roos). Dit was Corné Steenkamp (flank en kaptein) se 151e wedstryd vir die Pumas, met DJ Terblanche (vaskopstut – 113) en Jaco Bouwer (flank – 102) ook “honderdjariges” vir die Pumas.

 

Bepalings en Uitslae

Vanjaar se Curriebeker-program in die Premier-afdeling, en die uitslae tot dusver, is (tuisspanne word eerste genoem):

 

Eerste ronde - 8/9 Augustus: OP Kings t WP (16-35); Goue Leeus t Blou Bulle (41-13); Pumas t Toyota Vrystaat Cheetahs (28-21); Griekwas t Haaie (24-31).

Tweede ronde - 15/16 Augustus: WP t BB (41-17); GL t OP Kings (60-19); Haaie t Pumas (34-17); Toyota Vrystaat Cheetahs t GW (34-27).

Derde ronde - 22/23 Augustus: BB t OP; WP t GL; Haaie t Toyota Vrystaat Cheetahs; Pumas t GW.

Vierde ronde - 29/30 Augustus (die Eerste Liga begin): BB t WP; OP t GL; Pumas t Haaie; Griekwas t Toyota Vrystaat Cheetahs.

Vyfde ronde - 5/6 September: WP t OP; GL t BB; Haai t Griekwas; Toyota Vrystaat Cheetahs t Pumas.

Sesde ronde - 12/13 September:  GL t WP; OP t BB; Toyota Vrystaat Cheetahs t Haaie; Griekwas t Pumas.

Sewende ronde - 19/20 September: BB t Haaie; WP t Griekwas; GL t Pumas; OP t Toyota Vrystaat Cheetahs.

Agtste ronde - 26/27 September: Griekwas t GL; Haaie t OP; Toyota Vrystaat Cheetahs t BB; Pumas t WP.

Negende ronde - 3/4 Oktober (halfeindronde van die Eerste Liga): Griekwas t OP; Haaie t GL; Toyota Vrystaat Cheetahs t WP; Pumas t BB.

Tiende ronde - 10/11 Oktober (Eerste Liga se eindstryd): BB t Griekwas; WP t Haaie; GL t Toyota Vrystaat Cheetahs; OP t Pumas.

Halfeiendronde - 17/18 Oktober

Eindstryd - 25 Oktober.

 

Puntestand

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

GoueLeeus

2

2

0

0

101

32

69

13

4

0

2

10

W.Provinsie

2

2

0

0

76

33

43

10

3

0

2

10

Haaie

2

2

0

0

65

41

24

7

5

0

1

9

Toyota VS Cheetahs

2

1

1

0

55

55

0

7

7

1

1

6

Pumas

2

1

1

0

45

55

-10

5

6

0

0

4

Griekwas

2

0

2

0

51

65

-14

7

8

2

1

3

BlouBulle

2

0

2

0

30

82

-52

2

10

0

0

0

OP Kings

2

0

2

0

35

95

-60

5

13

0

0

0

 

Springbokke bo ná Loftus-tsoenami

Jean de Villiers se Springbokke het Saterdag op ‘n deurnat Loftus Versfeld in Pretoria met hulle naelbyt-oorwinning van 13-6 teen Argentinië die boonste plek op die Rugbykampioenskap-puntestand ingeneem, nadat die Wallabies en die All Blacks vroeër in die dag met 12-12 in Sydney gelykop gespeel het.

 

Teen die einde moes die Bokke vir ‘n vale verdedig om die Poemas van hul doellyn weg te hou. ‘n Desperate poging deur Damian de Allende, nuweling-senter, om die bal voor Jaronimo de la Fuente se vingerpunte weg te klap in die doelgebied – het sake help red

 

Toe Ruan Pienaar vroeg-vroeg kleinkantjie om geskiet het en Cornal Hendricks in besit gestel, en dié blits ’n teenstander ingetrek en weer die bal na Pienaar uitgegee het om in die hoek oor te duik dat die haelkorrels spat, het dit gelyk of die Bok-sluise sou open.

 

Máár die hemel se sluise is oopgetrek en die toets het in dié haglike omstandighede ‘n gelykspeelveld geword.

 

Die bal was baie glad en die een hanteerfout ná die ander is begaan. Van konstruktiewe spel was daar weinig sprake met die reën wat neergesous het.

 

In súlke toestande is dit net die uiters begaafde spelers wat sou uitstaan – en dit is waar ‘n briljante Willie le Roux weer in die prentjie was. Hy het balle uit die lug gevang asof hy op ’n kurkdroë veld gespeel het. Sy taktiese skopwerk het die Suid-Amerikaners ook telkens laat omdraai.

 

Die Poemas se beste geleentheid het verlore gegaan toe die vleuel Manuel Montero die bal aangeslaan het met die doellyn oop voor hom.

 

Dit het ’n stryd voorlangs om oorheersing geword en hoe meer daar getjommel is, hoe meer was die Poemas-agttal, wat nie ’n tree teruggestaan het vir hul veel meer geroemde teenstanders nie, in hul element.

 

Die robuustheid van die stryd het die Poemas instaat gestel om op gelyke voet met die Bokke mee te ding. Vir die Bokke was dit ’n groot frustrasie, want hulle kon nie enige kontinuïteit opbou nie. Hulle het ook nie die vermoë gehad om hul spel aan te pas na gelang van die toestande nie.

 

Die puntemakers is: Suid-Afrika 13 (drie: Ruan Pienaar; doel: Handré Pollard; straf: Pollard, Morné Steyn); Argentinië 6 (straf: Nicolas Sanchez 2).

 

All Blacks kry toe nie wêreldrekord

Die Nieu-Seelanders se aanslag op ’n wêreldrekord van 18 agtereenvolgende toetsoorwinnings (vir die groot lande) het Saterdag in ’n nat ANZ-stadion in Sydney skipbreuk gely toe hulle met 12-12 gelykop teen die Wallabies gespeel het.

 

‘n Nat veld, wat hul avontuurlustige spel kwaai aan bande gelê het en twee geelkaarte wat mnr. Jaco Peyper, die Suid-Afrikaanse skeidsregter, aan die Kiwi’s uitgedeel het, het sake verder vir die wêreldkampioene bemoeilik.

 

Wyatt Crockett (loskopstut) is in die 39e min. ge-geelkaart omdat hy ’n Wallaby-aanval naby die All Black-doellyn uit ’n onkantposisie verongeluk het, terwyl Beauden Barrett (plaasvervanger-losskakel) in die 70e min. vir ‘n soortgelyke oortreding ge-geelkaart is.

 

Hierdie kaart, en die daaropvolgende strafskop, was ’n veel groter slag. Dit was tien minute voor die einde en Barrett se oortreding het die Wallaby-losskakel, Kurtley Beale, in staat gestel om die telling 12-12 met sy vierde strafdoel te maak.

 

Peyper se optrede word gesien in die lig dat daar immers lank reeds gevra word dat skeidsregters strenger moet optree teen die All Blacks se gewoonte om teenstanders se aanvalle met professionele oortredings in die kiem te smoor.

 

‘n Taai, opwindende stryd, propvol hardlooprugby is verwag, maar reën het egter ’n einde aan sulke verwagtinge gemaak. Hoewel Nieu-Seeland met rustyd 9-3 voor was, kon hulle nie die uitklophou in die tweede helfte plant nie

 

Dit was ook die eerste keer in 13 toetse dat die All Blacks nie ‘n Rugbykampioenskap-wedstryd kon wen nie. Dit was ook die eerste keer in 85 wedstryde in hierdie kompetisie van Sansar dat Nieu-Seeland gelykop speel en dit was slegs die derde keer dat daar nie ‘n drie in ‘n Rugbykampioenskap-wedstryd gedruk is nie.

 

Daar het nietemin 68 627 toeskouers die trietsige reënweer getrotseer – die 15de meeste toeskouers by ‘n internasionale rugbytoets. Die rekordskare van 109 878 toeskouers het op 15 Julie 2000 in dieselfde stadion vir ‘n toets tussen die Wallabies en die All Blacks opgedaag – wat die wêreldrekord vir ‘n rugbytoets is.

 

Dit was Richie McCaw, die All Black-kaptein, se 128e toets en sy 91e as kaptein – wat die wêreldrekord is. Keven Mealamu, plaasvervanger-haker, het in sy 114e toets vir die Nieu-Seelanders gespeel.

 

Dit was die 150e toets sedert 15 Augustrus 1903 tussen die twee lande – die wêreldrekord - en dit was die 7de keer dat ‘n toets tussen húlle gelykop geëindig het. Nieu-Seeland (2 986 punte en 387 drieë) het 102 wedstryde gewen en Australië 41 (2 055 punte en 227 drieë).

 

Die puntemakers is: Australië 12 (straf: Kurtley Beale 4); Nieu-Seeland 12 (straf: Aaron Cruden 4).

 

Castle Lager Rugbykampioenskap

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

                         

S.Afrika

1

1

0

0

13

6

7

1

0

0

0

4

Australië

1

0

0

1

12

12

0

0

0

0

0

2

N.Seeland

1

0

0

1

12

12

0

0

0

0

0

2

Argentinië

1

0

1

0

6

13

-7

0

1

1

0

1

                                                 

 

 

Toyota Vrystaat 3e ná sege oor Haaie

Die Toyota Vrystaat het met sy goeie bonuspunt-oorwinning van 30-3 oor die Haaie in Durban tot die derde plek op Absa se Onder21-puntestand opgeskuif.

 

Die Goue Leeus is ná hul weghol-sege van 113-3 oor die Grens in die eerste plek en die Westelike Provinsie is ná hul sege met 28-21 oor die Blou Bulle tweede, met die Bulle nou vierde.

 

Dit was die derde keer vanjaar dat ‘n honderdtal teen die Grens aangeteken is. Grens se nederlae vanjaar is: Blou Bulle (143-0), Toyota Vrystaat (118-6), Goue Leeus (82-6), WP (90-0) en Goue Leeus (113-3). Daar is reeds 91 drieë teen Grens gedruk, terwyl hul 15 punte van vyf strafdoele gekom het.

 

Die Vrystaters het sake totaal teen die Haaie oorheers. Die Haaie het verras deurdat hulle die jong Bokkie-senter André Esterhuizen op flank gekies het – wat geen goeie skuif was nie.

 

Pieter Jordaan (senter) het die Vrystaters se bonuspunt-drie 10 minute voor die einde gedruk.

 

Die puntemakers is: Haaie 3 (straf: Tim Swiel); Toyota Vrystaat-Cheetahs 30 (drieë: Carel-Jan Wynand Coetzee, Don Mlondobozi, Pieter Jordaan, Warren Potgieter; doel/straf: Potgieter 2).

 

  • In Kaapstad het die jong Streeptruie weliswaar ‘n sege van 28-21 oor die Blou Bulle behaal, maar hulle het hul plek bo-aan die puntelys prysgegee omdat hulle net drie drieë gedruk het.

 

Robert du Ptreez (losskakel) was op sy stukke deurdat hy 18 van sy span se 28 punte aangeteken het. Die jong Bulle se velddissipline het veel te wense oorgelaat, want hulle het twee geelkaarte op die lyf geloop en Du Preez het hulle met drie strafdoele gestraf.

 

Die puntemakers is: WP 28 (drieë: Eital Bredenkamp 2, Robert du Preez; doel: Du Preez 2; straf: Du Preez 3); Blou Bulle 21 (drieë: Dan Kriel, Ruan Steenkamp; doel: Kobus Marais; straf: Joshua Stander 2, Marais).

 

  • Wat kan daar van die Goue Leeus se wedstryd teen die Grens gesê word, anders as dat Brendan Hewitt (losskakel) 38 punte met 14 doelskope en twee drieë vir die wenspan aangeteken het.

 

Die puntemakers is: Goue Leeus 113 (drieë: Ashlon Davids, Bobby de Wee 2, Brandan Hewitt 2, Chris Newman, Christiaan Meyer, Damien Engledoe 2, Dylan Smith, Koch Marx 3, Matthew Phillips, Ramone Samuels, Victor Sekekete 2; doel: Hewitt 14); Grens 3 (straf: Devandré Sissing).

 

  • In die B-afdeling het die OP Kings die Griffons met 59-7 in Welkom getroef; het die Pumas met 10-18 teen die Valke in Nelspruit verloor; het die Limpopo Blou Bulle hul eerste wedstryd in die kompetisie met 17-20 teen die SWD verloor; en het die Boland vir Griekwas met 48-17 verslaan.

 

ABSA Onder21-kompetisie

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

Groep A

G.Leeus

5

5

0

0

309

71

238

44

7

0

4

24

W.Prov.

5

5

0

0

212

73

139

30

8

0

3

23

ToyotaVS

5

3

2

0

212

82

130

30

10

1

3

16

BlouBulle

5

3

2

0

271

104

167

34

12

1

2

15

Luiperds

5

1

4

0

127

144

-17

18

17

1

2

7

Haaie

5

1

4

0

99

177

-78

12

23

0

1

5

Grens

6

0

6

0

15

594

-579

0

91

0

0

0

Groep B

OP Kings

2

2

0

0

101

29

72

15

5

0

2

10

SWD

2

2

0

0

56

37

19

7

5

0

1

9

Boland

1

1

0

0

48

17

31

8

3

0

1

5

Valke

2

1

1

0

40

52

-12

6

7

0

1

5

Griekwas

2

1

1

0

37

63

-26

5

10

0

0

4

Limpopo BB

1

0

1

0

17

20

-3

2

2

1

0

1

Griffons

2

0

2

0

22

79

-57

3

11

1

0

1

Pumas

2

0

2

0

30

54

-24

4

7

0

0

0

 

Verbroude strafskoppe kos Toyota Vrystaat ‘n 2de plek

Drie opeenvolgende strafskoppe deur Innocent Radebe, die Haaie-losskakel, in die eerste helfte én twee verbroude strafskoppe in die tweede helfte deur André Swarts, die Vrystaatse senter, was die groot verskil tussen wen en verloor vir die Toyota Vrystaat se Onder 19’s in hul wedstryd teen die jong Haaie op Kingspark in Durban.

 

Dié nederlaag met 7-9 het die jong Vrystaters voorts ook die tweede plek op die nuutste puntelys gekos. Die WP is die enigste onoorwonne span in die reeks en is ná vyf wedstryde op 23 punte bo-aan die puntelys, gevolg deur die Blou Bulle (17) en die Toyota Vrystaat (16).

 

Die puntemakers is: Haaie 9 (straf: Innocent Radebe 3); Toyota Vrystaat-Cheetahs 7 (drie: Gunthwer Janse van Vuuren; doel: Darren Baron).

 

  • Die WP het met sy sege van 16-11 oor die Blou Bulle op Nuweland in Kaapstad sy voorsprong in die Onder19-kompetisie tot 6 punte gerek. Die Bulle is die huidige kampioene. Die betroubare skopskoen van Ernst Stapelberg (losskakel), wat 11 van die WP se 16 punte aangeteken het, het voorts tot die Bulle se ondergang meegehelp. Stapelberg het reeds 81 punte in die kompetisie aangeteken.

Die puntemakers is: WP 16 (drie: Daniel du Plessis; doel: Ernst Stapelberg; straf: Stapelberg 3); Blou Bulle 11 (drie: Duhan van der Merwe; straf: Simon Bolze, Dewald Human).

 

  • In die ander wedstryd die naweek in die A-afdeling het die OP Kings verras deur die Goue Leeus op Ellispark in Johannesburg met 18-7 te troef. CJ Velleman, kaptein en flank van die OP Kings, het een van die besoekers se twee drieë gedruk. Velleman het nou vyf drieë in ses wedstryde gedruk.

 

Die puntemakers is: Goue Leeus 7 (drie: Fred Bezuidenhout; doel: Kobus Engelbrecht); OP kings 18 (drieë: CJ Velleman, Lindelwe Zungu; doel: Malcolm Jaer; straf: Jaer 2).

 

  • In die B-afdeling het die Boland vir Griekwas met 26-10 geklop; Limpopo Blou Bulle het hul kampanje geopen met ‘n sege van 11-10 oor die SWD in Polokwane; het die Valke die Pumas met 46-15 getroef; én, het die Griffons die Grens met 47-38 verslaan.

 

ABSA Onder 19-kompetisie

SPAN

S

W

V

G

PV

PT

NETTO

DV

DT

BON.V

BON.D

PUNTE

Groep A

WP

5

5

0

0

173

74

99

18

10

0

3

23

BlouBulle

5

3

2

0

120

74

46

15

8

2

3

17

VSCheetahs

5

3

2

0

97

97

0

15

9

1

3

16

Haaie

5

2

3

0

98

114

-16

12

14

1

2

11

OP Kings

6

2

4

0

99

142

-43

11

18

1

1

10

Goue Leeus

5

2

3

0

75

118

-43

8

17

0

0

8

Luiperds

5

1

4

0

100

143

-43

16

19

1

2

7

Groep B

Valke

2

2

0

0

91

22

69

12

3

0

2

10

Griffons

2

2

0

0

68

55

13

9

8

0

1

9

Pumas

2

1

1

0

55

73

-18

6

10

0

1

5

Boland

1

1

0

0

26

10

16

3

1

0

0

4

Limpopo BB

1

1

0

0

11

10

1

1

1

0

0

4

SWD

2

0

2

0

37

51

-14

5

5

1

1

2

Griekwas

2

0

2

0

27

47

-20

3

6

1

0

1

Grens

2

0

2

0

45

92

-47

7

12

0

1

1

 

 

Kampioen begin goed in Nieu-Seeland

Canterbury, die verdedigende NPC-kampioen, het sy veldtog in die 2014-seisoen op ‘n baie hoë noot begin deur Saterdag Auckland, een van die top-spanne in Kiwiland met 48-9 te oorrompel. Canterbury en Auckland het saam 27 keer die Nieu-Seelandse kampioenskap gewen.

 

Waikato het met sy oorwinning van 37-25 oor Wellington, ‘n finalis in 2013, getoon dat hy ‘n bedreiging vir Canterbury inhou.

 

Die uitslae is: Taranaki 9-9 Counties Manukau; Southland 34-23 Bay of Plenty; Otago 28-14 North Harbour; Canterbury 48-9 Auckland; Wellington 25-37 Waikato.

 

Louis Botha wéér VS-skolekampioen

Die Hoërskool Louis Botha is as kampioen in die Vrystaatse A-liga gekroon deur Jim Fouché met 37-13 op Fichardtpark se veld te klop.

 

Ander kampioene is: B-liga: Zastron klop Pres. Steyn 45-17; B2-liga: Hoër Landbou Hendrik Potgieter klop Hoërskool Koffiefontein 42-5; Griffon-liga: Voortrekker klop Hentie Cilliers 33-13; Plattelandse liga: Wilgerivier van Frankfort klop Bothaville 20-19.

 

Die naweek se puntemakers is:

 

Vrystaat

Grey-kollege 46 (drieë: Callie Janse van Vuuren 2, Tabu Maree, Jacques Grobler, Henry Slabbert, Henry Immelman; doel: Julian Jordaan 5; straf: Jordaan 2); Maritzburg-kollege 20 (drieë: Masikane Mazwi, Daryn Goodson, Renard le Roux; doel/straf: Marcell Coetsee).

Louis Botha 37 (drieë: Shirwin Cupido, Ewan Adams, Gopolang Molefe, Dale Koopman, Patrick Mbangi; doel: Jeandré Christian 3; straf: Jeandré Christian 2); Jim Fouché 13 (drie: Tiaan Schutte; doel: Schutte; straf: Schutte 2).

Zastron 45 (drieë: Khotso Potsoane 2, Stefan Nel, RP Bekker, Ruhan Goosen, Molefe Kente, Marais Steenkamp; doel: Nel 5); Pres. Steyn 17 (drieë: Chris de Jager, Kobus van Tonder, Niel Smith; doel: Fanie Griessel).

Hendrik Potgieter 42 (drieë: Danie Muller 3, PJ Thiart, William Kasselman; doel: Muller 3; straf: Muller 2); Hoërskool Koffiefontein 5.

Griffons

Voortrekker 33 (drieë: Boeta Vermaak, Lethole Mokoena, Tiisetso Madonsela, Phillip Maré, Clinton Moloi; doel: Tokkie van Zyl 4); Hentie Cilliers 13 (drieë: Nathan Kemp, Justin Williams; straf: Jaywinn Juries).

 

Wilgerivier 20 (drieë: Gerrie Muller, Ricardo Frade; doel/straf: Muller 2); Bothaville 19 (drieë: Sakkie Bester, JP Korkie, Merwe Snyman; doel: WJ Crous 2).

 

Bultfontein 19 (drieë: Arno Taljaard 2, Joepie Taljaard; doel: Bernard Fourie 2); Sandveld 8 (drie: Ettienne Verster; straf: Lucky Bob).

 

De Aar 50 (drieë: Jacques Beukes 2, Didi Fourie, Gordon Ramaisa, Gloucester Hugo, Justin Pietersen, ‘ strafdrie; doel: Wickus Strauss 6; straf: Strauss); Vaalharts 0.

 

Ander uitslae is:

 

Oos-Kaap - Burgersdorp k Aliwal-Noord 33-6; Grey k Selborne 20-18; Nico Malan k Pearson 52-14; Queens k Cambridge 34-7; Volkskool Graaff-Reinet 5-5 Union High.

 

Wes-Kaap - DF Malan k President 43-0; Hugenote k Brackenfell 29-26; Jan van Riebeeck k Dirkie Uys 34-12; Paarl Boys' High k Tygerberg 36-14; Paul Roos k Boland Landbou 43-32; Paul Roos k Fettes (Brit) 44-17; Rondebosch k SACS 28-22; Stellenbosch k Overberg 18-9; Swartland k Langley Park (Brit) 41-5; Wynberg k Bishops 34-17.

 

Kovsie-halfeindstryde

Die volgende spanne speel Saterdag in die verskillende halfeindstryde van die Kovsies se Sentrale Streek-rugbyliga:

 

Op Louis Botha se veld in Bloemfontein

Onder 19 – Shimlaliga: Louis Botha t Diamantveld; Onder 19 – Irawaliga: Zastron teen Landboudal; Onder 19 – Coltsliga: Hendrik Potgieter teen De Aar; Onder 15 – Volksbladliga: Jim Fouché teen Diamantveld.

 

Op Voortrekker se veld, Bethlehem

Onder 19 – Shimlaliga: Voortrekker teen Noord-Kaap; Onder 19 – Irawaliga: Wilgerivier teen Kathu; Onder 19 – Coltsliga: Bultfontein teen Vaalharts; Onder 15 – Volksbladliga: Hoërskool Kroonstad teen Noord-Kaap.

 

Engelse vroue eerste, SA 10de

Engeland se vrouespan het die afgelope naweek die Wêreldbeker-toernooi vir vrouespanne in Stade Jean Bouin in Parys, Frankryk, gewen deur Kanada in die eindstryd met 21-9 te verslaan.

 

Die Kanadese het egter ‘n troosprys gekry deurdat hul vleuel Magali Harvey as die IRR se Vrouespeler van die Jaar aangewys is.

 

Frankryk het die bronsmedalje verower deur Ierland met 20-18 te klop. Ander uitslae is: Om die vyfde plek: Nieu-Seeland, wat die kampioen was, klop VSA 55-5; Sewende plek: Australië klop Wallis 30-3; Negende plek: Spanje klop Suid-Afrika 36-0; Elfde plek; Samoa klop Kazakstan 31-0.

 

(*) – Inligting deur Frikkie van Rensburg.

Share this article: