Posted on Monday, 21 Jul 2014
Torsten van Jaarsveld is aangewys as kaptein van die Toyota Cheetahs se Curriebeker span vir die 2014 reeks.
Nadat Torsten terug gekeer het van ‘n ernstige knie operasie het hy vir homself weereens naam gemaak in beide die Cheetahs se Vocacombeker en Super Rugby spanne. Hy het natuurlik die voordeel dat hy beide haker en flank kan speel en het homself in beide posisies bewys gedurende die seisoen.
Baie geluk Torsten en baie sterkte – die Cheetah familie staan bankvas agter jou.
Detail oor Torsten van Jaarsveld:
Torsten George van Jaarsveld.
Geboortedatum/-plek: 30 Junie 1987 – Windhoek.
Hoërskool: Hendrik Verwoerd, Pretoria.
Lengte: 1.75m.
Gewig: 100kg.
Posisie: haker en losvoorspeler.
2005 – BlouBulle Onder18-akademie
2006 – ValkeOnder 19.
2008 – Tukkies – Varsitybeker.
2008-2012 – Pumas Curriebeker/Vodacombeker: 73 wedstryde.
2012 – SA Barbarians.
2013 – Vrystaat XV – Vodacombeker: 2 wedstryde as flank.
2014 – Vrystaat XV – Vodacombeker: 6 wedstryde as haker.
2014 – Cheetahs – Super15 – 5 wedstryde as haker& flank.