HOME | PLAYERS | TICKETS | STADIUM | FANZONE | ENTERTAINMENT | CHEETAH SHOP | ACCOMMODATION | CONTACT US
header
Latest News
06/02/2012 08:24:00
Rocco blink vir beter Toyota Cheetahs
04/02/2012
Pre-Season - Toyota Cheetahs vs Stormers
03/02/2012 09:11:00
Wedloop om nr. 4-trui nog wawyd oop - Naka
02/02/2012 11:14:00
Toyota Cheetahs vs Stormers
02/02/2012 08:27:00
Ferreira straks teen Stormers geweeg in Kaap
02/02/2012 05:20:00
Ederies hoef nou nie meer te droom
01/02/2012 10:16:00
CIB to sponsor Vodacom Super Rugby from 2012
01/02/2012 08:30:00
Toyota Cheetahs in oefenwedstryd teen Griffons
31/01/2012 08:12:00
Philip naby beginspan – Hawies
30/01/2012 09:51:00
Adriaan, skakels hul sout werd
28/01/2012
Toyota Cheetahs vs EP Kings - Results
27/01/2012 10:18:00
Juan weer op krukke
26/01/2012 08:26:00
Rocco, Dusty in vleuel-saal
25/01/2012 16:39:00
Toyota Cheetahs vs Kings
24/01/2012
Juan Kaapstad toe om spesialis te spreek
23/01/2012
Toyota Cheetahs mik na top-ses, sê Naka
20/01/2012
Naka se troepe nie teen Lions
19/01/2012 08:24:00
Pick n Pay Bloemfontein Challenge ready to rock OFM country!
19/01/2012
Le Roux wag beurt af; Daniller eers in saal
18/01/2012
Spelpeil sal Toyota Cheetahs plek besorg - Naka
17/01/2012
Toyota Cheetah spelers op voorseisoen toer na Jeffreysbaai.
Page 1 of 85 [1 2 3 4 5 6 7 8 9 10Next : Last
Rocco blink vir beter Toyota Cheetahs
06/02/2012 08:24:00
Vodacom Cheetahs

Jóhann Thormählen

 

KAAPSTAD. – Die Cheetahs is ’n beter span as in 2011 se Super-reeks en kan met opwindende spelers soos Rocco Jansen weer vanjaar aanskoulike hardlooprugby opdis.

Dit was eergister hier Naka Drotské, die Cheetahs-afrigter, se mening nadat sy span die Stormers se naasbestes op Nuweland met 22-14 in ’n oefenstryd getroef het.

Volgens Drotské het sy streekspan heelwat beter as in sy vorige twee opwarmingskragmetings, met die Southern Kings en Griffons, vertoon en het sy verdediging en taktiese spel beïndruk.

“Stadig maar seker is die ouens besig te kom waar ons wil wees. Ek is veral bly oor hoe ons in die tweede helfte tegnies reg gespeel het.

“Dit is iets wat ons in die verlede ’n paar wedstryde gekos het wanneer ons in die laaste 10 of 15 minute voor was en dom besluite geneem het. Vanaand het ons met Sias (Ebersohn) in die tweede helfte takties goed gespeel,” het hy gesê.

Die Cheetahs was rustyd 9-6 voor en in die 61ste minuut – ná ’n Jansen-drie, asook ’n doelskop en strafdoel deur die losskakel Johan Goosen in die tweede helfte – met 19-14 in beheer toe Ebersohn vir Goosen vervang het.

“In die verlede het ons die fout gemaak deur in ons eie helfte teen die Stormers te speel. Dan het ons besit afgestaan en wedstryde verloor. Toe ons voor was, het Sias takties slim geskop,” het die Cheetahs-afrigter gesê.

Hy was ook met sy span se verdediging, wat dikwels al sy ondergang was, tevrede.

Dit lyk of die agtsteman Davon Raubenheimer weer vanjaar goud gaan werd wees. Hy was goed in die lynstane en besig op die aanval.

Jansen het ook met sy drie in die 44ste minuut die oog getref. Die vleuel het ’n binne-aangee van sy skrumskakel, Pieter van Zyl, op die halflyn gekry, rieme neergelê en gedruk.

“Rocco het die afgelope jaar sterk na vore getree. Die laaste twee seisoene het hy baie beserings gehad, maar hy speel beslis beter en was vandag goed. Hy is ’n gevaarlike speler,” het Drotské gesê.

“Die verlies van Sarel (Pretorius) en Riaan (Viljoen) is dalk ’n terugslag, maar Pieter van Zyl was goed op die aanval, Johan Goosen bring ’n nuwe dimensie en Rocco was ook goed.

“Ons het genoeg vaart. Ons het oor die algemeen ’n beter span as verlede jaar.”

Puntemakers:

Cheetahs: 22 (9): Drie: Rocco Jansen. Doelskop: Johan Goosen. Strafdoele: Goosen (3), Sias Ebersohn. Skepdoel: Goosen.

Stormers: 14 (6):Drie: Deon Fourie. Strafdoele: Demetri Catrakilis (3).


- Volksblad

Volksblad
RSS Subscribe to News RSS
Toyota Puma
Free State Province Vodacom Volksblad PVM Supersport Konica Minolta SPE BudgetE Windmill Casino Free State Sport Science Institute  
Rosepark Hospital Castle Larger Pharos Medical Plan LG Electronics South Africa            
 
Home   |  Contact Us  |  Browser  |  Disclaimer  |  Privacy Policy  |  Mangaung  |  CMS  |  Webmaster  |  Online Liquor
© 2012 Free State Rugby Union