ARE YOU READY FOR THE CLASH?

BUY YOUR TICKETS ONLINE!

TICKET SALES

Spesiale erkenning aan Prof Basie Verster gegee

Posted on Thursday, 13 Nov 2019

Spesiale erkenning aan Prof Basie Verster gegee

Vrystaatse  Rugby-unie gee spesiale erkenning aan Prof. Basie Verster vir sy lojale diens en jare lange betrokkenheid by die Vrystaat Rugby, nadat hy sy uittrede aangekondig het, deur hom as Lewenslange Lid te benoem. 

Prof Basie was sedert 1998 ‘n direkteur van die Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk.  en het as sportadministrateur ook op verskeie rade gedien, nl.:  ‘n Unieraadslid van die Vrystaatse Rugby-unie (1991-2001); Voorsitter van die UV-rugbyklub (1991-2001); ere President van die Shimlas;  Lid van die VRU en SARU se Ontwikkelingskomitee (1996), en stigter van die Rugga-projek vir kinders van alle gemeenskappe in 1993. 

Hy was die afrigter van die Irawas, Shimlas (1984-1990) en Vrystaatse A- én Ontwikkelingspanne (1986-1987).  Hy het vir die Vrystaat se senior span (1969 tot 1977) flank en agtsteman gespeel en het in 1972 ook die SA Onder24-span (Gaselle) verteenwoordig.

Prof. Verster het reeds in 1968 as kaptein van die Vrystaatse o.21 span uitgestaan en het in 1972 saam met SA Gaselle (onder 24), in Argentinië getoer waar hy in 10 van die 13 toerwedstryde in 1972 gespeel het.  Die akademiese en beroepswêreld het teen die einde gewen, en prof. Jacobus Johannes Petrus Verster - óf prof. Basie soos hy trouens onder sy duisende studente in bourekenkunde oor meer as drie dekades aan die Universiteit van die Vrystaat bekend staan - word as 'n wêreldleier op sy gebied beskou.

Basie se 25 drieë in sy 44 wedstryde vir die Vrystaat spreek van sy balvaardigheid, én ''flair''. 'n Basie Verster op volle vaart met die bal in die hand, was 'n belewenis.


Basie is baie beskeie en hou nie daarvan om in die kollig te wees, of om geloof te word nie.  Hy beskik egter oor wonderlikke mensekwaliteite.


Hy was 'n baie goeie afrigter en sy afrigter-rekord getuig daarvan.   Sy Shimla-, Collegians- en Vrystaat B-spanne het baie selde verloor en sy Shimla-wenrekord is ongeëwenaard.


Prof Basie het 'n groot deernis vir sy medemens.  Hy het die 'Projek Rugga' saam met Dick Jansen vir klein spelertjies begin, en Saterdae het hulle dié mannetjies afgerig.  Van daardie spelers het later groot hoogtes bereik.


Basie was 'n mede-stigter van die nuwe Crusader-klub in Heidedal en hy was ook die ontwerper van Warriors se embleem.


Hy was in 'n stadium die voorsitter van die Internasionale Kosteingeneurswese Raad, 'n instituut met 44 assosiaatlede, wat meer as 200 000 bourekenkundiges en projek bestuurders in 44 lande verteenwoordig.


Share this article: