Are you ready for the clash?

Buy your tickets online!

Online Tickets

“Zero to try in a blink of an eye”

Posted on Thursday, 23 Jan 2014

“Zero to try in a blink of an eye”

Met die afskop van SupeRugby in die Vrystaat Stadion op die drumpel is die Toyota Cheetahs baie opgewonde om die nuwe SupeRugby truie saam met Puma bekend te stel. Ontwerp met spoed en vaart in gedagte het Puma die essensie van die Cheetahs besonder goed raakgevat. Die ontwerp onder die vaandel van “Zero to try in a blink of an eye” pas die Toyota Cheetahs soos ‘n handskoen.

Opwinding loop hoog in die Toyota Cheetah kamp! Nie net rondom die nuwe trui nie maar ook die nuwe spelers en nuwe borg vennootskappe wat die Toyota Cheetahs gesluit het vir die komende seisoen. Hierdie vennootskappe met Toyota aan die voorpunt vorm deel van wat die Toyota Cheetahs  glo ? uitsonderlike seisoen gaan wees.

Fotos van jou gunsteling spelers in hulle volledige nuwe Puma uitrusting sal binnekort in die media beskikbaar gestel word maar hou jou kalender solank oop vir die 6de Februarie 2014  vir die amptelike bekendstelling van die Toyota Cheetah 2014 SupeRugby Seisoen. Nie net sal jy die truie aan jou gunsteling speler in lewende lywe sien nie, jy sal ook die geleentheid hê om die nuwe spelers in die groep te ontmoet en om meer inligting rondom die nuwe borge in die Cheetah familie te kry.

 

Toyota Cheetah ondersteuners sal die replika truie vanaf die 7de Februarie 2014 by die Cheetah winkel in die Loch Logan Waterfront en aanlyn kan aankoop.

Die afwagting en aanloop na die SupeRugby openings wedstryd op 15 Februarie 2014 teen die Lions in die Vrystaat Stadion het begin!

 

#blinkofaneye

 

Toyota Cheetahs S15 Tuis Trui

Share this article: