Posted on Tuesday, 11 Mar 2014
Dit was veel beter teen die sterbelaaide Reds-span van Brisbane as die vorige Vrydag teen die Rebels in Melbourne, maar die Toyota Cheetahs kan tog tot ‘n mate voel dat hulle van minstens ‘n bonuspunt beroof is nadat die eindsirene reeds geloei het.
Die Toyota Cheetahs moes teen die Reds sonder twee Springbok-staatmakers, Raymond Rhule (vleuel) en Coenie Oosthuizen (stut), speel, wat met beserings sukkel.
Die Reds, wat in 2011 die kampioen was, was 10 minute voor die einde 40-26 voor. Die Toyota Cheetahs is al vegtende onder en ‘n drie deur Elgar Watts (plaasvervanger-losskakel) én sy doelskop het besoekers in die Suncorp-stadion in Brisbane tot binne trefafstand van ‘n bonuspunt op 33-40 gebring.
Tóé word die Toyota Cheetahs onnodig deur die Kiwi-blaser Garratt Williamson by ‘n skrum gestraf, én dit nadat die Reds die skrum onwettig laat val het, én Quade Cooper het in die 82e minuut sy vierde strafdoel behaal om die telling tot 43-33 te laat aanskuif.
Dit was die Toyota Cheetahs se tweede opeenvolgende toernederlaag. Die Toyota Cheetahs se onvermoë om balbesit te behou om daardeur fases op te bou, het verhoed dat die besoekers munt uit hul besit te slaan.
Dit was weliswaar die meeste punte wat die Toyota Cheetahs in ‘n wegwedstryd teen die Reds aangeteken het, maar die Reds se 43 punte is ook die meeste wat die besoekers op besoek aan die Suncorp-stadion afgestaan het.
Dán het Adriaan Strauss en sy makkers te veel op die verdediging verbrou en in die tweede opeenvolgende wedstryd vyf drieë afgestaan. Die Toyota Cheetahs het darem self drie goeie drieë deur Boom Prinsloo, Francois Venter en Elgar Watts gedruk.
Die Toyota Cheetahs se skrum- en lynstaanwerk was beter as teen die Rebels, maar ongelukkig kon hulle nie dié besit nabehore beskerm nie.
Die Toyota Cheetahs het teen ‘n sterbelaaide Reds-span te staan gekom, ‘n span wat nie minder nie as twaalf Wallabies ingesluit het. Trouens, die vyf vasste voorspelers – Ben Davey (60e), James Hanson (53e), Greg Holmes (107e), Rob Simmons (68e) en James Horwill (kaptein – 90e) – is almal gesoute toets- en super-spelers. Liam Gill (flank) en Jake Schatz (agtsteman) is ook Wallabies.
Én, agter hierdie formidabele eenheid het twee van die beste skakels ter wêreld, Will Genia (89e) en Quade Cooper (91e), aangetree. Shaun Venter (21e) en Johan Goosen (17e) het saam in net 38 Super-wedstryde gespeel.
Onder die plaasvervangers het die Reds vyf verdere Wallabies op die bank gehad, wat dus beteken het dat 17 van die 23 spelers internasionale toets-ervaring het. Net vier Toyota Cheetahs het al die Groen en Goud oor die kop getrek.
Daar was elf spelers in die Reds se span wat al in 50 of meer Super-wedstryde opgetree het, teenoor slegs vier Toyota Cheetahs wat dié kerf al gehaal het!
Dit is Saterdag die negende Super-kragmeting tussen die Toyota Cheetahs en die Hurricanes van Nieu-Seeland sedert die eerste kennismaking in 2006 – toe die Sentrale Streek van Suid-Afrika die eerste keer as die Cheetahs (nóú die Toyota Cheetahs) aan dié kompetisie vir die Suidelike Halfrond begin deelneem het.
Van die vorige agt wedstryde het die Cheetahs drie en die Hurricanes vyf gewen.
Dis egter insiggewend dat die Toyota Cheetahs hul vorige wedstryd teen die Hurricanes in Wellington op die Noord-eiland van Nieu-Seeland gewen het.
Dié twee spanne het in hul laaste drie wedstryde sedert 2011 teen mekaar 28 drieë in ‘n totaal van 255 punte gedruk - ‘n wedstrydgemiddelde dus van 85 punte en 9 drieë.
‘n Lekker, opwindende kragmeting kan dus in die vooruitsig gestel word.
Uitslae van vorige wedstryde:
2006 – Bloemfontein: wen 27-25 (drieë: 3-3).
2007 – Wellington: verloor 15-37 (drieë: 2-4).
2008 – Kimberley: verloor 10-38 (drieë: 1-6).
2009 – New Plymouth: verloor 12-29 (drieë: 2-4).
2010 – Bloemfontein: wen 28-10 (drieë: 1-2).
2011 – Bloemfontein: verloor 47-50 (drieë: 5-6).
2012 – Wellington: wen 47-38 (drieë: 6-4).
2013 – Bloemfontein: verloor 34-39 (drieë: 3-4).
Gespeel: 8.
Toyota Cheetahs wen 3. Hurricanes wen 5.
Punte: Toyota Cheetahs: 220. Hurricanes: 266.
Drieë: Toyota Cheetahs: 23. Hurricanes: 33.
Ander kragmetings
•Die Haaie het met hul oorwinning oor die Leeus na die boonste plek op die gesamentlike puntelys geskuif, terwyl die Bulle hulle ná hul tweede opeenvolgende sege, dié slag oor die Blues, ook onder die voorste ses spanne bevind.
•Die Chiefs, die afgelope twee jaar die kampioenspan, en die Waratahs, wat net soos die Haaie tans die enigste onoorwonne spanne in die reeks is, was nie die afgelope naweek in aksie nie, maar is onderskeidelik tweede en derde.
Drie spanne – Ierland (+84), Engeland (+32) en Frankryk (-3), is voor Saterdag se vyfde en laaste ronde in die Europese Sesnasie-kompetisie op 6 punte elkeen bo-aan die puntelys.
Ierland moet komende Saterdag sy wedstryd teen Frankryk wen, om as kampioen gekroon te word. Ierland was in 2009 laas die kampioen, en Frankryk in 2010.
Engeland, wat laas in 2003 die kampioen was, het Saterdag die “maklikste” wedstryd, teen Italië, wat tans laaste is.
Wallis, wat in 2012 en 2013 kampioen was, is ook die gunsteling om die komende naweek teen Skotland te wen, maar dit sal nie genoeg wees om hom sy titel te laat behou nie.
As Ierland en Engeland wen, eindig hulle albei met 8 punte, maar die Iere sal dan op grond van ‘n beter netto totaal die kampioen wees.
Die drie spanne in die Sentrale Streek – die Toyota Vrystaat XV (klop SWD Arende 52-47), die Griekwas (klop Blou Bulle 26-24) en die Griffons (klop Limpopo Blou Bulle 62-10) – het skitterend weggespring in vanjaar se Vodacombeker-kompetisie.
Griekwas, wat die reeks al vier keer gewen het, het vir ‘n ligte opskudding gesorg deur die Blou Bulle op Loftus B in Pretoria te klop, danksy ‘n strafdoel deur Joe Jansen in die laaste sekondes.
Die Goue Leeus, wat verlede jaar die kampioen was, het ‘n hardnekkige Luiperds XV-tal in Potchefstroom naelskraap met 18-16 getem.
Die Keniaanse span, Tusker Simba XV, wat die eerste keer in ‘n Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisie in aksie is, het in hul debuut die OP Kings op Citypark in Kaapstad met 17-10 geklop. Leonard Mugaisi (regtervleuel) het die eer gehad om die eerste drie deur ‘n Keniaanse speler in die kompetisie ná 11 minute te druk.
WESTPAC-STADION, Wellington: Brumbies 29 (drieë: Jesse Mogg, Locky McCaffrey, Robbie Coleman, Tevita Kuridrani; doel: Nic White 3; straf: straf: White); Hurricanes 21 (drieë: Blade Thomson, TJ Perenara; doel: Beauden Barrett, straf: Barrett 3 – sy totaal is nou 410 punte). Dit was Mark Hammett se 50e wedstryd as Hurricanes-afrigter. Dit was Craig Joubert se 71e Super-wedstryd as skeidsregter. MYLPALE: Vir Hurricanes – Ben Franks (101e), John Schwalger (81e), Jeremy Trush (83e), Conrad Smith (99e), Corey Jane (72e); Vir Brumbies – Stephen Moore (121e), Ben Alexander (84e), Ben Mowen (78e).
SUNCORP-STADION, Brisbane (toeskouers: 27 670): Reds 43 (drieë: Chris Feauai-Sautia 2, Rod Davies, James Hanson, ‘n Strafdrie – dié strafdrie is ná slegs 1 min. 36 sek. ná die afskop toegeken – die vinnigste strafdrie nóg in die Super-geskiedenis); doel: Quade Cooper 3; straf: Cooper 4 - sy totaal van 638 punte is ‘n nuwe Queensland-rekord); Toyota Cheetahs 33 (drieë: Francois Venter, Boom Prinsloo, Elgar Watts; doel: Johan Goosen 2, Elgar Watts; straf: Goosen 4 – sy 228 punte is ‘n nuwe Cheetah-rekord). MYLPALE: Vir Reds – Greg Holmes (107e), James Horwill (90e), Will Genia (89e), Quade Cooper (91e), Saia Faingaa (97e); Vir Toyota Cheetahs – Adriaan Strauss (93e/sy 48e as kaptein), Hennie Daniller (85e), Sarel Pretorius (70e) en Naka Drotské (92e as afrigter).
AMI-STADION, Addington, Christchurch: Crusaders 14 (drie: Kieron Fonotia; straf: Tom Taylor 3); Stormers 13 (drie: Damian de Allende; doel: Demetri Catrakilis; straf: Catrakilis 2). MYLPALE: Vir Crusaders – Mnr. Todd Blackadder se 86e as afrigter; Wyatt Crockett (125e), Corey Flynn (137e), Owen Franks (78e), Kieran Read (98e), Andy Ellis (110e). Vir Stormers – Allister Coetzee se 68e as afrigter; Deon Fourie (73e), Schalk Burger (90e), Duane Vermeulen (85e), Gio Aplon (79e), Jean de Villiers (99e), Tiaan Liebenberg (82e) en Peter Grant (91e).
NIB-STADION, Perth: Western Force 32 (drieë: Alby Matthewson-19e, Angus Cottrell, Luke Morahan-12e, Matthew Hodgson; doel: Sias Ebersohn 3; straf: Ebersohn 2 – sy totaal is nou 299 punte); Rebels 7 (drie: Telusa Veainu; doel: Bryce Hegarty). MYLPALE: Vir Western Force – Pek Cowan (78e), Matt Hodgson (100e), Alby Mathewson (102e); Vir Rebels – Scott Higginbotham (80e), Tamati Ellison (79e). Dit was die Rebels se 50e Super-wedstryd.
LOFTUS VERSFELD, Pretoria: Bulle 38 (drieë: Jacques-Louis Potgieter, Jono Ross, Jan Serfontein, Marcel van der Merwe; doel: Potgieter 2, Handré Pollard; straf: Potgieter 3; skep: Potgieter); Blues 22 (drie: Pita Ahki; doel: Simon Hickey; straf: Hickey 4, Piri Weepu-sy totaal is nou 306 punte). MYLPALE: Vir Bulle - Dit was Frans Ludeke se 120e wedstryd as afrigter; Werner Kruger (96e), Victor Matfield (127e – SA rekord), Deon Stegmann (76e), Akona Ndungane (100e). Vir Blues – Tony Woodcock (127e), Tom Donnelly (87e), Piri Weepu (117e). Dit was die Blues se 100e nederlaag in 237 wedstryde.
KINGSPARK, Durban: Haaie 37 (drieë: Paul Jordaan, Cobus Reinach, Odwa Ndungane-sy 28e drie, Marcell Coetzee; doel: Frans Steyn 4; straf: Steyn 3); Leeus 23 (drieë: Faf de Klerk, Deon van Rensburg; doel: Marnitz Boshoff 2; straf: Boshoff 3). MYLPALE: Dit was Jaco Peyper se 37e wedstryd as skeidsregter. Vir Haaie – Tendai Mtawarira (91e), Bismarck du Plessis (106e), Jannie du Plessis (117e – hierdie voorry is die mees ervare voorry in Super-geskiedenis), Ryan Kankowski (85e), Odwa Ndungane (108e). Vir Leeus – Franco van der Merwe (97e).
BARNARD-STADION, Kemptonpark: Pumas 26 (drieë: Jerome Pretorius 2; doel: JC Roos 2; straf: Roos 4); Valke 6 (straf: Cecil Dumond 2).
BUFFALO CITY-STADION, Oos-Londen: Grens Bulhonde 24 (drieë: Wandile Putuma, Lolo Waka, Makazole Mapimpi; doel: Jeff Taljard 3; straf: Taljard); Sharks XV 46 (drieë: Stefan Ungerer, Edwin Hewitt, Neil Maritz, Thomas du Toit, Wiehan Herbst, André Esterhuizen; doel: Fred Zeilinga 5; straf: Zeilinga 2).
OLëNPARK, Potchefstroom: Luiperds XV 16 (drie: Rowayne Beukman; doel: Gerhard Nortier; straf: Nortier 2, SW Oosthuizen); Goue Leeus 18 (drieë: Thabo Mabuza 2; doel: Guy Cronjé; straf: Willie du Plessis, Cronjé).
LOFTUS VERSFELD B, Pretoria: Blou Bulle 24 (drieë: William Small-Smith, ‘n Strafdrie; doel: Louis Fouché; straf: Fouché 4); Griekwas 26 (drieë: Ederies Arendse, Tian Meyer; doel: Nico Scheepers, Meyer; straf: Francois Brummer, Joe Jansen 2; skep: Brummer).
CLIVE SOLOMON-STADION, Heidedal: Toyota Vrystaat XV 52 (drieë: Henco Greyling, Nhlanhla Mlondobozi, Nicolaas Lee, Niel Marais, Riaan Smit, Sino Ganto; doel: Smit 3, Marais 2; straf: Smit 3, Marais); SWD Arende 47 (drieë: Hentzwill Pedro 2, Mzo Dyantyi, Mzwanele Zito 2, ‘n Strafdrie; doel: Karlo Aspeling 3, Laylo Delo; straf: Aspeling 2; skep: Aspeling).
HOëRSKOOL BULTFONTEIN-VELD, Bultfontein: Griffons 62 (drieë: AJ le Roux 2, Japie Nel 2, Martin Sithole, Nicky Steyn 2, Norman Nelson, Sheldon Erasmus 2; doel: Wynand Pienaar 5, Tertius Maarman); Limpopo Blou Bulle 10 (drieë: Divan Cronjé, Koning Janse van Rensburg).
CITYPARK, Kaapstad: Tusker Simba XV 17 (drieë: Leonard Mugaisi 2, Maxwell Kangu; doel: Kenny Andola); OP Kings 10 (drieë: Claude Tshidibi, Pieter Stemmet).
CITYPARK, Kaapstad: Westelike Provinsie 16 (drieë:Devin Williams 2; straf: Gary van Aswegen 2); Boland Kavaliers 8 (drie: Zandré Jordaan; straf: Eric Zana).
• Die Toyota Vrystaat XV speel Saterdag, 15 Maart om 16:00 teen Boland in Malmesbury.
Cheetah Rugby het die borgskapooreenkoms met Puma hernu en Puma sal voortgaan met hul borgskap as die offisiële tegniese en klereborg van die Toyota Cheetahs tot na 2016.
Puma het die eerste kommersiële ooreenkoms met Vrystaat Rugby in Oktober 2010 onderteken en is sedertdien die amptelike tegniese en klereborg van die Toyota Cheetahs en Toyota Vrystaat Cheetahs en die Cheetahs dra met trots die speeldrag van Puma gedurende die Vodacom SupeRugby-, Vodacombeker en Absa Curriebeker toernooie.
“Puma is trots daarop om die assosiasie met die Toyota Cheetahs en Toyota Vrystaat Cheetahs te verleng. Ons het ‘n goeie werksverhouding met die bestuur en die span en hiervan getuig die hernuwing van die ooreenkoms.” Het Brett Bellinger, Direkteur van Bemarking van PUMA Suid-Afrika gesê.
Kobus le Roux, Bemarkings en Verkoopsbestuurder van die Toyota Cheetahs sê: “Die Toyota Cheetahs is ‘n herkenbare handelsmerk in beide die nasionale en internasionale rugby mark en PUMA het oor die laaste paar jare ‘n groot rol daarin gespeel om ons handelsmerk te vestig. Dit is met opgewondenheid en trots dat ons, ons kontrak met PUMA verleng het. Ons sien uit daarna om die nuwe drag te speel.”
(Klubrugby)
WJ DE WET-STADION, Despatch: Despatch 24 (drieë: Jaco Bekker, Billy Mentoor; doel: Monty Dumond; straf: Dumond 4); Spring Rose 6 (straf: Thulani Meki 2).
D’ALMEIDA-STADION, Mosselbaai: Mosselbaai Barbarians 32 (drieë: Alvizo Erasmus, Logan Hendricks, Jerome Fillies, Jaco Arendse, Wahlon Antony; doel: Morné Buis 2; straf: Buis); Bridgton (SWD) 13 (drieë: Enzo Erasmus, Adriaan Booysen; straf: Booysen).
KINGSPARK, Durban: College Rovers 85 (drieë: Kyle Wilkinson 2, Chris Micklewood, Jean Pretorius, Jors Dannhauser, Quinton Crocker 2, Warrick Venter, Kelvin Adam, Shannon Rick 3, Nikolai Blignaut; doel: Dannhauser 5, Micklewood 5); Welkom 0.
RAND LEASES, Roodepoort: Roodepoort 19; Crusaders (Bloemfontein) 17 (drie: Griffin Colby; straf: Brandon Colby, Deon Taljaard 3).
PELLICANPARK, Wellington: Roses United (Boland) klop Brakpan 27-26.
NOORDELIKES, Polokwane: Noordelikes (Limpopo) 13 (drieë: Johan de Beer, Ricardo Varela; straf: Zander Byleveldt); Boksburg (Valke) 42 (drieë: Wayne Havenga, Ashwill Adams, Juan Bester, Karel Vermeulen, Ferdie Erasmus; doel: Ashley Buchler 4; straf: Buchler 3).
PUMA-STADION, Emalahleni: Ferros (Pumas) 33 (drieë: Tommy Collen, Pule Sibiya 2; doel: Dewald Pieters 3; straf: Pieters 4); Wesbank (Boland) 20 (drieë: Salmon Coetzee 2, Nadius Solomons, Dashton Wellman).
RUSTENBURG IMPALA-STADION, Rustenburg: Impala (Luiperds) 29 (drieë: Leon du Plessis, Berty Visser 2, Victor Joubert; doel: Naas Olivier 3; straf: Olivier); Sishen (Griekwas) 17 (drieë: Stevie Meyer 2; doel: AJ Bloem, Brendon Coetzer; straf: Bloem).
Fichardtpark klop Grens (Oos-Londen) 35-16.
Grey-kollege klop Potchefstroom-gimnasium 53-0.
Cherries klop Afrikaanse Hoërskool (Kroonstad) 44-15.
Zastron klop Riebeeckstad 56-7.
Sentraal klop Hentie Cilliers (Virginia) 25-23.
Louis Botha klop Diamantveld (Kimberley) 15-13.
Duineveld (Upington) klop Welkom-gimnasium 10-3.
Goudveld (Welkom) klop Upington 10-6.
Landboudal (Jacobsdal) klop Witteberg (Bethlehem) 15-10.
Aliwal-Noord klop Hennenman 26-25.
Hangklip (Queenstown) klop Staatspresident Swart (Brandfort) 18-17.
Reitz klop Parys 22-0.
Hoopstad klop Hendrik Potgieter (Reddersburg) 18-11.
Middelburg klop Koffiefontein 30-7.
Paul Erasmus klop Belvedere 26-11.
Jim Fouché klop Voortrekker (Bethlehem) 34-22.
Sand du Plessis klop Kroonstad 21-6.
Bothaville klop Bloemfontein 57-0.
Noord-Kaap (Kimberley) klop Marlow Landbou 27-16.
Bultfontein klop Wessel Maree 22-17.