Toyota Cheetahs vs Cardiff Blues

Live @Toyota Stadium, Bloemfontein

Current Logs

Cheetahs Rugby App

Posted on Thursday, 02 Mar 2018

Cheetahs Rugby App


Die Toyota Vrystaat Cheetahs stel vanjaar ‘n splinternuwe kaartjie toepassing (app) vir slimfone bekend. 
Die doel van die app is om seisoenkaartjiehouers en kaartjiehouers se kaartjie gebruik vergemaklik.  Gebruikers hoef slegs die kaartjie wat op die app verskyn by die hekke te toon en te skandeer om toegang tot die stadion te kry. 
‘n Verdere voordeel van hierdie tegnologie is dat jy nou ‘n  kaartjie moeiteloos aan ‘n ander ondersteuner kan aanstuur wat ook die app afgelaai en geregistreer het. 
JohnsonWalters wat die tegnologie ontwikkel het, is in die proses om die app aan te pas sodat nuwe gebruikers ook die app kan gebruik om ‘n wedstryddag kaartjie aan te koop.
Kry die gratis Cheetahs Rugby Toepassing app in die Android Playstore of Apple iStore en registreer om jou kaartjie vir die wedstryd digitaal te kry:
https://play.google.com/store/apps/details?id=com.johnsonwalters.cheetahsrugby
https://itunes.apple.com/us/app/free-state-cheetahs-rugby/id1336433349?mt=8

 

Share this article: