Free State Rugby - Since 1895

Buy your tickets online!

Online Tickets

Cheetah Bulletin

Posted on Tuesday, 12 Feb 2013

Cheetah Bulletin

 

Super Rugby Voorbereidingswedstryde

Al vyf Suid-Afrika se Vodacom Super Rugby spanne was die afgelope naweek in aksie in opwarm-oefenwedstryde. Die uitslae is:

  • Stormers klop Boland-Kavaliers 57-0;
  • Leeus klop Southern Kings 41-31;
  • Haaie klop Luiperds 71-8;
  • Bulle klop Toyota Cheetahs 32-10.

 

Vodacom Super Rugby

Vanjaar se kompetisie bestaan uit 120 gewone ligawedstryde, asook die vyf uitklop-wedstryde teen die einde. Die eerste ligawedstryde is op 15 Februarie – net in Australië – en die laaste is op 13 Julie, met die eindstryd wat op 3 Augustus sal plaasvind.

Suid-Afrikaanse spanne sal eers op 22 en 23 Februarie in aksie wees.

 

Vodacom Super Rugby - Rustyd

Rustyd in vanjaar se Vodacom Super Rugby-kompetisie sal nou in plaas van 10 minute, 12 minute duur.

 

Super Rugby Skeidsregters

Daar is ses Suid-Afrikaanse skeidsregters in die groep, en twee van hulle is van die Vrystaat, nl.  Jaco Peyper en Lourens van der Merwe, Die ander vier Suid-Afrikaners is: – Craig Joubert, Jonathan Kaplan, Stuart Berry en Jason Jaftha.

 

Toyota Cheetahs

Ondanks slae in opwarm-wedstryde teen die Leeus en die Bulle is Naka Drotské, tevrede met sy manne se vordering en afgesien van skaafwerk hier en daar verwag hy ‘n goeie seisoen van sy span.

 

Ysters soos Juan Smith, Frans Viljoen, Coenie Oosthuizen, Adriaan Strauss en Johan Goosen sal weer beskikbaar wees, terwyl nuwelinge soos Caylib Oosthuizen (Leeus), Elgar Watts (Boland), Johann Sadie (Bulle), Joubert Engelbrecht (Luiperds), JP Nel (Bulle), Lodewyk de Jager (Luiperds), Rossouw de Klerk (Bulle), Sarel Pretorius (Waratahs), Tertius Daniller (WP) en Torsten van Jaarsveld (Pumas) goeie diepte gee.

 

Leeus

Die Leeus, laat g’n steen onaangeroerd nie om hul plek terug te kry.  Wedstryde teen Rusland, Namibië, ‘n toer na die VSA, waar onder andere teen ‘n Noord-Amerikaanse Barbarian-span gespeel sal word, en kragmetings teen vier sterk Franse klubs is gereël met die oog op húl oorwinning in twee Super Rugby-wedstryde om promosie en relegasie op 27 Julie (weg – teen die SA streekspan wat die swakste in vanjaar se kompetisie gevaar het) en 3 Augustus (Ellispark) te verseker.

 

Johan Ackermann, hoofafrigter van die Leeus, het bekend gemaak dat Swys de Bruin, wat voorheen Griekwas en die Haaie afgerig het, sy hulpafrigter sal wees. De Bruin het die SA Onder21-spanook in 2001 afgerig.

 

Sharks

  • Frans Steyn, veelsydige Springbok-agterspeler van die Haaie, is deur die Sharks afrigter,  John Plumtree, as dié span se kaptein vir die Super Rugby-reeks aangewys.
  • John Plumtree, afrigter van die Sharks en gewese Nieu-Seelander, het Carlos Spencer se hulp ingeroep. Spencer werk veral met Pat Lambie, Springbok-losskakel/heelagter van die Sharks.
  • Die Haaie het twee versterkings uit die Leeu-kamp bekom: Butch James, Springbok-losskakel, terwyl Franco van der Merwe, staatmaker-slot, ook Natal toe is.

 

Highlanders

Die Highlanders van Nieu-Seeland is aansienlik versterk deurdat die All Blacks Tony Woodcock (stut - Blues), Brand Thorn (slot – wat in Japan gespeel het), Ma’a Nonu (Blues), asook Jason Emery (Manawatu), Trent Renata (Waikato) en Declan O’Donnell (Chiefs) vanjaar vir dié span van Dunedin sal uitdraf. Jimmy Cowan, All Black-skrumskakel, se vertrek laat egter ‘n groot gaping.

 

Waratahs

Baie word vanjaar van die Waratahs onder die nuwe afrigter, Michael Cheika, verwag, wat die leisels by Michael Foley oorgeneem het. Wallaby-flank Michael Hooper draf vanjaar vir die Waratahs uit. Gelukkig vir die Toyota Cheetahs was Sarel Pretorius se kuier verlede jaar in Sydney van korte duur en kan Super Sarel in 2013 baie vir die sentrale streek beteken. Die Tahs het ook ‘n nuwe kaptein, die Wallaby-flank Dave Dennis.

 

Blues

Die Blues het aanwinste in Frank Halai (Counties Manukau), Baden Kerr (Counties Manukau), Chris Noakes (Highlanders), Culum Retallick (Highlanders), Jackson Willison (Chiefs), maar óók die vertrek van Gareth Anscombe, Michael Hobbs, Daniel Braid, Alby Mathewson, Brad Mika, Lachie Munro, Ma'a Nonu, Benson Stanley, Sherwin Stowers, Isaia Toeava, Tony Woodcock en Rudi Wulf is ‘n geweldige verlies. Ali Williams, All Black-slot in 77 toetse, is die Blues se nuwe kaptein.

 

Rebels

Gareth Delve, ‘n Walliese toets slot, is die nuwe kaptein van die Melbourne Rebels. Scott Higginbotham (Reds), Shota Horie (Panasonic Wild) en Jason Woodward (Wellington) is aanwinste, maar die afwesigheid van Stirling Mortlock (Wallaby-kaptein en -senter - uitgetree), Danny Cipriani (Sale – die Engelse toets losskakel) en Julian Huxley (Wallaby-driekwart - Narbonne) sal gevoel word. Kurtley Beale is die Rebels se losskakel.

 

Western Force

Baie word verwag van die Western Force se nuwe skakelpaar, die All Black-skrumskakel Alby Mathewson (Blues) en Sias Ebersohn (losskakel – Toyota Cheetahs), asook ander aanwinste soos Chris Alcock (Waratahs), Hugh McMeniman (Kubota), Jayden Hayward (Hurricanes) en Sam Norton-Knight (Sanyo Wild Knights).

Die uittrede van Nathan Sharpe (slot) en die vertrek van David Pocock (Brumbies), Anare Koliavu, Ben Seymour, Cameron Shepherd, David Harvey, Elvis Taione, Gene Fairbanks, James Stannard, Joshua Holmes, Justin Turner, Napolioni Nalaga, Oliver Atkins, Rory Sidey, Ruan Smith en Samu Wara kan egter ‘n groter leemte laat as wat die Force-manne dalk besef.

 

Southern Kings

Spelers om dop te hou in die nuwe Super Rugby span se kamp is die Argentyne Virgile Lacombe (Toulouse), Nicolás Vergallo (Toulouse), asook Tomás Leonardi (Argentinië); Daniel Adongo (Kenia, Countie Manukau); Demetri Catrakilis (WP); die gewese Cheetah-senter Ronnie Cooke (Grenoble); Bandise Maku (Leeus); Waylon Murray (Leeus); Michael Killian (Leeus); Andries Strauss (Cheetahs) en Steven Sykes (Haaie).

  • Bekende rugbyspelers wat vanweë hul beserings die afskop van die 2013 Super Rugby kompetisie gaan misloop, is: Bismarck du Plessis (Haaie-haker - knie), Eben Etzebeth (Stormers-slot – enkel), en die twee Haaie Keegan Daniel (flank) en Tim Whitehead (senter - gebreekte arm).
  • Die Blues het hul opwarmwedstryd Saterdag in Whangarei teen die Waratahs met 40-36 gewen. Die Reds van Brisbane het die vorige Saterdag die Blues se sterte met 45-31 geknoop.

 

Klub Rugby - Gemeenskapsbeker

Die twee Bloemfonteinse spanne in die nuwe kompetisie van die SA Rugby-unie om die Gemeenskapsbeker is Bloemfontein-Polisie en Bloemfontein-Crusaders, en hul eerste ligawedstryde vind plaas op 23 Februarie onderskeidelik teen Welkom-Rovers (Griffons) en Raiders (Leeus).

 

Klub Rugby – Vrystaat Uitdaagbeker

Uitslae van wedstryde wat plaasgevind op Saterdag, 9 Februarie 2013:

 

Tjisas (SUT)

39

Bethlehem Oud-Skoliere

5

Warriors Rugbyklub

19

Kroonstad Rugbyklub

42

Henneman Rugbyklub

48

Crusaders Rugbyklub

7

Welkom Rugbyklub

17

Weermag Rugbyklub

7

 

Bepalings vir die Saterdag, 16 Februarie 2013:

Wedstryd

Plek

Tyd

Welkom Rovers vs SANDF

Welkom

16:00

Oud-Skoliere vs Crusaders

Bethlehem

16:00

Warriors vs Welkom Club

Bloemfontein

16:00

BFN Police vs Henneman

Bloemfontein

16:00

Kroonstad (Bye)

 

 

Tjisas (Bye)

 

 

 

Vasitybeker

Geluk aan die Shimlas en Ixias met hul oorwinnings tot dusvêr in onderskeidelik die Varsitybeker- en Varsityskild-reekse.

Die Ixias speel vanaand in Bloemfontein op hul tuisveld teen Fort Hare en die Shimlas durf die magtige Maties van Stellenbosch op Shimlapark aan.

 

Sewes Rugby

Geluk aan Paul Treu en sy Blitsbokke wat die VSA sewestoernooi – die vyfde toernooi van dié seisoen se reeks van die IRR in Las Vegas gewen het.

Met twee Vrystaters, Chris Dry (wat twee drieë gedruk het) en Philip Snyman, in die span, het die Blitsbokke die voorloper in vanjaar se kompetisie, Nieu-Seeland in die eindstryd met 40—21 geklop. 

Suid-Afrika is die vyfde span wat vanjaar ‘n toernooi wen, wat wys hoe straf die kompetisie is. Verrassings is gereeld aan die orde van die dag en sogenaamde swak lande soos Kanada, Portugal en Kenia, en selfs Uruguay, lewer gereeld verrassings.

 

Die nuutste stand van sake in die IRR se sewesreeks is:

1. Nieu-Seeland (96 punte),

2. Suid-Afrika (73),

3. Samoa (71),

4. Fidji (66),

5. Frankryk (59),

6. Kenia (57).

 

Die sesde toernooi is van 22 tot 24 Maart in Hong-Kong.

 

Cheetah Invitational Gholfdag

Die jaarlikse Cheetah Invitational gholfdag word Donderdag plaas op Bloemfontein Gholfbaan gespeel.

 

Nuusflitse oor die wêreld

Richard Strauss

Richard Strauss, neef van Cheetah kaptein, Adriaan Strauss,  wat teen die einde van 2012 die eerste keer as haker vir Ierland toetsrugby gespeel het, is weens ‘n geskeurde enkelligamente nou langer as twee maande op die krukkelys en hy sal dus Ierland se ganse Sesnasie kompetisie misloop.

 

 

 

Share this article: