Free State Rugby - Since 1895

Buy your tickets online!

Online Tickets

Adriaan Strauss se 50ste wedstryd as kaptein

Posted on Thursday, 20 Mar 2014

Adriaan Strauss se 50ste wedstryd as kaptein

Adriaan Strauss draf Saterdag in die Vodacom Super Rugby wedstryd teen die Blues op Edenpark in Auckland, Nieu-Seeland, in sy 50ste wedstryd as die Toyota Cheetahs-kaptein uit. Dit sal sy se 95ste Super-wedstryd wees.

Adriaan is ‘n leier sonder gelyke en reeds vanaf 2010 die trotse kaptein van die Toyota Vrystaat Cheetahs. Nie net gelief in die Vrystaat nie maar reg oor die wêreld lei Adriaan met voorbeeld en passie.

Adriaan Strauss word Saterdag die vyfde Suid-Afrikaner wat daarmee kan spog dat hy sy Super Rugby-span in 50 of meer wedstryde aangevoer het. Hy bevind hom tussen die volgende Springbok kapteine in die uitgelese geselskap:

 

75 – Victor Matfield

67 – John Smit

60 – Jean de Villiers

52 – Corné Krige

 

 

Adriaan Strauss

  • Geboortedatum/plek: 18 November 1985, Bloemfontein.
  • Lengte: 1.85m.
  • Gewig: 110kg.
  • Skool: Grey-kollege.
  • Universiteit: Pretoria.
  • Alle Eersterangse wedstryde: 216 (27 drieë)
  • Toetse: 33 (5 drieë).
  • Toyota Cheetahs: 94 (8 drieë).
  • Toyota Vrystaat Cheetahs: 56 (9 drieë).
  • SA Onder21, SA Onder19 en SA Skole-span

 

 

Baie geluk Adriaan – ons is baie trots op jou!

Cheetah Rugby

Share this article: