ARE YOU READY FOR THE CLASH?

Follow the game on the Cheetah Rugby App

Guess who was one of the ball boys?

Posted on Thursday, 01 Apr 2021

Guess who was one of the ball boys?

Guess who was one of the ball boys on 14 June 1980 when Gysie Pienaar scored his unforgettable winning try in the Free State stadium against the British & Irish Lions? None other than the cricket legend and Knights coach Allan Donald. Donald says as a schoolboy his dream was to play rugby for the Springboks “until I realised that lying under a ruck was not for me”. He is an ardent Cheetah supporter (on the picture he receives a Cheetah jacket from Cheetah head coach Hawies Fourie), and says he can’t wait for the book about the history of Free State and Cheetahs rugby, Cheetahland: 125 Jaar se Lief en Leed (initially only in Afrikaans), which will be available by mid-year.

The book, written by Mr Statistics, Frikkie van Rensburg and published by Free State Cheetahs (Pty) Ltd, will cost about R400. Only 1 000 copies will be printed, so it is important to mail us your name, the number of books you want to order and your contact details to media@fsrugby.co.za.

----

Raai wie was ‘n baljoggie toe Gysie Pienaar op 14 Junie 1980 sy onvergeetlike wendrie in die Vrystaat-stadion vir die Springbokke teen die Britse & Ierse Leeus gedruk het?  Niemand anders nie as die krieketlegende en Knights-afrigter Allan Donald. Donald sê as ‘n klein tjokkertjie was dit sy droom om vir die Springbokke rugby te speel totdat hy besef het om onder ‘n losgemaal te beland, is nie vir hom nie. Hy is ‘n geswore Cheetah-ondersteuner (op die foto ontvang hy ‘n Cheetah-baadjie van die Cheetahs se afrigter, Hawies Fourie) en sê hy kan nie wag vir die boek oor die geskiedenis van Vrystaat- en Cheetah-rugby, Cheetahland: 125 Jaar se Lief en Leed, wat teen die middel van die jaar te koop sal wees nie.

Die boek, geskryf deur Meneer Statistieke, Frikkie van Rensburg, en uitgegee deur Vrystaat Cheetahs (Edms) Bpk, sal sowat R400 kos. Aangesien net 1 000 eksemplare gedruk gaan word, raai ons jou aan om so gou moontlik jou naam, die getal boeke wat jy wil bestel en jou kontakbesonderhede te stuur aan: media@fsrugby.co.za.



Share this article:
     
;

  Visit the official Covid-19 Portal  More Information
Visit the official Covid-19 Potal