ARE YOU READY FOR THE CLASH?

BUY YOUR TICKETS ONLINE!

TICKET SALES

Positiewe samewerking tussen Griffons en Toyota Vrystaat Cheetahs

Posted on Thursday, 23 Aug 2019

Positiewe samewerking tussen Griffons en Toyota Vrystaat Cheetahs

 ‘n Positiewe samewerking bestaan tans tussen die Griffons en die Toyota Vrystaat-Cheetahs ten opsigte van die o.20-span wat aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se o.20-kampioenskap deelneem, sowel as dié twee unies se senior spanne.  

Die Griffons se o.20-span, wat tot dusver baie goed in die kompetisie vaar, is tans boaan die punteleer.  

Die Griffons gebruik spelers en selfs afrigters van die Toyota Vrystaat-Cheetahs op ‘n leenbasis om deel te vorm van hul span.  Die ooreenkoms strek tot voordeel van die Toyota Vrystaat-Cheetahs se junior spelers.

Die samewerking is verder ook uiters positief vir die Griffons aangesien hulle, met ‘n versterking van die Toyota Vrystaat-Cheetahs, op ‘n hoë vlak aan die kompetisie deelneem. Die Toyota Vrystaat-Cheetahs trek op hul beurt voordeel hieruit omdat meer gereelde speelkans aan sy  o.19- en o.20-spelers gebied word.      

Hierdie samewerking en leenooreenkoms werk uitstekend en het ‘n positiewe impak op rugby in sentraal Suid-Afrika.  

Wat die twee unies se senior spanne betref, is daar ‘n aangename en sterk samewerking tussen die spelers.  Die Griffons het tot nou toe gebruik gemaak van die volgende spelers: Schalk van der Merwe, Boan Venter, Erich Louw en Sibabalo Qoma.  Dit het die Griffons se span verstrek en die Perses is tans benewens die Jaguares XV-tal, ’n Argentynse span wat ook in die kompetisie deelneem, die voorste span op die punteleer van die Curriebeker se Eerste Liga.

Die Vrystaat het ook die voordeel dat van die spelers wat vir die Griffons gespeel het, teruggekeer het na die Vrystaat se Curriebekerspan vir die Premierliga aangesien beserings dit genoodsaak het, wat op sy beurt weer die Toyota Cheetahs help.

Dit is dus duidelik dat die twee unies, wat in een provinsie saamwerk, albei groot voordele daaruit trek.


Share this article: