Are you a loyal supporter?

2019 Golden Loyalty Packages NOW available

Package

Toyota Vrystaat Cheetah o.21’s bring opwinding

Posted on Thursday, 08 Aug 2019

Toyota Vrystaat Cheetah o.21’s bring opwinding

Die Toyota Vrystaat Cheetahs o.21’s,  onder die afrigting van die bekwame jong Melusi Mthethwa, vaar uiters goed in vanjaar se SA Rugby o.21 Kampioenskap.  Hulle het reeds die eerste helfte van die toernooi voltooi en twee van vyf wedstryde in die volgende ronde gespeel.


In die proses het hulle sover met baie kragtige teenstanders van die Luiperds afgereken, ook met die Westelike Provinsie se sterbelaaide span, met die Haaie, wie se span uit talle SA Skole en SA o.20 sterre bestaan, klaargespeel;  en die Leeus se span in Bloemfontein ‘n groot pakslae gegee.  Benewens dit hulle die Blou Bulle  gewen met ‘n goeie telling van 47-52.


Die volgende wedstryde wat nou voorlê is die Luiperds hierdie komende Vrydag om 14:00 in Toyota –stadion in Bloemfontein, waarna hulle die Westelike Provinsie in die Kaap pak en die Sharks in Bloemfontein. 

Dit sal dan die voltooiing wees van die kompetisie wat hulle waarskynlik gemaklik in die halfeindrondte kan laat eindig.  


Die Toyota Vrystaat Cheetahs o.21’s is ‘n span wat gelaai is met jong spelers wat baie potensiaal toon, baie opwinding bring en wat nog baie vir Vrystaat Rugby kan beteken. 


Cohen Jasper en Cohan le Fleur is tans eerste en tweede met onderskeidelik 11 en 6 drieë boaan die lys van spelers wat die meeste drieë gedruk het. 


Die afrigter, Melusi Mthethwa word geoormerk om nog vorentoe by die senior span in Guinness PRO14 in te skakel en is beslis ‘n afrigter om dop te hou. 


Benewens Methethwa is Izak van der Westhuizen ook die mede-afrigter wat baie goed vaar in sy benadering, saam met vaardigheidsafrigter, Albert Keuris.  Benewens hulle is die span verder in die bekwame hande van die spanbestuurder, Oageneg Senamela, die fiksheidsafriger Mark Nicholis en die fisioterapeut Fa Nagia.  


Bepalings en uitslae:


21 Junie – Goue Leeus  o.21 tn. Toyota Free State Cheetahs o.21 (54-33)

29 Junie - Toyota Free State Cheetahs o.21 tn. Blou Bulle o.21 (31 -73)

6 Julie – Luiperds o.21 tn. Toyota Free State Cheetahs o.21 (18 – 45)

13 Julie - Toyota Free State Cheetahs o.21 tn. WP o.21 (45 – 39)

20 Julie – Haaie o.21 tn. Toyota Free State Cheetahs o.21 (40 – 44)

27 Julie - Toyota Free State Cheetahs o.21 tn. Goue Leeus o.21 (59 – 32)

3 Augustus – Blou Bulle o.21 tn. Toyota Free State Cheetahs o.21 (47 – 52)


10 Augustus – Toyota Vrystaat Cheetahs o.21 tn. Luiperds o.21 – 14:00 in Toyota-Stadion, BFN

17 Augustus – WP o.21 tn. Toyota Vrystaat Cheetahs o.21 – Nuweland, Kaapstad

24 Augustus - Toyota Vrystaat Cheetahs o.21 tn Haaie o.21, 14:45 in Toyota-Stadion, BFN


Share this article: