logo
Mega Drop Down Menu
Bookmark us
Season Tickets


 Opsomming van u unieke voordele:

•             Debiet order stelsel - opsie om ? seisoenkaartjies per debietorder af te betaal.
 
•             Springbok Toets in Bloemfontein!  Die Suid-Afrika speel in Junie teen Engeland in Toyota-Stadion en jy kan nou reeds jou Toets kaartjie teen ? spesiale prys saam met jou seisoenkaartjie koop en afbetaal.  Indien jy eers later jou Toets kaartjie wil koop, geniet jy die voorreg dat jou sitplek tot ? sekere afsny datum gereserveer sal word soos in die verlede. 
 
•             Unieke Cheetah vlag wat eksklusief vir seisoenkaartjiehouers geteken is deur een van die Cheetah Springbokke.

•             Die voorreg om die groot Cheetah vlag op die veld vas te hou wanneer die span uitdraf en ? kykie agter die skerms op wedstryd dag. 
 
•             Die hernuwing van  ? seisoenkaartjie bied jou ook aan die volledige voordele pakket wat ? BloemSkou kaartjie en ander afslagkoepons insluit.  Hierdie voordelepakket sal vroeg in 2018 beskikbaar gemaak word.

•             Vir jou gerief is seisoenkaartjies ook aanlyn beskikbaar.  Besoek gerus ons webblad by www.fscheetahs.co.za en volg die eenvoudige instruksies om jou seisoenkaartjie te hernu of om  ? nuwe seisoenkaartjie te koop.  Sodra jy die proses voltooi het, kan jy net die uitgedrukte bewys daarvan na die kaartjiekantoor neem sodat ? nuwe kaartjie met voordele en geskenkbewyse aan jou uitgereik kan word.
 
2018 Seisoenkaartjie Tariewe:

Area      2018 Gewone Seisoen Bepalings               2018 Gewone Seisoen – Toets kaartjie ingesluit
Hoofpaviljoen                  
Enkelkaartjie      R1 350   R1 600
Dubbelkaartjie (nuut)    R2 400   R3 000
Familiepakket – 2 Volwassenes en 2 skoliere/studente   R2 750   R3 600
Skolier / Student              R400      R600
                               
Ooppaviljoen                    
Enkelkaartjie      R980      R1 200
Dubbelkaartjie (nuut)    R1 500   R2 000
Familie - 2 Volwassenes en 2 skoliere/studente  R1 600   R2 400
Skolier / Student              R250      R450
                               
Noord / Suid                      
Enkelkaartjie      R490      R700
Dubbelkaartjie (nuut)    R850      R1 200
Familie - 2 Volwassenes en 2 skoliere/studente  R950      R1 600
Skolier / Student              R100      R250
                               
 
Familie Pakket sluit in 2 volwassene- en 2 Kinder-/studentekaartjies. Dubbelkaartjie = 2 volwassenes  Kinderkaartjies:   vanaf 3 tot <18 jaar (onder 3 jaar gratis toegang).  Volwassene kaartjie:  vanaf <18 jaar.  Afslagtariewe: Pensionaris – 10% afslag met geldige pensioenkaart (maksimum 10% afslag, NIE geldig vir Toets opsie).  Platteland – 10% indien jy verder as 100 km woon, bewys van residensie (maksimum 10% afslag, NIE geldig vir Toets opsie).  Besoek www.fscheetahs.co.za vir volledige bepalings en voorwaardes.
 
Voorgestelde Toetskaartjie Pryse vir die toets wedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland wat in Junie 2018 in Toyota Stadion sal plaasvind sal die volgende beloop: Hoofpaviljoen R550, Ooppawiljoen (Oos) R400 en Ooppaviljoen (Noord en Suid) R300.

Die Toyota Cheetahs se eerste Guinness PRO14 tuiswedstryd in 2018 is op Saterdag, 19 Januarie teen die Kings in  Toyota Stadion. 
 
Die afsnydatum vir hernuwings is Dinsdag, 16 Januarie 2018.   Kontak gerus ons kaartjiekantoor - Jennie of Annemarie sal jou graag met enige navrae help (051-407 1701/25 jennie@fsrugby.co.za; annamarie@fsrugby.co.za )

Die Vrystaatse Rugby-unie en Cheetahs Maatskappy (Edms.) Bpk. word as Sport Organiseerder verplig om die Sportwet (Safety at Sport and Recreation Events Act 2010) toe te pas en daarom nooi ons u vriendelik om die bepalings en voorwaardes noukeurig deur te gaan op ons webtuiste www.fscheetahs.co.za.   

Home  |  T's & C's  |  Browser  |  Disclaimer  |  Contact Us  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Players  |  Webmaster  |  Online Liquor Login
Copyright © 2012 - 2017 2012 Free State Cheetahs Pty (Ltd)