Welcome to the official Toyota Cheetah page

All you want to know about the team

Jammer, Frikkie!

Posted on Tuesday, 07 Dec 2021

Jammer, Frikkie!

Vrystaat Rugby is verheug en uiters trots op die eerste eksemplare van die nuwe boek “Cheetahland – 125 jaar se lief en leed, 1895-2020” wat pas verskyn het. 

Die boek is na ons beskeie mening ‘n meesterstuk en enig in sy soort.  Ongelukkig het ‘n fout in die laaste oomblikke van die proses ingeglip. Die skrywer van die boek, Frikkie Janse van Rensburg, wat ‘n leeftyd se werk en energie in die boek gestort het, se naam het op ‘n onverklaarbare manier van die voorblad “verdwyn”: dit nadat sy naam nog op die voorlaaste proewe verskyn het. 

Sy naam verskyn wel op die binneblad, talle kere in die boek en ook op die agterblad van die publikasie. Hy word voorts in ‘n volle hoofstuk erkenning gegee vir sy monumentale werk en die statistiek wat hy oor meer as vyftig jaar versamel het. 

Dit klaar gesê, bly dit ‘n groot jammerte dat sy naam nie groot op die voorblad pryk nie. Ons vra opreg om verskoning daarvoor. 

Daar sal wel ‘n paar spesiale uitgawes wees met sy naam voorop in goud.  Ons dank hom vir al sy werk oor baie jare.  Die boek is na ons mening ‘n reuse-sukses danksy Frikkie en sy mede-werkers, onder wie Tom Ferreira, wat die redigering behartig het. 

Die boek sal vanaf Woensdag, 15 Desember om 12:00 by Kloppers in die Loch Logan Waterfront te koop wees. 

Kontak info@fsrugby.co.za vir meer besonderhede. 

Share this article:
     

  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Potal