Mega Drop Down Menu
Bookmark us
NEWS
Subscribe to Cheetahs News
SHARE TOOLS
SEARCH CHEETAH NEWS
Latest News
Posted on Wednesday, September 17, 2014
Posted on Wednesday, September 17, 2014
Posted on Wednesday, September 17, 2014
Blitse begin nóg ’n toernooi teen Samoa
Blitse begin nóg ’n toernooi teen Samoa
Posted on Tuesday, December 11, 2012
Volksblad

GEORGE. – Die Springbok-sewesspan se grootste probleem bly wisselvalligheid tussen toernooie én sy gesukkel om agtereenvolgende seges oor top-spanne te behaal.

Oktober se sege van 31-21 oor Nieu-Seeland is byvoorbeeld die afgelope naweek met ’n halfeindnederlaag van 5-12 opgevolg.

Nadat Samoa Suid-Afrika vanjaar al ’n paar keer lelik verneder het, het die Bokke Vrydag in die Madiba-sewestoernooi met ’n fris telling van 29-5 geseëvier – enetjie wat hy in Februarie in Nieu-Seeland sommer met die intrapslag kan opvolg.

Die vierde toernooi in die Wêreldsewesreeks vir 2012-’13 vind op 1 en 2 Februarie in Wellington plaas. En die Bokke se toernooi begin dan, net soos die afgelope naweek, teen Samoa.

Hulle is ook saam met Wallis en Kanada in Groep C geloot – almal spanne wat hierdie jaar al minstens in die kwarteindronde van ’n toernooi gespeel het.

Die loting is gedoen op grond van spanne se plasing ná die Madiba-sewes. Die groepe is wel baie meer gebalanseerd as vir die Suid-Afrikaanse toernooi, waar Groep B uit Nieu-Seeland, Fidji, Engeland en Skotland bestaan het en minstens een van die tradisionele sterk spanne al op die eerste dag uitgeskakel sou word. Dít, in teenstelling met Groep D, wat uit Amerika, Portugal, Kanada en Zimbabwe bestaan het.

’n Span soos Portugal het die afgelope twee naweke redelik spiere gebult, maar die ou rugbymoondhede behoort in Wellington weer in die halfeindronde in aksie te wees mits daar geen opskuddings is nie.

Engeland het byvoorbeeld nog in elkeen van die eerste drie toernooie op die eerste dag al uitgeval. Maar hy het vir Wellington ’n baie beter loting, selfs al is Nieu-Seeland in sy groep.

Spanje en die VSA sal in sy ander wedstryde nie naastenby die eise stel wat Fidji en Nieu-Seeland Saterdag in agtereenvolgende wedstryde het nie.

- Die groepe is: A: Nieu-Seeland, Amerika, Engeland, Spanje. B: Frankryk, Argentinië, Kenia, Tonga. C: Suid-Afrika, Wallis, Samoa, Kanada. D: Portugal, Fidji, Australië, Skotland.

26
Sep
Next Match
Toyota FS Cheetahs vs Vodacom Blue Bulls
Home  |  T's & C's  |  Browser  |  Disclaimer  |  Contact Us  |  Privacy Policy  |  CMS  |  Players  |  Webmaster  |  Online Liquor Login
Copyright © 2012 - 2014 2012 Free State Cheetahs Pty (Ltd)