logo
Mega Drop Down Menu
Bookmark us
NEWS
Subscribe to Cheetahs News
SHARE TOOLS
SEARCH CHEETAH NEWS
Latest News
Posted on Friday, August 17, 2018
Posted on Wednesday, August 15, 2018
Seisoenkaartjies 2018
Seisoenkaartjies 2018
Posted on Wednesday, January 10, 2018

  

 In 2018 word die Seisoenkaartjiehouers die opsie gebied om n kaartjie vir die Springbok Toets van die begin af saam met jou seisoenkaartjie aan te koop. Behalwe die besparing op die toets kaartjie prys is daar ook die voordeel dat die pakket gerieflikheidshalwe deur middel van n debietorder af betaal kan word. n Nuwe toevoeging tot seisoenkaartjies is dubbelkaartjies – bespaaras jy twee kaartjies in plaas van een koop. 

 

Wat is n span sonder ondersteuners . Vrystaat Rugby beskou seisoenkaartjiehouers as ware ondersteuners.  In 2018 ontvang seisoenkaartjiehouers en pakkethouers n unieke Cheetah vlag wat hy/sy by sy/haar woning of werkplek kan hys of in die stadion kan kom swaai.  Hierdie vlag wys jou onbetwiste lojale ondersteuning aan die Toyota Cheetahs.

 

Verder sal met elke wedstryd sal n aantal seisoenkaartjiehouers die geleentheid kry om n reuse Cheetah vlag op die veld vas te hou wanneer die span uitdraf.  Jy kry jou beurt om saam met die Cheetahs span die opponent in die oë te kyk in daardie oomblik as die spanne op draf. By die geleentheid sal die seisoenkaartjiehouer ook n eksklusiewe ervaring kan meemaak deur agter die skerms te gaan kuier (kleedkamers, span kamer, die veld ens.). Niemand anders as ons getroue seisoenkaartjiehouers kry hierdie voorreg geniet nie.

 

Opsomming van u unieke voordele:

•             Debiet order stelsel - opsie om ? seisoenkaartjies per debietorder af te betaal. 

•             Springbok Toets in Bloemfontein!  Die Suid-Afrika speel in Junie teen Engeland in Toyota-Stadion en jy kan nou reeds jou Toets kaartjie teen n spesiale prys saam met jou seisoenkaartjie koop en afbetaal. 

               Indien jy eers later jou Toets kaartjie wil koop, geniet jy die voorreg dat jou sitplek tot n sekere afsny datum gereserveer sal word soos in die verlede. 

 

•             n Unieke Cheetah vlag wat eksklusief vir seisoenkaartjiehouers geteken is deur een van die Cheetah Springbokke.

 

•             Die voorreg om die groot Cheetah vlag op die veld vas te hou wanneer die span uitdraf en ? kykie agter die skerms op wedstryd dag. 

 

•             Die hernuwing van n seisoenkaartjie bied jou ook aan die volledige voordele pakket wat ? BloemSkou kaartjie en ander afslagkoepons insluit.  Hierdie voordelepakket sal vroeg in 2018 beskikbaar gemaak word.

 

•             Vir jou gerief is seisoenkaartjies ook aanlyn beskikbaar.  Besoek gerus ons webblad by www.fscheetahs.co.za en volg die eenvoudige instruksies om jou seisoenkaartjie te hernu of om  n nuwe seisoenkaartjie te      koop.    Sodra jy die proses voltooi het, kan jy net die uitgedrukte bewys daarvan na die kaartjiekantoor neem sodat ? nuwe kaartjie met voordele en geskenkbewyse aan jou uitgereik kan word.

 

 

Familie Pakket sluit in 2 volwassene- en 2 Kinder-/studentekaartjies.  Kinderkaartjies:   vanaf 3 tot <18 jaar (onder 3 jaar gratis toegang).  Volwassene kaartjie:  vanaf <18 jaar.  Afslagtariewe: Pensionaris – 10% afslag met geldige pensioenkaart (maksimum 10% afslag – NIE geldig vir toetskaartjie pakket).  Platteland – 10% indien jy verder as 100 km woon, bewys van residensie (maksimum 10% afslag - NIE geldig vir toetskaartjie pakket).  Besoek www.fscheetahs.co.za vir volledige bepalings en voorwaardes.

 

Voorgestelde Toetskaartjie Pryse vir die toets wedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland wat in Junie 2018 in Toyota Stadion sal plaasvind sal die volgende beloop: Hoofpaviljoen R550, Ooppawiljoen (Oos) R400 en Ooppaviljoen (Noord en Suid) R300.

 

Die Toyota Cheetahs se eerste Guinness PRO14 tuiswedstryd in 2018 is op Saterdag, 20 Januarie teen die Kings in  Toyota Stadion. 

 

Die afsnydatum vir hernuwings is Dinsdag, 16 Januarie 2018.   Kontak gerus ons kaartjiekantoor - Jennie of Annemarie sal jou graag met enige navrae help (051-407 1701/25 jennie@fsrugby.co.za; annamarie@fsrugby.co.za )

 

Die Vrystaatse Rugby-unie en Cheetahs Maatskappy (Edms.) Bpk. word as Sport Organiseerder verplig om die Sportwet (Safety at Sport and Recreation Events Act 2010) toe te pas en daarom nooi ons u vriendelik om die bepalings en voorwaardes noukeurig deur te gaan op ons webtuiste www.fscheetahs.co.za.   

 

25
Aug
Next Match
DHL WP vs Toyota Free State Cheetahs
Home  |  T's & C's  |  Browser  |  Disclaimer  |  Contact Us  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Players  |  Webmaster  |  Online Liquor Login
Copyright © 2012 - 2018 2012 Free State Cheetahs Pty (Ltd)